Almal
Baie interresante artikel in Die Republiekyn ivm onse jagseisoen, wonner waantoe is ons ou landjie oppad, tiepies AFRIKA.
11.05.2010
Jagpermitte reeds uitgereik, al het Kabinet seisoen nog nie oop verklaar
? Republikein
OFSKOON die Kabinet nog geen aankondiging oor die opening van die jagseisoen vir 2010 gemaak het nie, reik die permitkantore van die Ministerie van Omgewing en Toerisme reeds jagpermitte uit.
Die jagseisoen word jaarliks deur die Kabinet goedgekeur om lede van die publiek die moontlikheid te gee om sekere wildspesies op private plase of in bewaringsgebiede te mag jag.
Die Namibiese Landbou-unie (NLU) s? egter in sy nuusbrief aan lede die verwagting is dat dieselfde jagre?lings as verlede jaar sal geld. Die jagseisoen is jaarliks tussen 1 Mei en 31 Augustus oop en jagters kan dan ingevolge die regulasies van die Natuurbewaringsordonnasie (nr. 4 van 1975 soos aangepas) ?n bok of meer skiet.
Ingevolge die aankondiging deur die Kabinet kan in die tyd net op kommersi?le plase van nie kleiner nie as 1 000 hektaar met geregistreerde wildwerende heinings gejag word.
Op plase met gewone veeheinings en sekere geregistreerde bewaringsgebiede met goedgekeurde kwotas vir jagbare wild, geld die re?ling net van 1 Junie tot 31 Julie.
Jagpermitte sal verder uitsluitlik aan plaaseienaars, -huurders en die komitees van goedgekeurde en geregistreerde bewaringsgebiede uitgereik word en ni? aan die jagter self nie. Versuim om aan die jagregulasies gehoor te gee, is ? strafbare oortreding en die Ministerie kan weier om verdere permitte aan oortreders uit te reik.
Die aansoek om ?n jagpermit moet van die volgende inligting vergesel word: die naam en adres van die eienaar of huurder van die plaas, of die naam en adres van die geregistreerde bewaringsgebied; die naam en adres van die jagter; die naam, nommer en distrik van die bewaringsgebied; die soort omheining van die plaas of bewaringsgebied; die aantal jagbare spesies wat die voornemende jagter wil skiet; die tydperk waarin die jagtog en die vervoer van wildsprodukte gaan plaasvind en die handtekening van die eienaar, huurder of die voorsitter van die komitee.
Jagpermitte mag nie gebruik word om trofe? soos horings oor die landsgrense te neem nie. Sulke uitvoere mag slegs met die vooraf goedkeuring van die Ministerie geskied. Uitvoerpermitte kan net in Windhoek en op Keetmanshoop uitgereik word.
Tydens die jagseisoen mag ?n jagter net drie stuks grootwild of twee stuks grootwild en vier stuks kleinwild of een stuk grootwild en 12 stuks kleinwild skiet. Sedert verlede jaar mag slegs een koedoe (as grootwild) geskiet word.
Vroulike diere mag egter ook geskiet word. Die invoer van jaggewere vir jagbare wild en haelgewere vir jagbare vo?ls sal slegs toegelaat word met bewys van die geskrewe uitnodiging van die instansie waar die jag plaasvind.
Verder moet die grondeienaar of -huurder of die bewaringskomitee in die gebied waar gejag gaan word, die permit op die plaas hou en die oorspronklike daarvan aan die jagter gee. Die blou afskrif moet later aan die Ministerie van die Omgewing en Toerisme teruggestuur word. Versuim om dit te doen, is ?n oortreding en regtens strafbaar.
Wanneer ?n jagter uitgenooi word vir ?n jag, moet die volgende in die geskrewe uitnodiging vervat wees: die naam en adres van die eienaar; die naam en adres van die jagter; die naam, nommer en distrik van die plaas/grond; soort heining om die plaas/grond en of dit geregistreer is; die getal jagbare wild wat gejag mag word; tydgleuf waarin die jag en die vervoer van die vleis gaan plaasvind; die handtekening van grondeienaar of -huurder.
Die permitte is tydens kantoorure by die volgende kantore van die direktoraat van parke en natuurlewebestuur beskikbaar:
? Windhoek: permitkantoor van die direktoraat van wetenskaplike dienste: permitte vir plase regoor die land en permitte vir geregistreerde bewaringsgebiede.
? Karas-streek: Die twee grensposte by Ariamsvlei en Noordoewer. Permitte vir plase in die Karas- streek wat gele? is tussen die grens en die naaste streekkantoor van die direktoraat: parke en natuurlewebestuur.
? Keetmanshoop vir plase in die Karas-streek.
? Karasburg vir plase in die Karasstreek.
? Mariental: permitte vir plase in die Hardap-streek.
? Gobabis vir plase in die Omaheke-streek.
? Otjiwarongo vir plase in die streke Otjozondjupa, Oshikoto en Kunene.
? Outjo: permitte vir plase in die Otjozondjupa- en Kunene-streek.
? Grootfontein vir plase in die streke Otjozondjupa en Oshikoto.
? Swakopmund en Walvisbaai vir plase in die Erongo-streek.
Verdere navrae oor die voorskrifte en regulasies kan aan enige kantoor van die Ministerie gerig word.
Ronelle Rademeyer
Mooi loop
Francois
Interresante artikel ivm Nam Jagseisoen.
- Francois Marais
- Administrator

- Posts: 4042
- Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm