Dankie Tafjak en Hebron

A place to advertise or mention a course/ Die plek om jou kursusse te adverteer of bekend te stel
Post Reply
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Dankie Tafjak en Hebron

Post by wlm »

Taffie en Willem
Baie dankie vir die kursus op Sutherland.
Taffie, jy het nie net my kennis oor jakkalse en nagroep ongelooflik groter gemaak nie, jy het met jou entoesiasme my sommer weer nuwe moed vir die koue nagte gegee.
Die manier waarop jy die lesings aanbied is puik. Om ons lot so vas genael te laat sit vir ure is nie maklik nie. As jy nie af en toe moes rook nie sou daar dalk, soos in sub A, van die manne glipse gemaak het omdat hulle vergeet om "kamer te verlaat".
Aan Willem, dankie vir jou reelings en gasvryheid. Om jou huis vir so 'n klomp manne beskikbaar te stel is nie sommer niks nie. Dankie vir die lekker eet- en drinkgoed.
Dankie ook vir die "spaar" van die 2 jakkies vir Taffie se demonstrasie!
Sterkte aan die ander kursusgangers en dankie vir al die lekker gesels.
Willem Symington
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Dankie Tafjak en Hebron

Post by cassie_calvinia »

ek spyt ek het dit gemis. maar die trekkers dreun hier.
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Dankie Tafjak en Hebron

Post by tafjak »

Willem

Dit is net 'n plesier en 'n voorreg om sulke "op ge-charge-de" manne te he^ waar jakkalse saakmaak!

Mooiloop
JWO
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 65
Joined: Wed Mar 30, 2011 12:22 pm

Re: Dankie Tafjak en Hebron

Post by JWO »

Baie dankie Taffie.

Ek het nie enige toerusting, behalwe die boot se GPS nie en is nou so opgecharge dat ek gaan uitkyk vir die ander toerusting. Dit was baie lekker en leersaam. Die praktiese roep was oor voor dit nog begin het. En daar was nie eers misskote om oor te klae nie.

Groete
Jacques Obermeyer
Post Reply