Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ek soek asb bietjie raad by julle, ek gaan oor so paar naweke 'n koedoe bul skiet in die Noord-Kaap maar ek dink ek gaan redelik ver moet skiet.
Ek sal graag by my mede eienaars wat in besit is van 'n 308 wil hoor of die 180gr Nosler Partision goeie groeperings gee in 'n 308 en ook watter spoed kan mens kry met die punt.?
Ek dink ek gaan beslis daai bul skiet op 'n afstand van tussen 100 en 200m daarom wil ek weet of die grein punt voldoende sal wees vir die afstand.?
Ek gan kyk of ek dalk 150gr kan kry, in my oe sal dit beter wees want ek hou van bietjie spoed so as ek 'n 150gr teen 2700ft/s kan laai en hy groepeer lekker sal ek baie in my skik wees.!
Ek geniet dit so as oom erens comment...! Dis darem so duidelik soos daglig dat Oom nie groot fan is van 'n 308 nie... Daar is mos darem seker niks fout daarmee dat smaak verskil nie??? Die 180gr sal wel baie beter werk in 'n 30-06, dis net feite, maar die gradeboog storie is darem nie helemal waar nie.
Brno
Waar gaan jy jag dat jy 100-200m as naby beskou? Dan moet jy bietjie karoo toe kom. of dal al dan nie daar in Namibie in Oom Francois se wereld as jy regtig wil sien wat is ver. Wat die punte betref? 308 en 150gr is KONING. Ek skiet enige iets in my 308 met 150gr PMP punte. Daar is seker 'n beter maak, maar dis wat my sak pas en wat werk vir my. Ek kry 3000 ft per sekonde op 150gr, so jy behoort maklik 2700ft te kry as jy dit wil he... As ek mag vra... Waar beplan jy om die Bul te skiet? (Skootplasing)
Groete
Ponkie
22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
Ek beplan maar vir 'n bladskoot omdat dit my eerste koedoe bul gaan wees, die plaas waar ons gaan jag is in die Noord - Vrystaat duskant Kimberley en dis nogal bergagtig daar met bietjie bosveld en Savanna gras amper soos Maltahohe se wereld.
Het jy enige raad vir my.? Ek het toe die naweek vir my 165gr Nosler Partisions gekry.? Watse spoed kan ek met daai manne kry.?
Ek skiet self met 308 met die 155gr nosler partsions met s335 kruit 44gr dan kry ek so 2750 voet per sec.Het nou al 3 koedoes laat val met hulle.Kry ook baie goeie groeps , hulle doen goeie job net onthou dat hulle baie sagte punt is.
Ja bladskoot en 165gr punt behoort die ding te doen. Ek is deesdae baie skrikkerig om 'n groot bul in sy nek te skiet. Ek het 3 jaar terug 'n groot bul op sy nek geskiet so op 180m, die stof het op sy nek uitgeslaan to die skoot klap. Ek het daardie bul eers etlike kilometers verder dood geskiet. Deesdae skiet ek maar die groot menere of in die kop, of agter die blad. Het verlede seisoen die grootste gelukskote van my lewe gehad... Ek het 2 bulle, op verskillende jagtogte beide agter die kop, tussen die horings in die hardloop geskiet. My pa het my die dood voor die oe gesweer indien ek hom in sy gat sou skiet...!
Sterkte met die bul. Hoop dis 'n ervaring wat jy nooit sal vergeet!
Groete
Ponkie
22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield