Hallo almal.
Ek wil graag met julle deel wat met my gebeur het die afgelope vakansie, dalk kan dit iemand help wat ook eendag in so n situasie kom.
Ons was met vakansie naby Hartenbos toe daar die aand in ons woonplek ingebreuk is en onder andere my pistool gesteel is. Dit het gebeur terwyl ons geslaap het.
Daar was nie n kluis in die woonstel nie en ek het die pistool in die bedkassie langs my se laai gebere.Die SAPD het n saak van "nalatige verlies van n vuurwapen" teen my geopen en ek moes in die hof verskyn. Op advies van die speurder wat my aangekla het, het ek skuldig gepleit en gehoop vir die beste.Ek het besef dat ek my lisensies kan verloor en onbevoeg verklaar kon word maar ek wou net daar wegkom want my gesin was baie getraumatiseer.
Tydens middagete is die hof verdaag en uitspraak in my saak sou na middagete geskied. Ek besluit toe om met die Hoof Staatsaanklaer oor my saak te gaan praat. Hy het toe na konsultasie met ander regsgeleerdes besluit om die saak teen my terug te trek agv die feit dat ek wel die wapen,volgens die beste van my vermoee, onder my beheer gehad het en dat ek nie onverantwoordelik of onverskillig opgetree het nie.
Ek was natuurlik oorstelp van vreugde en het dit ook gesien as gebede wat verhoor is maar het ook besluit dat ek nooit weer n wapen sal saamneem met vakansie nie want op die ou einde is jy as die onskuldige party net meer in die moeilikheid as die skuldige. Het intussen vir my n CO2 pistool gekry wat my vrou kan gebruik sonder lisensie. Hoop die storie help iemand.Cheers
Gesteelde wapen.Lesse te leer
- Kruger
- Sr. Member

- Posts: 438
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:17 pm
Re: Gesteelde wapen.Lesse te leer
Doepie
Ek is bly die saak het 'n goeie wending geneem. Wees egter versigtig vir 'n CO2 pistool of gas pistool. Daardie goed lyk baie soos die ware jakob en ek het al gehoor van verskeie gevalle waar dit 'n tragiese einde gehad het. Die slagoffer word aangeval en hy/sy pluk 'n gaspistool uit. Die aanvallers dink dis 'n regte pistool en hulle skiet dan die slagoffer summier omdat hulle dink het hy gaan hulle skiet, terwyl sy wapen eintlik nutteloos is. Ek weet deesdae skiet hulle maklik sonder provokasie, maar ek dink jy is veiliger met 'n kannetjie regte pepperspray soos "SWAT" eerder as 'n gas of CO2 pistool. Dit lyk minder intimiderend vir die aanvaller, maar is net so effektief. Groete KL

Winners never quit - Quitters never win.
-
Doepie01
- Sr. Member

- Posts: 324
- Joined: Thu May 13, 2010 11:55 pm
Re: Gesteelde wapen.Lesse te leer
Hallo Kruger
Baie dankie vir jou antwoord. Ek besef die gaspistool is nie die ware jakob nie maar ek belowe jou ek sal nie voor hom staan nie. Skiet 16 skote binne n paar sekondes en die patroontjies gaan deur n 80bladsy boek soos niks. My punt wat ek egter wou maak is die wetlike aspekte van my saak. n Mens kry so maklik die advies om skuldig te pleit en soos in my geval was dit onnodig.Daar is n uitweg.
Mooi bly

bobby
- Sr. Member

- Posts: 356
- Joined: Fri Jan 29, 2010 6:28 pm
Re: Gesteelde wapen.Lesse te leer
on this subject of going away where there are no safe keeping facilitys a simple padlock and chain could work .
at night i always put the weapon between the base and matress of the bed so if a kid or thief wants it he has to take me off the bed to get to it . another trick is to chain the weapon (open and unloaded) to the bed .
if you have to leave the weapon unattended strip it , store the slide in the car ,barrel in the house and say the frame in garage you get my drift .
glad everything worked out for you

