Dagroep stories en vrae
- Freddie101
- Hero Member

- Posts: 1384
- Joined: Fri Dec 19, 2008 11:39 am
Re: Dagroep stories en vrae
Niel
Wat jy se laat n mens sommer dink oor jou eie metodes. Het klaar weer geleer.
Groete Freddie

yol bolsun
- frinam
- Sr. Member

- Posts: 300
- Joined: Thu Mar 12, 2009 9:03 am
Re: Dagroep stories en vrae
Dankie Niel, hul se dat 'n groot man se wysheid daarin le dat hy bereid is om dit te deel, nie vir homself te hou nie. Sien uit om jou kennis en ondervinding te "melk" in die toekoms, dankie dat jy dit met ons "blougatte" deel. Duitswes groete-Frinam
Don't pick a fight with an old man. If he is too old to fight, He'll just kill you.
- Francois Marais
- Administrator

- Posts: 4042
- Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm
Re: Dagroep stories en vrae
Oom Frikkie
Dink jy Niel sal vi ons kom kuier hier in Duitswes??? Ons sal bietjie moet vra en hoor.
Mooi loop
Francois
Dink jy Niel sal vi ons kom kuier hier in Duitswes??? Ons sal bietjie moet vra en hoor.
Mooi loop
Francois
- frinam
- Sr. Member

- Posts: 300
- Joined: Thu Mar 12, 2009 9:03 am
Re: Dagroep stories en vrae
FM, wie nie waag nie sal nie wen nie!!! Kom ons hoor by Niel, as ons genoeg belangstelling kan kry vanuit die plaaslike manne, kan MOOIVRA dalk help, dalk net!!! Praat more met jou op sel, dan probeer ons iets uitwerk. Die Duitswes manne kan dalk solank laat weet wie stel belang, waar en wanneer. Frinam
Don't pick a fight with an old man. If he is too old to fight, He'll just kill you.
-
DSBW
- Sr. Member

- Posts: 344
- Joined: Wed Aug 19, 2009 7:56 pm
Re: Dagroep stories en vrae
FM/Frikkie
Ons kan net baat by iemand soos Niel, so ek is in, as ons genoeg belangstelling kry kan ons dit 'n bekostigbare oefening maak.
Niel, ek beaam al die reaksie tot dusv?r op jou bydrae, baie dankie, elke bietjie help, ek is nog baie onervare met die jagding, so vir my is dit goud werd.
Groete
Dawie
Ons kan net baat by iemand soos Niel, so ek is in, as ons genoeg belangstelling kry kan ons dit 'n bekostigbare oefening maak.
Niel, ek beaam al die reaksie tot dusv?r op jou bydrae, baie dankie, elke bietjie help, ek is nog baie onervare met die jagding, so vir my is dit goud werd.
Groete
Dawie
- Francois Marais
- Administrator

- Posts: 4042
- Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm
Re: Dagroep stories en vrae
Het namiddag weer n dagroepie deurgewerk so n paar honderd meter suid van die kursus se spot.
Was so uur en 30 min op "stand", ma niks het ingekom nie, area was baie steil rante met diep klowe, gedink ek gaan volgende keer bietjie meer plat area probeer, nie te ver davandaan is n platter area met baie bos wat goeie beskerming sal bied, daar behoort redelik meer konsentrasie jakkies te wees.

- Biker
- Hero Member

- Posts: 812
- Joined: Sun Feb 07, 2010 12:19 pm
Re: Dagroep stories en vrae
HALLo
Was so bietjie besig met ander goed. Lekker Frinam- mooi so! Niel dankie oor daai statistiek van dagroep sukses t.o.v. ligsku jaks.
BIKER

Dagroep 23/5
16.30 roep 10sek hard vir jakblaf. Wag 20min en roep weer met jakblaf vir 10sek. Paar kom loer 30min later so 400m ver. Lok hulle nader met lig wat vinnig versleg en skiet die reun maar teef laat waai en verdwyn in sleg lig. Hierdie is n baie skelm paar wat so vir 18mde lank deur buurman bederf is. Baie ligsku so het nie eers probeer om haar in die maan in te roep nie.
GROETE BIKER
16.30 roep 10sek hard vir jakblaf. Wag 20min en roep weer met jakblaf vir 10sek. Paar kom loer 30min later so 400m ver. Lok hulle nader met lig wat vinnig versleg en skiet die reun maar teef laat waai en verdwyn in sleg lig. Hierdie is n baie skelm paar wat so vir 18mde lank deur buurman bederf is. Baie ligsku so het nie eers probeer om haar in die maan in te roep nie.
GROETE BIKER
- frinam
- Sr. Member

