300 Win doen die ding

Post Reply
kopskoot
Hero Member
Hero Member
Posts: 1112
Joined: Mon Jan 16, 2012 1:13 pm

300 Win doen die ding

Post by kopskoot »

Manne

Dit is nou so! Dit is ‘n nuwe jaar met nuwe dinge, en een van die dinge wat ek vanjaar wil doen is maar die long-range- ding en op daai noot, het ek begin rond bel, en danksy Stanman hier op die forum, ‘n plek gekry om so bietjie te begin eksprimenteer.

Teen Woensdag was alles bevestig, en Saterdag oggend voor die eerste hadeda kon skree, is ek en Stefan oppad. Op Potch eers vir Blok opgelaai,waarna ons op Bothaville eers die innerlikke kon versterk met ‘n lekker olierige Spur breakfast.
Op die plaas aangekom, het ons vining besef,hierdie’ is nie net nog ‘n plaas nie, hier loop dinge agtermekaar. Elektriese heinings, outomatiese plaashekke,cctv kamera’s by hekke, en geverfde ysterpale ,is nie die eerste prentjie wat in my kop opkom, as jy praat van ‘n plaas in die Vrystaat nie.
Ons is saam met die boer daar weg, kompleet met ‘n ordentlike skietstoel, en sy ph agterop die bakkie.Ons moes eers seker maak die gewere skiet soos hulle moet, en daar word ons toe begroet met ‘n 500m skietbaan, met ordentlike skiettafel, teikens klaar opgeplak, elke 50m tot by 500m en nog hier en daar ‘n 4” gong ook. Dit was duidelik ,die twee manne geniet self om te skiet! En ons was dus op die regte plek.
http://i1269.photobucket.com/albums/jj584/Ronald_Nel/00008_zpsa3a4d9d8.jpg
http://i1269.photobucket.com/albums/jj584/Ronald_Nel/0000000_zpsab0589b0.jpg
Dit sou die eerste keer wees wat ek die TRG in 300 Win mag, met 8-32 NXS nightforce NPR1 reticle, gelaai met 168gr Berger hunting VLD’s @ 3200f/s, deur sy passies vat.

Plan was vir my om ‘n klompie bokke plat te skiet, terwyl Stefan en Blok die rangefinders beman, waarna ons dan sou roteer en hulle ook elkeen ‘n bok of wat skiet. So met die formaliteite agter die rug,is ons die veld in, ‘n tiepiese vrystaat kamp, met oop vlakte so ver as die oog kan sien.
Die ph sou die calls maak oor dinge soos trofee diere, dragtige diere en al daai dinge wat soms ‘n lekker tammaletjie kan wees. En ek kon dus net konsentreer op die nodige.
Ons het ‘n trop Hartbeeste gewaar, en toe kom die masjien in werking. Die ph roep: Heel regs is ‘n koei, en sy het nie ‘n kalf nie, Stefan roep: 480m, Blok roep 481m, bulletflight roep : -73cm,die bestuurder(boer) roep: moet ons nader gaan?, maar toe blaf daai muzzle break en die ph gryp sy oor vas en almal roep: daar val sy!
Die skoot het mooi tussen die oog en oor getref.

http://i1269.photobucket.com/albums/jj584/Ronald_Nel/00003_zpsfd8fe441.jpg

Die bokke maal toe so bietjie en word weer rustig. Die ph roep weer: tweede van regs kan jy maar skiet, Stefan roep: 435m, Blok roep 437m, bulletflight se: -61 cm, en die skoot loop. Die bok steier en begin te hardloop, die koel het so 3” laag getref, maar sy gaan staan toe gelukkig na so 200m. Nou moet ons vining werk. Blok roep 510m,Stefan roep dieselfde, bulletflight se -90cm en toe loop die skoot weer, en sy slat in haar spore neer. Die tweede skoot het mooi tussen die oe getref, en ek begin heel opgewonde raak oor die 300.

