Lusern pryse

Enige besprekings/vrae ivm boerdery bedrywighede.
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3942
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Lusern pryse

Post by tau »

Wie hier boer of koop lusern ek soek so min of meer prys. Manne praat van R1200/ton?????? Ek is maar dom klient soek die lusern en ek moet transport.
savage(P Coetzer)
Hero Member
Hero Member
Posts: 973
Joined: Mon Sep 10, 2012 3:34 pm

Re: Lusern pryse

Post by savage(P Coetzer) »

Klink na n bargain!
Laaste pryse wat ek gehoor het was nader aan R2000/t
Ponkie
Hero Member
Hero Member
Posts: 949
Joined: Wed Nov 04, 2009 7:08 pm

Re: Lusern pryse

Post by Ponkie »

Tau

My Pa bemark en verkoop bitter baie lusern uit die Willwomore en Rietbron distrik. Hang af hoe skoon die lusern is, baie manne se dis skoon, maar dan het hy heelwat gras in. Verder breek hy 'n baal of twee oop om te kyk hoe nat hulle gepress is.

Gee hom 'n lui en se net ekt jou verwys, hys ook Ponkie
082 371 3343

Groetnis
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4792
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Lusern pryse

Post by Carl »

My pa-hulle nou die dag R40/baal in Alldays betaal - dan kom vervoer by.
User avatar
henried
Hero Member
Hero Member
Posts: 2343
Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm

Re: Lusern pryse

Post by henried »

In Koppies het ek R50/baal betaal.
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Lusern pryse

Post by Kalahari »

As ek dit kon kry kos dit my (die laaste wat ek gekoop het) R70 per baal en dan moet ek dit nog 155km aanry plaas toe.
Koop se mense lag amper vir mens as jy nou lusern kom vra, want daar is nie.
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3942
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Lusern pryse

Post by tau »

Johan

Dit is juis die plan om Windhoek toe te ry vir droogte hulp. Ons ry tans vir so +- R30 000 tot in Windhoek vir 'n link dan moet jy nog die prys van die lusern by tel (wat die boer direk vanaf die verskaffer sal moet kry of ek sal dit moet aankoop en dan paaar sente vir my moeite vat) teen so 27-32 ton 'n vrag dan speel jy met R70500 se voer !!!!!!!! Dammit dus baie geld vir die boer wat sy diere alaml wil deurtrek.

Ek is nou nie slim nie, maar waar verkoop jy teen swak pryse of betaal die voer en trek hulle deur en hoop volgende jaar kom die reen. Ek kan tweedegraad kry vir goedkoper so sal maar aanstuur wat ek kan kry

Baie dankie manne ek hoop die reen kom en die planne is onnodig.
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Lusern pryse

Post by tafjak »

Lusern het in die laaste tyd in Cradock teen R1400/ton verkoop(ronde bale).
Wayne
Hero Member
Hero Member
Posts: 1007
Joined: Sat Mar 24, 2012 5:36 pm

Re: Lusern pryse

Post by Wayne »

If there is someone in need and is prepared to pay transport from Queenstown, I have got 2nd grade that I could sell.
Taffie, R1400 / ton is a good price if it is good lucern. The only thing is transporting round bales.
Wayne
User avatar
Flip Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2485
Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm

Re: Lusern pryse

Post by Flip Nel »

tau wrote:Johan

Dit is juis die plan om Windhoek toe te ry vir droogte hulp. Ons ry tans vir so +- R30 000 tot in Windhoek vir 'n link dan moet jy nog die prys van die lusern by tel (wat die boer direk vanaf die verskaffer sal moet kry of ek sal dit moet aankoop en dan paaar sente vir my moeite vat) teen so 27-32 ton 'n vrag dan speel jy met R70500 se voer !!!!!!!! Dammit dus baie geld vir die boer wat sy diere alaml wil deurtrek.

Ek is nou nie slim nie, maar waar verkoop jy teen swak pryse of betaal die voer en trek hulle deur en hoop volgende jaar kom die reen. Ek kan tweedegraad kry vir goedkoper so sal maar aanstuur wat ek kan kry

Baie dankie manne ek hoop die reen kom en die planne is onnodig.
Daar het vandag iemand Lusern geadverteer op buy and sell Namibia op facebook teen 3000 per ton en baie mense het daarna uitgevra
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: Lusern pryse

Post by wlm »

Tau
Ek wil nou nie vir my slim hou nie, maar lusern is nie koste-effektiewe voer as dit so ver vervoer moet word nie.
Kyk eerder na verpilde voere.
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3942
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Lusern pryse

Post by tau »

wlm ek dink jy is reg agv van die vervoer koste. Maar wat kos die pille????
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: Lusern pryse

Post by wlm »

Tau
Die antwoord is maklik. Hulle kos te veel.
Nee, sonder grappies, 'n mens moet maar die som maak tussen die 2 goed. Onthou net dat van die lusern ook maar 'n gedeelte verlore gaan. Diere vreet selde dit so skoon op, daar bly maar stingels oor wat verlore gaan. Veekos se pille-fabriek in Upington is seker die naaste aan Namibie as ons na vervoerkoste moet kyk.
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3942
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Lusern pryse

Post by tau »

Kyk ek maak planne die rook draai uit my ore. Kan nou vrag uit JHB na UPINGTON se wereld kry en dan dalk die voer laai - Windhoek wat dit meer bekostigbaar maak.

