Goeie more
Ek hoop tog iemand kan my help. Ek het laasweek 'n kroeg klaargemaak vir 'n klient. Dit is 'n "sleeper" kroeg. Die klient het stompe vir my gebring om die bo-kaste op te sit. Dit is "black wattle". Vanoggend bel die klient baie bekommerd. Die kewers is besig met die stompe, daar lê glo klomp stof op die blad en klomp gaatjies in die stompe.
Wat kan ek doen, kan nie die stompe uithaal nie!
Groete
Douw
houtkewers
- vlakvark1
- Hero Member

- Posts: 1568
- Joined: Sun Mar 18, 2012 6:28 pm
Re: houtkewers
Het die probleem gehad by my lapa wat met bamboes toegemaak was. Toe spuit ek verfverdunner
''thinners'' met die lugperser ''compressor'' en almal het gevrek, Dit trek in die hout
in en hulle vreet nie weer nie
''thinners'' met die lugperser ''compressor'' en almal het gevrek, Dit trek in die hout
in en hulle vreet nie weer nie
vlakvark en bosvark Bvk
- Christo
- Hero Member

- Posts: 3310
- Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm
Re: houtkewers
Wetlik? Nova 30, duur maar dit werk goed.
Anders Chlorpirifos oplossing. Kan so min kos soos R100/5l oplossing. Ek het die raad gekry by ouens wat altyd PCP gebruik het voor dit van die mark afgehaal is.
Anders Chlorpirifos oplossing. Kan so min kos soos R100/5l oplossing. Ek het die raad gekry by ouens wat altyd PCP gebruik het voor dit van die mark afgehaal is.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
- douw
- Hero Member

- Posts: 1830
- Joined: Sun Apr 03, 2011 6:52 pm
Re: houtkewers
Baie dankie Vlakvark en Christo.
Ek sal met die klient reel en self gaan kyk wat daar aangaan. Gelukkig het hy sy eie stompe verskaf.
Ek sal bietjie foto opsit van hoe die kroeg lyk, nogal mooi uitgekom.
Groete
Douw
Ek sal met die klient reel en self gaan kyk wat daar aangaan. Gelukkig het hy sy eie stompe verskaf.
Ek sal bietjie foto opsit van hoe die kroeg lyk, nogal mooi uitgekom.
Groete
Douw
- Christo
- Hero Member

- Posts: 3310
- Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm
Re: houtkewers
Douw, se^ vir hom hulle vreet net die wit stukke, dit gaan karakter gee.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
- Johnnie De Wet
- Hero Member

- Posts: 550
- Joined: Thu Mar 22, 2012 7:59 pm
Re: houtkewers
Ek het n paar items uit Zaïre gehad met kewers in. 2 Nagte in die vrieskas het hul laat vrek. Hoop jy het n massiewe vrieskas.