Range Finder

User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Range Finder

Post by JACQUES BOTHA »

SPOEDMETER OM N SPRINGBOK TE LEED WERK AS VOLG
1. SKAT DIE AFSTAND,
2. SKAT DIE AFSTAND
3.  SKAT DIE AFSTAN
4.  HOL HY VOLSPOED OF HALSPOED, STAP IS NIE N PROBLEEM NIE, DAN GEBRUIK JY SY NEUS SE PUNT.
5.  RAAI HOE VER JY VOOR HOM MOET SKIET
6. RAAI WEER... GEE HOM VIR N  START SO HALWE BOK VOR HOM,
    NS AS DIT RAAK IS HOU OP SKIET. SO NIE GAAN NA PUNT 7
7 AS DIT VOOR HOM VERBY IS, N KWART BOK 
    NS AS DIT RAAK IS HOU OP SKIET. SO NIE GAAN NA PUNT 8

8 AS DIT N BLAD SKOOT IS ----SE NET ........FFFFF SKUUS OEPS....
  AS DIT N KOPSKOOT IS ..VOEL GOED EN GAAN TEL OP...
9 OEFEN WEER .. EN WEER ....AS JY DIE GEWEER STILHOU ....LEAD BIKI MEER...AS JY SAAM MET DIE BOK BEWEEG ..LEAD BIETJIE MINDER ..
AS DIT RAAK IS ....HOU OP SKIET,, AS DIT MIS IS,, WAG TOT HY STOP. SKIET LIEWER 50 TO 80  100M VERDER DALK  NIE...
MA EK DINK DIS MA N DING WAT MET ONDERVINDING EN LUCK KOM..
Shoot straight and tell the truth!
User avatar
Janjak
Hero Member
Hero Member
Posts: 529
Joined: Tue Apr 07, 2009 2:51 pm

Re: Range Finder

Post by Janjak »

Jacques
normaalweg staan ek maar en kyk hoe hardloop hulle, ek sal net daai duimsuigskoot waag as dit n kwesbok is.
Daai range finder sal sukkel om my te oortuig van die spoed. Al waar die spoed dalk iets gaan beteken as iets wat byt of trap redelik vinnig nader kom en dan gaan daar allegeval nie tyd wees vir spoed lees nie.
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3311
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Range Finder

Post by Christo »

Jacques

Die tipe skiet issie vir my, die Julie die lead van heel,half,ens probeer op 'n kwes Blesbok op volle vaart en toe 2 skote gelyk klap toe le hy met 'n goeie blad en nek skoot. altwee was raak. Seker geluk daarom wag ek maar tot hulle staan. Wolwefluit werk nogal daarvoor.

Jannie, ek hou die post dop.


Christo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Range Finder

Post by Louis102 »

JACQUES wrote: 6. RAAI WEER... GEE HOM VIR N  START SO HALWE BOK VOR HOM,
Jakes

Ek wetie, 'n halwe bok vir 'n start is bietjie effe.  Behalwe as dit in die dik sand van die kalahri is waar die bokke sukkel om weg te kom.  Of my roer skiet te stadig, of my bokke is te v?r, maar 'n halwe springbok lead op 'n bok wat hardloop is hier by my op die beste 'n boudskoot.  Vat maar so effe vorentoe sou ek raai, minstens nog 'n bok en 'n half.  (ek neem aan die bokke hardloop redelik dwars)  Of beter nog laat hy maar eerder loop staan voor jy die handbriek probeer optrek.  Kan saamleef met afmik op daai een wat loop.

Of weet ek nie waarvan ek praat nie?
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
Janjak
Hero Member
Hero Member
Posts: 529
Joined: Tue Apr 07, 2009 2:51 pm

Re: Range Finder

Post by Janjak »

Christo
Hier is die inligting op die Rangefinder.

Image

RANGER LRS-500 Laser Range Finder
Target Range 6 ~ 500m
Speed Range 0 - 300 km/h
Laser type 905nm
Magnification 6x
Objective lens size 24mm
Field of view 7?
Dioptre adjustment ?4
Operating temperature -20 ~ 50?
Range accuracy ?1m / ?0.2%
Speed accuracy ?5 km/h
Battery 3V lithium, model #CR2
Weight 185g
Dimensions 104x72x41mm
Distributed by:
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: Range Finder

Post by Dawie »

My maat wat rangefinder soek het oor die naweek vir hom toe die RANGER bestel,  as hy kom sal ek bietjie vertel hoe hy is. 
dawie
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3311
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Range Finder

Post by Christo »

Dankie Jannie, ek wag om van Dawie te hoor oor sy vriend s'n. Laat weet as jy dit ook onder hande gehad het.

