Bepaal jou geweer se "Sweet Spot" in 20 skote/kombinasie.

Post Reply
User avatar
LongWolf
Hero Member
Hero Member
Posts: 832
Joined: Sat Mar 09, 2013 2:39 pm

Bepaal jou geweer se "Sweet Spot" in 20 skote/kombinasie.

Post by LongWolf »

Hi Almal

Ek het op hierdie artiekel af gekom in n ou SA Jagter`s tydskrif.
Dis die 2010 Februarie uitgawe no: 02037.
Die artikel was geskryf deur Kassie Kasselman.

En ek moet dit deel vir manne soos ek wat nog baie het om te leer.
Ek sal die kort weergewe gee vir diegene wat soos ek ook maar laat begin het met herlaai en lading ontwikkeling.
maar lees die hele artikel om die volle waarde daarvan te kan benut.

1. met enige lading/punt kombinasie wat jy toets laai jy 20 patrone.
2. jy deel die verskil tussen max en min deur 20 om die lading verskil te kry.
3. voorbeeld - 54.2(max) - 48.5(min) = 5.7 / 20 = 0.285 (af gerond na 0.3gn).
4. laai dan 1ste patroon 48.5; [2de] 48.8; [3de] 49.1; [4de] 49.4 . . . . . to by 54.2 (= 20 patrone).
5. jy benodig n 300m skietbaan on n duidelike verskil te sien op die teiken.
6. n chronograaf en elke skoot se leesing moet gevat word.
7. stel vooraf n tabel op sodat jy al die data ooreenstemend kan neerskryf.
8. vat n video as jy kan/ as jy soos ek nie kon nie vat jy iemand saam wat kan help met n spotting scope.
9. om boek te hou van elke skoot, sy plaasing en snelheid is die belangrikste van als.
10. ek het n foto aangegeg van hoe om die teiken te lees en te bepaal waar die sweetspot is (van uit die artikel).

Ek het nie hier probeer om die artikel oor te skryf of te verander nie, en se weer "lees die hele artikel"
Dis net n geval van as ek die inligting gehad het toe ek aanvangklik begin het met lading ontwikkeling sou ek myself baie onnodige kopseer gespaar het.

Hoop dit kan van hulp wees vir iemand wat soos ek maar gesukel het aan die begin.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Bepaal jou geweer se "Sweet Spot" in 20 skote/kombinasie

Post by PWV »

Gestel nou jy het skote nr. 10 en nr. 13 getrek, dan is jou hele storie tot niet. Benewens dit gaan jy uiteindelik nie net 20 skote skiet nie, maar jou ladings en TPL verder verfyn.

Waarom nie van die begin af van QL gebruik maak nie. Ek voel jy gaan minder ammunisie gebruik of wat praat ek alles?
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: Bepaal jou geweer se "Sweet Spot" in 20 skote/kombinasie

Post by Cobus(Cobb) »

Oom PW, ek dink dit is vir manne wat nie QL het nie, of nie daarin glo nie of wat nie Luddie se fooi kan bekostig nie....

Cheers
User avatar
LongWolf
Hero Member
Hero Member
Posts: 832
Joined: Sat Mar 09, 2013 2:39 pm

Re: Bepaal jou geweer se "Sweet Spot" in 20 skote/kombinasie

Post by LongWolf »

Hi Pieter

Dis waar, maar vra nou vir iemand wat vir die eerste keer begin laai om die beste kombinasie te bebaal en hy gaan jou vra waavoor staan jou afkortings en en en. Soos Ek gese het die hele artikel moet gelees word om die waarde daarin te kry.

Die feit is ek herlaai nou al n jaar en weet maar bra min, volgens my.

Kyk in die lig daarna vanuit n leek se oogpunt.
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Bepaal jou geweer se "Sweet Spot" in 20 skote/kombinasie

Post by BRNO (Pierre) »

LW, oom Kassie bespreek die tegniek breedvoerig in sy kursus, en my twee vrae was ook aan hom, wat as ek n skoot trek, en wat van die skote om TPL te verstel. Sy antwoord was, moet nie n skoot trek nie, en die TPL verstelling dien as oefening. Maar hy kan duidelik illustreer dat die manier van lading ontwikkeling werk.

Jy is ook reg dat baie nuwe herlaaiers nie al die terme ken, en weet waaroor dit gaan nie. Dit is volgens my swak dat die ouens wil begin laai en inspring en skiet, maar hulle kan nie eers die moeite doen om slegs n uur of twee se basiese swot werk hier op die forum te doen nie. Vernam Ludwig en Wouter skryf steeds hulle vingers stomp aan verduidelikkings en terme en metodes. Al wat ons moet doen is om te gaan soek (nie eers hard nie) en te leer.

