Geskikte koeel vir 458Lott

Post Reply
Beer (Christo)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1150
Joined: Wed Dec 28, 2011 1:41 pm

Geskikte koeel vir 458Lott

Post by Beer (Christo) »

Hallo almal

Ek het Saterdag by die DGS met gekoopte Hornady rondtes geskiet wat gelaai was met 500gr DGS koeels. Ek wil graag meer met die geweer oefen / skiet.

Ek sal dalk eers volgende jaar by 'n buffeltjie kan uitkom. Ek het 450gr Barnes TSX gekoop om te herlaai met Norma doppe, maar soek 'n goedkoper koeels om te skiet vir papier. Sal dit graag ook vir 'n eland jag die jaar wil kan gebruik.

Wat stel julle voor om na te kyk en asb iets wat beskikbaar is. Die voorraad by geweer winkels lyk maar min

Een van die manne by die DGS het genoem hy skiet met Claw koeels. Sal dit werk op 'n eland? Vleisskade?
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6971
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Geskikte koeel vir 458Lott

Post by DWB »

Claw is R190 of R258 per 20, dik of dun wand
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
Beer (Christo)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1150
Joined: Wed Dec 28, 2011 1:41 pm

Re: Geskikte koeel vir 458Lott

Post by Beer (Christo) »

Dankie Deon, maar kan ek 'n eland met dit skiet.

Ander manne het gepraat van Rhino's. blykbaar baie hard, maar baie wisselvaligge kwaliteit beheer.

Weet ook nie of die koeels in QL is nie
User avatar
Karl Stumpfe
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 81
Joined: Thu Dec 23, 2010 1:37 pm

Re: Geskikte koeel vir 458Lott

Post by Karl Stumpfe »

Beer, jy kan 'n eland skiet met selfs die dun wand Claws. Dikker wand sal beter werk, maar selffs Frontier se solids werk baie goed op eland met daai size koeel, en hulle is lekker goedkoop en laai maklik.
User avatar
Pappabeer
Hero Member
Hero Member
Posts: 3176
Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am

Re: Geskikte koeel vir 458Lott

Post by Pappabeer »

Beer, ek skiet fronteer game rangers in my .458 Lott. Die 600gr was al wat ek kon kry maar dit was lekker cheap werk goed vir alle nie gevaarlikke wild. Terugskop is maar natuurlik meer woelig met so n gewig koeel, maar niks wat jy nie kan hanteer nie.

Hou maar die tweedehandse mark dop, ek het n tyd terug 200x 400gr Speers vir R2 n punt gekry. Hulle lyk maar treurig, maar skiet akkuraat genoeg om my aan die oefen te hou.

PM my dan stuur ek jou n pakkie van hulle as jy wil. Ek dink daars 25 of 50 in.

Cheers
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
Beer (Christo)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1150
Joined: Wed Dec 28, 2011 1:41 pm

Re: Geskikte koeel vir 458Lott

Post by Beer (Christo) »

Pappabeer, baie dankie vir die offer, maar ek wil graag by 500gr bly of 450gr mono.

Ek wil ook graag 'n koeel gebruik waarvan ek, sover moontlik, gereeld voorraad in die hande kan kry.

Het vandag gesien 'n pak 50 Hornady 500gr DGX koeels kos amper R800. Dis amper net soveel soos die TSX gekos het.

Ek dink ek moet dalk die Claws probeer
Beer (Christo)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1150
Joined: Wed Dec 28, 2011 1:41 pm

Re: Geskikte koeel vir 458Lott

Post by Beer (Christo) »

Oja, Pappabeer

Ek hou nogal van jou kaliber versameling.
User avatar
Pappabeer
Hero Member
Hero Member
Posts: 3176
Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am

Re: Geskikte koeel vir 458Lott

Post by Pappabeer »

Thanks, ja dis maar een van daai verslawings wat voortduur. As ek nie iets doenig het met die CFR nie dan onttrek ek...

Laat weet bietjie hoe daai Claws werk. Ek sal graag wil weet vir verwysing. Ek het n paar goed opgelyn met die roer vir net na die Paasnaweek, maar gaan met Rhino 500gr solid shanks werk. Ek hoop om n wildebees reg van voor te kry en n punt te herwin.

Cheers
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
Post Reply