Metode nr 4 -Opgeleide honde
- jaracal
- Administrator

- Posts: 1886
- Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm
Metode nr 4 -Opgeleide honde
Is dit aanvaarbaar?
Voorwaardes wat moet geld?
Opleiding?
regulering?
Hoe moet 'n pak saamgestel wees?
H
Voorwaardes wat moet geld?
Opleiding?
regulering?
Hoe moet 'n pak saamgestel wees?
H
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
- Kruger
- Sr. Member

- Posts: 438
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:17 pm
Re: Metode nr 4 -Opgeleide honde
Ek maak redelik van honde gebruik en vind dit effektief. Ek kan geen morele gronde sien waarom dit onaanvaarbaar behoort te wees nie. Jag en doodmaak van prooidiere deur ander diere is algemeen in die natuur. Waarom sou dit aanvaarbaar wees vir natuurlike vyand om 'n jak te vang, maar verkeerd dat 'n hond dit doen? Dis moeilik om voorwaardes te stel. Sommiges sal argumenteer dit moet 'n opgeleide spesie spesefieke pak honde wees, maar hulle val nie uit die lug nie en moet geleer word, so ongeleerde honde kan nie uitgesluit word met voorwaardes nie. Pak samestelling sal baie wissel van area na area na gelang van terrein en plantegroei en sal baie moeilik veralgemeen kan word. Windhonde werk goed as komponent in 'n pak wat op vlaktes jag, maar waar dit bosserig is is 'n vinnige spoorhond beter.
Belangrikste deel van 'n pak is die hanteerder. Geen pak beteken iets sonder 'n goeie hanteerder nie.

Winners never quit - Quitters never win.
- Caller
- Sr. Member

- Posts: 449
- Joined: Thu Jan 08, 2009 4:43 pm
Re: Metode nr 4 -Opgeleide honde
Kruger
In die Vrystaat word jaghonde deur permitte gereguleer en is dit juis die hanteerder wat die permit ontvang as die span geskik is, en nie die eienaar van die honde nie. Die eienaar word maar net as 'n soort bestuurder van die pak honde beskou, waar die hanteerder eintlik die man is wat die tegniek maak of breek. Wet s? in elk geval die persoon in beheer van die honde moet ten alle tye die permit by hom h? wanneer hy optree.
Caller

Dit is nie wat jy doen nie, maar hoe jy dit doen.
- Kruger
- Sr. Member

- Posts: 438
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:17 pm
Re: Metode nr 4 -Opgeleide honde
Ek stem 100% saam dat dit die regte persoon is om te akkrediteer. Gelukkig kan ons nog met honde jag sonder al daardie probleme, maar die net span al stywer. Sterkte en raakskiet.
Winners never quit - Quitters never win.
- jaracal
- Administrator

- Posts: 1886
- Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm
Re: Metode nr 4 -Opgeleide honde
Jag met honde
Die skrywer het te min kennis van die metode om werklik 'n opinie uit te spreek maar van die voorleggings wat ek gesien het veral in verband met bosvark jag waar die honde die varke nie aanval nie en slegs vaskeer en die diere deur die jagter gedood word is dit my beskeie mening dat dit ook 'n onontbeerlike metode in die bestryding van probleemdiere is.
Heinrich
Die skrywer het te min kennis van die metode om werklik 'n opinie uit te spreek maar van die voorleggings wat ek gesien het veral in verband met bosvark jag waar die honde die varke nie aanval nie en slegs vaskeer en die diere deur die jagter gedood word is dit my beskeie mening dat dit ook 'n onontbeerlike metode in die bestryding van probleemdiere is.
Heinrich
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
- Kruger
- Sr. Member

- Posts: 438
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:17 pm
Re: Metode nr 4 -Opgeleide honde
Heinrich, myns insiens is dit absoluut on-ontbeerlik. Alhoewel jakkals en kat honde wel somtyds die probleemdier self vang gebeur dit nie elke keer nie. Baie van die kere word die jakkals/kat geskiet voor die honde, in 'n gat ingejaag of in die geval van katte in 'n boom gejaag. Met bosvarke is dit beslis anders en ek jag ook gereeld met bosvark honde. Hier word die vark gejaag totdat hy gaan staan om te baklei en dan moet jy daar wees om te skiet. Dis die mees doeltreffende metode indien enkele skelm jakkalse oorgebly het in 'n area. Minder effektief waar baie jakkalse is aangesien elke hond sy eie jakkals begin jaag. Hulle moet as span werk. Ons moet werklik poog om hierdie metode ook te kan behou. Groete
Winners never quit - Quitters never win.
- Caller
- Sr. Member