Net die ander dag is daar n lid wat vir my PM, kan ek hom help. Ek skryf vir hom net so in kort dat ek hom kan help, maar nie gaan leer laai nie. Vandag nog nie weer iets van hom gehoor nie.
Veiligheid eerste manne!
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Bepaal jou geweer se "Sweet Spot" in 20 skote/kombinasie

Post by PWV »

Cobus en Pierre

Ek ken oom Kassie nie, maar het al baie van hom gehoor en gelees. Vir sy kennis het ek die grootste respek. Wat hy al vergeet het, moet ek nog leer.
Maar 'n oud-onderwyser het destyds vir my gese: Luister my maat, ek soek nie sllim ouens nie - net mense wat "common sence" het. Daarvoor gebruik jy die paar breinselle wat jy het. Ek het amper vier! He.. he..he.

My redenasie is dit: As jy sukkel om vyf skote op 100 meter in een gat te skiet, wat se gemors gaan dit agee op 300 meter? Teoreties het ek geen probleem met Kassie se metode nie, maar in die praktyk gaan dit maar knor. Jy kan Die hele storie drie keer herhaal en jy gaan elke keer ander resultate kry. In 20 skote sal superman dit moontlik regkry om nie een skoot te trek nie. So, my redenasie is, dit gaan jou nie net 20 rondtes kos nie nie.

Jy hoef nie te beskik oor 'n Quick Load-program nie. As jy lid is van die Forum, is dit beskikbaar. Die fooi wat jy vir Ludwig betaal, is in elk geval baie minder as die ammunisie wat jy gaan gebruik in Kassie se metode.

LongWolf, "Search" so bietjie hier op die Forum vir QL (Quick Load), OBT (optimal barrel time) en OCW (optimal charge weight). TPL = totale patroonlengte. PM my maar en ek sal help waar ek kan - ek leer ook maar elke dag iets nuuts. As ek nie kan nie sal ek so se.

Pierre, verduidelik vir my asseblief hoe 'n mens herlaai! Ha..ha..ha..(smiley)

Groetnis
P.W.V.
User avatar
swc-tr
Hero Member
Hero Member
Posts: 1516
Joined: Thu Dec 09, 2010 2:01 pm

Re: Bepaal jou geweer se "Sweet Spot" in 20 skote/kombinasie

Post by swc-tr »

Die sogenaamde ladder test is baie gewild onder die Bisley manne, gaan kyk hier vir voorbeeld van 'n praktiese toets op 500m. http://sabisley.freeforums.org/long-ran ... t-t59.html
Soos Ludwig sê, dit is 'n voorvereiste om 'n goeie teleskoop te hê en om jou skote akkuraat te kan nomineer, dus nie geskik vir almal nie.

Dit sal baie interesant wees om die ladder lading van 43.0gr te vergelyk met 'n QL voorspelling. Ludwig, Wouter of 3poot, kan julle help (watter inligting word benodig?)
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Re: Bepaal jou geweer se "Sweet Spot" in 20 skote/kombinasie

Post by Piet Pille »

swc-tr wrote:Die sogenaamde ladder test is baie gewild onder die Bisley manne, gaan kyk hier vir voorbeeld van 'n praktiese toets op 500m. http://sabisley.freeforums.org/long-ran ... t-t59.html
Soos Ludwig sê, dit is 'n voorvereiste om 'n goeie teleskoop te hê en om jou skote akkuraat te kan nomineer, dus nie geskik vir almal nie.

Dit sal baie interesant wees om die ladder lading van 43.0gr te vergelyk met 'n QL voorspelling. Ludwig, Wouter of 3poot, kan julle help (watter inligting word benodig?)
Gaan kyk ook die volgende topic :

http://www.jaracal.co/viewtopic.php?f=132&t=19380

Ek het 'n ladder test gedoen wat vir my 'n "sweetspot" op 2954fps (52.4gr S365 in my .270) gegee het. Daarna het Henk/Oom 3poot vir my op QL gaan ladingbepaling doen. Hulle het ook 'n node op QL op 2950fps gekry. My 2de "sweetspot" volgens die ladder test het egter nie met hulle 2 de node ooreengestem nie...... volgend die ladder test was dit op 3050fps (53.6gr S365) en volgens QL op 3150fps (55.5gr S365) Ek het my laddertest oor 200m gedoen.
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2172
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: Bepaal jou geweer se "Sweet Spot" in 20 skote/kombinasie

Post by Johan Nel »

Ludwig wrote:T is nie 'n ladings gewig nie, maar 'n spesifieke spoed, wat 'n node looptyd tot gevolg het, maar dit sal interessant wees as mens ladings tussen die twee metodes kan vergelyk. My vermoede is dat hulle baie naby aan mekaar sal wees.
Ludwig,
Ek het nou die dag 'n artikel gelees oor die Ladder stelsel, en dis presies my afleiding, dat die uiteinde is om die akkurate nodusse te bepaal. Vir my as 'n persoon wat nie die toerusting het om ladingspoed te meet nie, gaan hierdie tegniek my nog steeds kan lei om by die akkurate nodusse uit te kom.

