"Gadgets" 'n Boer maak 'n plan.

Post Reply
User avatar
NEGE3
Hero Member
Hero Member
Posts: 1397
Joined: Sat Feb 09, 2013 4:38 pm

Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.

Post by NEGE3 »

Gaan probeer.

Die Bussie links bo:
Dia 16mm x 16mm lank sagte staal. Boor 'n 5mm gaatjie regdeur en versink met 'n 60º versinkboor so ongeveer 4mm diep. Ek het al die verskillende koeëls wat ek gebruik gemeet en gesien dat 'n 60º hoek op daardie diepte almal mooi op die ogaaf raak. Die 5mm gaaitjie regdeur is net om seker te maak die punte van die koeëls druk nie vas nie.

Die Lang stafie met die dun punt:
Dia 8mm x 380mm lank en ek het die punt afgedraai na dia 4mm x 80mm lank. Die' punt skuif deur die onderkant vd dop waarin ek 'n 8mm gat geboor en getap het en dus die koeël teen die lande druk.

Agter die lang stafie:
Dia 16mm x 16mm sagtestaal met 'n 8mm gat regdeur geboor. Ek het 'n 5mm gat deur die wand geboor en 6mm getap. Hy skuif nou oor die lang dun stafie en dan kan jy vas draai as die koeël die lande soen.

Die onderste buis:
Dia 16mm x 260mm lank x 2mm wand dikte staalpyp. Ek het aan weerskante die sweis naat aan die binnekant vd pyp glad gedraai en twee bussies gedraai wat styf daarin pas so 15mm diep. Toe het ek 'n dia 8mm gat in die een bussie geboor. Aan die anderkant het ek dia 6.8mm gat geboor en M8 getap net 10mm diep. Vat 'n 8mm bout en draai hom styf tot waar die draad ophou en saag hom af dat 6mm vd draad uitsteek. Boor 'n dia 4mm gat in die bussie.

Doppe:
Ek het 'n gevuurde dop van elkeen van die kalibers wat ek laai gevat en 'n dia 6.8mm gat in geboor en 8mm getap. Ek het die vollengte setmate uitmekaar gehaal en in die draaibank gesit om die gate konsentries te boor en tap. Dan het ek die dop op 'n 8mm bout gedraai en die doppe met 1000 skuurpapier gepoleer dat hulle seepglad in die kamers vd gewere gly.

Wastertjie:
Ek sit 8mm wastertjie oor die een bussie met die draad op voor ek die dop opskroef anders is die meet spasie bietjie ongemakik. Ek gebruik dit dan sommer as my TPL of jy kan die waster se dikte aftrek as jy wil.

Ek het al my gewere se TPL so bepaal en geen probleme ondervind nie.
Sou lekker wees as mens kon tekeninge hier plaas.
Laat weet maar as iets onduidelik is.
Groete.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Groete,
Koos de Beer
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.

Post by PWV »

NEGE3

Dit is 'n baie mooi ding wat jy daar prakseer het. Ek moet egter se dat ek net hamer, ystersaag, tang en 'n boor het. So, ek gaan nie eers probeer om so 'n gesofistikeerde apparaat te maak nie. Ek glo ook daar het 'n bietjie tyd ingegaan.
Glo dit sal lekker wees om so 'n ding te he.
Groetnis
User avatar
NEGE3
Hero Member
Hero Member
Posts: 1397
Joined: Sat Feb 09, 2013 4:38 pm

Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.

Post by NEGE3 »

Pieter ek het maar afgekyk in die klas en gelukkig het ek 'n klein draaibankie in die werkskamer. Dit was een Saterdag se werk.
Groete.
Groete,
Koos de Beer
User avatar
LongWolf
Hero Member
Hero Member
Posts: 832
Joined: Sat Mar 09, 2013 2:39 pm

Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.

Post by LongWolf »

nee ala aarde......800 mense kom kyk en 4x het gadgets.

ek glo dit vir geen geld nie.

komaan manne laat ons deel met mekaar.

>:D >:D >:D
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.

Post by PWV »

LongWolf, ek stem saam met jou. Ek kan nie glo dat oor die 800 lede hierdie post besoek het en daar is net vier wat "gadgeds" het wat hulle gebruik.
Kom manne en dames! Moenie skaam wees vir julle goedjies nie.
Groetnis
User avatar
SV MAD (Henk)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1653
Joined: Thu Aug 11, 2011 12:26 pm

Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.

Post by SV MAD (Henk) »

Ek moet bieg, ek het niks gadgets nie...
ek soek nog wapens...
FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.

Post by FCLoretz »

NEGE3 wrote:Pieter ek het maar afgekyk in die klas en gelukkig het ek 'n klein draaibankie in die werkskamer. Dit was een Saterdag se werk.
Groete.
Hoeveel gaan jy my vra om vir my so gadget te bou NEGE3?
User avatar
LongWolf
Hero Member
Hero Member
Posts: 832
Joined: Sat Mar 09, 2013 2:39 pm

Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.

