Kalibrering van Quick Load
-
Vlakvark
- Hero Member

- Posts: 2325
- Joined: Sun Oct 18, 2009 6:30 am
Re: Kalibrering van Quick Load
Hierdie is nou nie oor Kalibrering nie maar iemand het gevra hoe kry jy daai geel waarskuwing bo aan QL weg, het jy al reg gekom

-
Vlakvark
- Hero Member

- Posts: 2325
- Joined: Sun Oct 18, 2009 6:30 am
Re: Kalibrering van Quick Load
Ludwig ek het myne afgehaal deur I AGREE in te tik in die Meas. Method blok

- BRNO (Pierre)
- Hero Member

- Posts: 4058
- Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am
Re: Kalibrering van Quick Load
Ludwig. Ek het my QL gekalibreer met ladings wat ek Saterdag geskiet het, en gister presies die spoed gekry met absoluut presies die ladings deur QL voorspel daarna. Enigste ding wat my pla, is dat ek my Burning rate factor moet opskuif na 0,5, waar jy gese het maks 10% op of af wat my toelaat om tot by 0,480 of 0,400 aan te pas.
Klink dit vir jou reg? Kan jy my dalk help om my QL screen hier te plaas sodat jy kan sien of daar iets anders nie reg is nie?

Last edited by BRNO (Pierre) on Wed Aug 01, 2012 1:36 pm, edited 1 time in total.
Veiligheid eerste manne!
- BRNO (Pierre)
- Hero Member

- Posts: 4058
- Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am
Re: Kalibrering van Quick Load
Ek sal gou presiese mate neem, maar dit is verseker baie naby daaraan. Ek is n bouer en het net n 10m maatband, maar dit lyk vesrkiklik naby daaraan.
Hier is solank die data waar ek my ladings van gekry het:
[img width=560 height=350]http://i1251.photobucket.com/albums/hh5 ... rforum.jpg[/img]

Last edited by BRNO (Pierre) on Wed Aug 01, 2012 2:19 pm, edited 1 time in total.
Veiligheid eerste manne!
-
Vlakvark
- Hero Member

- Posts: 2325
- Joined: Sun Oct 18, 2009 6:30 am
Re: Kalibrering van Quick Load
Pierre op watter Temperatuur het jy jou QL ek sien as ek my temp verander wys dit agter die kruit Somchem s 365 27oc

- BRNO (Pierre)
- Hero Member

- Posts: 4058
- Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am
Re: Kalibrering van Quick Load
Ek het hom op 70 gehou. As ek reg is, is dit ongeveer 21C.
Veiligheid eerste manne!
-
KC
Re: Kalibrering van Quick Load
Vlakvark,Vlakvark wrote: Hierdie is nou nie oor Kalibrering nie maar iemand het gevra hoe kry jy daai geel waarskuwing bo aan QL weg, het jy al reg gekom
Ek kry myne nog steeds nie af. As ek daar wil click op daai meas method blok dan kan ek dit nie select.
Waar het jy joune select?
-
Vlakvark
- Hero Member

- Posts: 2325
- Joined: Sun Oct 18, 2009 6:30 am
Re: Kalibrering van Quick Load
Hoe om GEEL WAARSKUWING bo aan QL te verwyder
Ek het net ge kliek backspase tot dit skoon is en in hoof letters I AGREE getik
[img width=560 height=416]http://i799.photobucket.com/albums/yy27 ... jak2-3.png[/img]

Last edited by Vlakvark on Wed Aug 01, 2012 3:58 pm, edited 1 time in total.