- Posts: 300
- Joined: Thu Mar 12, 2009 9:03 am
Re: Dagroep stories en vrae
More Biker, vanoggend is ek regtig soos takoeza, vorige dagroepie was uiters suksesvol(dankie vir gelukwensing), maar gister oggend 06h00 weer geroep in selfde omgewing as laas waar ek groot reun geskiet het. Redelike sterk noordewind, spot is 'n oop pan, so 2 hektaar. Na 29 min kom die jakkie in, sit op kant van pan, weier om nader te kom. Maak foutjie van my lewe, waag 'n dwarswind skoot op 355m, jakkie oorleef die een
. Groetnis van Frinam wat nou eers rou.
Don't pick a fight with an old man. If he is too old to fight, He'll just kill you.
- Francois Marais
- Administrator

- Posts: 4042
- Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm
Re: Dagroep stories en vrae
Oom Frikkie
Mooi loop
Francois
EINA, ma wi ni waag ni salli wenni, se hulle mos....jakkie oorleef die een...
Mooi loop
Francois
- Biker
- Hero Member

- Posts: 812
- Joined: Sun Feb 07, 2010 12:19 pm
Re: Dagroep stories en vrae
FRINAM
Eina! Gelukkig genees die tyd alles. Ja wind is n black-sam enek het gesweer om nooit in wind te gaan skiet nie...man moet tyd maak vir huiswerk ook
Sterkte
BIKER
Eina! Gelukkig genees die tyd alles. Ja wind is n black-sam enek het gesweer om nooit in wind te gaan skiet nie...man moet tyd maak vir huiswerk ook
BIKER
- frinam
- Sr. Member

- Posts: 300
- Joined: Thu Mar 12, 2009 9:03 am
Re: Dagroep stories en vrae
Biker en Francois, dankie vir verstaan!!!
Probleem is nog nie opgelos nie maar jul simpatie voel koel op die eina
Dankie manne,sal weer die goeie nuus ook met jul deel, hopelik gou!! Groetnis-Frinam
Don't pick a fight with an old man. If he is too old to fight, He'll just kill you.
-
Doepie01
- Sr. Member

- Posts: 324
- Joined: Thu May 13, 2010 11:55 pm
Re: Dagroep stories en vrae
Naand Manne
Ek hoop ek kan bietjie raad kry asb. Ek wil Woensdag middag my eerste dagroep probeer. Die plek is in n kloof tussen groot rante. Daar loop n fontein in die kloof en die jakkalse loop n voetpad uit. Ek wil more eers mooi gaan recce om te kyk waar ek moet sit(hulp asb). Die rede waarom ek wil dagroep is dat die plek onbegaanbaar is vir n voertuig en die naaste waar ek nog kom kom is so n km. kry nie sukses met Nagroep nie. Dit is grond wat ek huur so ek weet nie of die jakkalse voorheen ligsku gemaak is nie.
Wat my bietjie deurmekaar maak terwyl ek deur al die replies gegaan het is dat party manne se hulle begin met n Jak roep en ander begin met kos. Volgens Jaracal en my eie ondervinding(hoewel baie beperk) is dit fataal om in hierdie moeilike tyd met Jak geluide te begin. is dit dalk moontlik dat nag en dag toestande n verskil maak aan tiepe klanke? Ek wil ook saamstem met Niel dat jakkie in die laat middag al vrek honger behoort te wees. Die Jakkalse se hoofbron van voedsel is natuurlik my lammers!!!!
Ek kan net noem dat ek so n maand gelede 2 Jakkalse in hierdie kloof met ysters gevang het maar nou kry ek nie meer sukses nie.
Baie dankie by voorbaat.
Cheers
Doepie