- Spanner
- Hero Member

- Posts: 1083
- Joined: Thu Nov 19, 2009 12:26 pm
Re: Gesteelde wapen.Lesse te leer
Ek het self so tien jaar of wat so 'n bloutjie geloop met gesteelde handwapen. Ek en my pa het gaan jag naby Rust de Winter dam en ek het my CZ 75 saamgeneem - soos wat ek altyd doen as ek ver afstande reis. By die boer se jagkamp, diep op sy plaas aangekom, moes ek hoor dat daar geen kluis beskikbaar is vir die wapens nie maar hy s? nogal "Moenie worry man, niks sal hier gesteel word nie, jy is op 'n jagplaas, almal is gewoond aan wapens wat rondstaan..." Ek het die pistol die eerste dag saam gedra veld toe maar dit pla met die mes, waterbottel en verkyker wat ook aan die beld hang, en dit bly stamp teen die geweerkolf. Ek b?re dit toe in die rondawel se kas die volgende dag.
Daai aand terug uit die veld kom ek agter dis gesteel. Uiteindelik vind ons uit die een wagter/skoonmaker het ?n sleutel van die rondawel gaan koop (hy het gekyk wat die sleutel se nommer is) en hy het dit gesteel. Maar dat dit hy is, kom ons eers agter nadat hy die een gids doodgeskiet en gevlug het. Na maande word hy eers aangekeer en wys hy waar hy die CZ weggesteek het. Natuurlik word ek aangekla vir nalatige verlies en verskyn in die hof. Na drie uitgerekde saak-uitstellings gaan praat ons met die staatsaanklaer en kom ooreen om ?n ?erkenning van skuld (EVS)? te betaal, wat soos hy dit gestel het ? werk soos ?n parking fine, jy betaal dit en almal vergeet daarvan en gaan aan asof dit nooit gebeur het nie !? Hy verseker my nogal die EVS sal nie my kanse op toekomstige lisensies belemmer nie, want niks kom op my rekord nie. Ek betaal en ontvang sommer daai selfde dag my CZ terug. Nou, baie jare later moet ek hoor dat die saak steeds ?onopgelos? op my naam l?, dat die pistol steeds as ?gesteel ? gelys is en dat ek skuldig is aan nalatige verlies van ?n vuurwapen ! Dit alles sien ek op die DFO se rekenaar toe ek aansoek doen vir Comp vir herlisensiering. So nou sit ek in ?n gemors.
Ek het die CZ al na die DFO geneem en haar die brief ook gewys waarop die ding aan my terug gegee is, maar sy s? sy kan niks doen nie, dit moet van Rust de Winter se kant af reggemaak word. Intussen moet ek op die lisensieaansoekke merk dat ek ?n kriminele rekord het en dat ek skuldig was aan nalatige verlies ! Ek kan nie ?n kans vat en dit nie merk nie ? hulle het dan die rekord daarvan op die rekenaar, ek sal summier afgemaak word dat ek lieg en dan het ek groter probleme ! So nou wag ek om te sien wanneer word al my lisensies afgekeur en dan besluit ons maar verder hoe om die ding te beveg.
My raad ? moet nooit ?n EVS betaal nie, byt maar vas en gaan baklei dit in die hof uit. Dit gaan baie geld en bloedsweet kos maar dis beter. En vind voor die tyd uit waar jou vuurwapens gestoor kan word as dit nie in jou eie kluis gaan wees nie ?

Derik Strydom
What matters not, is the size of the dog in the fight, but the size of the fight, in the dog !
What matters not, is the size of the dog in the fight, but the size of the fight, in the dog !
-
bobby
- Sr. Member

- Posts: 356
- Joined: Fri Jan 29, 2010 6:28 pm
Re: Gesteelde wapen.Lesse te leer
spanner yes thanks for sharing it makes you think about leaving guns unattended . as for taking legal advice from the saps not a good idea and don't be fooled to make a statement to the saps , get your lawyer give them one .
cheers bobby
cheers bobby