Goeiedag almal,
Het enige iemand dalk vir my inligting vir herlaai van die SAKO 85 Varmint 260 Rem. Ek het S365 kruit van Somchem, Berger Match Target VLD 140 grein en Nosler custom brass. Ook wat is die TPL en verwagte FPS spoed?
Ek wil eintlik skiet met Berger Hunting VLD 130 grein maar kry dit nêrens in die hande en S&O sê hul kry eers oor 3 maande weer. Ek is net bang die 140 grein punt gaan te stadig wees (+/- 2700 FPS?), die BC van 0,612 is egter baie indrukwekkend! Weet iemand dalk van 'n plek elders waar mens kan 130 grein kry (Match Target of Hunting, op die stadium wil ek net begin skiet.) of het iemand op die forum dalk so baie dat hulle bereid sal wees om so paar punte te verkoop aan sy medemens?
Ek hoor Sierra Matchking 123 grein is ook 'n fantastiese punt vir die 260 en mens behoort darem seker van dit in die hande te kry. Lapua Scenar 123 grein word ook aanbeveel maar dit kry ek ook nêrens.
By voorbaat dankie!
Thomas
SAKO 85 Varmint 260 Rem
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 7991
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: SAKO 85 Varmint 260 Rem
Jy behoort daai 140gr teen so 2785 fps te kan skiet as ek reg onthou. Soek bietjie op die forum vir n draad deur Piet Breedt en die savage lrp, daar het ek meer detail gegee.
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 7991
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: SAKO 85 Varmint 260 Rem
Soos ek gedink het sal dit omtrent 2785fps moet wees vir akuraatheid op die 140gr koeels. Ek het self nou so klompie van hulle gekoop om te begin skiet.
http://www.jaracal.co/viewtopic.php?f=7 ... p&start=25
http://www.jaracal.co/viewtopic.php?f=7 ... p&start=25
- Thomas
- Jr. Member

- Posts: 92
- Joined: Thu Aug 02, 2012 11:36 am
Re: SAKO 85 Varmint 260 Rem
"Arnold, dit is omtrent presies waar ek my node met die Berger 130gr VLD kry teen 2811 ft/sek met 41.4gr S365. Dan klop hy nogsteeds die 142gr Sierra teen 2734 ft/sek volgens Bullet flight.Arnold wrote:Soos ek gedink het sal dit omtrent 2785fps moet wees vir akuraatheid op die 140gr koeels. Ek het self nou so klompie van hulle gekoop om te begin skiet.
http://www.jaracal.co/viewtopic.php?f=7 ... p&start=25
Ek kry ook baie mooi groepe met 43gr S365 teen 2952 ft/sek sonder noemenswaardige druk tekens, maar ek verkies die laer spoed omdat ek nie die .260 wil druk tot die bloed loop nie. Wat s? QL van hierdie lading, hoe v?r is ek van max af?
Die OAL is 74.31mm met Lapua doppe."
Hi Arnold,
Dankie man, ek moet sê ek is verbaas oor die spoed. Ek het gedink die 140gr punte gaan nader aan 2500 fps wees. Hoe word jou en Piet Breedt se syfers geaffekteer deaur my SAKO se 600mm swaerloop aangesien hy seker korter is?
As ek daai tiepe van spoed kan kry met 140gr Berger VLD of Sierra Matcking gaan ek nie verder neuk om 130gr Berger of 123gr Lapua Scenar in die hande te kry nie want dis in elk geval oral uitverkoop! My kop sê net dit is die ideale punt want as dit uit verkoop is, is dit wat almal wil hê!
Ek het doe naweek by S&O Nosler BT 120gr bestel asook Lapua Scenar 108gr. Ek dink eersgenoemde gaan 'n lekker jagpunt wees vir kopskote. Het laas genoemde geneem om mee te eksperimenteer, dink mans behoort nogal plat trajek te kry met hulle. Die Nosler BT se BC van .458 is ook indrukwekken hoewel dit nog nie by die Berger VLD's kom nie. Maar ons skiet bokke in die Kalahari op niks meer as 250m in elk geval nie. Ek dink ek moet net my kop reg kry om te diferensieer tussen jag en baanskiet. Sal die 140gn VLD's vir baanskiet nie fantasties wees nie, BC van .612!
Elk geval, ek hoop nog iemand op die forum het vir my bietjie lading inligting vir die SAKO Varmint met Berger or Sierra punte.
Groete,
Thomas
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 7991
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: SAKO 85 Varmint 260 Rem
Tom, uit die kort loop gaan die 140gr beter werk. Ek sal bietjie loer of jou loop lank genoeg is aangesien daai syfers vir 'n 24" loop sal werk.
Vir die 130gr het n 28" loop nodig om die 140gr te ewenaar. Die BC van die 140gr maak op vir sy stadiger spoed as jy kyk na windskuif.
Omdat ek ook nie van die 130gr koeëls kon kry nie het ek besluit ek gaan nou maar fokus op die 140gr. Ek het toe sommer genoeg gekoop om vir my n jaar lank te hou (Ek skiet nie so baie nie).
Vir die 130gr het n 28" loop nodig om die 140gr te ewenaar. Die BC van die 140gr maak op vir sy stadiger spoed as jy kyk na windskuif.
Omdat ek ook nie van die 130gr koeëls kon kry nie het ek besluit ek gaan nou maar fokus op die 140gr. Ek het toe sommer genoeg gekoop om vir my n jaar lank te hou (Ek skiet nie so baie nie).