Post by LongWolf »

Pieter Willem Vorster wrote:LongWolf, ek stem saam met jou. Ek kan nie glo dat oor die 800 lede hierdie post besoek het en daar is net vier wat "gadgeds" het wat hulle gebruik.
Kom manne en dames! Moenie skaam wees vir julle goedjies nie.
Groetnis
Ja nee Oom PW.

ek dink van die manne dink dalk dat n mens sal oordeel of slegte kommentaar lewer, maar dis nie die geval nie.
as iemand my 10sent idee kan vat en byvoorbeeld hom bou uit vlekvrye staal - Great dan het ek iets vir iemand beteken - en dis waaroor hierdie post gaan.

manne/manninne

al het julle soos ek n skiet sak uit n ou banksak gemaak sit dit op want dit kan dalk net die volgende persoon help!

ek doen weer n beroep: maak nie saak wat julle het nie - sit dit op asseblief. dit gee dalk net geboorte aan iets wat niemand nog aan gedink het nie.
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.

Post by Cobus(Cobb) »

1)Vat 'n ou "scissor" jack, sweis 'n channel iron of stukkie half pyp bo op en sit rubber of lap of iets....nou het jy 'n verstelbare skiet platvorm, sit klein skiet sakkie agter en jou platvorm vir papier skiet is baie vas en verstelbaar voor...

2) 3/4 stukkie brass plumbing pyp wat jou oor jou powder dispenser se bek sit....keer dat daar die alewige 1 of 10 korreltjies poeier uit jou skaal bakkie uitspring.

3) As jy 'n skietsak of iets maak...moet nooi mielies of gort of koring of rys gebruik nie................. :): :): :):
swembad filtersand is goed vir dit..


Cheers
User avatar
Reggie Gerber
Hero Member
Hero Member
Posts: 1223
Joined: Wed Aug 10, 2011 3:19 pm

Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.

Post by Reggie Gerber »

http://dl.dropbox.com/u/126508339/Photo%202013-04-08%2013%2055%2012.jpg

Schoemanometer
User avatar
Reggie Gerber
Hero Member
Hero Member
Posts: 1223
Joined: Wed Aug 10, 2011 3:19 pm

Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.

Post by Reggie Gerber »

http://dl.dropbox.com/u/126508339/Photo%202013-04-08%2013%2055%2041.jpg

Hierdie blok hout is gedrill met n klein bit heeltemaal deur en dan half pad met n groter een. As jy soos ek is en nie daarvan hou om die tumbler media uit te skud nie sit jy die hout stuk bo op jou tumbler met die doppe onderstebo in en skakel aan. vyftien sekondes en al die media is uit.

Pasop maar altyd vie die een wat in die primer gat sit
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.

Post by PWV »

'n Geweerrus wat ek van 'n ou "bearing puller" gemaak het. In die foto van onder gesien, het ek drie pootjies aan die drie ore van die puller gesit. Bo-op het ek 'n plat plaatjie vas geswys met 'n leer kussinkie. Hy kan op en af stel. Verder het ek 'n dwars armpie aangebring met 'n blokkie voor op sodat ek my geweer elke keer in dieselfde posisie plaas as ek van 'n skiettafel af skiet.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
JTM
Hero Member
Hero Member
Posts: 1691
Joined: Tue Sep 18, 2012 9:06 am

Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.

Post by JTM »

My bydrae is die V-boksie wat ek gebou het om my teleskope in te rol en dan opties te zero. Het eers gedink ronde holtes gaan werk, maar die scope lê te los daarin en is onstabiel as jy dit rol. Ek het toe maar na die tyd die V groef sye aangesit. Nou werk dit heel goed.

http://i1283.photobucket.com/albums/a554/JTM77/20130408_184715_zpsbd3fd80f.jpg

http://i1283.photobucket.com/albums/a554/JTM77/20130408_184627_zps08661da8.jpg

http://i1283.photobucket.com/albums/a554/JTM77/20130408_184615_zpsf6091a8d.jpg
Jannie Welman
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.

Post by Christo »

http://dl.dropbox.com/u/60613964/IMG-20130314-00056.jpg
http://dl.dropbox.com/u/60613964/IMG-20130228-00024.jpg

My skiet tafel. Sommer so op gevoel die size gemaak. Nie einlik plan geteken voor ek begin het nie.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.

Post by PWV »

Grand, Christo! Het al oorweeg om die tafel by my braaiplek met so 'n ding te vervang. My groot probleem is dat ek dan net 15 m het tot by my grensmuur. Moet dan maar met die airgun vliee skiet!
User avatar
LongWolf
Hero Member
Hero Member
Posts: 832
Joined: Sat Mar 09, 2013 2:39 pm

Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.

