Middag almal
Sien die onderstaande inligting vir die kursus. Let wel ek bemark nie die kursus maar plaas dit net hier as iemand belangstel
IBAHDI GAME LODGE - TOUWSRIVIERHERLAAIKURSUS NAWEEK – 12-14 APRIL 2013Hendrik van Rensburg, bied ‘n gevorderde kursus aan in die herlaai van geweer ammunisie. Dit sal hoofsaaklik ‘n praktiese kursus wees waar die klem op lading ontwikkeling gelê sal word.
Die kursus vind plaas by IBHADI GAME LODGE, Touwsrivier distrik.
Kursusgangers bring hul eie gewere en relefante herlaaitoerusting saam en gaan deur al die praktiese herlaaifases. Die gelaaide ammunisie word dan getoets op die 400m skietbaan, tot die skut tevrede is met die akkuraatheid.
KOSTE BELOOP R1 500 PER PERSOON EN SLUIT DIE VOLGENDE IN:
·
2 AANDE VERBLYF EN ALLE ETES WORD VOORSIEN·
SATERDAG – HERLAAIKURSUS VANAF 8 UUR VM.·
TEIKENS VIR DIE SKIETBAAN·
VERVOER OP DIE PLAAS·
SONDAG – LEKKER BRUNCHWAT JY MOET SAAMBRING
·
GEWEER EN HERLAAIKOMPONENTE·
DRINKGOED·
ENIGE SPESIALE TOERUSTING WAT JY MAG NODIG Hê·
SKRYFBLOK EN PENRegistrasie moet so vinnig as moontlik gedoen word by:
Lizette – 086 111 4330 – lizette@so.co.za
Gevorderde Herlaai Kursus - Touwsrivier
- Paul Jonker
- Full Member

- Posts: 119
- Joined: Wed Aug 10, 2011 2:47 pm