Herlaai 101: Hoe om absolute maksimum TPL te bepaal

User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3124
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: Herlaai 101: Hoe om absolute maksimum TPL te bepaal

Post by LUAN »

Ek sien die engelse praat partykeer van COAL en COL. Beteken die een nie Cartridge Overall Length(tot op punt van koeel) en die ander Cartridge Ogive Length(tot op ogief)?

En dan as jy n doppie het wat se nek klaar gesize is, is daar n manier om hom weer "oop" te maak sonder om hom te skiet?
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Herlaai 101: Hoe om absolute maksimum TPL te bepaal

Post by Francois Marais »

Ludwig

Presies soos ek maar doen ja....

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
Jaktrap
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 294
Joined: Tue Nov 02, 2010 8:59 pm

Re: Herlaai 101: Hoe om absolute maksimum TPL te bepaal

Post by Jaktrap »

Vir die slim manne.
Is hier manne wat eers ideale TPL kry voor jy jou lading ontwikkelling doen of doen julle maar altyd eerste jou lading ontwikkeling.
Indien die lading ontwikkeling eerste plaasvind hoe affekteer n verandering in TPL jou spoed.
My eintlike vraag is seker die beskikbaarheid van suurstof vir ontbranding gaan mos verander met in en uit skyf van die koeel of het die suurstof binne die dop nie regtig
n rol te speel nie.
Ek luister by die radio.
Albe
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3124
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: Herlaai 101: Hoe om absolute maksimum TPL te bepaal

Post by LUAN »

Jaktrap ek weet nie van die suurstof maar as jy oor n chrony skiet sal jy sien jou spoed gaan op soos die koeel dieper geseat word gewoonlik en dan moet die lading ook weer aangepas word.
User avatar
Flip Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2485
Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm

Re: Herlaai 101: Hoe om absolute maksimum TPL te bepaal

Post by Flip Nel »

Jaktrap wrote:Vir die slim manne.
Is hier manne wat eers ideale TPL kry voor jy jou lading ontwikkelling doen of doen julle maar altyd eerste jou lading ontwikkeling.
Indien die lading ontwikkeling eerste plaasvind hoe affekteer n verandering in TPL jou spoed.
My eintlike vraag is seker die beskikbaarheid van suurstof vir ontbranding gaan mos verander met in en uit skyf van die koeel of het die suurstof binne die dop nie regtig
n rol te speel nie.
Ek luister by die radio.
Albe
Die kruit verskaf sy eie suurstof hy nie die suurstof in die dop nodig vir ontbranding nie, maar jou TPL verander die spasie in die dop en dit kan 'n invloed op pressure etc. he.
User avatar
JTM
Hero Member
Hero Member
Posts: 1691
Joined: Tue Sep 18, 2012 9:06 am

Re: Herlaai 101: Hoe om absolute maksimum TPL te bepaal

Post by JTM »

Ek het gisteraand tot laat weer my TPL mates oor gemeet met Ludwig se metode. Vir lank het ek gesukkel dat ek die koeëls al hoe dieper indruk, maar bly merke sien. Uiteindelik kom ek agter wat aangaan. Die Howa se ejector druk die patroon skeef soos jy die slot oopmaak en terug trek. Dan sleep die koeël teen die wand van die kamer en maak die skelm merk op die koeël wat ek verkeerdelik gesien het as groef merke.

Na ek dit agtergekom het en weer voor begin het, het ek uiteindelik van die jam af terug gewerk tot die lande net net soen. My ou mates was wel te lank en ek het nou my TPL aangepas. Nou nog net weer terug skietbaan toe en toets.
Jannie Welman
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Herlaai 101: Hoe om absolute maksimum TPL te bepaal

Post by PWV »

Ons weet dat verskillende fabrikate van dieselfde kaliber se kamers nie noodwendig dieselfde lengte is nie.
In onderstaande "link" word dit bespreek. Sal graag by julle kommentaar hieroor wil kry.

Lees ook "Poor man's guage" to measure how long your chamber is.


http://www.varmintal.com/arelo.htm#Case_Length

Groetnis
P.W.V.
User avatar
Bulvegter
Full Member
Full Member
Posts: 238
Joined: Mon Feb 18, 2013 2:10 pm

Re: Herlaai 101: Hoe om absolute maksimum TPL te bepaal

Post by Bulvegter »

Ek besit 'n 22-250 deur Truvello gemaak. Sy kamer is baie lank. Met jou metode is die TPL 64,45 mm. Volgens die boek moet dit 60 mm wees. Volgens sommige "kenners" moet die patroonpunt-diepte nie minder as kaliber mate wees nie. Met 'n TPL van 64 mm gaan die punt skaars by die dop in. Wat sal die regte diepte wees?
Bulvegter
User avatar
LongWolf
Hero Member
Hero Member
Posts: 832
Joined: Sat Mar 09, 2013 2:39 pm

