Viking Broadhead,Morne Smith en n buffel.

Post Reply
User avatar
G-force
Hero Member
Hero Member
Posts: 2350
Joined: Wed Jul 20, 2011 6:31 pm

Viking Broadhead,Morne Smith en n buffel.

Post by G-force »

Manne Morne Smith het my n rukkie terug gekontak IVM sy begeerte om n buffel te skiet.Hy wou n Viking Broadhead probeer en dit het my baie bly gemaak.Hy het al Vikings by my gekoop,toe besluit ek dat ek hom een sal sponser vir die buffel jag.

Die groot dag het vir hom(en my) aangebreek en terwyl ek n IDPA shoot bygewoon het kry ek sy opgewonde oproep met nuus van sy suksesvolle jag!
Sy storie lees so,nes hy dit vir my gestuur het.
Ek wil net vir hom baie dankie se vir die moeite wat hy geneem het om mooi fotos ensv te neem.Baie geluk met jou buffel Morne,dis puik gedoen.


Morne skryf:
Haai Ge
treklengte 29 duim
PSE X-Force Dream Season
74 pond trekkrag
742gr Easton Dangerous Game FMJ
180gn Viking broad head
1 pond vir elke 10gr pylgewig
pylspoed 243vps
5% foutfaktor ingewerk vir chrony gee 87voetpond

7 jaar ou koei
eerste skoot op 31m quatering away albei longe getref Rib getref met ingang en met uitgang. Viking het albei ribbes deurboor en aan die ander kant van die buffel uitgesteek. Die res van die trop het weggehardloop en sy het bly staan met pienk longskuim in haar bek sigbaar.
sy het met haar kop na links gekyk waar twee professionele jagters gestaan  het met 'n 375 en 'n 470 rigby. My vrou was nou op die bakkie en ek en Freddie Botha(met 'n 500 Jeffrey) het stadig regs beweeg. Sy het geweet dit is ek wat haar seergemaak het en het my nie uit die oog verloor nie. Sy het saam met ons gedraai soos ons verder regs gestap het om 'n plankdwars skoot te kry. Dewald en Raymond het begin geluise maak om haar aandag van ons af te trek. Vir 'n oomblik het sy regs gedraai. Ons was op 27m volgens Freddie se Leica. Ek het my 30m pennetjie op haar blad gesit en die pyl laat vlieg. Ek het rib gemismet die ingang, die hart se "plumbing" vernietig en weer rib gemis oppad uit.
Die bloed het uit haar bek gestroom en haar agterbene het begin swik. In minder as 'n minuut het die alombekende death bellow gevolg. Al die hare in my nek het regop gestaan. Ek het 'n gemengde gevoel van opgewondenheid as ook hartseer ondervind Ek is vir ewig dankbaar vir die geleentheid wat ek gehad het om so 'n pragtige dier van die veld te kon neem. Baie dankie aan al die raadgewers op Jaracal en veral aan Gerhard, Zack en G-Force.

My toerusting was oor en oor getoets. Al onsekerheid vas die Viking Broad Head. Hierdie broad head het het homself bewys as 'Tough enough for an African buff"
Die viking wat altwee ribbes gebreek het se punt lyk asof daar 'n stukkie afgebreek het. Ek het dit geweeg,maar dit het steeds 180.6gn geweegDie staal was sag genoeg om te vervorm, maar nie hard genoeg om te breek nie. Dit is hier waar die Duitsers ons weereens nie teleurstel nie."
Viking Broadhead wat deur twee Ribbes is:
http://i677.photobucket.com/albums/vv140/rooibok_2009/Viking%20kills/0fbc685cb68bb74f4626e3770400f1a5.jpg

Die rib skoot:
http://i677.photobucket.com/albums/vv140/rooibok_2009/Viking%20kills/b755eddca70f48efc85a68a7ecda49ef.jpg

Die skoot tussen die riddes deur:
http://i677.photobucket.com/albums/vv140/rooibok_2009/Viking%20kills/6317fc9cd964120f310b333944db64a0.jpg

Ingangs wond:
http://i677.photobucket.com/albums/vv140/rooibok_2009/Viking%20kills/83dab6a5cd7bdff00023731bcc222aa3.jpg

Die resultaat:
http://i677.photobucket.com/albums/vv140/rooibok_2009/Viking%20kills/fe3131bbda83eb7d02d4e73999c11b41.jpg
Last edited by Anonymous on Tue Mar 05, 2013 11:15 am, edited 1 time in total.
Reason: Fixed image tags
Klein klein jakkalsies krap
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Viking Broadhead,Morne Smith en n buffel.

Post by Gerhard »

Weereens baie geluk...  ;D
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
henried
Hero Member
Hero Member
Posts: 2343
Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm

Re: Viking Broadhead,Morne Smith en n buffel.

Post by henried »

Gerhard wrote: Weereens baie geluk...  ;D
X2
Henrie Degenaar
Life Christian Adventure http://www.lifeca.org
Train to hunt South Africa

"Deo Valente "
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6969
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Viking Broadhead,Morne Smith en n buffel.

Post by DWB »

Baie Geluk man!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
Herman Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 645
Joined: Sun May 08, 2011 5:29 pm

Re: Viking Broadhead,Morne Smith en n buffel.

