Jaracal Kersfonds Kompetisie 2012

Enige kompetisie wat die forum mag aanbied/An competitions running at the moment
Post Reply

Moet ons die kompetisie oopmaak vir nie lede?

Poll runs till Thu Nov 11, 2055 12:29 pm

Ja
29
60%
Nee
13
27%
Net vir beperkte tyd, byvoorbeeld 2 dae
6
13%
 
Total votes: 48

Silent Hunting
Hero Member
Hero Member
Posts: 1224
Joined: Wed Jun 13, 2012 8:19 pm

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie

Post by Silent Hunting »

Sover ek weet, TOTALE STILSWYE.
CZ 200 PCP, .22 Bruno, .222 BSA, 6mmSLR, 6.5SLR, 22-250 Howa, Paar 6.5 creeds, 9mm CZ P7, ens
E-mail: henk@silenthunter.co.za
Tel 0810185444
Facebook: Silent Hunter KD
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie

Post by Jakkalsgat »

Frederik wrote: Enige terugvoering van die kinderhuis af ?
Het ons genoeg ingesamel vir iets ordentelik?
Frederik

Ek het na paar oproepe gemaak waarin ek hulle gevra het vir brief waarin hulle net se dat hulle die bedrag van R 22 150 ontvang het waarna ek brief gekry het waarin hulle dankie se vir R 10 000. Ek vra toe hulle moet asb oplet want daar was 3 betalings waarna ek toe weer brief kry om dankie te se vir R 5000 en dag later weer een  wat se hulle lees nog bedrae in en sodra hulle klaar is sal hulle die res stuur. Nou ja die idee met die versoek vir bewyse was dat ek dit net hier wil plaas wat ek ook sal doen sodra laaste brief hier is en ek kon agterkom hoe om dropbox te gebruik.

Vir my is die belangrikste dat hulle dit gekry het en ons 'n verskil in hierdie kinders se lewens kon maak, ek het ook met eerste oorbetaling gevra dat hulle eers omsien na die Du Plessis kinders se behoefte, wat hulle gese het hulle sou doen. Die was egter net 'n versoek en is dit geskenk met die onvoorwaardelike "gift of giving" wat weer vir my bewys het op hier op die forum is ek tussen my tipe mense.

Dit is nog bietjie vroeg maar is die beplanning dat ons dit weer vanjaar sal doen maar verseker vroeer begin en dalk nou weer iewers anders 'n verskilletjie maak.

Groete
Jaco
Ek wens vir jou 'n rooison met 'n maan wat oor die krans uitkom, 'n lyf vol tequila en antwoorde op die diep vrae!

Groete
Jaco Stander
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13644
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie

Post by Geno »

Jaco, more.

Enige terugvoering oor die brief?

Ek het met Taffie gesels, en hy het my- en G-Force aangestel om op die jag te gaan.
Die vleis gaan dan weer geskenk word.

Nou moet ons besluit aan wie dit gaan.

Dit kan of na die kinderhuis gaan, of dit kan na Henried vir sy Life Christian Adventure liefdadigheids organisasie gaan. (Beter plan in my opinie, aangesien Henrie 'n jagtersbroer van ons is, en bitter baie moeite doen met minder bevoorregde kinders.)

Sal ons besluit? Enigiemand se insette sal waardeer word.

Groete,
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie

Post by Jakkalsgat »

Geno

Nou wie gaan die 2 G's gaan oppas as hulle die ondankbare jagwerk moet gaan doen? Ek moet bieg ek het nog nie weer navraag gedoen oor die briewe nie maar sal tog opvolg.

Ek het vermoed Taffie gaan dit weer weggee, ek dink Henried se projek is 'n goeie een en as dit Taffie se goedkeuring wegdra want hy is nou die skenker sal dit reg wees.

Groete
Jaco
User avatar
SV MAD (Henk)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1653
Joined: Thu Aug 11, 2011 12:26 pm

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie

Post by SV MAD (Henk) »

Henrie se projek. Ongelooflike werk wat hy doen
ek soek nog wapens...
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie

Post by Marc »

Stem vir Life Centre {Henried} nie om snaaks te wees nie, maar die kinders het 'n mooi hupstoot ontvang. Op die mannier help ons twee instansie.