Re: Herlaai 101: Hoe om absolute maksimum TPL te bepaal

Post by LongWolf »

Het dit sommer met die "permanent maker" gedoen.

dis net baie versigtig te werk gaan om nie ander merke te kry nie.

maar het goed gewerk.

so leer mens.
Skihili
Newbie
Newbie
Posts: 31
Joined: Thu Aug 15, 2013 11:24 pm

Re: Herlaai 101: Hoe om absolute maksimum TPL te bepaal

Post by Skihili »

Cassie Nienaber het 'n maklike metode aan ons uitgewys om seker te wees wanneer jou koeël nét die lande raak. Die comparatordeel waarmee jy die koeël in die lande indruk, gebruik 'n spesiale dop wat agter gegroef is vir die spesifieke kaliber, gekoop by S&O. Daarin pas 'n buis met 'n stangetjie daardeur. Die koeël pas losserig in die dop. Wanneer die dop met sy koeël nou in die kamer gedruk word, is die grendel nie eens in die geweer nie. Druk dan die koeël met die stangetjie in die lande vas. Gebruik dan jou skoonmaakstok van voor af en druk die koeël liggies terug. Speel dan heen en weer met die stok en die stangetjie, dan gaan jy presies weet wanneer die koeël die lande raak. Sluit die stangskroefie, verwyder en meet.

Vir die produksiegeweer wat bietjie kopspasie mag hê, moet daardie kopspasie dan in berekening gebring word. Ek het my eie gemaak wat 'n gevuurvormde dop gebruik sodat kopspasie nie 'n probleem is nie.

Hoop dit help julle!
Rooies Scheepers
Newbie
Newbie
Posts: 46
Joined: Sun Sep 08, 2013 10:45 am

Re: Herlaai 101: Hoe om absolute maksimum TPL te bepaal

Post by Rooies Scheepers »

Middag,
Ek het 7x57 en die boekie se 78mm, maar ek sit op 80mm TPL volgens Ludwig se metode. is daar 'n minimum wat die punt in die doppie moet wees?
Dankie vir die inligting

Rooies
Rooies
Kokstad
KZN
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Herlaai 101: Hoe om absolute maksimum TPL te bepaal

Post by tripodmvr »

Gewoonlik kaliberlengte in dop om te verseker dat koeël nie skeef druk in jaggeweer nie. By enkelskoot baangeweer kan dit minder wees, maar val die patroon kan dit hom skeef maak en swak skoot tot gevolg hê. Vir jag sal ek verseker dat die patroon se integriteit behou word met genoegsame skag in die nek.
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Herlaai 101: Hoe om absolute maksimum TPL te bepaal

Post by PWV »

Hier is NEGE3 se gadget waarmee hy TPL bepaal.

http://jaracal.com/viewtopic.php?f=30&t=20191#p254291
User avatar
Martin82
Hero Member
Hero Member
Posts: 988
Joined: Fri Nov 02, 2012 1:10 pm

Re: Herlaai 101: Hoe om absolute maksimum TPL te bepaal

Post by Martin82 »

Is there an English version by any chance? Hahaha
Niel Nel
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 72
Joined: Thu Sep 19, 2013 4:05 pm

Re: Herlaai 101: Hoe om absolute maksimum TPL te bepaal

Post by Niel Nel »

Goeie More, ek is nou nuut met die herlaai ding en het hulp nodig. Die man wat my so bietjie touwys gemaak het met herlaai het vir my gewys dat as jy met n spesifieke punt die tpl tot teen die lands wil meet dan seat jy die punt net net en druk die patroon so liggies tot teen die lands, dan vat ek my skoonmaak stok en druk hom van voor af tot teen die patroon se punt en merk die stok waar hy by die loop uitkom. Dan haal ek die patroon uit en maak die slot toe en druk die stok dan tot teen die slot en merk hom weer en daardie afstand is dan jou maksimum lengte vir die spesifieke patroon..... Is dit reg of is besig om aan te jaag met die metode?
User avatar
DawieKotze
Hero Member
Hero Member
Posts: 2075
Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm

Re: Herlaai 101: Hoe om absolute maksimum TPL te bepaal

Post by DawieKotze »

Niel - daardie metode sal vir jou in die meeste gevalle 'n goeie aanduiding gee, maar is nie heeltemal betroubaar nie. Koeëls se punte kan vervorm het (lood punte) en alle koeëls is ook nie presies ewe lank nie.

