9x57 Orberndorf Mauser Sporter

Guys who collect arms can have a chat here/Versamelaars kan hier vergader.
User avatar
bokkoors
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 73
Joined: Fri Mar 08, 2013 9:18 am

9x57 Orberndorf Mauser Sporter

Post by bokkoors »

ek het die bogenoemde geweer by my skoonpa gekry, die ding lyk of dit gister uit die fabriek uit kom, pragtig, skoon en sonder n merkie. dit het daardie hefboompie wat oor die magasyn plaat skyf en selfs daar is nog nie n krappie nie.
hy reken hy het die ding egter al baie jare maar het nog nooit daarmee geskiet nie en het ook nie patrone nie.
wat ek egter wil weet is waar en op watter website ek kan gaan kyk waar en wanneer die geweer gebou is as ek die serial nommer inlees, is daar so n site waar ek hierdie spesifieke geweer se geskiedenis kan oplees.

byvoorbaat dankie
.22 Hornet
.243 Sako
.270 Howa
.308 Sako
9X57 Oberndorf Mauser
.375 H&H Winchester Mod 70 Pre '64

b]"Never leave an enemy behind or it will rise again to fly at your throat... "[/b]
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: 9x57 Orberndorf Mauser Sporter

Post by Francois Marais »

Bokkoors

Ek het jou topic naam reggemaak en jou ander topic verwyder...

Mooi loop
Francois

NS
http://www.americanrifleman.org/article ... -markings/

Google bq Mauser en so, vinnig hierdie site gekry, krap daar, dalk word jy iets wys of kry jy iets wat jy kan gebruik
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
bokkoors
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 73
Joined: Fri Mar 08, 2013 9:18 am

Re: 9x57 Orberndorf Mauser Sporter

Post by bokkoors »

ek het geweet dis die regte site hierdie.. baie skerp en baie dankie.
jy weet nie dalk van iemand wat vir my6 sal raad he nie, ek het noual alles en almal gegoogle, maar geen byte nie
.22 Hornet
.243 Sako
.270 Howa
.308 Sako
9X57 Oberndorf Mauser
.375 H&H Winchester Mod 70 Pre '64

b]"Never leave an enemy behind or it will rise again to fly at your throat... "[/b]
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6971
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: 9x57 Orberndorf Mauser Sporter

Post by DWB »

PM vir welver op die forum hy sal dalk kan help
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
bokkoors
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 73
Joined: Fri Mar 08, 2013 9:18 am

Re: 9x57 Orberndorf Mauser Sporter

Post by bokkoors »

dankie deon, ek gaan hom probeer
.22 Hornet
.243 Sako
.270 Howa
.308 Sako
9X57 Oberndorf Mauser
.375 H&H Winchester Mod 70 Pre '64

b]"Never leave an enemy behind or it will rise again to fly at your throat... "[/b]
User avatar
Gunskip
Newbie
Newbie
Posts: 26
Joined: Sat Jun 23, 2012 11:26 am

Re: 9x57 Orberndorf Mauser Sporter

Post by Gunskip »

Bokkoors

Publiseer die reeks no van die mausertjie, dan sal ek jou kan help met n datum.

Indien jy n foto of twee het om te deel, sal dit ook gaaf wees.

Meeste 9x57's hier in SA is model "B-tipes's". Daar is egter n paar model "A-tipes" ook (hulle is mooier)

Dan kry jy hulle ook in "Tipe S". Die is egter bitter skaars.

n Foto sal jou model mausertjie baie duidelik uitspel.