Goeie werk Jaco ;)

Mooi gebaar Oom Taffie :)

Ge, Eugene, dankie vir onkostes om te gaan afhaal ;)

Jaracal is 'n yster gemeenskap !
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
henried
Hero Member
Hero Member
Posts: 2346
Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie

Post by henried »

Heng julle, ons sal te bly wees... ;D
...maar ek sal wag vir die besluit.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13644
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie

Post by Geno »

Ek sal op Mooihuil met Taf gesels dan finaliseer ons die reelings.
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie

Post by Jakkalsgat »

Middag Almal

Hierdie groot prys is in totaal geskenk aan Henried se Life Christian Adventure en Henried gaan die bokke sommer self jag gedurende die naweek van 10 tot 12 Mei. Beretta sal self ook by die Lodge wees op die betrokke naweek en hopelik help skiet sodat die volle voordeel van die prys benut kan word.

Henried / Beretta

Ek los die relings van hier af in julle hande en namens die Jaracal manne vra ek dat julle asb vir ons kom fotos plaas oor die jag.

Manne julle moet dit geniet en nogmals dankie aan elkeen wat hier 'n bydrae gemaak het.

Ps: As daar enige iemand is wat nog nie sy prys ontvang het nie laat weet my asb sodat ek kan relings tref.

en onthou!
Ek wens vir jou 'n rooison met 'n maan wat oor die krans uitkom, 'n lyf vol tequila en antwoorde op die diep vrae!

Groete
Jaco Stander
User avatar
henried
Hero Member
Hero Member
Posts: 2346
Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie

Post by henried »

Julle, hoe sê ek dankie, ek het nie eintlik woorde nie.
Baie dankie aan almal.
Baie dankie Taffie, Jaco, Dewald...ek wardeer dit.
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie

Post by Beretta »

Manne
Ek het gereel Henried jy en jou gesin is welkom.Rhuan se dit is reg soos ek met jou gereel het bel my net more asb.
Beretta
User avatar
henried
Hero Member
Hero Member
Posts: 2346
Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie

Post by henried »

Net so 'n vinnige update.

Ons ry volgende Vrydag oggend vroeg, wil graag voor 12:00 op die plaas wees. Ek het met Rhuan gesels die week en sy plan is dat ons sommer vinnig in die veld kom.

Dewald "Beretta" ry al Donderdag deur en sal die tyd saam met ons op die plaas spandeer.

Nogmals dankie aan almal.
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie

Post by Marc »

Julle moet dit geniet en veilig terug kom
User avatar
Riaan Beeslaar
Hero Member
Hero Member
Posts: 678
Joined: Tue Mar 05, 2013 9:09 am

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie

Post by Riaan Beeslaar »

Sterkte manne, en geniet dit
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie

Post by Jakkalsgat »

Henrie

Sterkte vir die naweek, jammer ons los jou nou met al die werk en ons kan jou nie gaan help nie. As julle sukkel stuur daai Chopper laat hy my maar gou kom haal.

Groete vir haelgeweer ook
User avatar
henried
Hero Member
Hero Member
Posts: 2346
Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie

Post by henried »

Dewald is al daar, ons ry môre oggend 5:00.
Ek gaan my bes doen, nogmals dankie.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13644
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie

Post by Geno »

Geniet dit Henrie. Jy verdien dit, maat!
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie

Post by Jakkalsgat »

More Almal

Beretta het my per sms oor die naweek laat weet hoe die jag verloop en na bietjie sukkel omdat dit baie ruig is het Henried dit reggekry om nie een nie maar 2 BWB koeie sommer bymekaar dood te skiet. Volgens Beretta was die weer maar bietjie ongurig en het hulle lae teperature sowel as reen beleef oor die naweek. Die eerste rooibokooi is volgens sms tyd so rondom 16h00 Saterdagmiddag gelaai en die laaste een is volgens Henried net na 5 Saterdagmiddag geskiet en kon die manne en hul gesinne lekker ontspan met 'n braai en lekker kuier om die kampvuur.

Albei is oppad terug en Henried gee die bokke vanmiddag in by Slaghuis wat hulle gaan bewerk.

Aan elkeen wat hier bydrae gemaak het, hetsy finansieel in die vorm van kaartjies gekoop sowel as elkeen wat pryse geskenk het en die manne wat hul tyd hier ingesit het, baie, baie dankie, julle maak my trots om te kan se ek is deel van hierdie Jaracal familie.

Die kinders van Abraham Kriel kinderhuis se Kersfees is verbeter met 'n enorme bydrae van net oor die R 22 000 en die vleis se verkope gaan sorg dat daar ten minste 1 persoon 'n gidshond sal kry en praat ons dus van 'n insameling van in die R 30 000 in totaal wat klomp mense, minderbevooregd as ons se lewens makliker gaan maak.