tafjak
Re: Dagroep stories en vrae
Doepie
As jy weet waarvandaan hulle gaan kom is die stryd gewonne.
Sit jou roeper en jouself op(agter as dit moontlik is) die hang waar hule nie sal beweeg nie en roep soontoe. Probeer ook die roeper en jouself so sit dat dat nie inlyn sal wees vanwaar hulle sal inkom nie.
Al raad wat ek het. Kos is maar die ding vir solank die geduld hou.
As jy weet waarvandaan hulle gaan kom is die stryd gewonne.
Sit jou roeper en jouself op(agter as dit moontlik is) die hang waar hule nie sal beweeg nie en roep soontoe. Probeer ook die roeper en jouself so sit dat dat nie inlyn sal wees vanwaar hulle sal inkom nie.
Al raad wat ek het. Kos is maar die ding vir solank die geduld hou.
- Biker
- Hero Member

- Posts: 812
- Joined: Sun Feb 07, 2010 12:19 pm
Re: Dagroep stories en vrae
DOEPIE
My ondervinding met dagroep is en jy sal dit in my posts lees is MIN ROEP en baie belangrik so binne 1.5km van hulle blyplek.
Daarom reageer hulle gou op n kort jakroep.Ek het so baie beter reaksie gekry as met kos. Sodra dit donker word dan is kos weer koning.
Sit altyd so dat hulle teen die son inkom. Ek het al een geskiet wat oor n blinde rif skuins van agter 25m van my af ingekom het met die sakkende son in sy oee en moes hom stop met n 'kiss of death' en toe sien hy my nog nie.
Waar wat Taffie se oor die lyn van die roeper.
Hoop dit help. BIKER
My ondervinding met dagroep is en jy sal dit in my posts lees is MIN ROEP en baie belangrik so binne 1.5km van hulle blyplek.
Daarom reageer hulle gou op n kort jakroep.Ek het so baie beter reaksie gekry as met kos. Sodra dit donker word dan is kos weer koning.
Sit altyd so dat hulle teen die son inkom. Ek het al een geskiet wat oor n blinde rif skuins van agter 25m van my af ingekom het met die sakkende son in sy oee en moes hom stop met n 'kiss of death' en toe sien hy my nog nie.
Waar wat Taffie se oor die lyn van die roeper.
Hoop dit help. BIKER
-
Doepie01
- Sr. Member

- Posts: 324
- Joined: Thu May 13, 2010 11:55 pm
Re: Dagroep stories en vrae
Hallo Taffie en Biker
Baie dankie dat julle bereid was om my raad te gee. Ek het vandag my sitplek gaan uitsoek en probeer doen wat ek alles gelees het hier op die forum. Taffie die kloof is ongelukkig baie nou en steil so ek sal nie die roeper heeltemal dwars met hul roete kan sit nie maar as die inkom roete op 12 uur le sal ek die roeper so 10 uur kan sit en ek sal op 4 uur sit. My sitplek is so 5 meter bokant die roete op n krans so ek is nie in lyn met jakkie se sig nie.
Biker, die son storie gaan bietjie neuk want oos, wes is op 3 uur en 9 uur. Ek sal terugvoer gee. Hoop wraggies dit gaan positief wees. Ek is verseker binne 1.5km van hul blyplek en sal maak soos jy se met die roep.
Baie dankie nogmaals.

Mac
- Hero Member

- Posts: 1172
- Joined: Thu Apr 16, 2009 3:47 pm
Re: Dagroep stories en vrae
Doepie,
As daardie kloof van jou nou is, beskou jou jakkalse as klaar dood. Plaas jou roeper en decoy, as jy een gebruik, op die een kant, en neem stelling in op die ander kant, Ek plaas die roeper die aand ut, en beweeg in so uur voor sonop na my possiesie, as dit lig genoeg is om te sien, begin roep. Jy sal ook sien dat die een wat nie geval mhet nie, net so paar meter hol, en staan dan met 'n boom tussen hom en die roeper, mooi oop vir jou. Belowe jou, dit werk.

