Newbie

Nuwe lede, stel jouself gerus voor/
New member, please introduce yourself
Post Reply
Tollie
Newbie
Newbie
Posts: 47
Joined: Tue Mar 13, 2012 7:21 pm

Newbie

Post by Tollie »

Goeiedag aan almal op die forum.

Ek is al 'n rukkie op die forum maar was nog net 'n roofkyker. Hierdie is regtig 'n wonderlike forum vol baie slim en insiggewende lede waarby ek al ongelooflik baie geleer het.
Ek voel ek is nou reg om aktief betrokke te raak en gaan darem nie meer so gereeld my naam met 'n plank slaan nie, aangesien ek nog baie onervare is.  Ek was 'n "een of twee keer 'n jaar gaan jag" jagter maar die gogga het my nou behoorlik gebyt.  Ek het 'n 1987 linkerhandse sako .30-06 op my naam en wil ook nou self begin herlaai.  Ek sien uit na al julle opinies en om stadig maar seker meer wys te word.

Lekker dag aan almal
FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Re: Newbie

Post by FCLoretz »

Welkom op die forum Tollie. Hier is baie om te leer. Ek glo jy sal die forum baie geniet.

Gebruik die soek funksie, daar is al baie geskryf oor herlaai, as jy nie reg kom nie, vra gerus.

NOU.....
Tollie wrote: nog net 'n roofkyker.
Is jy 'n ginekeloog?  ;D
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Newbie

Post by FHM »

FCLoretz wrote: Welkom op die forum Tollie. Hier is baie om te leer. Ek glo jy sal die forum baie geniet.

Gebruik die soek funksie, daar is al baie geskryf oor herlaai, as jy nie reg kom nie, vra gerus.

NOU.....

Is jy 'n ginekeloog?  ;D
Bwhahahaaaaaaaaa!!!!!!!!!! LMFGA !!!!!!!! Jou simpel mens!

Welkom Tollie - verskoon maar die gatvattery - dit gebeur gereeld hierso!
Hier is n hele paar elemente wat nie ma's gehad het nie ;)
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Newbie

Post by PWV »

Welkom Tollie.  Die manne hier is vol kennis en humor.  Hoop jy geniet dit.
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: Newbie

Post by Jakkalsgat »

Hallo TOLLIE

Baie welkom hier, weet jy gaan dit geniet . Ek het jou naam op ander plek raakgelees en moes kom dagse, ek sien jy is al rukkie hier.

Ps: Ek kan nou nie my nuuskierigheid verder betoom nie, hoekom op dees aarde sal mens jouself wil laat TOLLIE noem, Tol kan ek verstaan maar TOLLIE! regtig?
Ek wens vir jou 'n rooison met 'n maan wat oor die krans uitkom, 'n lyf vol tequila en antwoorde op die diep vrae!

Groete
Jaco Stander
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Newbie

Post by Marc »

Welkom Tollie

Glo jy gaan dit geniet hier saam met ons ;)

Mooi loop
Marc
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
Post Reply