Post by Herman Venter »

Baie nice!! Baie geluk!
Bowtech Assassin Black Ops
30.06
.243

REFUSE TO FOLLOW
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Viking Broadhead,Morne Smith en n buffel.

Post by Marc »

Thanks Ge

Daai Viking maak mooi ;)
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
Roger
Hero Member
Hero Member
Posts: 1235
Joined: Tue Feb 28, 2012 8:18 am

Re: Viking Broadhead,Morne Smith en n buffel.

Post by Roger »

Ek kyk nou na Morne se pyl gewig, 742gr en dit laat my wonder, volgens SABA moet jy 800gr min he vir n buffel koei. Morne het baie goeie werk gedoen hier, so wat is dan die min gewig om suksesvol n buffel koei te jag?

Sal n 778gr pyl teen 215fps dan ook werk? Hoe belangrik is spoed?

Roger!
Too many to mention ;-)
Zack Benade

Re: Viking Broadhead,Morne Smith en n buffel.

Post by Zack Benade »

'n Goeie kombinasie tussen spoed en pyl gewig is die antwoord.
Spoed op 'n swaar pyl is altyd welkom as die boog en die skut die kan handteer.

In die strewe na spoed probeer die skut bv 80 pond skiet. In hierdie proses gaan baie belangrike goed verlore soos akkuraatheid en vertoue.
Skiet eerder 'n bietjie ligte ponde bv 75pond. Hier kan jy super akkuraat skiet en jy verloor nie baie spoed tussen 75 en 80 pond nie.

Spoed help dus as jy dit kan hanteer anders is 'n bietjie stadiger altyd beter. 'n Paar grein ligter op jou setup is nie die einde van die wereld nie. Maak eerder 100% seker die pyl tref op die regte plek.
5% foutfaktor ingewerk vir chrony gee 87voetpond
Dis oorgenoeg om enige buffel se bene lam te maak.
Christo J
Full Member
Full Member
Posts: 184
Joined: Sun Sep 11, 2011 7:04 pm

Re: Viking Broadhead,Morne Smith en n buffel.

Post by Christo J »

Roger wrote:Ek kyk nou na Morne se pyl gewig, 742gr en dit laat my wonder, volgens SABA moet jy 800gr min he vir n buffel koei. Morne het baie goeie werk gedoen hier, so wat is dan die min gewig om suksesvol n buffel koei te jag?

Sal n 778gr pyl teen 215fps dan ook werk? Hoe belangrik is spoed?

Roger!
Dit gaan 100% werk. Ek sal nie een oomblik bekkomerd wees as ek jy is nie.
Zack Benade

Re: Viking Broadhead,Morne Smith en n buffel.

Post by Zack Benade »

Sorry Roger

Stem saam met Christo dat dit gaan werk. Die goue antwoord lê nog steeds by skoot plasing. As jy beplan om een te skiet. Sterkte met die voorbereiding en oefening.
User avatar
Roger
Hero Member
Hero Member
Posts: 1235
Joined: Tue Feb 28, 2012 8:18 am

Re: Viking Broadhead,Morne Smith en n buffel.

Post by Roger »

Dankie julle.

Maar dit sal in die nabye toekoms wees, maar nie die jaar nie en seker ook nie volgende jaar wees nie.

Maar ek beplan so stadig aan my kit.

ROger!
Too many to mention ;-)
morne smith
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 420
Joined: Wed Jul 25, 2012 11:02 pm

Re: Viking Broadhead,Morne Smith en n buffel.

Post by morne smith »

Roger as ek reg kan onthou was my voetponde presies 99 vp gewees ek het net vir veiligheid 5% foutfaktor ingewerk en het by 87vp uitgekom. Die minimum voetponde vir n buffelbul is 85 dus was 87 op n koei meer as genoeg gewees. N koei is baie sagter as n bul. Groete
User avatar
Roger
Hero Member
Hero Member
Posts: 1235
Joined: Tue Feb 28, 2012 8:18 am

Re: Viking Broadhead,Morne Smith en n buffel.

Post by Roger »

Dankie Morne en baie geluk.
Too many to mention ;-)
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: Viking Broadhead,Morne Smith en n buffel.

Post by 243Songdaug »

Baie geluk en baie netjies geskryf.
morne smith
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 420
Joined: Wed Jul 25, 2012 11:02 pm

Re: Viking Broadhead,Morne Smith en n buffel.

Post by morne smith »

Baie dankie. Ek is nogsteeds nie oor die jag nie. Ek beleef dit steeds en sal dit altyd koester.
Dankie vir almal se gelukwensings
User avatar
Killzone
Hero Member
Hero Member
Posts: 646
Joined: Sun Nov 18, 2012 6:26 pm

Re: Viking Broadhead,Morne Smith en n buffel.

Post by Killzone »

Baie geluk met die besonderse troffee Morné. Ek dink elke Jagter behoort ten minste eenkeer in sy lewe 'n Buffel op voet te jag. In watse area het jy gejag ? Hoedspruit ?
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6969
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Viking Broadhead,Morne Smith en n buffel.

Post by DWB »

Bloemfontein
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
Post Reply