http://i1269.photobucket.com/albums/jj584/Ronald_Nel/00004_zps972742af.jpg

Van daar is ons na ‘ander kamp om iets groter te skiet, iets soos ‘n eland, en vining,vining kry ons ‘n alleen blesbok ram wat effe versigtig is. Later steek hy vas en die geroep begin Stefan se: die bos agter hom is 450m, Blok se die bos is 470m , bulletflight se op 470m is dit -72cm. Die skoot loop en die ram val dat die stof op hom staan. Blok range weer en se: kerels daai bos agter die bok is 530m, dus le die bok op 510m. Daar gekom, het die skoot hom so 6duim onder sy ken getref, nek af, en ek besef weer hoe belangrik dit is om slegs skote te vat,waneer ‘n bok regstaan.

http://i1269.photobucket.com/albums/jj584/Ronald_Nel/000000_zps12f2a867.jpg

Teen 11am kom ons toe op ‘n trop Zebra’s af en die Ph roep:heel links is ‘n hings, Stefan roep 300m,Blok roep: 301m ,Bulletflight se -15cm. Die hings staan effe quartering on en Ek mik vir die hart.(omdat ek bang is die vel bars,en ek die vel verkoop). Toe die skoot loop,steier die hings effens, hardloop ‘n paar draaie ,soos hulle maar altyd doen met hartskote. Ons gee bietjie kans voor ons nader gaan,maar daar gekom,is daar geen teken van die hings nie.
Ek voel egter baie goed oor die skoot, en begin dadelik twyfel in die koeel.
Teen 6:40pm, sien ons weer die hings ,en ek kan bevestig dat my skoot getref het,waar hy moes,maar die hings hardloop egter nogsteeds voor in die trop(na 7 ure),en gee ons nie weer ‘n skoot nie.

Die atmosfeer van daar af verder was maar somber en ek het al beter aandetes gehad ,maar nie omdat die kos af was nie, inteendeel.

http://i1269.photobucket.com/albums/jj584/Ronald_Nel/0000_zpsa4ac667f.jpg
http://i1269.photobucket.com/albums/jj584/Ronald_Nel/00005_zps76007a23.jpg

A.g.v Stefan se nuwe verpligtinge,as verkoopsbestuurder van S&O in Pretoria, kan ons nie oorbly nie, en die boer verseker my ,da thy die Zebra die volgende dag sal gaan soek en doodskiet.

Ek het seker nie nodig gehad om die teenspoed met julle ted eel nie,(en ek weet ek gee nou ‘n klompie anti-long range manne ammunusie),maar ek voel tog ek moet dit met julle deel,sodat julle uit my foute kan leer.Dit was egter nogsteeds ‘n baie lekker jag,saam ‘n klomp lekker mense.

Dankie Stan,Wimpy en Steven vir die reelings en geriewe, en baie dankie Stefan en Blok vir julle dienste as range-finders,maar ook julle onselfsugtige verstaan. Hulle kon toe nooit eers ‘n skoot aftrek nie.
Last edited by Anonymous on Tue Mar 12, 2013 11:07 am, edited 1 time in total.
Reason: Fixed image tags
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3946
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: 300 Win doen die ding

Post by tau »

Liewe ouers mooi geskiet.

Dink jy nie dan op die afstande moet mens sleg kopskote gooi op groter diere nie agv. die spoed wat maak dat die koels nie meer so baie energie het nie?

EK het al 'n SWB op 420m geskiet in die blad met my skewe mm en hy het hard geval miskien is jou kalibe keuse die probleem.........
kopskoot
Hero Member
Hero Member
Posts: 1112
Joined: Mon Jan 16, 2012 1:13 pm

Re: 300 Win doen die ding

Post by kopskoot »

tau wrote:Liewe ouers mooi geskiet.

