Nog in Tower identifikasie nodig asb

Alles oor Swartkruit hier
Post Reply
User avatar
SV MAD (Henk)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1653
Joined: Thu Aug 11, 2011 12:26 pm

Nog in Tower identifikasie nodig asb

Post by SV MAD (Henk) »

Manne, ek het hierdie wapen onlangs by 'n vriend gekry, hou wou hom op 'n ashoop gaan gooi. jammer oor die kolf wat hy afgeskuur het en gevernis het (kan mens die vernis afhaal en restoureer na oorspronglike vorm)

Help asb met die identifikasie. Al wat ek kan sien is dat hy die koning(in) kroon het links van die haan en daar staan Tower regs van die haan.

Die loop is glad (geen groewe)

Die haan slaan op n' pennetjie, wat deurslaan na die loop (ek neem aan primitiewe doppie geweer)

Asb, enige raad en geskiedenis asb

http://i1031.photobucket.com/albums/y378/SVMAD/11042013971_zpse6f0bf7a.jpg

http://i1031.photobucket.com/albums/y378/SVMAD/11042013970_zps6781fc27.jpg

http://i1031.photobucket.com/albums/y378/SVMAD/11042013969_zps9759c596.jpg

http://i1031.photobucket.com/albums/y378/SVMAD/11042013968_zpsc028b87d.jpg

http://i1031.photobucket.com/albums/y378/SVMAD/11042013967_zps9d7f2d0d.jpg

http://i1031.photobucket.com/albums/y378/SVMAD/11042013966_zps26a0f782.jpg
ek soek nog wapens...
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Nog in Tower identifikasie nodig asb

Post by Geno »

Lyk soos 'n .577 Snyder

Edit:
Ek is 100% seker dis 'n .577 Snyder.

http://www.google.co.za/search?q=.577+S ... 9zEu3ynwLM
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Nog in Tower identifikasie nodig asb

Post by Gerhard »

Geno wrote:Lyk soos 'n .577 Snyder

Edit:
Ek is 100% seker dis 'n .577 Snyder.

http://www.google.co.za/search?q=.577+S ... 9zEu3ynwLM
100%
User avatar
SV MAD (Henk)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1653
Joined: Thu Aug 11, 2011 12:26 pm

Re: Nog in Tower identifikasie nodig asb

Post by SV MAD (Henk) »

Dankie manne.

Nou die vraag, ek sien dis 'n doppie gun. Moet ek liksens kry vir hom, of hoe? En waar kan mens dalk ammo kry ens?
ek soek nog wapens...
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Nog in Tower identifikasie nodig asb

Post by Geno »

Hoor by Freek. Hy het op 'n tyd fotos van 'n Snyder opgesit.
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
SV MAD (Henk)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1653
Joined: Thu Aug 11, 2011 12:26 pm

Re: Nog in Tower identifikasie nodig asb

Post by SV MAD (Henk) »

Thanks mater
ek soek nog wapens...
User avatar
Mars67
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 95
Joined: Thu Aug 02, 2012 3:56 pm

Re: Nog in Tower identifikasie nodig asb

Post by Mars67 »

Ja dit is 'n Snider of te wel Snider-Enfield. Hy vat die Nr2 Musket patroon. Onthou dat hy kwalifiseer as 'n vuurwapen omdat hy van agter af laai en jy moet 'n lisensie vir hom hê. Die Snider het die Pattern 1853 Enfield vervang as die amptelike Britse militêre geweer in 1866. Dit was enitlik 'n ombouing van die P1853 om 'n "Breech loader"(kan om die dood nie nou die afrikaans onthou nie) te maak. Die Snider was die eerste Britse "doppie geweer" (maw wat 'n volledige patroon met 'n metaal dop gebruik) wat in groot getalle uitgereik is. Dit is daarom van 'n historiese perspektief 'n baie belangrike geweer. Die Snider is vervang deur die Martini-Henry.

Dit is moontlik om die vernis af te kry. Gebruik "paint stripper" en dan liggies skuur met fyn staalwol. Die kolwe krimp met die verloop van tyd soos die hout uitdroog. Mens kan sien die kolfplaat is groter as die kolf self. Hy kan nie te veel geskuur gewees het as die stempel op die kolf nog sigbaar is nie. Wees maar uiters versigtig en probeer om nie die stempel te beskadig nie. Ek kan nooit verstaan wat dit is met mense dat die oomblik wat hulle hul hande op 'n ou geweer lê hulle die skuurpapier en staalwol moet nader pluk nie?! Ek wonder hoeveel gewere is al op hierdie manier behoorlik op-gevoeter.

So terloops, wat staan op daardie stempel?
User avatar
SV MAD (Henk)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1653
Joined: Thu Aug 11, 2011 12:26 pm

Re: Nog in Tower identifikasie nodig asb

Post by SV MAD (Henk) »

Rodriques Birmingham Universal firearm.

Dankie Mars

Nou hoe motiveer ek hom by die CFR en waar sal mens ammo kry vir hom? Is dit 'n goeie geweer?