Mauser groete
User avatar
bokkoors
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 73
Joined: Fri Mar 08, 2013 9:18 am

Re: 9x57 Orberndorf Mauser Sporter

Post by bokkoors »

naand gunskip,

ek moet verskoning vra, my maniere het my in die steek gelaat. :-[ ek moes terug gekom het en vir deon bedank het vir sy raad,,,,,,,,dankie deon, ek het reg gekom met welver.
maar gunskip, ook dankie aan jou dat jy bereid was om te help.
ons het die mauser se datum vasgestel op 1938.
ek hoop die foto laai af,,,, kom ek probeer....


http://s1322.photobucket.com/user/charl ... 8.jpg.html
Last edited by bokkoors on Sun Mar 24, 2013 8:05 pm, edited 1 time in total.
.22 Hornet
.243 Sako
.270 Howa
.308 Sako
9X57 Oberndorf Mauser
.375 H&H Winchester Mod 70 Pre '64

b]"Never leave an enemy behind or it will rise again to fly at your throat... "[/b]
User avatar
Nickvn
Hero Member
Hero Member
Posts: 1554
Joined: Sun Mar 25, 2012 9:28 am

Re: 9x57 Orberndorf Mauser Sporter

Post by Nickvn »

Hi Bokkoors
Ek het joune se boetie hierdie naweek gekry. n 9.3 x 62 Mauser Obendorf, gemaak in 1938. Bietjie geskiet met hom en hy loop baie mooi.
Geniet hom jou geweer, hy is nog baie mooi na al die tyd. Dink dit is nou tyd dat hy bietjie bloed trek. Jy sal moet plan maak.
User avatar
bokkoors
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 73
Joined: Fri Mar 08, 2013 9:18 am

Re: 9x57 Orberndorf Mauser Sporter

Post by bokkoors »

o hel nick, ek kan nie meer wag nie, het die nodige matryse en ander goedjies bestel vir die herlaai, want patrone is daar mos nie oor die toonbank te koop vir hierdie outjie nie. dan sal ek eers weer al sy data moet oplees en hier op die forum kom baie vrae vra.
ek hoop dit gebeur gou want ek weet van n spog eland met my naam op.!
baie geluk met jou kopie ook en jy moet ook nie terug hou met daai 9,3 nie.......gaan groot
.22 Hornet
.243 Sako
.270 Howa
.308 Sako
9X57 Oberndorf Mauser
.375 H&H Winchester Mod 70 Pre '64

b]"Never leave an enemy behind or it will rise again to fly at your throat... "[/b]
User avatar
Gunskip
Newbie
Newbie
Posts: 26
Joined: Sat Jun 23, 2012 11:26 am

Re: 9x57 Orberndorf Mauser Sporter

Post by Gunskip »

9.3x62mauser.jpg
Bokkoors, dis n mooi B-tipe wat jy het. En jy is welkom, ek help graag.

Nick, het jy n B-tipe? Die 9.3x62 is maar eenvoudig net iets besonders.

Aangeheg is my B-tipe in 9.3x62

Vriendelike Mauser groete
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Nickvn
Hero Member
Hero Member
Posts: 1554
Joined: Sun Mar 25, 2012 9:28 am

Re: 9x57 Orberndorf Mauser Sporter

Post by Nickvn »

Hi Gunskip. Ek glo dit is n B tipe maar kon dit nog nie bevestig nie. Wat ek wel weet is dat hy in 1937 gemaak is vir n Duitse Graaf ou in Suid Wes. Kan jy dalk meer inligting oor hom gee?
Hier is n foto van hom.
IMG_1937-1.jpg
IMG_1918 2.jpg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Lourens Potgieter
Hero Member
Hero Member
Posts: 883
Joined: Fri Jun 15, 2012 10:07 am

Re: 9x57 Orberndorf Mauser Sporter

Post by Lourens Potgieter »

Julle pics van mooi ou gewere maak my SIEK.......van jaloesie......
User avatar
Gunskip
Newbie
Newbie
Posts: 26
Joined: Sat Jun 23, 2012 11:26 am

Re: 9x57 Orberndorf Mauser Sporter

Post by Gunskip »

Nick

Joune is n A-tipe.
Dit blyk of joune n nuwe kolf het. Die snel-verwyderbare teleskoop monterings is EAW. Jy sal sien hulle het die slot se grendel ook effe gebuig en metaal af gemasjieneer in order jou instaat te stel om die teleskoop laer te monteer.

Die reeks nommer bevestig jou datum.
Dankie vir die fotos

Baie mooi geweer!
User avatar
Riaan Beeslaar
Hero Member
Hero Member
Posts: 678
Joined: Tue Mar 05, 2013 9:09 am

Re: 9x57 Orberndorf Mauser Sporter

Post by Riaan Beeslaar »

More manne

Dit is regtig twee mooi roere daai.

