Noord Wes Jag Proklamasie 2013
- Berg-Bewer
- Full Member

- Posts: 110
- Joined: Tue Mar 23, 2010 9:48 am
Noord Wes Jag Proklamasie 2013
Kan enige een my dalk help met Noord Wes se jag proklamasie vir 2013 asb?
Ek het nou al orals op die web / internet gesoek sonder enige sukses!
By voorbaat dankie
Groete Berg-Bewer
Ek het nou al orals op die web / internet gesoek sonder enige sukses!
By voorbaat dankie
Groete Berg-Bewer
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Noord Wes Jag Proklamasie 2013
Berg-Bewer wrote:Kan enige een my dalk help met Noord Wes se jag proklamasie vir 2013 asb?
Ek het nou al orals op die web / internet gesoek sonder enige sukses!
By voorbaat dankie
Groete Berg-Bewer
Het hulle soiets? In die verlede het ek inligting probeer kry, maar 'n vrugtelose soektog!
- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4596
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Re: Noord Wes Jag Proklamasie 2013
Ja nee, ek Oom Pieter. Ek bly ook hier in leeu van die wes transvaal se wereld, en ek ken nie dat ons proklomasies het nie.
Het so n paar jaar terug die wet op jag by natuurbewaring gekry, maar dis dit. Daardie wet se maar net n jakkals en bobbejaan moet dood en verder het jy die boer se skriftelike toestemming nodig as jy daar jag.
Miskien het Hulle deesdae n voledige stel reels.

Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
- Berg-Bewer
- Full Member

- Posts: 110
- Joined: Tue Mar 23, 2010 9:48 am
Re: Noord Wes Jag Proklamasie 2013
Hallo Oom Piet & JamesPieter Willem Vorster wrote:Berg-Bewer wrote:Kan enige een my dalk help met Noord Wes se jag proklamasie vir 2013 asb?
Ek het nou al orals op die web / internet gesoek sonder enige sukses!
By voorbaat dankie
Groete Berg-Bewer
Het hulle soiets? In die verlede het ek inligting probeer kry, maar 'n vrugtelose soektog!
Op die internet kry jy absoluut niks, nie eers 'n telefoon nr van die verskillende kantore, ens nie.
Die nr's wat ek uiteindelik in die hande kon kry word jy van bakboord na stuurboord gestuur / verwys.
Ek moet 'n klomp Blesbokke oes by 'n Kliënt wat sy grond vehuur en nuwe kamp en lyn drade wil span
en het 'n toestemmings brief van die eienaar gerky, nou sê die vrou vir my dat die eienaar die bokke onwettig en
sonder 'n permit (vervoer, ens) op die eiendom gesit het indien hy nie 'n "Omheiningsertifikaat" / Gamefarm pernit het nie!
So ek kan nie net aansoek doen vir 'n oes permit met sy toestemmings brief nie, maar moet die eienaar eers 'n be-eedigde verklaring
gaan aflê by die SAPD en verduidelik waar en hoe hy aan die bokke kom? Behalwe dit steek dit my dwars in die krop hoe onbehulpsaam
en onegeskik sommige van die mense wat daar werk is? Hulle word betaal om 'n diens aan die gemeenskap te lewer, maar dit voel amper jy moet
baie dankbaar wees hulle praat met jou en doen jou 'n guns!
Indien ek iets kry sal ek dit post en laat weet.
Groete Berg-Bewer
- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4596
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Re: Noord Wes Jag Proklamasie 2013
Bewer, ek dink sy gesels met jou nonsens. Ek sal probeer uitvind oor oes by n paar manne in die omgewing. Maar ek sal nie verbaas wees as daar nie werklik riglyne is nie
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Noord Wes Jag Proklamasie 2013
Ditto, het self gesoek en kon niks kry nie! Skiet die bokke en laat eienaar jou 'n brief gee wat sê hy het die bokke aan jou geskenk en maak net seker die getalle is reg!James Wilson wrote:Bewer, ek dink sy gesels met jou nonsens. Ek sal probeer uitvind oor oes by n paar manne in die omgewing. Maar ek sal nie verbaas wees as daar nie werklik riglyne is nie
Aim small, miss small
- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4596
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Re: Noord Wes Jag Proklamasie 2013
Eugene vat die woorde uit my mond. Het nou net met n wildsboer gepraat wat ook n ph is in die noord wes. Hy se hy kan van geen voorwaardes onthou nie. Net skriftelike eienaars toestemming
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4793
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: Noord Wes Jag Proklamasie 2013
Ek het nou met die manne hier op RTB kantoor gepraat. "There is a draft. No we cannot circulate because it is not signed." It si almost the same as last year."
Hulle sal seker teken hier teen 31 Augustus.......
Hulle sal seker teken hier teen 31 Augustus.......
- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4596
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Re: Noord Wes Jag Proklamasie 2013
Onthou net een ding, as jy van Kimberley af in die noord wes inry is ek die eerste dorp. Jy sal lelike ding oorkom as jy my nie groet nie
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
- Berg-Bewer
- Full Member