Dink jy nie dan op die afstande moet mens sleg kopskote gooi op groter diere nie agv. die spoed wat maak dat die koels nie meer so baie energie het nie?

EK het al 'n SWB op 420m geskiet in die blad met my skewe mm en hy het hard geval miskien is jou kalibe keuse die probleem.........
Tau

Ek dink die kaliber is reg, en die spoed op daai afstande ook,maar ek weet nou dat daai Berger's nie gemaak is vir lyfskote nie. Ek is oortuig daarvan.

Ek dink die afstand was dalk bietjie naby vir daai koeel, daai briscket is 'n harde been, en op daai afstand hardloop daai koeel seker nog naby die 2800f/sek

In die toekoms sal ek maar by kopskote,met hulle,bly. Die goed is lekker akkuraat
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3946
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: 300 Win doen die ding

Post by tau »

Kopskoot Ek dink jy is reg oor daai koel se vermoe of die korter afstand.
Daai is darem 'n bitter mooi roer.
















p.s: volgende keer laat Stefandie diere tot en met "langafstand" verwildersodat die koeels beter sal doen :)
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: 300 Win doen die ding

Post by James Wilson »

Sjoe, dit is uitstekend. Jammer ban die zebra, maar baie manne sou waarskeinlik op 100m gemis het.
Ronnie, wat is jou opinie oor die Hornady SST of Barnes tsx vir wat jy die wapen gebruik?
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
kopskoot
Hero Member
Hero Member
Posts: 1112
Joined: Mon Jan 16, 2012 1:13 pm

Re: 300 Win doen die ding

Post by kopskoot »

James Wilson wrote:Sjoe, dit is uitstekend. Jammer ban die zebra, maar baie manne sou waarskeinlik op 100m gemis het.
Ronnie, wat is jou opinie oor die Hornady SST of Barnes tsx vir wat jy die wapen gebruik?
James

Ek het al baie gese, en ek bly staan daarby: Daar is geen beter jag koeel as Barnes nie. 'n Mens moet egter besluit wat jou aanwending gaan wees, en soos in my geval ,waar dit kopskote is, moet mens dan seker die voordeel van 'n match-tipe koeel erken. So ek dink goed soos matck kings, v-max en balistic tips sal dan seker voor staan. Die Berger het egter 'n baie hoe bc en is ook (nou weet ek dit) maar 'n match koeel, wat bars met impak.

Ek ken nie die sst's nie, maar as ek na afstande langer as 650m toe begin skuif,sal ek seker TSX'e begin gebruik, en dan op lyfskote begin konsentreer
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: 300 Win doen die ding

Post by James Wilson »

As jy dan die tsx op 650m gaan probeer, sal jy 180 grn oorweeg?
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
kopskoot
Hero Member
Hero Member
Posts: 1112
Joined: Mon Jan 16, 2012 1:13 pm

Re: 300 Win doen die ding

Post by kopskoot »

James Wilson wrote:As jy dan die tsx op 650m gaan probeer, sal jy 180 grn oorweeg?
Ek dink die 180 gaan die ding wees ja!
stan man

Re: 300 Win doen die ding

Post by stan man »

dankie ook aan al die manne wat betrokke was. dit was n kort kennisgewing jag en ek sou meer betrokke wou wees. dankie vir ronald en blok en stefan vir julle goeie gesindheid en optrede gedurende die jag. ronald jammer oor daai zebra.
pasop net vir blok as julle in die veld is . daai man verloor kop as daar n vlakvark in sig kom. as die bakkie enigsins vinniger as 20 km/h beweeg sal ry hom sweerlik ontspoor of omruk. ek het nogal lekker gelag elke keer as hy n vark sien.
ronald verstaan daardie roer van hom. jy kan duidelik sien dit is nie die eerste keer wat hy agter hom sit nie.ek hoop ek kan jou weer vergesel op so n trip. dan moet jy ons wys vat maak jy met daardie 338.
ou stefan is net so n besige bytjie, maar hy verstaan n steak braai. ek dink net blok het die dam onder die eend uit geruk met daai helse steak wat hy uit potch saam gery het. ek skat dit was seker 7kg.