Groete
Riaan
User avatar
Nickvn
Hero Member
Hero Member
Posts: 1554
Joined: Sun Mar 25, 2012 9:28 am

Re: 9x57 Orberndorf Mauser Sporter

Post by Nickvn »

Dankie Gunship. Hoe weet jy of dit A of B tipe is?

Die kolf is oorspronklik maar is langer gemaak om die vorige eienaar wat ook so 2m lank is te pas. Hy pas my soos n handskoen.
User avatar
Gunskip
Newbie
Newbie
Posts: 26
Joined: Sat Jun 23, 2012 11:26 am

Re: 9x57 Orberndorf Mauser Sporter

Post by Gunskip »

Nick

Jou kolf het n horing ronding heel voor aan. Die B-tipes het net n snabel gehad.

Verder (Jy kry wel variasies) het joune engelse "express" visiere, waar as jy oplet na my geweer, sal jy n skyfbare militere visuur sien. In die geval van Bokkoors het hy net die "Een staan, twee klappies" visuur.

Joune se hout is ook n baie beter graad as wat myne en Bokkoors sin is.

Aangehegde foto wys die verskil mooi. Die middelste een is n B-tipe, die ander twee is A-tipes.

Vriendelike mauser groete!
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Nickvn
Hero Member
Hero Member
Posts: 1554
Joined: Sun Mar 25, 2012 9:28 am

Re: 9x57 Orberndorf Mauser Sporter

Post by Nickvn »

Hi Dankie Gunship, ek sien nou ja. Ek is vertel dat die swart gedeelte voor op die kolf en onder aan die greep buffel horing is. Dit was gebruik op custom gewere wat op spesiale versoek deur Mauser in Obendorf gebou is. Maak dit sin?
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: 9x57 Orberndorf Mauser Sporter

Post by Eugene »

Baie mooi gewere ouens, julle maak my skoon jaloers!
Aim small, miss small
User avatar
Gunskip
Newbie
Newbie
Posts: 26
Joined: Sat Jun 23, 2012 11:26 am

Re: 9x57 Orberndorf Mauser Sporter

Post by Gunskip »

Dankie Eugene en Riaan.
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6971
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: 9x57 Orberndorf Mauser Sporter

Post by DWB »

Dis mos nou hoe regte gewere lyk!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3946
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: 9x57 Orberndorf Mauser Sporter

Post by tau »

Manne hierdie roer is ek al lank agter, maar die versamelaar wil nog nie verkoop nie. Dus die agtkantige loop model bitter mooi.
http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/Picture176.jpg

Kan iemand meer inligting gee na die seriel nommer.
User avatar
Gunskip
Newbie
Newbie
Posts: 26
Joined: Sat Jun 23, 2012 11:26 am

Re: 9x57 Orberndorf Mauser Sporter

Post by Gunskip »

nee man! Plaas meer fotos asb! Jy kan nie n man net so lus maak nie! :)
User avatar
Lourens Potgieter
Hero Member
Hero Member
Posts: 883
Joined: Fri Jun 15, 2012 10:07 am

Re: 9x57 Orberndorf Mauser Sporter

Post by Lourens Potgieter »

Tau, kan jy die pics as attachment opsit soos Gunskip se pics? Almal kan nie die photobucket pics sien nie...groot seblief...
User avatar
Nickvn
Hero Member
Hero Member
Posts: 1554
Joined: Sun Mar 25, 2012 9:28 am

Re: 9x57 Orberndorf Mauser Sporter

Post by Nickvn »

1937 - 1938

Sit meer fotos op sodat ons beter kan sien man!
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3946
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: 9x57 Orberndorf Mauser Sporter

Post by tau »

Deeg wrote:Tau, kan jy die pics as attachment opsit soos Gunskip se pics? Almal kan nie die photobucket pics sien nie...groot seblief...
Ek dog dit is wat ek gedoen het. Sal weer probeer.
Post Reply