-
KC
Re: Kalibrering van Quick Load
Oh Daaaaar! 
Dankie dit het gewerk !
Ek het nog altyd by "bullet weight" begin lees

- Johan Reyneke
- Hero Member

- Posts: 899
- Joined: Mon Jul 18, 2011 9:07 pm
Re: Kalibrering van Quick Load
Net 'n vraag oor kalibreer van QL wanneer jy met magnum primers skiet. As die BRF met 10% aangepas is, en jy is nog steeds onder die spoed van die crony, waar stel jy dan.
EK luister graag
Dankie by voorbaat.
EK luister graag
Dankie by voorbaat.
Johan
223Rem: Howa
243 Win: Remington
30-06 XL7C: Marlin
12g O/U: Beretta
223Rem: Howa
243 Win: Remington
30-06 XL7C: Marlin
12g O/U: Beretta
- Pvdw
- Hero Member

- Posts: 5133
- Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm
- Johan Reyneke
- Hero Member

- Posts: 899
- Joined: Mon Jul 18, 2011 9:07 pm
Re: Kalibrering van Quick Load
Hi PvDW
Ek het S365 lot64 gebruik vir 3006 en 150 Hornady GMX. Ek moes 12% verander op BRF om op die crony spoed te kom met QL. BRF is op .5000. My median fps was 3008fps en QL het 2991fps gegee. Hierdie lot het lekker gewerk met die 243 maar is nou klaar, en die nuwes is Lot 66 en sal eers weer moet toets.
Ek het S365 lot64 gebruik vir 3006 en 150 Hornady GMX. Ek moes 12% verander op BRF om op die crony spoed te kom met QL. BRF is op .5000. My median fps was 3008fps en QL het 2991fps gegee. Hierdie lot het lekker gewerk met die 243 maar is nou klaar, en die nuwes is Lot 66 en sal eers weer moet toets.
Johan
223Rem: Howa
243 Win: Remington
30-06 XL7C: Marlin
12g O/U: Beretta
223Rem: Howa
243 Win: Remington
30-06 XL7C: Marlin
12g O/U: Beretta
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7558
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Kalibrering van Quick Load
Hallo Manne
Ek sien die manne sukkel so bietjie op n paar plekke. Vergun my asb sodat ek so paar van hierdie aspekte kan aanraak.
Die enigste werklike indikasie wat ons het met QL en die nodeprogram is spoed. Ons moet met die regte spoed werk. Al die ander indikasies wat ons gebruik is byvoegsels maar by verre moet ons ons spoedlesings kan vertrou. Kom ek gee weereens my aanbeveling deur. Hierdie is tot vervelens al getoets deur my en ander so maak gebruik daarvan.
1) Plaas jou chrony 5m(vyf meter) voor jou geweer loop. Die rede hiervoor is dat jou gasse n invloed het op lesings. Op 5m is hierdie selde n probleem.
2) Sorg dat jou chrony horisontaal opgestel is met die koeel se vlugbaan. Kry vir jou n tripod waarop jy die chrony kan monteer sodat jy hierdie verstellings kan maak. Sorg ook dat die vlugbaan reg bo-oor die fotoselle gaan.
3) Jou skiethoogte bo-oor die fotoselle moet omtrent so twee derdes van die lengte van die armpies op wees. Dit is in die meeste gevalle so 20-25cm.
4) Probeer jou lesings so naby as moontlik aan 12:00 neem. Probeer hierdie toepas sodat konstandheid in die neem van jou lesings kan plaasvind. Dit is nie altyd moontlik nie maar probeer dit wel doen. Oggend middag en aand lesings verskil. Die verskillende spoedlesings se oorsprong is meer van die lig toestande wat verskil as die atmosferiese verskille. Gaan doen gerus hierdie toets en kyk na die spoedverskille tussen oggend en middag lesings. Jy sal verbaas wees.
5) Skiet op n helder sonskyn dag. Indien daar wolke is moet nie skiet as n wolk oor beweeg nie. Dit maak n verskil.
6) Sorg dat jou battery vol gelaai is. Pap baterye gee ongeloofwaardige lesings.
7) Skiet ten alle tye met jou skermpies op.
Maak seker jou chrony is 180 grade oop, maw maak seker hy is heeltemal oop. Indien hy nie heeltemal oop is nie sal verhoogde snelhede waargeneem word.
Volg hierdie riglyne om meer geloofwaardige en regte lesings te verkry. Deur verkeerde lesings te gebruik met QL help jou net mooi niks!
Ek wil ook net noem dat dit raadsaam en aan te beveel is dat wanneer jy nou lesings kry met QL en jy sien jy moet groot aanpassings op jou Burning Rate Facktor maak gaan raadpleeg eers jou herlaaihandlydings. Die meeste van hierdie handlydings is die min verdere bronne behalwe QL wat ons as helaaiers tot ons beskikking het om n idiee te kry van drukgegewens. Kry soveel handleidings as wat jy kan. Tabelle is beskikbaar om aanduidings te gee tussen ons poeiers en die handleidings sin. Jy sal vinnig kan sien of jy op die regte pad is of nie. Moet nie net op QL vertrou nie! Span al die hulpmiddels in.
Hierdie is nou n belangrike punt en vergun en vergewe my vir wat ek gaan se. Een van die redes hoekom Ludwig n vakansie van die forum af nodig gehad het is oor baie lede se luiheid. Moet asb nie op julle perdjies spring nie dink asb hieroor. Jy is verantwoordelik om die kennis self op te doen. Lees en leer. Moet nie net aangewese wees hier op die forum vir kennis nie. Koop boeke en lees dit. Maak seker jy verstaan wat jy lees en is nie net besig met pappagaai werk nie! Ek wonder hoefeel mense het Chris Long se artikel van voor tot agter hier deurgelees? En die wat dit wel gedoen het verstaan julle alles? Lees bietjie weer sommer al hierdie riglyne hier op die forum van voor af deur. Hier is baie moeite in die artikels in en bitter min ontbreek.
Ons gaan almal al hoe meer moet leer hoe om QL te kalibreer want ons poeier is bitter min op spec. Selfs S355 wat altyd baie stabiel was se laaste twee lotte is stadiger as S365. So-ja klaar gepreek en ek hoop hierdie beteken vir iemand wel iets.
Groetnis
Wouter