maar ernstig .dankie manne dit was baie lekker saam met julle in die veld.
mooi gegooi.
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5022
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: 300 Win doen die ding

Post by Frederik »

Mooi gegooi daar Ronald.
Jammer oor die sebra maar ja om so te skiet oor sulke lang aftstande sal dit nie better wees om dalk iets te gebruik soos 'n interlock nie hy is sag maar die klein lockring het my nog altyd gehelp solank iets geskiet word onder 2500 fps.
User avatar
Lourens
Hero Member
Hero Member
Posts: 1174
Joined: Tue Apr 19, 2011 8:09 am

Re: 300 Win doen die ding

Post by Lourens »

Welgedaan Ronald!! Mooi gegooi en mooi fotos! Jy kan trots wees op daai skote, dit sit nie in enige man se broek nie. Ek sal graag wil sien wat maak daai .338 as jy agter hom inskuif!

Groete,
Lou
kopskoot
Hero Member
Hero Member
Posts: 1112
Joined: Mon Jan 16, 2012 1:13 pm

Re: 300 Win doen die ding

Post by kopskoot »

Ludwig wrote:
kopskoot wrote:
James Wilson wrote:As jy dan die tsx op 650m gaan probeer, sal jy 180 grn oorweeg?
Ek dink die 180 gaan die ding wees ja!
Ronald, teen so rondom 2900fps uit die 300Win, gaan die 180gr TSX 'n impak spoed hê van in die omgewing van 1750fps op 650m. Dink jy dis voldoende om die koeel te laat omklink en die verlangde terminale ballistiek te lewer? Barnes beveel 'n minimum impak snelheid van 2000fps aan as ek dit reg het?
Ek het eenmaal 'n skrywe aan Barnes se tegniese ouens gestuur oor die impakspoed kwessie, en hulle antwoord was enige iets vinniger as 1500 f/s, maar ek dink ook dit moet, soos jy daar se, eerder 2000f/s wees.Is dit egter nodig vir totale ontplooing (mushroom). Ek dink hy gaan nogsteeds 'n groot genoeg wondkanaal maak as hy 50% oopmaak.

soos hierdie een
http://i1269.photobucket.com/albums/jj584/Ronald_Nel/photoc_zpsf03a182e.jpg
http://i1269.photobucket.com/albums/jj584/Ronald_Nel/photob_zps196ac575.jpg

Die ander opsie sal dan seker maar Nosler accubonds wees
Last edited by Anonymous on Tue Mar 12, 2013 1:58 pm, edited 1 time in total.
Reason: Fixed image tags
kopskoot
Hero Member
Hero Member
Posts: 1112
Joined: Mon Jan 16, 2012 1:13 pm

Re: 300 Win doen die ding

Post by kopskoot »

ek probeer die foto ding weer
http://i1269.photobucket.com/albums/jj584/Ronald_Nel/00008_zpsa3a4d9d8.jpg
User avatar
Lourens
Hero Member
Hero Member
Posts: 1174
Joined: Tue Apr 19, 2011 8:09 am

Re: 300 Win doen die ding

Post by Lourens »

Ronald,

Is dit daai koeel wat uit die 400m zebra kom waar ek en jy ge double-up het? Ek het my koeel ook nog erens en sal hom gou vanaand gan soek en 'n foto kom plaas. Op daai afstand het hy nog so in die omgewing van 2300fps gehardloop en baie mooi oopgemaak, maar ek skat ook as hy onder 2000fps draai gaan die omklinking aansienlik minder wees.