Ek wil net 'n spesiale woord van dank doen vir Marius Barnard van Thwane Africa Safaris wat die naweek sowel as die wild geskenk het, 'n enorme prys van ongeveer R 10 000.

Aan Beretta wat sy naweek en tyd afgestaan het om vir Henried te vergesel op die jag sowel as Beretta se dogter wat die skakel was baie dankie.

Aan die res van die borge:

Taffie - Skenk van sy grootprys
Silent hunt - Knaldemper
Greyghost gear - Jaracal hemp en pet
Imvusa Trading - Ottoman
Bond007 - X bags
Jaracal - Vir die beskikbaar stel en gebruik van die Forum vir hierdie kompetisie.

As ek iemand hier uitlaat vra ek nederig omverskoning en vra ek dat jy my laat weet sodat ek dit kan regstel.

Ter afsluiting het Marius Barnard vanmore aan Beretta genoem dat hy weer so projek wil ondersteun hierdie jaar en sal ons dit dus weer kan doen.

As daar enige iemand is wat sal belangstel om te help met ons volgende kersfonds kompetisie, maak nie sak in watter vorm nie kan julle my kontak.

Laastens wil ek aan ons Hemelse Vader dankie se dat ons so geseend is om dit te kan doen want alles wat ons het is maar geleen en kom alles van Hom, dankie Vader.
Ek wens vir jou 'n rooison met 'n maan wat oor die krans uitkom, 'n lyf vol tequila en antwoorde op die diep vrae!

Groete
Jaco Stander
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie

Post by Marc »

Ditto Jakkals, wat n vooreg !
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5023
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie

Post by Frederik »

Dit is nou pragtige nuus !
User avatar
henried
Hero Member
Hero Member
Posts: 2346
Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie

Post by henried »

Askies julle, ek kry nie die terugvoer van my iPad gelaai.
Ek tik die storie môre oggend by die werk.
User avatar
henried
Hero Member
Hero Member
Posts: 2346
Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie

Post by henried »

 
Ek wil net vir almal baie dankie sê, spesiaal vir Taffie, Dewald, Jaco, en dan Twane Safaris.
 
Daar was ‘n paar manne wat die jag kon gedoen, maar ek was die gelukkige een.

http://i464.photobucket.com/albums/rr5/henriedeg/bc6d01cf4663af672b0dbcdc78a8ff1a_zps99a0a39d.jpg

Ons is Vrydag 5:00 uit Vanderbijlpark. Daar is min dinge wat my jongste so vining uit die bed uit kry soos die woorde “Ons gaan Plaas toe”. Teen 7:00 was ons deur die verkeer en ons het ontbyd by Petropoort geëet. Ons was so 11:00 op die plaas, Dewald en Rhuan het ons by die hek ontvang.
 
Ons is reguit kamp toe waar Leoni, Rhuan se ma, ons ontvang het. Sy het my vrou gou rond gewys terwyl ek die geweer reg gekry het.

http://i464.photobucket.com/albums/rr5/henriedeg/861b95c4a4ae52134e77c5b953b3bf4f_zps6dcff086.jpg

Daarna is ons skietbaan toe. Ek het  ‘n paar skote op 100m geskiet. Die Remington Core Loct 150gr het mooi gevlieg en ons was reg vir die jag.
 
Die middag was vol opwinding, ons het baie diere gesien, maar geen BWB koeie of Rooibok ooie. Die wat ons gesien het, het ons geen skoot gegee nie. Ek het my voorberei vir skote tot op 200m, maar dit het vir my duidelik geword dat met die digte bos dit nie so gaan wees nie. Jy kon amper nie verder as 40m van die pat af sien nie.

Laat middag het ek en Rhuan in die pad afgestap in ‘n oopte. Daar was ‘n paar rooibokke maar hulle het ons nie ‘n skoot gegee nie. Daar was wel kudus en ons het 70m van een van die grootste kudus wat ek nog gesien het gekom. Hulle het nie van ons geweet nie.
 