Last edited by Wouter Roets on Thu Oct 11, 2012 10:44 am, edited 1 time in total.
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
-
TheunisS
- Newbie

- Posts: 11
- Joined: Thu Jun 28, 2012 6:47 pm
Re: Kalibrering van Quick Load
Middag Manne,
Ek dink die kalibrering van QL is al baie bespreek op die forum. Ek wil net verneem of ek op die regte pad is met die kalibrering van QL. Eerstens het ek Somchem se nuwe tabel en het die basiese stappe gedoen vir QL maar die spoed het nog steeds nie vergelyk met die van die chrony nie. Ek het na die volgende stap gegaan en rondgespeel met die Burning rate Factor tot die spoed van QL en die chrony saam stem en ja die chrony is akkuraat, is al baie getoets met ander op die skietbaan.
Die ander vraag wat ek het is: kan die "nuwe poeier" einskap vir alle herlaai doeleindes gebruik word met veskillede punte en ladings of moet QL weer gekalibreer word?
dankie

Hi Theunis
Ja ongelukkig sal jy elke keer moet her kalibreer as jy 'n nuwe batch no kruit gebruik. Selfs as jy primers verander sal dit nodig wees om weer te kalibreer. Somchem is ongelukkig nie baie konstant in hul vervaardiging nie.
Die meer ervare manne kan meer aanlas
Ja ongelukkig sal jy elke keer moet her kalibreer as jy 'n nuwe batch no kruit gebruik. Selfs as jy primers verander sal dit nodig wees om weer te kalibreer. Somchem is ongelukkig nie baie konstant in hul vervaardiging nie.
Die meer ervare manne kan meer aanlas
Johan
223Rem: Howa
243 Win: Remington
30-06 XL7C: Marlin
12g O/U: Beretta
223Rem: Howa
243 Win: Remington
30-06 XL7C: Marlin
12g O/U: Beretta
- PJS
- Sr. Member