Post by LongWolf »

Reggie Gerber wrote:http://dl.dropbox.com/u/126508339/Photo%202013-04-08%2013%2055%2012.jpg

Schoemanometer

Regggie

gee bietjie beskrywing asseblief.

dankie vir al die nuwe posts!!!!!
User avatar
Reggie Gerber
Hero Member
Hero Member
Posts: 1223
Joined: Wed Aug 10, 2011 3:19 pm

Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.

Post by Reggie Gerber »

Wolf

Die dop is om jou tpl tot op jou lands te meet.

Vat n gevuurde dop en nek size hom. Sny dan die nek op drie plekke so driekwaart na die skouer toe.
Sit nou jou koeel in met jou hand en laai hom in jou geweer. Maak die slot liggies toe. Die lands gaan die koeel seat so as jy hom weer uitgehaal het en jy meet die hele patroon sal jy jou max tpl bevestig het.
Doen die meeting so drie of vier keer om hom konstant te kry

Reggie
User avatar
LongWolf
Hero Member
Hero Member
Posts: 832
Joined: Sat Mar 09, 2013 2:39 pm

Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.

Post by LongWolf »

Reggie Gerber wrote:Wolf

Die dop is om jou tpl tot op jou lands te meet.

Vat n gevuurde dop en nek size hom. Sny dan die nek op drie plekke so driekwaart na die skouer toe.
Sit nou jou koeel in met jou hand en laai hom in jou geweer. Maak die slot liggies toe. Die lands gaan die koeel seat so as jy hom weer uitgehaal het en jy meet die hele patroon sal jy jou max tpl bevestig het.
Doen die meeting so drie of vier keer om hom konstant te kry

Reggie

dankie Reggie
User avatar
PaulM
Hero Member
Hero Member
Posts: 881
Joined: Mon Jul 09, 2012 8:48 pm

Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.

Post by PaulM »

Ek het hierdie al op 'n vorige post gehad, maar hierdie klink na die regte plek daarvoor. Dankie oom Pieter.

Ek het 'n Lee Pro 1000 herlaaistel waarmee ek 9mm rondtes herlaai. Soos algemeen bekend is, is die Pro 1000 se
groot probleem dat die slagdoppies nie altyd betroubaar voer nie. Dit is geneig om mekaar vas te lê in die ronde
houer waarin dit geplaas word, dan gaan dit nie in die 'chute' af nie.

Ek het die probleem opgelos deur 'n stukkende Blackberry se vibratormotortjie agterop die slagdoppiehouer te plaas,
met 'n drukknopskakelaartjie aan die onderpunt van die handvatsel-arm. Sodra die arm op die onderste posisie kom,
druk dit teen die knoppie en die motortjie 'grrrrrrr' so slag. Die BB se battery is 3.7 volt. Ek het by 'n plaaslike
elektroniese produkte handelaar 'n verstelbare transformator gekoop wat die 220V van die muurprop afbring na 3V.
Die vibrasie is meer as genoeg om die slagdoppies ordentlik los te skud. Geen 'primer feed' probleme met die Pro 1000
meer nie. Ek het ander aand meer as 300 rondtes herlaai, sonder 'n enkele probleem.

Hier is 'n paar foto's. Hoop dit verduidelik goed.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
PaulM

Soos ons vadere vertrou het,
Leer ook ons vertrou, o Heer.
Met ons land en met ons nasie
Sal dit wel wees, God regeer.
User avatar
JTM
Hero Member
Hero Member
Posts: 1691
Joined: Tue Sep 18, 2012 9:06 am

Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.

Post by JTM »

Kwaai idee. Mooi gedoen!
Jannie Welman
the kid
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 283
Joined: Sun Nov 27, 2011 10:29 pm

Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.

Post by the kid »

@PaulM dis nou 'n blink plan! My Lee Pro 1000 staan en stof opgaar juis oor ek gatvol geraak het vir daai primers.
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.

Post by Cobus(Cobb) »

Ek het onder "case lube" gelees oor 'n ander slim plan...
vat haelgeweer dop, sit watte of filt in met case lube...druk dop se nek in....dop vat net genoeg lube on nek, binne en buite te smeer salvorens jy neksize/deprime...

Cheers
User avatar
LongWolf
Hero Member
Hero Member
Posts: 832
Joined: Sat Mar 09, 2013 2:39 pm

Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.

Post by LongWolf »

Paul

uit sukkel word goeie planne gebore - very nice indeed!
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.

Post by Christo »

https://dl.dropboxusercontent.com/u/60613964/IMG-20130404-00107.jpg
https://dl.dropboxusercontent.com/u/60613964/Skaal.jpg

My plan om skaal weg te hou van stamp aan tafel en weg te bêre wanneer nie gebruik.

Sommer ou TV bracket gebruik en plank blad gemaak.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3652
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.

Post by JPS »

Christo,

Gee jy my nou blink idee om die een wat ekhet wat hier rondle weer tot nut te maak.

Dankie
Post Reply