Ek hoor nou die dag by 'n ander vriend dat sy rangefinder saam gaan is sy kar en glo vreeslik tekere gaan as die Aasvo?ls langs die pad daai kamera op jou rig. Weet iemand iets hiervan, dit kan mos sommer vir homself betaal met al die boetes.

Christo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: Range Finder

Post by Dawie »

Hallo Christo

Ek sien oppie forum is nog 'n ou met so 'n mooi naam soos myne ;D

Nikon800 vs. Ranger

Het vammirrag die Ranger mee gerange,  hy begin sukkel vannaf 440m om groot gwarriebos te range.  Ek het bietjie min tyd vannaand gehad,  maar ons het nogsteeds vinnig getoets teen my nikon 800.  Doringboom met nikon 419.5m gewys maar ranger wou nie lesing gee nie,  kon wel groot bos op 331m lees.  Ander ding wat my aanvanklik gepla het was sy fyn reticle,  maar dis iets wat ou seker gewoond aan kan raak.  Die nikon het lekker dik kruishaar.  Die ranger mag dalk 'n beter beeld as die nikon h?.  Ons het nie die spoedmeter getoets nie.  Maar ek dink nie ou gaan dit ooit in die aand gebruik nie.  Vir R1000 goedkoper as die nikon moet ou maar self jou mind opmaak,  maar ek sal nie vir R1000 sy nuwe een ruil vir my nikon nie.

Ek wil nog 'n toets doen met teiken backers en met 'n bakkie wegry, stop en range en kyk waar die 2 rangefinders se cut-off afstande is om te range.  Behoort interesant te wees.

Dawie van die Karoo ;)
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3311
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Range Finder

Post by Christo »

Dawie

Laat weet asb. Dankie vir die inligting sover.

Christo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Range Finder

Post by JACQUES BOTHA »

DAWIE
wat jy betaal is wat jy kry.... of is daar n ander wet van transvaal  wat oo te doen het met betaal?
Sterkte ek hoop hy geniet die ranger , ek akn nog nie een bekostig nie, en ook nie n oordintlike GPS nie....
Shoot straight and tell the truth!
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3311
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Range Finder

Post by Christo »

[glow=red,2,300]BEKOSTIG[/glow]

Nee wat, dit is maar net ons verskoning aan onsself omdat ons ons nie wil bederf nie.

Of versigtig vir die vrouens.  ;) ;) ;) ;)

Christo


JB - kom ons soek maatjies en koop bulk
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3311
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Range Finder

Post by Christo »

Nou ja toe kry ek niks maaitjies wat ook wil koop nie en gaan staan en koop toe vir pa aan pa  die naweek 'n presentjie. Leupold RX 1000.

En is dit nie 'n lekker tooltjie die nie. Ek kom nou eers agter hoekom ek so mis skiet, ek skat vir "bollie".
Na die naweek van die balkon af in Gordonsbaai omtrent alles wat staan en beweeg ge"range", en is dit lekker.

Wou 'n Nikon Pro Staff 550 koop, maar my arm was rubberig na die nuwejaarsjolyt en ou Hendrik (S&O) het korte mete van my aanvanklike besluit gemaak. Moet s? ek is nie spyt nie. Sy raad is wat jy daarvan wil maak, ek dink hy ken meer as ek.

Christo

;D  ;D  ;D  ;D  ;D  ;D  ;D  ;D  ;D  ;D
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
Nico Harris
Hero Member
Hero Member
Posts: 2468
Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm

Re: Range Finder

Post by Nico Harris »

ek het die leupold rx1000 tbr. hy werk soos n bom-skiet nou gemaklik tot op 350m op springbokke ens.
.22LR , Mauser Obendorf
.223 Rem , Howa mini action
6.5 Creedmoor , Howa sporter
6.5 Creedmoor , Howa varmint
30-06, Sauer mod 90
300 PRC , Howa varmint
9.3x62, Mauser Oberndorf A tipe
12ga , Mossberg boltaction
12ga , Mossberg pumpaction
9mm , Glock 43
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3311
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Range Finder

Post by Christo »

Harris30-06 wrote: ek het die leupold rx1000 tbr. hy werk soos n bom-skiet nou gemaklik tot op 350m op springbokke ens.
Ek het eers die volgende dag gelees in die manual van die TBR. Moet s? ek sal hom gekoop het as ek geweet het.