- Posts: 403
- Joined: Wed Jul 06, 2011 11:17 am
Re: Kalibrering van Quick Load
EK sien Johan het ook die vraag gevra. Waar kalibreer mens QL vir as jy FED 215, wat ook maar n magnum primer is, gebruik? Dit is vir n 375 howa Ruger. Ek het nog nooit QL gebruik as n Magnum primer gebruik word nie?Johan Reyneke wrote:Net 'n vraag oor kalibreer van QL wanneer jy met magnum primers skiet. As die BRF met 10% aangepas is, en jy is nog steeds onder die spoed van die crony, waar stel jy dan.
EK luister graag
Dankie by voorbaat.
Julle hulp en raad word waardeer.
Mooiloop
PJ
- BRNO (Pierre)
- Hero Member

- Posts: 4058
- Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am
Re: Kalibrering van Quick Load
Primer maak nie saak nie. Dit is juis hoekom jy BRF aanpas. Dan word alles in berekining gebring volgens jou spesifieke geweer.PJS wrote:EK sien Johan het ook die vraag gevra. Waar kalibreer mens QL vir as jy FED 215, wat ook maar n magnum primer is, gebruik? Dit is vir n 375 howa Ruger. Ek het nog nooit QL gebruik as n Magnum primer gebruik word nie?Johan Reyneke wrote:Net 'n vraag oor kalibreer van QL wanneer jy met magnum primers skiet. As die BRF met 10% aangepas is, en jy is nog steeds onder die spoed van die crony, waar stel jy dan.
EK luister graag
Dankie by voorbaat.
Julle hulp en raad word waardeer.
Mooiloop
PJ
Veiligheid eerste manne!
- PJS
- Sr. Member

- Posts: 403
- Joined: Wed Jul 06, 2011 11:17 am
Re: Kalibrering van Quick Load
Dankie ek verstaan dit soos jy dit verduidelik, maar op watter node laai ek my toetslading voor ek BRF kan aanpas? Die primer gaan tog n hoër brandspoed tot gevolg hê, of hoe? Laai ek maar so n grein of twee eers laer as wat QL sê die node is en dan kom ek terug na my 5 toetsladings en kalibreer BRF?BRNO .06 (Pierre) wrote:Primer maak nie saak nie. Dit is juis hoekom jy BRF aanpas. Dan word alles in berekining gebring volgens jou spesifieke geweer.PJS wrote:EK sien Johan het ook die vraag gevra. Waar kalibreer mens QL vir as jy FED 215, wat ook maar n magnum primer is, gebruik? Dit is vir n 375 howa Ruger. Ek het nog nooit QL gebruik as n Magnum primer gebruik word nie?Johan Reyneke wrote:Net 'n vraag oor kalibreer van QL wanneer jy met magnum primers skiet. As die BRF met 10% aangepas is, en jy is nog steeds onder die spoed van die crony, waar stel jy dan.
EK luister graag
Dankie by voorbaat.
Julle hulp en raad word waardeer.
Mooiloop
PJ
Dankie Pierre
Mooiloop
PJ
- BRNO (Pierre)
- Hero Member

- Posts: 4058
- Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am
Re: Kalibrering van Quick Load
Jy werk op na die spoed soos deur QL voorspel. Met lading ontwikking begin jy mos maar so grein of wat onder die voorspelde lading, en werk dan op na die spoed deur QL voorspel. Wanneer jy by daardie spoed kom is jy op jou node. Nou gaan jy terug na QL en kalibreer dit met jou inligting om dir BRF te bepaal.
As jy agter reeds spoed lesings het, kan jy QL kalibreer, jou BRF bepaal, en dan n nader aan akkuraat voorspelling maak van jou lading na die node spoed.
As jy agter reeds spoed lesings het, kan jy QL kalibreer, jou BRF bepaal, en dan n nader aan akkuraat voorspelling maak van jou lading na die node spoed.
Veiligheid eerste manne!
- PJS
- Sr. Member