Ek soek rerig 'n manier om voer daar te kry vir die boere.
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: Lusern pryse

Post by wlm »

Tau ek hoop jy kom reg. Sal jou esker nie help nie maar ek hoor daar gaan veilings van stoorlammers gehou word. Dalk kan jy terugvragte probeer reel.
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3942
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Lusern pryse

Post by tau »

Kalahari kan my dalk reghelp, maar ek verstaan hulle het steeds tag ratio's op hulle uitvoer getalle. Nam manne moet mos 6 skaap binnelands by staat slagpales slag om een te kan lewendig uitvoer. Blykbaar is die getalle nou net anders soos ek verstaan en daar is regulasies op bees uitvoere ook.

My eie lusern besproeing kom ook nie klaar nie en my voer vir my eie diere is diep min. Ons veilings hier by Gouda se pryse is ook maar sleg. Lyk my Julle Williston, Middelpos area's is al mense met kos.
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Lusern pryse

Post by Kalahari »

Tau

Die uitvoer verhouding van 6:1 staan nog, die veilings van stoordiere (grade 1 en nul) is nog aan die kom, jy mag net uitvoer as jy binne 3 weke nie by 2 slagpales gehelp kan word met 'n slagbeurt nie en dan nog baie voorskrifte saam met dit!
Baie streng voorwaardes van uitvoer, weer net 'n klomp papierwerk om boggerol reg te kry. Die slagpales het die boere saam met die govt aan die kort hare beet en hulle sal nie laat los nie.
Daar is mos vir 'n slagpale nie beter tyd as droogte om die boer se nersderms alles uit te trek en 'n k#^%khuis vol geld ten koste van die boer en die verbuiker te maak nie.
Gaan kyk bietjie op die tuiste wat se info julle kan kry, ek glo die hele ou relaas sal daar geskryf staan. www.agrinamibia.com.na

Sorry manne as ek so galbraak, maar die besigheid steek my dwars in die bors. >:(
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: Lusern pryse

Post by wlm »

Kalahari
Ons Republiek-boere kry saam met julle seer. Ons het die Namibiese vleis nodig, maar nie die sleg invloed wat die Namibiese slagpale (nie boere) op die mark het nie.
Die slim ouens sal seker 'n term daarvoor kan gee maar basies sit die slagpale met 'n groepboere wat vas gepen is met waar hulle kan lewer en dus geen bedingingsmag het nie.
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3942
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Lusern pryse

Post by tau »

http://www.yr.no/place/Namibia/Khomas/W ... /long.html

Ek wil nie opgewonde raak nie, maar lyk my die naweek mag dalk reen bring.
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Lusern pryse

Post by Kalahari »

Dankie Tau

Ek het die laaste maand nooit meer 'n weervoorspelling gekyk nie :'( , maar hierdie lyk belowend, selfs daar nou kant toe ook. Ek het darem al gister 15mm gehad, so dit lyk goed. Die reen is egter so kol-kol en strepe, hoop maar dit raak groter banke weer.
User avatar
Hugo
Hero Member
Hero Member
Posts: 1977
Joined: Thu Apr 14, 2011 3:03 pm

Re: Lusern pryse

Post by Hugo »

Landmark vra r45 n baal, en dis mooi lusern.
Chuck
Newbie
Newbie
Posts: 46
Joined: Thu Feb 16, 2012 9:28 am

Re: Lusern pryse

Post by Chuck »

Goeie dag manne

Is daar dalk iemand wat weet van lusern wat beskikbaar is in die Douglas omgewing?

Groete,

Chuck
User avatar
Allure
Full Member
Full Member
Posts: 134
Joined: Sat Sep 10, 2011 8:00 pm

Re: Lusern pryse

Post by Allure »

R3000 per ton op Brits vandag
User avatar
Allure
Full Member
Full Member
Posts: 134
Joined: Sat Sep 10, 2011 8:00 pm

Re: Lusern pryse

Post by Allure »

Allure wrote:R3000 per ton op Brits vandag
As n baal weeg 25kg dis R120 per baal
johans
Hero Member
Hero Member
Posts: 1446
Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm

Re: Lusern pryse

Post by johans »

wlm wrote:Kalahari
Ons Republiek-boere kry saam met julle seer. Ons het die Namibiese vleis nodig, maar nie die sleg invloed wat die Namibiese slagpale (nie boere) op die mark het nie.
Die slim ouens sal seker 'n term daarvoor kan gee maar basies sit die slagpale met 'n groepboere wat vas gepen is met waar hulle kan lewer en dus geen bedingingsmag het nie.
hoekom het ons die namibiese vleis nodig?om ons pryse nog verder af te druk?
Post Reply