- Posts: 449
- Joined: Thu Jan 08, 2009 4:43 pm
Re: Metode nr 4 -Opgeleide honde
Hein/ Kruger
'n Goed opgeleide span jaghonde, met 'n goeie hanteerder is en bly een van die beste beheertegnieke vir probleemdierbeheer en dit sal 'n kwade dag wees as die metode verbied word. 'n Pak geregistreerde (gelisensieerde) jaghonde is uiters selektief, alhoewel 'n bietjie duur vir die eienaar (onderhouds gewys).
Maar wanneer alle ander beheermetodes gevaal het, dan haal jy daai probleemdier nog steeds met 'n pak jaghonde uit.
'n Span jaghonde en hulle hanteerder moet egter deur permitte gereguleer word. Dit word so in die Vrystaat gedoen en die tegniek is 'n absolute sukses, vir di? jagters wat verkies om dit te gebruik.
Caller
'n Goed opgeleide span jaghonde, met 'n goeie hanteerder is en bly een van die beste beheertegnieke vir probleemdierbeheer en dit sal 'n kwade dag wees as die metode verbied word. 'n Pak geregistreerde (gelisensieerde) jaghonde is uiters selektief, alhoewel 'n bietjie duur vir die eienaar (onderhouds gewys).
Maar wanneer alle ander beheermetodes gevaal het, dan haal jy daai probleemdier nog steeds met 'n pak jaghonde uit.
'n Span jaghonde en hulle hanteerder moet egter deur permitte gereguleer word. Dit word so in die Vrystaat gedoen en die tegniek is 'n absolute sukses, vir di? jagters wat verkies om dit te gebruik.
Caller
Dit is nie wat jy doen nie, maar hoe jy dit doen.
- jaracal
- Administrator

- Posts: 1886
- Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm
Re: Metode nr 4 -Opgeleide honde
Caller
Is daar 'n moontlikheid dat jy vir ons inlig oor die minimum vereistes wat tans in die Vrystaat geld. Ek sal so iets saam wil invoeg by ons dokument.
Hoe moet die span saamgestel word bv as daar so iets is, die hanteerder waaraan moet hy voldoen ens.
Sal dit baie waardeer, ek weet heeltemal te min oor daardie goed.
Hein
Is daar 'n moontlikheid dat jy vir ons inlig oor die minimum vereistes wat tans in die Vrystaat geld. Ek sal so iets saam wil invoeg by ons dokument.
Hoe moet die span saamgestel word bv as daar so iets is, die hanteerder waaraan moet hy voldoen ens.
Sal dit baie waardeer, ek weet heeltemal te min oor daardie goed.
Hein
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
- Caller
- Sr. Member

- Posts: 449
- Joined: Thu Jan 08, 2009 4:43 pm
Re: Metode nr 4 -Opgeleide honde
Hein
Hoe en waar wil jy dit h?? S? net, ek help graag.
Caller
Hoe en waar wil jy dit h?? S? net, ek help graag.
Caller
Dit is nie wat jy doen nie, maar hoe jy dit doen.
- jaracal
- Administrator

- Posts: 1886
- Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm
Re: Metode nr 4 -Opgeleide honde
Caller
Jy kan dit vir my in "Word" formaat e-mail dan voeg ek dit by die ander brief en dan "copy en paste" ek dit hier, of anders kan jy dit hier plaas dan copy ek dit net na die brief.
Kan jy vir my die Vrystaat jagproklamasie vir 2009 ook e-mail asb.
Groete
Heinrich
Jy kan dit vir my in "Word" formaat e-mail dan voeg ek dit by die ander brief en dan "copy en paste" ek dit hier, of anders kan jy dit hier plaas dan copy ek dit net na die brief.
Kan jy vir my die Vrystaat jagproklamasie vir 2009 ook e-mail asb.
Groete
Heinrich
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
- Caller
- Sr. Member

