teleskoop montering probleem

Vra jou vraag hier en ons verwys dit na kundiges of hoor wat ander ons meedeel.
Post Reply
User avatar
1250bandit
Full Member
Full Member
Posts: 105
Joined: Mon Oct 01, 2012 2:24 pm

teleskoop montering probleem

Post by 1250bandit »

Ek het gister die 9.3 (Voere met k98 aksie) mee gaan skiet nadat ek warne mounts en warne quick detach ringe opgesit het. Die probleem nou is die skoot was konstant 5 duim laag op 100 meter al was die scope op sy maksimum verstelling uit frustrasie het ek ook die ringe omgedraai maar resultaat dieselfde.

Ek ruk toe die scope maar af en skiet oop visier en kry so 4 duim groepering op 100 meter. Nou is die vraag .... Vat ek maar die geweer so jagveld toe met oop visier... Vroeg in Junie. Of vat ek hom maar na geweersmit toe en vat n kans met stadige "turnaround" tyd. Ek bly in Roodepoort area, maar gee nie om om bietjie te travel nie maar soek iemand wat my net mooi kan help
Danie Lombard .243

Re: teleskoop montering probleem

Post by Danie Lombard .243 »

Bandit

Die probleem kom gereeld voor met scopes en ringe en bases. In kort gestel moet jou agterste ring van jou scope lig of jou voorste ring moet sak, net effens. Ek het al in die verlede sommer plastic shims onder die agterste mounts geplaas en so was die probleem opgelos. Dit was nog nooit vir my nodig om scope ringe te lap na die shims ingesit was nie. Die bietjie wat die agterste ring gelig het was veels te min om enige stress probleme op die tube van die scope te maak.

Dus as jy nie tyd het om te wag vir 'n wapensmit om jou te help nie kan jy dalk die plan van my probeer. (op eie risiko)
Ek het sommer altyd plastic koeldrank bottel gesny met 'n lemmetjie en so die shims gemaak wat tussen die aksie en mount inpas. Dit was nog nooit nodig om meer as twees shims in te sit nie.

Hoop jy kom reg.

Danie.
Beyers
Hero Member
Hero Member
Posts: 1409
Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm

Re: teleskoop montering probleem

Post by Beyers »

Is dit 'n 2 stuk basis?
User avatar
1250bandit
Full Member
Full Member
Posts: 105
Joined: Mon Oct 01, 2012 2:24 pm

Re: teleskoop montering probleem

Post by 1250bandit »

Ja, dis twee stuk basis.. So met ander woorde die basis agter hoef nie so baie te lig nie?
KC

Re: teleskoop montering probleem

Post by KC »

Aluminium foelie kan ook werk onder daai agterste basis.

So klompie lae van dit lig hom nogal n ent
Beyers
Hero Member
Hero Member
Posts: 1409
Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm

Re: teleskoop montering probleem

Post by Beyers »

Die agter basis moet geshim word. So .5mm tot .8mm kan dalk die ding doen.
DIE RINGE MET DAARNA GE"LAP" WORD
Post Reply