Occasionally mistaken for a responsible adult
It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
-
Doepie01
- Sr. Member

- Posts: 324
- Joined: Thu May 13, 2010 11:55 pm
Re: Dagroep stories en vrae
Goeie more my 3 mentors.
Wel die dagroep was toe nie suksesvol nie. Ek het van 4 uur af gesit en toe ek weer sien is dit donker. Ek het nie besef dit gaan so gou donker word in daai kloof nie. Toe ek terug gaan bakkie toe en my nag kabaai aan trek toe roep daai Jakkalse darem dat ek hoender vleis kry. Ek moes lyk my, nog net so n half uur se daglig gehad het. So leer mens maar.
My nagskiet was bietjie meer suksesvol(dink ek). Het lank Springhaas combo geroep en toe Elsneus. Die paar het dadelik geantwoord. Na so 15 minute waarin ek niks geroep het nie kom hulle toe in EN die maan kom op. Die agterste een het vasgesteek op so 300m en die voorste een het inbeweeg. Ek glo dit is die reun. Het hom geskiet maar soek nou nog. Gras is vrek lank en ek het nie n drywer en GPS en al daai lekker goed nie. Het darem die natsak klap gehoor toe ek skiet. Sal maar more weer gaan soek.
Dankie weereens vir jul hulp. Ek gaan nou slaap.

- Monrique (SJ)
- Hero Member

- Posts: 2296
- Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am
Re: Dagroep stories en vrae
Doepie
Het jy die kals toe gekry. Ek geniet die topic nou so ek kyk gereeld hier. Is daar nie dalk iemand saam wie ek kan gaan net vir 1 aand dit klink be*&k lekker?
Groetnis
SJ

- KSV
- Hero Member

- Posts: 1386
- Joined: Wed Nov 25, 2009 11:02 am
Re: Dagroep stories en vrae
SJ,
Se bietjie waar woon jy? Iemand sal jou nooi glo ek.
Kalahari groete
Hein

Mooiloop!
Hein van Kathu
[glow]Kalahari Sands Varminting[/glow]
Hein van Kathu
[glow]Kalahari Sands Varminting[/glow]
- Monrique (SJ)
- Hero Member

- Posts: 2296
- Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am
Re: Dagroep stories en vrae
KSV
In die Weskus maar kom volgende en daarop volgende week Upington en Olifantshoek se kant toe. Ek dink ek moet vir my n job soek op n ander plek dat ek tussen die "regte" manne is. Ek laaik die jag ding KWAAAAAAIIIII.
Groetnis
SJ
In die Weskus maar kom volgende en daarop volgende week Upington en Olifantshoek se kant toe. Ek dink ek moet vir my n job soek op n ander plek dat ek tussen die "regte" manne is. Ek laaik die jag ding KWAAAAAAIIIII.
Groetnis
SJ
- KSV
- Hero Member

- Posts: 1386
- Joined: Wed Nov 25, 2009 11:02 am
Re: Dagroep stories en vrae
SJ,
Dis nou jammer, ek is volgende innie Vrystaat. Miskien is hier iemand van hier wat jou sal nooi?
Hein
Dis nou jammer, ek is volgende innie Vrystaat. Miskien is hier iemand van hier wat jou sal nooi?
Hein
Mooiloop!
Hein van Kathu
[glow]Kalahari Sands Varminting[/glow]
Hein van Kathu
[glow]Kalahari Sands Varminting[/glow]
- Monrique (SJ)
- Hero Member

- Posts: 2296
- Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am
Re: Dagroep stories en vrae
KSV
Dis nou n jammerte. Dit sal voorwaardelik gaaf wees, glo ek sal dit baie geniet!

- 243Songdaug
- Hero Member

- Posts: 1713
- Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm
Re: Dagroep stories en vrae
SJ
As jy regtrig belangstel om saam ons 'n draai te ry kan ons plan sien. Gee asb die datums deur wat jy in die Olifantshoek omgewing sal wees dan kan ons kyk wat ons kan doen. EK het een helske groot shutdown in die volgende twee weke - so ek gaan maar bedrywig wees.
Ek, Johan van Zyl en KSV(Hein) skiet al van '99 af hier in die omgewing - as jy kan stilsit en stilbly is jy welkom.
Laat weet gerus - altyd lekker om forum manne te ontmoed - is self 'n hervestigde Namakwalander.
Jy is welkom om my te PM.
Groete.
Jaco

Dont tell me, show me......
- Monrique (SJ)
- Hero Member

- Posts: 2296
- Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am
Re: Dagroep stories en vrae
Jaco dankie man,het jou ge-PM