Of sal dit beter wees as ek hom moet deaktiveer (alhoewel ek dink dit sal n skande wees om so iets te deaktiveer)
Last edited by SV MAD (Henk) on Fri Apr 12, 2013 9:20 am, edited 1 time in total.
ek soek nog wapens...
User avatar
Mars67
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 95
Joined: Thu Aug 02, 2012 3:56 pm

Re: Nog in Tower identifikasie nodig asb

Post by Mars67 »

O ja hy is veronderstel om 'n getrokke loop te hê. Dis 'n .577 kaliber. Miskien het iemand die loop op 'n stadium uitgeboor of dalk roes. Dalk kort die loop net 'n goeie skoonmaak. Die P1853 Enfield het 3 breë vlak groewe gehad met 'n baie stadige draai.
User avatar
SV MAD (Henk)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1653
Joined: Thu Aug 11, 2011 12:26 pm

Re: Nog in Tower identifikasie nodig asb

Post by SV MAD (Henk) »

Sal bietjie mooi gaan loer in die loop, en kyk of ek 3 vlak groewe sien.

Of sal dit beter wees as ek hom moet deaktiveer (alhoewel ek dink dit sal n skande wees om so iets te deaktiveer)
ek soek nog wapens...
User avatar
Mars67
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 95
Joined: Thu Aug 02, 2012 3:56 pm

Re: Nog in Tower identifikasie nodig asb

Post by Mars67 »

Daar kom mos maar van tyd tot tyd van die goed uit onder vloer planke en plafonne. Dit is daarom nie snaaks om van hulle te kry wat ongelisensieër is nie. Boonop wil die SAPD mense tog aanmoedig om die goed eerder te lisensieer. Om die ding te motiveer is ook nie moeilik nie. Die geweer is van historiese belang. Dit hang net af hoeveel gewere jy al het, of jy 'n versamelaar is en indien nie of jy een van jou kosbare lisensies wil opoffer om die geweer te besit. Hulle het die ombouing van die P1853 Enfield na Snider gedoen omdat die Snider baie vinniger gelaai en geskiet kon word en was boonop nog meer akkuraat as die P1853. Akkuraatheid hier is maar ietwat van 'n relatiewe term. As die loop uitgeboor of heeltemal uitegroes is gaan hy nie meer wil skiet nie. Dit is moontlik om doppe te kry. Hy het reguit kante soos 'n rewolwer doppie so dit is maklik om te laat draai.
Last edited by Mars67 on Fri Apr 12, 2013 1:19 pm, edited 2 times in total.
User avatar
Mars67
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 95
Joined: Thu Aug 02, 2012 3:56 pm

Re: Nog in Tower identifikasie nodig asb

Post by Mars67 »

As jy dit enigsins kan verhelp moet hom asb. nie laat de-aktiveer nie. Laat eerder dat 'n versamelaar hom dan oorvat.

Die ombouings is gedoen deur die Royal Small Arms Factory Enfield. Dit is moontlik dat van die ombouings uitgekontrakteer is na ander kleiner wapensmede ook.Die ombouings het almal vollengte kolwe gehad. Dit is baie interessant aan hierdie geweer dat dit nie so is nie. Hierdie geweer se kolf is verkort en dit was ook nie gebruiklik vir die wapensmede om hulle stempel op die kolf aan te bring op die gewere wat hulle vir die regering omgebou het nie. Dit gee my die idee dat hierdie geweer dalk uitgekoop was uit surplus en "gesporterise" was om te verkoop in die handel. Maak dit nog meer uniek.
Last edited by Mars67 on Fri Apr 12, 2013 1:15 pm, edited 1 time in total.
User avatar
SV MAD (Henk)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1653
Joined: Thu Aug 11, 2011 12:26 pm

Re: Nog in Tower identifikasie nodig asb

Post by SV MAD (Henk) »

Dankie Mars
ek soek nog wapens...
User avatar
JTM
Hero Member
Hero Member
Posts: 1691
Joined: Tue Sep 18, 2012 9:06 am

Re: Nog in Tower identifikasie nodig asb

Post by JTM »

Dis baie interessant. By ons laaste lede aand het ABC ons toegespeek en van sy versameling gewys. Dit was juis oor die tipe vuurwapens en wat ek daarvan sal onthou is dat sulke gewere altyd 'n storie het en dat mens nie sy karakter moet skade doen deur dit oor te wil laat blou of onodig die houtwerk wil opknap nie.

Red dit as jy kan. Dis 'n mooi stukkie geskiedenis daai.
Jannie Welman
User avatar
SV MAD (Henk)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1653
Joined: Thu Aug 11, 2011 12:26 pm

Re: Nog in Tower identifikasie nodig asb

Post by SV MAD (Henk) »

dankie
ek soek nog wapens...
User avatar
Mars67
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 95
Joined: Thu Aug 02, 2012 3:56 pm

Re: Nog in Tower identifikasie nodig asb

Post by Mars67 »

Net vir volledigheid. Die naam op die kolf is Robert Hughes Universal Firearm Works Birmingham. Robert Hughes was 'n wapensmit in Brimingham van so 1855 af. In 1868 het hy die naam Universal Firearm Works aangeneem. Hierdie geweer is inderdaad een wat hulle "ge-sporterise" het vir verkoop in die handel. Van hulle kan baie werd wees.
User avatar
SV MAD (Henk)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1653
Joined: Thu Aug 11, 2011 12:26 pm

Re: Nog in Tower identifikasie nodig asb

Post by SV MAD (Henk) »

Dankie Mars!
ek soek nog wapens...
Post Reply