Groete,
Lou
kopskoot
Hero Member
Hero Member
Posts: 1112
Joined: Mon Jan 16, 2012 1:13 pm

Re: 300 Win doen die ding

Post by kopskoot »

Lourens wrote:Ronald,

Is dit daai koeel wat uit die 400m zebra kom waar ek en jy ge double-up het? Ek het my koeel ook nog erens en sal hom gou vanaand gan soek en 'n foto kom plaas. Op daai afstand het hy nog so in die omgewing van 2300fps gehardloop en baie mooi oopgemaak, maar ek skat ook as hy onder 2000fps draai gaan die omklinking aansienlik minder wees.

Groete,
Lou
Nee Louw

Hierdie is 'n 375 koeel. Het 300 greiners teen 2250 gelaai, en toe skiet ek 'n bwb op so rapsie kort van 200m, reg van voor.

Koeel het egter nogsteeds tot in sy pens penetreer
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: 300 Win doen die ding

Post by BLOK »

Koning Ronald

Ai!! ou maat selfs die slegste dag vir jou in die veld is een van die lekkerste dae vir my solank dit saam jou is. Nie net die tevredenheid van na die skote nie, maar ook die verbasing van die manne saam ons as die bokke val maak dit steeds n belewenis. Ek dink die eienaar en gids was effe skepties toe aangele was op daai eerste bok, groot was hul verbasing ne. hahaha

Elke keer as daai afstand gegee word en die skoot tref weet mens sommer hier is n legend aan die werk. Al daai skote was perfek. Selfs die zebra kon die skoot plasing nie beter gewees het nie, mooi presiese hartskoot. Manne soos Ronald genoem het was die zebra maar op 300m geskiet en nie n werklike lang afstand nie. Die enigste rede wat ons kan dink is die koels is te sag vir nader skote en dus geen penetrasie gegee het nie.

Soos die ander se na sewe ure het daai zebra steeds dood lewendig gelyk en geen tekens getoon van swaar gewond nie. Ons kon wel vasstel dat die skoot van voor getref het maar ja seker maar deel van jag, en soos die gesegde se "As jy nog nie n bok gekwes het nie het jy nog nie na genoeg bokke geskiet nie."

Stan weereens, lekker gewees om jou te ontmoet se maar vir die twee ander manne ook dankie vir die dag dit was baie lekker. En ja kan nie glo daai plaas baas los die varke so nie, veral nie toe hulle hier vlak voor ons uispring en dwarsdeer daai heining breek nie, dit noggal oppad reguit die spulpint in. Ek dink nie die man besef watse skade hul aanrig aan sy oeste en nie eers te praat van daai nekiese heining nie.

Stefaans, ai ek kan dalk vleis kies uit die rak maar jy verstaan daai deel van braai. Bitter lekker gewees om weer saam jou te kuier en ons moet sommer gou weer so maak.

Ronald, weereens ek wat moet se baie dankie vir die dag. Dit is elke keer n belewenis om saam jou uit te gaan en te sien hoe dit gedoen moet word. En daai zebra - newat jy hoef nie sleg te voel nie die skut het sy kant gebring.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: 300 Win doen die ding

Post by Jean Marais »

kopskoot wrote:
Die ander opsie sal dan seker maar Nosler accubonds wees
Op daarie een sal ek 100% met jou saamstem. My ondervinding met monometaal koeëls oor lang afstande op lyfskote is presies wat hierbo bespreek is, in dat hulle nie genoegsaam oopmaak nie. Onthou, dis 'n redelike harde koeël wat van spoed afhanklik is om om te klink. Accubond (Nosler) of Interbond (Hornady) sal dan beslis my keuse wees. Ek het 'n Eland op 298m met 'n 180gr Interbond deur die hart geskiet wat perfek oopgemaak het, en na die skoot steeds 174gr geweeg het.

Anders sal ek, as ek net monometaal gelaai het, en so goed skiet soos julle hierbo gedoen het, by kop/hoë nekskote hou. Dan sal die mono's mooi werk.