Dis agv hiervan dat mens maar eerder op die ogive (neusboog) meet. Die waarde wat so verkry word is nie die totale patroon lengte nie, maar met 'n spesifieke koeël is dit daardie koeël se waarde wat die "seating depth" aandui. As jy dus elke keer tot daardie waarde seat, sal die afstand vanaf die dop se basis tot by die neusboog altyd dieselfde wees en dus ook die afstand vanaf die dop se basis tot by jou geweer se lande.

Hoop ek verduidelik sodat jy kan verstaan.

Groete

Dawie
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
Niel Nel
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 72
Joined: Thu Sep 19, 2013 4:05 pm

Re: Herlaai 101: Hoe om absolute maksimum TPL te bepaal

Post by Niel Nel »

Dankie Dawie. Ek het al gesien waarvan jy praat want ek meet elke 5 de patroon en dis nooit presies dieselfde nie. Ekt gedink dis normaal. Ek sal voortaan julle metode gebruik.
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Herlaai 101: Hoe om absolute maksimum TPL te bepaal

Post by cassie_calvinia »

as jy die stok metode gebruik, trek maar so extra mm af vir veiligheid.
Ludwig het hier erns 'n maklike verduideliking
HOU HOM DAAI DIKTE
Niel Nel
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 72
Joined: Thu Sep 19, 2013 4:05 pm

Re: Herlaai 101: Hoe om absolute maksimum TPL te bepaal

Post by Niel Nel »

Nog iets iets wat my pla... my 308 is n Remington 700 vls en dit lyk my hy het ook n baie lang keel. As ek die koeel seat dat hy so 1mm van die lande af is dan is hy so 3mm langer as somchem se boek se hy mag wees. Nou ek sien Ludwig se dis ok as hy langer is maar dit lyk asof die patroon net verby halfpad in die nek seat en hy lyk ongewoon lank
Hoe weet ek dat hy nie te vlak geseat is nie?
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Herlaai 101: Hoe om absolute maksimum TPL te bepaal

Post by cassie_calvinia »

seat hom op sy sank depth 0.308" diep.
gooi weg daai somchem boekkie
HOU HOM DAAI DIKTE
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Herlaai 101: Hoe om absolute maksimum TPL te bepaal

Post by PWV »

Niel Nel wrote:Nog iets iets wat my pla... my 308 is n Remington 700 vls en dit lyk my hy het ook n baie lang keel. As ek die koeel seat dat hy so 1mm van die lande af is dan is hy so 3mm langer as somchem se boek se hy mag wees. Nou ek sien Ludwig se dis ok as hy langer is maar dit lyk asof die patroon net verby halfpad in die nek seat en hy lyk ongewoon lank
Hoe weet ek dat hy nie te vlak geseat is nie?
Onthou die Somchem-tabel noem net PMP- en Speer-koeëls. As jy ander koeëls gebruik, gaan daar 'n verskil wees.
Slim ouens beweer die koeël moet minstens sy deursnee-afmeting in die dop ingaan. Die ideale "seating depth" sou wees as die hele nek van die dop die koeël omsluit.
Niel Nel
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 72
Joined: Thu Sep 19, 2013 4:05 pm

Re: Herlaai 101: Hoe om absolute maksimum TPL te bepaal

Post by Niel Nel »

Dankie, ek waardeer die raad
Niel Nel
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 72
Joined: Thu Sep 19, 2013 4:05 pm

Re: Herlaai 101: Hoe om absolute maksimum TPL te bepaal

Post by Niel Nel »

Met n boattail koeel. Meet ek van heel agter of van waar hy op sy dikste is aan die agter kant?
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Herlaai 101: Hoe om absolute maksimum TPL te bepaal

Post by cassie_calvinia »

jy meet die shank, nie die stert nie
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
vriell
Hero Member
Hero Member
Posts: 1364
Joined: Wed Mar 17, 2010 4:07 pm

Re: Herlaai 101: Hoe om absolute maksimum TPL te bepaal

Post by vriell »

Rooies , soos ek kon vasstel uit die draad gebruik die meeste die "kaliber diameter " metode as maatstaf maw bv. .308 = .308 " diepte ens. Ek persoonlik gebruik 'n minimum van 4mm (shank gedeelte van koeel ) op alle 30 kalibers as maatstaf waar moontlik .
Groetnis
Len
Hermanus
.303 Enfld, 308Howa, Harrington12br, Stevens410/.22, Rem.44, 9mm Baretta, HW90.177, .22 H Lithgow, Walther .177, Hawken.45, Hawken.50, Hawken.54, .22 Rem, .177 Relum, 30.06Howa , 38 S&W , 6mm Musgrave
Post Reply