Vir die slim manne. Ek sien ek kry maar 85% ontbranding volgens QL op die 222 met S321. Is daar iets wat ek kan doen om die ontbranding te verbeter soos byvoorbeeld 'n Magnum primer? (Kry jy magnum vir small rifle?)
Groete,
Henk
S321 ontbranding
-
Silent Hunting
- Hero Member

- Posts: 1224
- Joined: Wed Jun 13, 2012 8:19 pm
S321 ontbranding
CZ 200 PCP, .22 Bruno, .222 BSA, 6mmSLR, 6.5SLR, 22-250 Howa, Paar 6.5 creeds, 9mm CZ P7, ens
E-mail: henk@silenthunter.co.za
Tel 0810185444
Facebook: Silent Hunter KD
E-mail: henk@silenthunter.co.za
Tel 0810185444
Facebook: Silent Hunter KD
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: S321 ontbranding
Ek dink nie jy gaan wegkom vanaf die faktor nie. Met 50gr Hornady en 24.5gr S321 gee my program 94% ontbranding. Daar is magnum tipe primers, maar hulle is bitter skaars. Ek het nog nooit my kop te veel gebreek oor die ontbranding nie. As jy akkuraatheid kry dink ek dit is die belangrikste.
Selfs met S335 is die ontbranding ook nie 100% nie.
Selfs met S335 is die ontbranding ook nie 100% nie.
-
Silent Hunting
- Hero Member

- Posts: 1224
- Joined: Wed Jun 13, 2012 8:19 pm
Re: S321 ontbranding
Dankie. Sien die ontbranding is slegter met ligter as swaarder koels. Het 40gr vmax gekoop wat ek wil probeer. Kan ek die 335 ook gebruik in die 222?
Hoekom is sy toegelaate druk so laag teenoor bv die 308?
Henk
Hoekom is sy toegelaate druk so laag teenoor bv die 308?
Henk
CZ 200 PCP, .22 Bruno, .222 BSA, 6mmSLR, 6.5SLR, 22-250 Howa, Paar 6.5 creeds, 9mm CZ P7, ens
E-mail: henk@silenthunter.co.za
Tel 0810185444
Facebook: Silent Hunter KD
E-mail: henk@silenthunter.co.za
Tel 0810185444
Facebook: Silent Hunter KD
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: S321 ontbranding
Die ontbranding sal slegter wees met die ligter koeëls omdat hul traagheid om te beweeg laer is en die looptyd dus korter is - minder tyd vir ontbranding. Jy sal sien hoe hoër die druk hoe beter word verbranding ook.Silent Hunting wrote:Dankie. Sien die ontbranding is slegter met ligter as swaarder koels. Het 40gr vmax gekoop wat ek wil probeer. Kan ek die 335 ook gebruik in die 222?
Hoekom is sy toegelaate druk so laag teenoor bv die 308?
Henk
Die drukvlakke is laag om te kompenseer vir die ouer gewere. As jy moderne geweer het kan sy drukvlakke op QL na 555-60 000 verstel word - jou eie risiko, maar Sako, Brno ens. behoort dit gemaklik te hanteer.
-
Silent Hunting
- Hero Member

- Posts: 1224
- Joined: Wed Jun 13, 2012 8:19 pm
Re: S321 ontbranding
Ek het 'n BSA Hunter met baie sterk aksie, volgens die slim mense. Behoort ek druk tekens te sien as die druk teveel word?
Dankie vir al die terug voer.
Dankie vir al die terug voer.
CZ 200 PCP, .22 Bruno, .222 BSA, 6mmSLR, 6.5SLR, 22-250 Howa, Paar 6.5 creeds, 9mm CZ P7, ens
E-mail: henk@silenthunter.co.za
Tel 0810185444
Facebook: Silent Hunter KD
E-mail: henk@silenthunter.co.za
Tel 0810185444
Facebook: Silent Hunter KD
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: S321 ontbranding
Druktekens sal daar wees, maar probleem met die klein volume doppe is dat oordruk baie vinnig vanaf klein veranderings kom - wees dus net versigtig. Die 223 is van so aard dat dit teen 50-55000 psi sy optimum spoedvlak bereik vir akkuraatheid en dus nie hoër spoed nodig het nie. Het nog nie na die 222 gekyk nie.