Ons het die aand tot laat gesit en gesels, en planne is gemaak vir die volgende dag.

http://i464.photobucket.com/albums/rr5/henriedeg/7a503a707562592dc2056608e35090bf_zps24a62adc.jpg

Ons is so 7:00 weer uit. Daar het duk wolke laag gehang en ‘n wind het dit koud agter op die Cruizer gemaak. Ons is so 9:00 terug kamp toe om my jongste te gaan haal. Was skaar uit die kamp of ons hoor oor die radio dat Rhuan se oom 2 BWB geskiet het.  Ons moes almal maar een op die ken vat omdat hulle so gelukkig was… ++>:
 
Die res van die oggend het ons diere gekry maar kon nooit ‘n skoot kry nie. Dit het al stiller op die Cruizer geraak. :o

Ons was oppad terug kamp toe, toe ‘n trop BWB oor die pad hardloop. Rhuan het verby gery en verder in die pad gestop. Ons is af en het gestap tot die wind in ons guns was. So 100m van die pad af het Rhuan vinning gaan sit.

“70m oom, sit die parallax so tussen 50-100y, en stel die vergoting af na 4”

Die koei het QT gestaan, ek het haar op die knop geskiet. Rhuan het dadelik op gestaan en gesê ek moet herlaai. Ons het so 30m verder gehardloop en weer gaan sit. ‘n Ander koei het mooi gestaan en ek het haar op die blad geskiet. Ons het gestaan en wag tot dit stil was. Hulle het so 20m uit mekaar gelê.

http://i464.photobucket.com/albums/rr5/henriedeg/b7cdc9ef2ffb9acd9b3ccfc03371c19c_zpsa8f643d2.jpg
 
Die gemoed op die Cruiser het sommer verander en almal het ge-smile. ;D

http://i464.photobucket.com/albums/rr5/henriedeg/2119522e200f7322b94e7ad6d2f5bc2e_zps3f0932d9.jpg
 
Na middag ete is ons weer uit opsoek na die 2 rooibok ooie op die lys. Teen 16:00 het ons ‘n ram so 150m  voor ons oor die pad sien loop. Rhuan het gestop en probeer kyk op daar dalk ooi saam met hom was. Ek het beweging ling in ‘n bos bome gesien en Rhuan het bevestig dis ‘n ooi. Ons is weer af en het in die skadu van die bome beweeg. Sy het  in ons rigting gekyk en ek het haar reg van voor op die bors geskiet.
 
Net na 17:00 het ons ‘n trop onder ‘n boom gekry, en hierdie was die langste skoot so 130m.
 
Ons almal was verlig, want dit was nie ‘n maklikke jag nie.

http://i464.photobucket.com/albums/rr5/henriedeg/2caca799d526546041b4533188912add_zpsb85e2f64.jpg
 
Ek kon nie vir ‘n beter jag gevra het nie. Rhuan mag nog jonk wees maar hy ken sy storie en het dit vir my so gemaklik moontlik gemaak.
Dewald het my heeltyd verseker ek  moet nie worry nie, die skoot sal mooi wees.
 
Wat ‘n ondervinding…
 
Hoe sê mens dankie…
 
Hier is nog ‘n paar fotos….
 
http://i464.photobucket.com/albums/rr5/henriedeg/60272363a9d8082799f853f02e41ca2c_zpsfc124daf.jpg

http://i464.photobucket.com/albums/rr5/henriedeg/8abccb8f11cfbf565c59ff900314df68_zpsd2e6cc75.jpg

http://i464.photobucket.com/albums/rr5/henriedeg/4f4e3c92106039dc43c9bcc86abbd727_zps5cf4a543.jpg


 
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie

Post by Jakkalsgat »

Henrie

Dankie vir die fotos, deel van die storie en ek is bly julle het dit geniet.

So sluit ons dan Jaracal Kersfonds Kompetisie 2012 af.

Groete
Jaco Stander
User avatar
henried
Hero Member
Hero Member
Posts: 2346
Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie

Post by henried »

Net so vinnig terugvoer:

Ons het biltong, droëwors, chilli bites, en droëwors wiele laat maak.

Ons het net so onder die R6000 gemaak met die verkope.
Dan het ons omtrent 18kg se droëword aan Koningkinder geskenk. Ons het dit verpak in 250g pakkies, daar is so 74 pakkies.

Hulle is 'n organisasie saam met wie ons baie werk, hulle werk met kinders uit gesinne wat finansieel swaar kry, maar waar daar ook mishandeling plaasvind.

Nogmals dankie.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie

Post by Marc »

Dankie vir die terug voer Henried, elke bietjie maak 'n groot verskil. Dankie vir al die ure wat jy insit om 'n verskil te help maak.

Thwane is darem maar 'n bitter mooi plek, ek hoop dis vir my beskore om daar te mag afpak eendag :)
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
Post Reply