POFADDER en Pofadder wors
- Frikkiedbr
- Hero Member

- Posts: 4254
- Joined: Wed Jan 26, 2011 11:05 am
POFADDER en Pofadder wors
Hierdie om die net gekry.
DIE GEHEIM IS OM DIT STADIG TE BRAAI!
1 skaapvetderm
1 skaaphart , 2 niertjies, 1 lewer, gemaal
350g gemaalde vleis (verkieslik met bietjie vet aan)
ui, fyngekap
2 knoffelhuisies, fyngekap
koljander, grofgemaal
Sout en swartpeper na smaak
Meng alles goed deur en stop in vetderm.
Bind oop kante toe met tou.
Braai stadig op die kole en draai gereeld om.
POFADDER:
Kry die harslag van 'n bok,skaap of springbok
Haal die vliese van die lewer ,hart en niere af en maak skoon soos normaal .
1 Groot ui
Lewer,hart & niere
Vetderm skoongemaak en met koue water deugespoel
Sout - na smaak
Peper - nasmaak
Worcester sous - na smaak
Grof gemaalde geroosterde koljander - 1 teelepel
Sny die ui in kwarte
Sny die lewer , hart en niere in blokke van +/- duim blokkies
Voeg bogenoemde in jou voedselverwerker.
Voeg speserye by en en kap met die metaal lem totdat die inhoud korrelrig is en nie 'n totale pappery nie.
Bind die onderkant van die vetderm toe met 'n toutjie of hierdie draadjies vir plestieksakkies .
Sny die bekgedeelte van 'n 2liter plastiek koeldrankbottel af sodat dit 'n tregter vorm .
Bind die bokant van die vetderm vas waar die prop van die bottel moet wees .
Skep nou die inhoud van die voedselverwerker met 'n koppie of ander gabba en stop die pofadder . Onthou dit moet nie stokstyf wees nie anders gaan dit bars , so 75 % vol .
Daar gaan vulsel oorbly waarvan jy later koekies mee kan bak .
Braai oor matige kole soos wors . Jy sal sien as die pofadder begin vaal en styf word is dit reg .
POFADDER WORS:
1 lewer (bees of wild)
Peper
Steak en Chops speserye
250gram kaas
2 medium tamaties
1 groot ui
100 ml vars room
Skaap vet derm
Metode:
Was die lewer skoon en trek die velletjie af (dit kan langdradig wees en jy moet geduld hê).
Sny die lewer in blokkies (10mm x 10mm) Voeg peper speserye by en meng goed.
Rasper kaas met ‘n growwe rasper.
Sny tamatie en ui op in klein blokkies.
Plaas alles in een bak bymekaar en meng goed.
Spoel die vet derm goed uit en sorg dat dit goed skoon is droog die derm af.
Bind die een kant van die derm toe met tou stop nou die mengsel in die derm. Moet nie die derm te styf stop nie anders sal dit bars as jy dit braai. Dit moet ook nie pap wees nie. (so hard as wat jy wors stop).
Gooi die oortollige room in en bind toe met tou.
Sit die pofadder in die yskas sodat die speserye en room kan werk. (3 ure plus)
Braai op ‘n medium hitte vuur tot gaar.

- FHM
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm
Re: POFADDER en Pofadder wors
As jy weet hoe honger is ek hier op site...hier is nie eers n kantien nie...en toe nou die dingetjies raaklees...
Ek stem - die groot geheim by n Poffie is stading braai anders bars die ou en al jou lekker dinge en sousies in die vuur. Die vetdermpie alleen is n ander storie - hy soek hitte.
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
- Frikkiedbr
- Hero Member

- Posts: 4254
- Joined: Wed Jan 26, 2011 11:05 am
Re: POFADDER en Pofadder wors
Ja nee ek stem saam oor die onetiese POS
Mens leer maar so
Mens leer maar so
-
Johan Nel
- Hero Member

- Posts: 2172
- Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm
Re: POFADDER en Pofadder wors
Kan mens die vleise deur 'n gewone meul ook sit?
Groete,
JHN
Groete,
JHN
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
- Laurence J. Peter
- FHM
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm
Re: POFADDER en Pofadder wors
Ja Johan, inteendeel - baie manne verkies dit om al die bestandele te maal voor stop.Johan Nel wrote:Kan mens die vleise deur 'n gewone meul ook sit?
Groete,
JHN
Dis n persoonlike smaak - vir my proe dit net beter as ek alles met die hand stukkies gesny het en die Poffie so stop.
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
-
Johan Nel
- Hero Member

- Posts: 2172
- Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm
Re: POFADDER en Pofadder wors
Dankie FHM,
Ek gaan DV van Donderdag af 'n klompie blesbokke help jag en skiet. Hierdie resepte kan handig te pas kom. Ek het hoeka voorbedagte rade met die lewers, niertjies en harte (as hulle net nie stukkend geskiet word nie).
Groete,
JHN
Ek gaan DV van Donderdag af 'n klompie blesbokke help jag en skiet. Hierdie resepte kan handig te pas kom. Ek het hoeka voorbedagte rade met die lewers, niertjies en harte (as hulle net nie stukkend geskiet word nie).
Groete,
JHN
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
- Laurence J. Peter
- FHM
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm
Re: POFADDER en Pofadder wors
Johan Nel wrote:Dankie FHM,
Ek gaan DV van Donderdag af 'n klompie blesbokke help jag en skiet. Hierdie resepte kan handig te pas kom. Ek het hoeka voorbedagte rade met die lewers, niertjies en harte (as hulle net nie stukkend geskiet word nie).![]()
![]()
![]()
Groete,
JHN
Laat die manne maar n hand hoer skiet as normaalweg om die harte te spaar
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
- Marc
- Hero Member

- Posts: 5966
- Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm
Re: POFADDER en Pofadder wors
Sies man Frikkie, nou kwyl ek oor alles man 
- Frikkiedbr
- Hero Member

- Posts: 4254
- Joined: Wed Jan 26, 2011 11:05 am
Re: POFADDER en Pofadder wors
Groot plesier 
- Riaan Beeslaar
- Hero Member

- Posts: 678
- Joined: Tue Mar 05, 2013 9:09 am
Re: POFADDER en Pofadder wors
Nou is ek darem honger.
Dankie Frikkie, sal die resepte definitief probeer
Dankie Frikkie, sal die resepte definitief probeer
-
Henry 7
- Hero Member

- Posts: 511
- Joined: Fri Mar 30, 2012 9:14 am
Re: POFADDER en Pofadder wors
As jy nie wil maal nie sny die bestanddele in klein blokkies en sit in Twista of een van daai goed wat die vrouens gebruik om uie ens. fyn te maak -hy werk net so goed!