- Posts: 449
- Joined: Thu Jan 08, 2009 4:43 pm
Re: Metode nr 4 -Opgeleide honde
Hein
Die vereiste is dat daar ten minste drie soorte honde in 'n pak moet wees nl.; Spoorhonde (reuk), windhonde/runners (spoed) en brakke (gatkruipers).
Ons beveel Suiwer English Foxhoud en Foxhound kruisings aan vir spoorhonde en so ongeveer vier (4) per pak.
Ons hou van Foxhound - Harrier of Foxhound - Fellhound kruisings. Ons beveel gladnie Bluetick of Bluetick kruisings aan nie. Alhoewel hy goeie reukvermo? en 'n goeie stem het, is hy te stout (jaag maklik nie-teiken diere en trek die span se aandag af), is maar aan die stadige kant en leer maar moeilik. Bloedhond kruisings is ook te stadig. Selfs 'n bietjie windhond by 'n Foxhound is ook goed. Hy moet net sy goeie reuksin behou.
Twee (2) windhonde wat op band gehou moet word. Ons hou van groot sterk boer windhonde. Wippets (ek weet nie of ek reg spel nie) is bietjie lig vir 'n groot jakkals mannetjies.
En dan so twee (2) brakke. Jack Russel word natuurlik sterk aanbeveel, maar nie die engelse tipe een nie. As jy wil sien hoe 'n jakkals Jack Russel moet lyk, moet jy my hond (Spanner) kom kyk. Sy oupagrooitjie was die legendariese Shorty van die destydse Oranjejag. Kortbeen Foxterriers kan ook werk. Die Jack Russel kan iewers in sy geskiedenis so 'n bietjie Staffie h? varal sodat hy 'n groter sterker kop/bek het.
Dus, so agt honde per span is nie te veel nie en ook nie te min nie. Ons laat egter een of twee jong honde wat nog leer, in die trop toe. Hierdie honde moet of op band gehou word of 'n Shocking Collar aan h? as hulle nog baie onervare is. Ons hou van daarvan as die vier spoorhonde bymekaar werk en nie uitgerek is nie.
Verder moet die hanteerder verkieslik 'n jong man wees, skraal gebou (want hy moet kan bybly met die honde) en die werk wil doen (toegewyd wees). Die hanteerder word getoets of hy ten alle tye in beheer van die honde is, dat hy die pak by hom en onder sy beheer kan hou (honde moet nie die hele w?reld vol hardloop nie). Honde moet aan hom gehoorsaam wees en na hom toe kom as hy die sweep klap of hulle aanpraat om 'n nie-teikendier te los. Die hanteerder moet 'n afskrif van die permit ten alle tye by hom dra en moet seker maak hy het die grondeienaar se skriftelike toestemming en dat die aangrensende grondeienaars van die jag in kennis gestel is.
Die honde word getoets deur visies 'n jag by te woon en baiemaal laat jag ons hulle in 'n wildkamp. As daar enigsins 'n teken is dat hulle wild jaag, word hulle afgekeur en later weer getoets as die eienaar voel hulle is reg. Ons verskoon gewoonlik 'n jong hond se gedrag, maar nie 'n ou hond s'n nie.
'n Permit is vir een jaar geldig. Dan moet die honde weer getoets word. Ons ondersoek klagtes oor die honde deeglik, en trek 'n permit in as daar te veel klagtes oor 'n span is. Dit gebeur egter weinig. Permitaansoek kos huidiglik R100,00.
Hein, dit is so in die bre?. Weet nie of jy nog iets wil weet nie.

-
Pieter E
Re: Metode nr 4 -Opgeleide honde
Caller
Ek moet s?, ek weet nie veel van jag met honde af nie, maar hierdie motivering van jou behoort enige groene, wat bereid is om te luister, darem 2 keer te laat dink oor jaghonde. Ek kan wragtig nie sien, as mens dit soos jy beskryf, doen, dat dit nie toelaatbaar kan wees nie.
Sterkte

LMB
- Sr. Member

- Posts: 309
- Joined: Sat Jan 03, 2009 4:59 pm
Re: Metode nr 4 -Opgeleide honde
Jaghonde by ons is beperk tot die paar boere wat `n werker het met `n paar honde wat bedags spoorsny en dan probleemdier uitjaag en vrek byt. Ek verstaan eintlik nie wat die verskil is tussen die doodbyt van `n jakkals deur jaghonde en die doodbyt van `n lam deur probleemdier nie. Dit is ook duur om so `n pak jaghonde aan te hou op die lang termyn, met al die probleme wat daarmee saamgaan.
Dit is ook nie altyd prakties nie. Ek het al vir jare nie meer arbeiders op onbewoonde eiendom nie. so dit praktyk werk nie vir my nie.
`n Goed opgeleide, proffessionele pak jaghonde is weer `n heel ander onderwerp, wat totaal onderskat word. As elke distrik so `n pak honde of twee het, wat kan beweeg waar die probleem is, is dit een van die mees effektiewe metodes na my mening wat op alle eiendomme aangewend kan word, akkerbou en wildsplase.
Miskien moet daar meer gedoen word om die metode te bevorder. Die persepsie was altyd dat die honde dood byt, maar hul kan anders geleer word. Die vraag is net of dit op `n groter skaal gedoen kan word?
Lukas

