ek en visstok het gisteraand so n bietjie by n nuwe plaas gaan roep. toe ons inry op die eerste staanplek hardloop daar 9 vlakvarke voor ons verby.ek vra toe of ek mag skiet ,maar die plaas voorman wat lekker bostik lip is oor ons jakkalsjag in die tyd wat hy saam met poppie lief wil koek en tee vat, speel onkundig. ek bel toe maar die eienaar en kry toestemming. dit was egter te laat.die varke is klaar oor die bult.ons kry toe later nog vark maar jy sien dit net vir 2 sekondes.
ons spits ons toe maar toe op jakkals roep ,maar die wind kom op teen so 20 km/h. ons kry niks in geroep nie en ry maar na die ander plaas toe. die wind bedaar effens ,maar ons sien nie n oog nie. einde ten laaste gaan stop ek op n sipel plek waar jy net aan die een kant sig het.van bewetterdgeit roep ek sommer n stelle poep en daar kom wragtig n 4 jaar oue reun in. maar die man het n houdingkie wat skrik vir niks. ek meen te se, ngesremde jakkals met n houding. sy agressie sou sommige sportsterre soos vulletjies laat lyk het.
hy kom in met spoed van so 300m af en gaansteek so 100m voor ons vas. ek mik hom voor die bors en druk die sneller. hy gaan sit toe maar en toe oorval die groot slaap hom. hy was onmiddelik gereed om die hout overall aan te trek.
ek het net nie geweet n jakkals kan ook in marabastad n free flow bekom nie. die sst is by sy kuiltjie in en by die kazoom pyp uit.
hy wou nie eers n glasie tee nuttig na die skiettery nie.en dit nadat hy op my bakkie kon ry sonder dat ek hom charge.
ons het nou wel net een jakkals op n bakkie toer gevat,maar dit was nogsteeds n lekker aand in goeie geselskap.
dankie alex, dit is altyd lekker om jou saam op n bakkie te he.
o ja voor ek vergeet dit lyk of n slagyster hom n parrapleeg gemaak het. daai stompie het al n helse eelt van kunsbeen dra.hy het egter eers beweeg en toe gedink,en te laat besef hy het nie sy kunsbeen aan nie.http://i1157.photobucket.com/albums/p58 ... 7c46d8.jpg
foot loose
-
jamalley
- Hero Member

- Posts: 630
- Joined: Mon Jan 14, 2013 4:29 pm
Re: foot loose
Nice, ek haat dit ook as die plaasvoormanne nie weet wat op sy werksplek gaan en nie gaan nie.
- Marc
- Hero Member

- Posts: 5966
- Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm
Re: foot loose
Mooi man, dink jou jou vinger het lekker gejeuk vir n Varkie of twee hehehe
Lekker saam gejag, Dankie vir die deel !
Lekker saam gejag, Dankie vir die deel !
- Geno
- Administrator

- Posts: 13640
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: foot loose
Daai is bitter hoog vir 'n yster om hom te vang. Ek dink eerder iemand het hom raakgeskiet. Dalk 'n .303 (Skat op so 150m as ek sien hoe laag die skoot is).
http://i1157.photobucket.com/albums/p582/stanman10/jakkalsfootloose2_zpsd67c46d8.jpg
http://i1157.photobucket.com/albums/p582/stanman10/jakkalsfootloose2_zpsd67c46d8.jpg
Goed, beter, 6millimeter!
- visstok
- Hero Member

- Posts: 1235
- Joined: Thu Sep 22, 2011 6:15 pm
Re: foot loose
Dankie manne.
Dit was n moeilike aand, veld was baie lewendig, hase en bokkies orals, maar ou vlekkie wou maar net nie saam speel nie.dink die koue windjie het n groot rol gespeel, maar nie temin, Frans is n man met n plan en sy plan het gewerk!
Frans, enige tyd se net, dan maak ons weer so!
Groete Alex
Dit was n moeilike aand, veld was baie lewendig, hase en bokkies orals, maar ou vlekkie wou maar net nie saam speel nie.dink die koue windjie het n groot rol gespeel, maar nie temin, Frans is n man met n plan en sy plan het gewerk!
Frans, enige tyd se net, dan maak ons weer so!
Groete Alex
- Johan22
- Hero Member

- Posts: 524
- Joined: Mon May 07, 2012 8:07 am
Re: foot loose
Middag Frans Alex
Mooi skote kerels en goed gedink. Hy wou maar net bakkie ry hoor
Johan22
Mooi skote kerels en goed gedink. Hy wou maar net bakkie ry hoor
Johan22