- Posts: 110
- Joined: Tue Mar 23, 2010 9:48 am
Re: Noord Wes Jag Proklamasie 2013
Nou hoe lyk dit James is jy beskikbaar so om en by die 1ste / 2 de April? Moet tussen Bloemhof en Wolmeranstad oes met die chopper? Jy is welkom om saam te gaan?James Wilson wrote:Onthou net een ding, as jy van Kimberley af in die noord wes inry is ek die eerste dorp. Jy sal lelike ding oorkom as jy my nie groet nie
Ek is net bang met die chopper oes en renoster stropery, ens in daai geweste dat dinge baie vinnig en onnodig kan onaangenaam raak. Ek sal baie graag iets van hulle / NBewaring in my hand wil hê indien daar iets gebeur!
Groetnis BB (Jaco)
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Noord Wes Jag Proklamasie 2013
Jaco
Het nou net met my swaer in Vryburg gepraat. Hy doen gewoonlik aansoek om koedoes te skiet wat probleme in die landerye veroorsaak. Nou, dit is net so 'n omslagtige besigheid. Dit is by Natuurbewaring. Dan kom hulle eers uit en kom besigtig die besigheid - aantal spore - skade - ens. Dan doen hulle 'n aanbeveling en die mense wat dit dan moet goedkeur is in Mafeking. So belaglik, want hy kry bv. toestemming om 5 te skiet, maar dit moet binne 'n week plaasvind.
Ek weet nou jou situasie is heeltemal anders as syne. Jy oes. Volgens hom is daar nie probleme as die wild ingekamp is en sy wildskamp is geregistreer nie.
As Natuurbewaring jou nie kan help nie, weet ek nie watter ander dooie lammers jou daar kan help nie!
Groetnis
P.W.V.

Dankie Oom Piet, dit is wat ek darem ook nou konuitvind by 'n ene Johannes Moosie in Wolmaranstad em volgens hom moes alle boere wat wild het geregistreer het? Vir wat of hoekom weet ek nie presies nie want hy kan my ook nie eintlik verduidelik nie. Nog meer kommerwekkend is die feit toe ek hom vra of NW 'n jagproklemasie het, toe wil hy by my weet wat presies is dit? Na 'n elle lange verduideliking van my kant af wat presies dit is het hy gesê hulle het ;n dokument wat klink of dit dit kan wees wat ek soek en hy sal dit vir my faks?Pieter Willem Vorster wrote:Jaco
Het nou net met my swaer in Vryburg gepraat. Hy doen gewoonlik aansoek om koedoes te skiet wat probleme in die landerye veroorsaak. Nou, dit is net so 'n omslagtige besigheid. Dit is by Natuurbewaring. Dan kom hulle eers uit en kom besigtig die besigheid - aantal spore - skade - ens. Dan doen hulle 'n aanbeveling en die mense wat dit dan moet goedkeur is in Mafeking. So belaglik, want hy kry bv. toestemming om 5 te skiet, maar dit moet binne 'n week plaasvind.
Ek weet nou jou situasie is heeltemal anders as syne. Jy oes. Volgens hom is daar nie probleme as die wild ingekamp is en sy wildskamp is geregistreer nie.
As Natuurbewaring jou nie kan help nie, weet ek nie watter ander dooie lammers jou daar kan help nie!
Groetnis
P.W.V.
So ek is nogal baie nuuskierig om te sien wat hy vir my gaan stuur!
Baie dankie vir die moeite oom Piet ek waardeer dit en sal Oom en die res op hoogte hou van wat ek uitvind, ens.
Groete Jaco Bruwer
- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4596
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Re: Noord Wes Jag Proklamasie 2013
Oe la la!!!!. Ek is ek is ek is in! Ek pomp ek net die bakkies se wiele ek kom saamBerg-Bewer wrote:Nou hoe lyk dit James is jy beskikbaar so om en by die 1ste / 2 de April? Moet tussen Bloemhof en Wolmeranstad oes met die chopper? Jy is welkom om saam te gaan?James Wilson wrote:Onthou net een ding, as jy van Kimberley af in die noord wes inry is ek die eerste dorp. Jy sal lelike ding oorkom as jy my nie groet nie
Ek is net bang met die chopper oes en renoster stropery, ens in daai geweste dat dinge baie vinnig en onnodig kan onaangenaam raak. Ek sal baie graag iets van hulle / NBewaring in my hand wil hê indien daar iets gebeur!
Groetnis BB (Jaco)
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
- Berg-Bewer
- Full Member

- Posts: 110
- Joined: Tue Mar 23, 2010 9:48 am
Re: Noord Wes Jag Proklamasie 2013
Dit is reg ek praat met jou!James Wilson wrote:Oe la la!!!!. Ek is ek is ek is in! Ek pomp ek net die bakkies se wiele ek kom saamBerg-Bewer wrote:Nou hoe lyk dit James is jy beskikbaar so om en by die 1ste / 2 de April? Moet tussen Bloemhof en Wolmeranstad oes met die chopper? Jy is welkom om saam te gaan?James Wilson wrote:Onthou net een ding, as jy van Kimberley af in die noord wes inry is ek die eerste dorp. Jy sal lelike ding oorkom as jy my nie groet nie
Ek is net bang met die chopper oes en renoster stropery, ens in daai geweste dat dinge baie vinnig en onnodig kan onaangenaam raak. Ek sal baie graag iets van hulle / NBewaring in my hand wil hê indien daar iets gebeur!
Groetnis BB (Jaco)
Groete Jaco
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Noord Wes Jag Proklamasie 2013
As julle twee blacksams my nie saamnooi nie, sal ek reel dat Natuurbewaring julle pampiere behoorlik kom nagaan...! ;-)
Nee wat, ek lieg sommer, ek vlieg glad nie kerels, as ek in 'n boeiing opstyg moet ek daai sakkie naby hou... Sal maar ground kroe moet wees...
Geniet dit!
Nee wat, ek lieg sommer, ek vlieg glad nie kerels, as ek in 'n boeiing opstyg moet ek daai sakkie naby hou... Sal maar ground kroe moet wees...
Geniet dit!
Aim small, miss small