Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
More
Ek het 2 lotte 243 Lapuas en 30-06 Nosler CC gekoop. Ek beskou die Lapuas as ’n belegging in die toekoms Die Lapuas se gewig verskil maar die volumes is 54.19gr en 54.26gr, baie bly daaroor.
Die Noslers verskil 70.35 en 67.89 so ek reken met hulle moet ek die klomp uitmekaarhou in 2 groepe. Wat sou julle sê?
Ek het ewe vermakerig gespog so tydjie terug oor 'n klomp RWS doppe wat ek persent gekry het. Kom toe egter agter dat daar defnitiewe 3 groepe doppe onder hulle is met moewiese verskille in dopgewig!
Die eerste groep weeg 183grein gemiddel. Die skrif agterop is ook 'n 'n kleiner "font" geskryf. Die twee spul weeg 196gr gemiddeld. Die derde groep weeg 206gr gemiddeld!! En daars omtrend 30-40 van elk, so te min om 'n batch van 50 mee te laai van een groep..
Ek was lekker mo&rig, maar toe ek die dopvolumes meet tussen die 183greiners en 206greiners, verskil dit met minder as 1grein H2O!!
Hoeveel "toleransie" laat julle manne toe as julle batches maak volgens dopvolumes? 0.5gr, 1gr of wat?
Ook, is ek reg as ek dus die aanname maak dat die interne dopvolume die belangriker ooeweging as dopgewig is , en dat daar nie noodwendig 'n korrelasie tussen dopvolume en dopgewig is nie?
Indien wel, kan ek dus maar slegs volgens dopvolume klas, sonder dat dopgewig dan verder 'n invloed sal he?
Sorry as ek hi-jack Carl, maar ek glo my vrae is komplimenterend tot hierdie onderwerp.
Nee wat Piet jy kan maar opklim die pypkar ry in dieselfde rigting.. hoop daar is 'n paar springbokke oor die volgende duin.;-)
Ek stem dopvolume en op die groot doppe <1gr is reg. 243 sal dit minder moet wees. LW hierdie is vir 300m (sover ek kan sien) jag doeleindes.
Om dop volumes te meet is 'n pyn. Daarom weeg ek net die doppe.
Die SG van die doppe is gemiddeld 8.6. Daarom as die dop 4 grein swaarder is, is die volume 4/8.6 = 0.465 grein kleiner. QL kan dan wys hoeveel die spoed sal verskil.
Persoonlik klassifiseer ek doppe in 4 grein gewig afdelings vir die .223, en toets elke afdeling afsonderlik.
Dit werk vir my.