Groete, en wel gedaan.
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3946
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: 300 Win doen die ding

Post by tau »

Jean Marais wrote:
kopskoot wrote:
Die ander opsie sal dan seker maar Nosler accubonds wees
Op daarie een sal ek 100% met jou saamstem. My ondervinding met monometaal koeëls oor lang afstande op lyfskote is presies wat hierbo bespreek is, in dat hulle nie genoegsaam oopmaak nie. Onthou, dis 'n redelike harde koeël wat van spoed afhanklik is om om te klink. Accubond (Nosler) of Interbond (Hornady) sal dan beslis my keuse wees. Ek het 'n Eland op 298m met 'n 180gr Interbond deur die hart geskiet wat perfek oopgemaak het, en na die skoot steeds 174gr geweeg het.

Anders sal ek, as ek net monometaal gelaai het, en so goed skiet soos julle hierbo gedoen het, by kop/hoë nekskote hou. Dan sal die mono's mooi werk.

Groete, en wel gedaan.
Stem saam het laasjaar Groot eland bul op 240m en toe op 340m met BT geskiet en hy het hard geval tweede skoot was eintlik onnodig, maar was op voet en wou seker maak. Ook 'n koei op 120m geskiet en die koel het nie lekker penetreer nie koei was plat, maar die ingangs wond was the sterk en penetrasie nie wat ek wou he nie. Dus het ek oorgegaan na Barnes TSX vir bosveld en naby skote.
kopskoot
Hero Member
Hero Member
Posts: 1112
Joined: Mon Jan 16, 2012 1:13 pm

Re: 300 Win doen die ding

Post by kopskoot »

Blok

Dankie man, jy laat my skoon selfbewus voel.

Vergeet om te sê dankie vir daai agterkwart, wat jy gebring het om te braai.Dit is mos hoe vleis moet lyk..... vir n braai..... vir 40 mense!
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7991
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: 300 Win doen die ding

Post by Arnold »

Ronald, mooi geskiet!
Het jy dit al oorweeg om die swaarder koeels te skiet soos die 208gr A-Max of die 210gr Berger VLD?
Hierdie koeels behoort meer energie te dra op afstand, maar dan weet ek nie of hulle spesifiek om die rede nie dalk ook swak gaan presteer op die nader afstande nie.
kopskoot
Hero Member
Hero Member
Posts: 1112
Joined: Mon Jan 16, 2012 1:13 pm

Re: 300 Win doen die ding

Post by kopskoot »

Arnold

Dankie. Ek het nog nie regtig gekyk na ander koeels nie, dit was maar die eerste keer wat ek die geweer en kaliber gebruik. Ek sal nog soek vir iets beter, maar daai Nosler's wat Ludwig na verwys, lyk vir my ook na net die ding vir Sannie. Hulle kom in 'n 190gr.en behoort mooi te loop.

Wat gebruik jy in jou 260.
User avatar
henried
Hero Member
Hero Member
Posts: 2344
Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm

Re: 300 Win doen die ding

Post by henried »

Aarde manne, julle skiet mooi.
Ek sukkel om iets op daai afstand te sien.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7991
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: 300 Win doen die ding

Post by Arnold »

Ronald, die swaarder koeels met beter BC gee minder windskuif en dit is vir my altyd positief. Afhangende van jou loop se twist sou ek kyk na die 210gr VLD of die 215gr Hybrid. Hierdie koeëls gaan jy kan skiet rondom so 2800 fps as ek vinnig moet sê.

Ek het nognie naby n bok gekom met my 260 nie, daarvoor beplan ek n 300 wsm :) My mikpunt is om eendag die 230gr Match Hybrids te skiet.
Die 260 skiet baie lekker met 130gr vld's maar ek probeer nou die goedkoper Noslers in beide 123 en 140gr en het ook van die 140gr Bergers gekoop om te probeer.
Post Reply