slagyster lokaas

Post Reply
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

slagyster lokaas

Post by cassie_calvinia »

ek het nou die dvd gekyk van die slagyster kursus.
wie van julle stel baie/ watse lokaas werk die beste?
of gebruik jul ook 2 of 3 soorte by 'n stel?gaan dit nou ernstig begin aanpak.(ek self nou, my werkers vang ook.)
enige ander belangrike tips?
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
Foxcreek
Hero Member
Hero Member
Posts: 577
Joined: Mon Sep 07, 2009 5:04 pm

Re: slagyster lokaas

Post by Foxcreek »

Die beste tip: Voer 'n diepte gesprek met Taffie.
leendert
Newbie
Newbie
Posts: 35
Joined: Sun Mar 17, 2013 12:15 pm

Re: slagyster lokaas

Post by leendert »

Ek het al baie sukses gehad met hondemis. Al skelm reun jakkalse gevang so en selfs tewe ook. Sit die mis in ñ bos met ñ ingangetjie langs die paadtlie waar jakkals loop. Stel dan so 50cm vanaf die mis in die bek van die gangetjie. Partykeer sit hul vinnig, ander kere eers na die derde of vierde keer wat hulverbykom. Moet net nie te naby aan die mis stel nie, hul is maar bangerig om te naby te kom, dis maar die reuk wat hul nuskierigheid trek. Weet nie of iemand anders hondemis gebruik nie maar dit werk vir my, baie selektief. Sterkte

Leendert
"Responsible Hunting for Sustainable Live"
. PHASA
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: slagyster lokaas

Post by cassie_calvinia »

interesant.
wil sommer peter se goed bestel.
Oom taf kom miskien paar dae kyker as als uitwerk. sal sy kennis steel.
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
johann
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 343
Joined: Mon Dec 27, 2010 8:17 pm

Re: slagyster lokaas

Post by johann »

Stem saam oom taffie sal jou mooi kan help daar. Lokaas wat ek maar by hom gehoor het en wat werk is K-9 call.

Groete Johann
User avatar
jaracal
Administrator
Administrator
Posts: 1886
Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm

Re: slagyster lokaas

Post by jaracal »

Cassie
K9-call is van die beste aas. Dan kan ek ook Bobcat gland en Magna glan aanbeveel. Die laaste twee dink ek nie sal jy hier kry nie, weet Francois Marais het dit op 'n stadium ingebring na Namibie.
Moontlik moet ons hoor of daar ouens is wat belang sou stel in 'n paar aas tipes en dan 'n bestelling insit na USA of vir Peter vra of hy vir ons sal bestel.

Groete
Heinrich
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: slagyster lokaas

Post by cassie_calvinia »

jaracal wrote:Cassie
K9-call is van die beste aas. Dan kan ek ook Bobcat gland en Magna glan aanbeveel. Die laaste twee dink ek nie sal jy hier kry nie, weet Francois Marais het dit op 'n stadium ingebring na Namibie.
Moontlik moet ons hoor of daar ouens is wat belang sou stel in 'n paar aas tipes en dan 'n bestelling insit na USA of vir Peter vra of hy vir ons sal bestel.

Groete
Heinrich
oom, ek dink ons kan dalk navraag doen. peter sal moeite doen vir 'n mens.
sou oom se 'n mens moet sy nr 1-4 aas ook kry, of is die canine call voldoende?
ek wil die week ysters bestel.
ek het 'n oulike jong wat stel, so sal maar my eie kry.
hier is nou lekker kompetiesie tussen die buur plase se werkers. hul dryf mekaar lekker met die ysters.
gaan oom met peter praat oor die aas?
HOU HOM DAAI DIKTE
Roland65
Newbie
Newbie
Posts: 18
Joined: Tue Apr 10, 2012 8:30 pm

Re: slagyster lokaas

Post by Roland65 »

Cassie,ek is Buks van Wyk se broer,hy het ook op Calvinia gewoon,dalk ken jy hom,ek kom al baie lank aan met jakkals jag met slagysters,daar is net een lokaas wat werk,en dit is jy moet n teef hond wat op hitte is se pis gebruik,glo my dit werk,probeer dit net.
Tarzan
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 260
Joined: Mon Nov 19, 2012 10:23 pm

Re: slagyster lokaas

Post by Tarzan »

Roland65 wrote: jy moet n teef hond wat op hitte is se pis gebruik,glo my dit werk,probeer dit net.
Tarzan
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 260
Joined: Mon Nov 19, 2012 10:23 pm

Re: slagyster lokaas

Post by Tarzan »

Jammer, sukkel nog met hoe die posting werk! Miskien dom vraag, maar hoe kry jy die pis opgevang
User avatar
jaracal
Administrator
Administrator
Posts: 1886
Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm

Re: slagyster lokaas

Post by jaracal »

Urine van honde wat op hitte is werk baie goed. Die ferremone verslaan egter baie gou en dan werk dit nes gewone urine. 'n Goeie idee is om bietjie bloed met urine te meng wat dan die op-hitte ding vir langer sal laat werk.

Ek sal met Leoni by Peter gesels om te hoor of sy vir ons Magna glan en Bobcat gland sal bestel.

Urine kan opgevang word deur 'n jakkals/hond in 'n rooikat hok aan te hou en sinkplaat onder te sit.

Groete

Heinrich
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
smitjs
Hero Member
Hero Member
Posts: 672
Joined: Sat Jun 02, 2012 8:24 am

Re: slagyster lokaas

Post by smitjs »

Ek wil my nie voorgee as 'n kenner nie. Ek kry egter so baie inligting op die forum dat ek ook graag wil bydra uit my beperkte ondervinding.
Ek het gevind die beste lokaas is dat jy nie enige lokmiddel gebruik nie, maar die jakkals die lokmiddel laat verskaf. Die merkbossie is die dodelikste plek om te stel, die jakkals kom soontoe om te merk. Dan kom hy agteruit na die bossie toe, so sy neus is weg. Ek het al twee ysters gestel alkant langs so 'n bossie, en dan wag die jakkals met 'n yster aan elke agterpoot. As dit op 'n middelmannetjie is, stel net so dat jy steeds die paadjie kan ry bo oor die ysters.
As jy gelukkig genoeg is om sy spoor te kan sien vroeg oggend in die dou, dalk vanaf 'n vangs, volg vinnig tot by die merkplek. Dan kan jy op jou tyd jou ysters gaan haal en kom stel. Jakkals merk nie elke dag dieselfde plek nie, dit kan tot twee weke neem voor hy weer daar kom merk. Maak nie saak nie, hy sal weer kom merk, en dan daar wag.
Hoop dit help.
Groete
Johan Smit
User avatar
hebron
Full Member
Full Member
Posts: 218
Joined: Fri Dec 23, 2011 12:27 pm

Re: slagyster lokaas

Post by hebron »

Cassie jy kan hier by my baie aas kom optel; ek gebruik my vosse se mis by die merkplekke van my "ander" jakkalse, dit werk gewoonlik binne 3-dae.

Sien jou by die kurses???

Groete Willem
User avatar
Jassie
Hero Member
Hero Member
Posts: 548
Joined: Wed May 11, 2011 4:17 pm

Re: slagyster lokaas

Post by Jassie »

Smittie

Met sulke praktiese inligting moet jy nie skaam wees en wag om eers later te "post" nie anders "beroof" jy my/ons mos. :laugh:

Leer/lees ek sommer weer iets lekkers hier op die forum. Dankie

Net 'n vraag- wag jy tot daar meer as een keer gemerk is of stel jy sommer met die eerste pressing?

Groete
JAS
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: slagyster lokaas

Post by cassie_calvinia »

hebron wrote:Cassie jy kan hier by my baie aas kom optel; ek gebruik my vosse se mis by die merkplekke van my "ander" jakkalse, dit werk gewoonlik binne 3-dae.

Sien jou by die kurses???

Groete Willem
ek sal moet kyk.
ek skeer nou. dan skaap werk, ramme toets, ooie uitklas. sodat skaap weer in veld kan kom.
maar sal probeer daar uitkom, al is dit net vir 1 dag.
HOU HOM DAAI DIKTE
smitjs
Hero Member
Hero Member
Posts: 672
Joined: Sat Jun 02, 2012 8:24 am

Re: slagyster lokaas

Post by smitjs »

Jassie wrote:Smittie

Met sulke praktiese inligting moet jy nie skaam wees en wag om eers later te "post" nie anders "beroof" jy my/ons mos. :laugh:

Leer/lees ek sommer weer iets lekkers hier op die forum. Dankie

Net 'n vraag- wag jy tot daar meer as een keer gemerk is of stel jy sommer met die eerste pressing?

Groete
JAS
So gou moontlik was nog altyd my motto.
Die enigste probleem is om gereeld te kan gaan kyk, laat dit oor aan enigiemand anders, en dit word nie gereeld gedoen nie, en dan word my bloeddruk en al die dergelike dinge hoog.
Voorspoed!
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: slagyster lokaas

Post by Louis102 »

Sommer so paar vinnige tips by lokaas (dalk al hier genoem, jammer as ek dupliseer):

Moenie lokaas die hele tyd / ooral gebruik nie. Gebruik dit spaarsamig en kies jou stelplek goed. Ek glo jy flous vir Kerneels (soos 'n Oom hier in die omgewing 'n jakkals noem) die eerste keer, miskien 'n tweede keer, maar die derde keer weet hy en het jy jou kanse verspeel. Ek sou aanbeveel dat mens beslis meer as een yster by 'n lokaas gebruik, hoe meer (amper), hoe beter. Moenie net naby die lokaas stel nie, stel ook op die "ingangsroetes" na die lokaas. Stel die ysters aan die windaf kant van die lokaas. Plaas die lokaas aan die windop kant van die jakkals se roete, alles m.b.t. heersende wind in die aand.

K9-Call is baie goed, maar jy kan ook jou eie konkoksies meng met harsings, bloed, derms ens. en goed laat vrot in 'n plastieksak of bottel. Maanhaar jakkals (vars of vrot) maak uitstekende lokaas vir jakkalse (sou daar dalk 'n ongelukkie iewers gebeur het en dit tot jou beskikking is - moet asb nie hierdie diere doodmaak net vir lokaas nie!)

Taffie sal uitstekende raad gee, maar julle kan gerus ook na Niel Viljoen gaan luister as julle die kans het. Die manne verstaan die werk.

Mooiloop
Louis
Post Reply