- Posts: 403
- Joined: Wed Jul 06, 2011 11:17 am
Re: Kalibrering van Quick Load
Pierre
Dankie ek doen dit so, maar ek neem altyd die gegewe lading soos QL voorspel en gaan toets dit. Ek laai nooit n laer grein vir die begin nie. Ek doen dit omdat ek altyd eers die laer node wat so in die wit en begin geel is laai en nooit begin by die pers lading nie. Ek doen dit omdat ek maar aan loop lewe dink. Ek hoop jy verstaan wat ek bedoel.
Ek laai ook nie sommer n lading wat nie 100% ontbranding en bo 90% dopvulling het nie.
Mooiloop
PJ
Dankie ek doen dit so, maar ek neem altyd die gegewe lading soos QL voorspel en gaan toets dit. Ek laai nooit n laer grein vir die begin nie. Ek doen dit omdat ek altyd eers die laer node wat so in die wit en begin geel is laai en nooit begin by die pers lading nie. Ek doen dit omdat ek maar aan loop lewe dink. Ek hoop jy verstaan wat ek bedoel.
Ek laai ook nie sommer n lading wat nie 100% ontbranding en bo 90% dopvulling het nie.
Mooiloop
PJ
- BRNO (Pierre)
- Hero Member

- Posts: 4058
- Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am
Re: Kalibrering van Quick Load
PJ, dit klink in elk geval na n veilige metode wat jy volg. Hou net altyd in gedahte dat die teiken doelwit die tromp snelheid is soos deur QL voor spel.PJS wrote:Pierre
Dankie ek doen dit so, maar ek neem altyd die gegewe lading soos QL voorspel en gaan toets dit. Ek laai nooit n laer grein vir die begin nie. Ek doen dit omdat ek altyd eers die laer node wat so in die wit en begin geel is laai en nooit begin by die pers lading nie. Ek doen dit omdat ek maar aan loop lewe dink. Ek hoop jy verstaan wat ek bedoel.
Ek laai ook nie sommer n lading wat nie 100% ontbranding en bo 90% dopvulling het nie.
Mooiloop
PJ
Het jy al met die spesifieke geweer voorheen met gewone primers geskiet? Wil jy nie vir ons n toets doen, al is dit met vyf patrone tussen prsies dieselfde lading met gewone en magnum primers nie asb?
Veiligheid eerste manne!
- PJS
- Sr. Member

- Posts: 403
- Joined: Wed Jul 06, 2011 11:17 am
Re: Kalibrering van Quick Load
Pierre
Jip die trompsnelheid is die mikpunt, ek verstaan dit ook so.
Ek sal. Ek gee nie om nie. Ons gaan die naweek toets. Dit is n Howa 375 Ruger. Ek sal dan so 3 skote met gewone CCI 200 laai en die ander 5 met Fed 215 teen selfde lading. Ons gaan sommer vir baanskiet vir hom 270 gr Hornady SP laai. Ek kry nie Barnes 270 op die oomblik nie, soos almal seker, so dis hoekom ons Hornady laai. Hulle was ook lekker goedkoop hier by ons plaaslike Senwes.

- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4597
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Re: Kalibrering van Quick Load
het nou die hele kalibrering topic weer deurgelees, miskien het ek die antwoord op my vraag misgekyk. as ek die termochemiese en digtheid eienskappe soos deur Ludwig voorsien in die eerste post onder die topic verander soos voorgestel, dan verander dit weer terug na die oorspronklikke faktors. is daar n manier om dit te safe?
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
- Geno
- Administrator

- Posts: 13644
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Kalibrering van Quick Load
James,
Gaan hier: C:\Users\Public\Documents\QuickLOAD\data\powders
Dan vat jy hierdie file: https://dl.dropbox.com/u/49750262/Misce ... omchem.pro
En paste hom in daai "Powders" folder.
Gaan dan in QL, en click hier:
https://dl.dropbox.com/u/49750262/Miscellaneous/QL1.JPG
Select dan "Somchem.pro"
Dan is jy op die opgedateerde data.

Goed, beter, 6millimeter!
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Kalibrering van Quick Load
Ek het al die ou waardes van QL in aparte lêers en kan dit elektronies deurgee. Stuur asb. e-pos na tripodmvr@gmail.com en ek sal dit aan julle stuur. Dit moet dan by die ander gebere word wat deur QL gebruik word. Jy kan dan terugskakel na ou waardes deur bo by QL te kliek en die lêer te kies.