Christo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
Nico Harris
Hero Member
Hero Member
Posts: 2468
Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm

Re: Range Finder

Post by Nico Harris »

het nou die dag beeste met my rx1000 tbr gemeet tot op  800 meter en ons het die tbr wat vir jou die clicks gee tot op 500 meter getoets- my vriend het met sy 338 winmag n 5liter drommetjie elke keer raak geskiet- sy laaste 3 skoot groepering was net groter as n tennis bal! 8)
.22LR , Mauser Obendorf
.223 Rem , Howa mini action
6.5 Creedmoor , Howa sporter
6.5 Creedmoor , Howa varmint
30-06, Sauer mod 90
300 PRC , Howa varmint
9.3x62, Mauser Oberndorf A tipe
12ga , Mossberg boltaction
12ga , Mossberg pumpaction
9mm , Glock 43
User avatar
Freddie101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1384
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:39 am

Re: Range Finder

Post by Freddie101 »

Almal
Wil rangefinder koop. Sien daar is leopold RX-1000 Tbr en Nikon Monarch gold altwee virR4500 by Safari And Outdoor.

Is daar iemand wat n kans sal waag oor watter een die beste is.
Christo eksien hierbo jy het die Leopold. Is jy gelukkig. Asook Harris.
Groete Freddie
yol bolsun
User avatar
Nico Harris
Hero Member
Hero Member
Posts: 2468
Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm

Re: Range Finder

Post by Nico Harris »

Freddie- vat die leupold!!!!
.22LR , Mauser Obendorf
.223 Rem , Howa mini action
6.5 Creedmoor , Howa sporter
6.5 Creedmoor , Howa varmint
30-06, Sauer mod 90
300 PRC , Howa varmint
9.3x62, Mauser Oberndorf A tipe
12ga , Mossberg boltaction
12ga , Mossberg pumpaction
9mm , Glock 43
User avatar
Theo E
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 333
Joined: Thu Feb 18, 2010 7:44 pm

Re: Range Finder

Post by Theo E »

stem saam met harris leupold  ;D

Theo
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3311
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Range Finder

Post by Christo »

Ek stem, koop hom. Myne was die plain 1000 vir dieselfde geld.

Christo

ps: Ek sal ou Hennerik moet roskam oor die koopprys. Koop jy net eers.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3311
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Range Finder

Post by Christo »

O ja, deesdae gebruik ek hom sommer as verkyker ook, hy is dan nou byderhand.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Range Finder

Post by Francois Marais »

Freddie

Het by die laaste Amerikaner bwat ek nu mee gejag het so een "ge-persent" soos my nama's se, jy sal nie fout maak nie, amper net so goed soos my Leica 1200, met baie meer funksies. Die twee verskil nooit meer as .5 meter nie.

mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
Freddie101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1384
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:39 am

Re: Range Finder

Post by Freddie101 »

Manne
dankie vir insette. Het vir my n Leopold bestel.
Dankie
yol bolsun
User avatar
frinam
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 300
Joined: Thu Mar 12, 2009 9:03 am

Re: Range Finder

Post by frinam »

Francois en ander kenners, het gister moed bymekaar geskraap en 'n Bushnell Yardage Pro "rangefinder" vir 'n goeie prys in die hande gekry. Enige ondervinding van die produk? Groetnis-Frinam
Don't pick a fight with an old man. If he is too old to fight, He'll  just kill you.
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Range Finder

Post by Francois Marais »

Oom Frikkie

Ek het een gehad, hom vir n man wat ek nie baie van gehou het nie, persent gegee ;D ;D ;D Sorry man, maar dis my opinie, myne het n Gemsbok dam tot so op 250m gemeet en n Springbok tot op 200m as jy BAIE mooi gevra het.

Hoop nie jy het meer as R1000.00 betaal nie.

My 2c..........

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
frinam
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 300
Joined: Thu Mar 12, 2009 9:03 am

Re: Range Finder

Post by frinam »

Francois, dankie vir jou inset, sal hom nie darem nie present weggee nie maar sal dit maar probeer omruil vir 'n Nikon, al wat daar nog is om van te kies. :'( Groete-Frinam
Don't pick a fight with an old man. If he is too old to fight, He'll  just kill you.
Post Reply