Groete,
JHN
User avatar
swc-tr
Hero Member
Hero Member
Posts: 1516
Joined: Thu Dec 09, 2010 2:01 pm

Re: Bepaal jou geweer se "Sweet Spot" in 20 skote/kombinasie

Post by swc-tr »

Ludwig wrote:Schalk, die vereistes wat ek altyd vra om 'n akurate OBT lading met QL te kan bepaal is die volgende:

Kaliber
Loop lengte gemeet vanaf kroon van loop tot teenaan slotgesig van toe slot (Nie die fabrieks gegewe lengte nie) 30.5"/775mm
Dop kapasiteit van n gevuurvormde dop (H20 gemeet in grein) Lapua dop 55.2gr H2O
Die Tipe koeel en gewig wat gebruik gaan word (die produk kode van vervaardiger indien moontlik) 155gr Nosler CC
Tipe Kruit wat gebruik gaan word asook Lot# S335 lot 698
Die absolute maksimum TPL (waar die ogief van die koeel van 'n gelaaide rondte die lande net raak, gemeet tot op die punt van die koeel) 2.805"/71.2nn
Die beplande TPL waarteen gelaai word. 2.780"/70.6mm
Tipe Primers Win WLR
En ook belangrik: Minstens 1 lading, met bogenoemde komponente en bekende TPL, wat se spoed gemeet is. Verkieslik so 5 skote, sodat Ql gekalibreer kan word met die spesifieke geweer en komponente. 43.0gr 2934 vir 5 skote, ES 16

Die kruks van OBT is nie 'n ladings gewig nie, maar 'n spesifieke spoed, wat 'n node looptyd tot gevolg het, maar dit sal interessant wees as mens ladings tussen die twee metodes kan vergelyk. My vermoede is dat hulle baie naby aan mekaar sal wees.
Dankie byvoorbaat.
User avatar
swc-tr
Hero Member
Hero Member
Posts: 1516
Joined: Thu Dec 09, 2010 2:01 pm

Re: Bepaal jou geweer se "Sweet Spot" in 20 skote/kombinasie

Post by swc-tr »

Jammer, .308Win
(Het gedink jy sou die link lees....)
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: Bepaal jou geweer se "Sweet Spot" in 20 skote/kombinasie

Post by Jean Marais »

Ek het my heel eerste ladingontwikkeling op die metode gedoen. Dis hengse tydsaam, en jy moet soos Ludwig sê staat maak op perfekte weerstoestande, jou geweer moet toegelaat word om na elke 3de skoot behoorlik af te koel ens ens ens.

Die metode werk egter, maar nie met net 20 skote nie. Na jy die "sweet spots" (daars gewoonlik 2) bepaal het kom die fine tuning. Dan skiet jy nog 'n hele klomp skote uit.

QL werk baie vinniger, en jy behaal resultate met baie minder skote.

Dankie Ludwig dat jy bereid is om ons te help.

Groete
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
User avatar
swc-tr
Hero Member
Hero Member
Posts: 1516
Joined: Thu Dec 09, 2010 2:01 pm

Re: Bepaal jou geweer se "Sweet Spot" in 20 skote/kombinasie

Post by swc-tr »

Moet jy ook nie maar QL en OBT se TPL fine tune nie? Verskillende primers, neck tension, ens probeer nie?
User avatar
swc-tr
Hero Member
Hero Member
Posts: 1516
Joined: Thu Dec 09, 2010 2:01 pm

Re: Bepaal jou geweer se "Sweet Spot" in 20 skote/kombinasie

Post by swc-tr »

Dankie Ludwig
Die kamerdruk is dus op maks vlakke, soos vermoed. Doppe/primer pockets hou darem meer as 5x herlaai siklusse, en slot maak maklik oop.

Al die bg bevestig dan blykbaar dat beide metode min of meer dieselfde resultate gee, so..... elke man soen maar sy vrou op sy manier?

So terloops, met S355 kry ons 'n "sweet spot" op snelhede in die orde van 2980 - 3000 fps (ongeveer 46gr) met bogenoemde komponente, vermoed teen laer druk as die S335 lading teen 2930. Ook beter dopvulling.
User avatar
LongWolf
Hero Member
Hero Member
Posts: 832
Joined: Sat Mar 09, 2013 2:39 pm

Re: Bepaal jou geweer se "Sweet Spot" in 20 skote/kombinasie

Post by LongWolf »

fristrasie fristrasie en nogmals fristrasie.

waar was julle n jaar terug toe ek begin het met herlaai.
1x post en het meer geleer as al my ge-google saam.

ek se vir julle almal dankie.

nou weet ek, ek is by die regte mense met die regte antwoorde.
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2172
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: Bepaal jou geweer se "Sweet Spot" in 20 skote/kombinasie

Post by Johan Nel »

Ludwig wrote: Johan, ja, mens gaan bykans dieselfde resultate kry met beide metodes, en dit gaan van die persoon afhang, watter een vir hom die vinnigste en ekonomieste is en by sy toerusting en vaardighede inpas. OBT was nooit bedoel om 'n beter antwoord op die vraag te gee nie, maar eerder baie vinniger en meer ekonomies by dieselfde antwoord uit te kom.
Ludwig,
Baie goeie opsomming wat jy hier maak. Die stepladder tegniek is beslis nie ekonomies nie, en mens benodig 'n lang skietbaan. Ek persoonlik dink ook dat as ek eers al die nodige toerusting het, ek die QL tegniek verkies.

Groete,
JHN
Post Reply