tafjak
Re: Metode nr 4 -Opgeleide honde
Caller en LMB
Lyk my julle ken of het goeie ondervinding met jaghonde. Caller is reg as hy se dat 'n goedopgeleide pakhonde 'n moet is en met die samestelling wil ek nie inmeng nie. Lucas is reg ook dat honde geleer kan word en dit is enkele rede dat honde teikengerig sal wees.
Ek het in die verlede gesien dat die drywer/hanteerder die sleutel tot sukses is as die honde opgelei is. Honde self kan nie verantwoordelik gehou word vir hulle dade nie, opgelei of nie, maar die drywer wel. Daar is nogal goeie hanteerders in omloop en hulle is 'n moet in die poging tot probleemdierbeheer. Ek reken daar moet na hulle kwale ook geluister word om die vooruitgang en ambisie van sulke mense te verseker. Dit is die manne op die grond en ek voel dat hulle so bietjie afgeskeep word in sekere dele van die land. Net my eie mening en sal graag iets in die opleiding lyn vir hulle wil sien.
So my stem is vir jaghonde op probleemdiere.
Taffie

Dankie ek dink dit is goed uiteengesit en duidelik en glo ek dat 'n regdenkende persoon nie met dit 'n probleem kan he nie.
Ek sal dit in die finale brief so invoeg.
Dankie weereens.
Heinrich
Dankie ek dink dit is goed uiteengesit en duidelik en glo ek dat 'n regdenkende persoon nie met dit 'n probleem kan he nie.
Ek sal dit in die finale brief so invoeg.
Dankie weereens.
Heinrich
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
- JACQUES BOTHA
- Hero Member

- Posts: 2283
- Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am
Re: Metode nr 4 -Opgeleide honde
HEIN BRING BIKI WEER JOU DVD SAAM MET DIE HONDE WAT NIE DIE JAKKALSE VANG NIE MAAR WEGHOL TERUG NA HULLE BAAS TOE AS HULLE N CAYOTIE JAKKIE SIEN TOE,,,,,DIS HOE OPGELEID EHONNE MOET OPEREER...ONS MOET NET KLEIN HONDJIES SOOS TOYPORMS GEBRUIK,,,,,DALK,...LAG LAG LAG MET kURSUS TYD ASB.. ?
Shoot straight and tell the truth!
- jaracal
- Administrator

- Posts: 1886
- Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm
Re: Metode nr 4 -Opgeleide honde
Jacques
Daardie Video het spoorloos verdwyn. Ek het dit nog oorkant Tomsplace gewys en daarna nooitweer gesien nie.
Ek sal as ek USA weer besoek die DVD saambring. Nog altyd gefasineer deur die tipe van jag. Ek wonder net wie jag wie in die einde.
Groete
Heinrich
Daardie Video het spoorloos verdwyn. Ek het dit nog oorkant Tomsplace gewys en daarna nooitweer gesien nie.
Ek sal as ek USA weer besoek die DVD saambring. Nog altyd gefasineer deur die tipe van jag. Ek wonder net wie jag wie in die einde.
Groete
Heinrich
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
-
projag
Re: Metode nr 4 -Opgeleide honde
Verduidelik asb. Hoe pas 'n hond 250 skaap in 'n 500 hektaar kamp op -- waar die skaap in dro?r tyd die hele kamp vol wei om aan hul voedingsbehoefte te voorsien.
In die somer en met maanskynaande wei jou skaap in die nag.
Sal vir die arme hond 'n chopper moet gee.

- MEERKAT
- Hero Member

- Posts: 737
- Joined: Sat Feb 07, 2009 8:41 pm
Re: Metode nr 4 -Opgeleide honde
Projag
Wat jy se is baie waar dis die mees onpraktiese oplossing vir ons probleme.
Baie jare gelede het my oupa grootjie in die Karoo geboer op 'n redelik groterige stukkie grond 160000 morge in daardie tyd. Hy het 'n pak honde gehad stories wil dit he, 20 of naastenby waarmee hulle goggas gevang het en baie goed beheer het.
Op 'n dag is hulle met vakansie na die Kruger Wildtuin en op daardie staduim het die personeel by die ingangs hek 'n seeltjie aan die gewere se snellers gesit. Die woord Rooijakkals was 'n vloekwoord in sy woordeskat en hulle het nie te ver rondgery in die park nie toe draf jakkals in die pad af met alle geweld wou hy die seel breek om hom te skiet en na groot keer dit laat vaar. Sy woorde daar en dan was dat indien die landjie gaan toelaat dat jakkalse so mag rondloop sy klein kinders en agter kleinkinders nie meer eendag sal kan boer nie.
Het sy woorde nie waar geword?
MEERKAT