NIERTJIES:

Enige vleis/veldkos resepte wat werk vir n honger jagter
Post Reply
User avatar
Frikkiedbr
Hero Member
Hero Member
Posts: 4254
Joined: Wed Jan 26, 2011 11:05 am

NIERTJIES:

Post by Frikkiedbr »

GEPEPERDE NIERTJIES:
8 skaapniertjies
5ml suurlemoensap
5ml sout
10ml aangemaakte mosterd
paar druppels worcestersous knypie rooipeper
1 ui (fyn gekap)
30ml margarien

Verwyder alle vet aan niertjies, trek velle af, halveer elk oorlangs en sny pypies uit. Laat 1 uur in soutwater week. Droog met kombuispapier af en plaas op 'n plank of bord met die snykante na bo. Meng suurlemoensap, so...ut, mosterd, peper en worcestersous. Verf oor niertjies en laat 'n uur in die koelkas. Soteer ui in botter tot geel en sag, skep uit en hou warm. Plaas niertjies in dieselfde pan en braai hulle 5-10 minute vinnig aan elke kant tot gaar. Draai gereeld om en voeg nog botter by indien nodig. Strooi ui oor niertjies en sit voor.
Lewer 4 porsies.

NIERTJIEBREDIE:
6 skaapniertjies skoongemaak
10ml sout
1ml peper
25ml margarien
37.5ml ui, gekap
1 groen soetrissie, gekap
25ml tamatiepuree
375ml kookwater
1 vleisekstrakblokkie
25ml mielieblom
1ml tiemie
1ml paprika

Sny die niertjies in blokkies en sprinkel die sout en peper daaroor. Verhit die smeer en soteer die niertjies, ui en soetrissie daarin. Voeg die tamatiepuree by. Meng die vleisekstrak met die kookwater en voeg dit by die niertjies. Sit die deksel op en laat prut 20 minute lank. Meng die mielieblom met ‘n bietjie koue water en roer dit by die niertjiemengsel. Roer totdat die sous verdik. Voeg die tiemie en paprika by en laat prut nog vir 5 minute.
Lewer 4 porsies.


JANINE SE HART EN NIERTJIEONTBYT:
1 ui, fyngekap
1 E botter
2 skaapharte, skoongemaak en opgekap
4 niertjies, skoongemaak en opgekap
3 t vars tiemie
2 k vleisaftreksel
4 E meel
sout en peper

Braai die ui in die botter.
Voeg die hart- en niertjiestukkies en die tiemie daarby.
Smoor vir ‘n halfuur teen ‘n lae temperatuur sodat dit water trek.
Meng die vleisaftreksel en die meel en voeg dit by die hart en niertjies in die kastrol.
Geur met sout en peper en roer gedurig terwyl dit deurkook om te verdik.
Bedien op roosterbrood.

NIERTJIES MET SUURSOUSIE:
1 fyngekapte ui
2 E skaapvet
8 skaapniertjies, skoongemaak
¼ k meel
sout en peper
30 ml (2 E) asyn
15 ml (1 E) suiker
paar takkies pietersielie, baie fyn gekap

Braai die ui in die skaapvet.
Sny die niertjies op, strooi meel oor en geur met sout en peper.
Braai dit saam met die uie.
Voeg die asyn en suiker by, roer deur en strooi die pietersielie oor.
User avatar
Lourens Potgieter
Hero Member
Hero Member
Posts: 883
Joined: Fri Jun 15, 2012 10:07 am

Re: NIERTJIES:

Post by Lourens Potgieter »

Lewer reseppies???Nie hoender nie, dis alledaags, hehehe......
User avatar
Frikkiedbr
Hero Member
Hero Member
Posts: 4254
Joined: Wed Jan 26, 2011 11:05 am

Re: NIERTJIES:

Post by Frikkiedbr »

Deeg gaan kyk by lewertjies met byt daar is baie lewer resepte ++>:
Post Reply