.375 ruger herlaaifout?

Post Reply
GIDO
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 63
Joined: Fri Feb 01, 2013 10:26 am

.375 ruger herlaaifout?

Post by GIDO »

more manne

ek het gisteraand my eerste patroon gelaai.alles mooi gevolg op die forum,maar het nou nie al die meettoerusting aangeskaf nie.het doppe se lengte gemeet en dit was volgens die data reg(nuwe hornady doppe) en tpl op so 82.5mm(3.248 duim).daar was ook twee patrone wat se punte volgens my te diep in die dop was.hulle tpl was 80mm(3.149 duim).die punte is hornady se 270gr speerpoints met 70gr 355 kruit.my probleem is toe ek my geweer oorlaai om te skiet sukkel die slot om toe te maak,veral met langer patrone(82.5mm).die 80mm patrone wat ek voel te kort lyk en is, volgens spesifikasies,gaan die slot makliker mee toe.ek het ook opgelet dat daar n kring op die slagdop sit toe ek die patroon uithaal uit kamer.dit is lyk my dis die gaatjie waar die slagpen uitkom wat dit doen.wat nie sin maak nie is dat die tpl volgens inligting rond-om 84 mm behoort te wees en die tpl van my patrone is lyk my klaar op maksimum.hoe nou? ???
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6971
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: .375 ruger herlaaifout?

Post by DWB »

Hoe het jy jou TPL bepaal?
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: .375 ruger herlaaifout?

Post by VdWalt »

Jy moet eer kyk wat jou maks TPL met n spesifieke koeel is, gaan soek TPL - Ludwig het n monster
van n stuk geskryf oor hoe om dit te meet. Dan gaan jy presies weet hoe ver jy van die
lands af is. As jy daai koeel in die bek van die loop in jam kan jy dalk druk probleme optel.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: .375 ruger herlaaifout?

Post by tripodmvr »

Volg die raad om maks TPL met elke verskillende koeël wat jy gaan gebruik te bepaal.

As jy sê dat jou slotkop merke op die slagdop maak is jou slagdoppe te vlak geplaas. Hulle moet onder die vlak van die agterkant van die dop wees sodat niks aan hulle kan raak, behalwe die slagpen wanneer hy losgelaat word. As jy met jou vinger oor die slagdop vryf sal jy agterkom as hy uitstaan.
GIDO
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 63
Joined: Fri Feb 01, 2013 10:26 am

Re: .375 ruger herlaaifout?

Post by GIDO »

DWB wrote:Hoe het jy jou TPL bepaal?
more dwb

weet jy ek het slegs die doppe gemeet en toe die hornadyfabriekspatrone se tpl as riglyn gebruik.myne sukkel met tpl wat korter is as dit.my kamer kan mos nie te kort wees vir fabriekspatrone nie.ek hoop ek dra dit reg oor aan jou.
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6971
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: .375 ruger herlaaifout?

Post by DWB »

Nee, vat 'n dop wat genecksize is, en seat 'n koeel dan baie ligges, net so mm of twee, sit hom dan in die magasyn en stoot die slot toe, hy sal dan die koeel verder in die dop in druk, dit sal nagenoeg jou maks TPL wees.

Jy gaan jouself beseer as jy net blindelings laai........

Gaan lees asb Ludwig se stuk
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
GIDO
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 63
Joined: Fri Feb 01, 2013 10:26 am

Re: .375 ruger herlaaifout?

Post by GIDO »

tripodmvr wrote:Volg die raad om maks TPL met elke verskillende koeël wat jy gaan gebruik te bepaal.

As jy sê dat jou slotkop merke op die slagdop maak is jou slagdoppe te vlak geplaas. Hulle moet onder die vlak van die agterkant van die dop wees sodat niks aan hulle kan raak, behalwe die slagpen wanneer hy losgelaat word. As jy met jou vinger oor die slagdop vryf sal jy agterkom as hy uitstaan.
more tripod

sal seker maak oor slagdoppe ook,dankie.
GIDO
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 63
Joined: Fri Feb 01, 2013 10:26 am

Re: .375 ruger herlaaifout?

Post by GIDO »

DWB wrote:Nee, vat 'n dop wat genecksize is, en seat 'n koeel dan baie ligges, net so mm of twee, sit hom dan in die magasyn en stoot die slot toe, hy sal dan die koeel verder in die dop in druk, dit sal nagenoeg jou maks TPL wees.

Jy gaan jouself beseer as jy net blindelings laai........

Gaan lees asb Ludwig se stuk
gaan so maak, dankie.
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6971
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: .375 ruger herlaaifout?

Post by DWB »

Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
GIDO
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 63
Joined: Fri Feb 01, 2013 10:26 am

Re: .375 ruger herlaaifout?

Post by GIDO »

middag

ai mense die herlaaibesigheid kom mooi aan ,maar nou sit ek met nog n vraag.ek het gaan skiet met die patrone ens. en toe herlaai ek vir die eerste keer met gebruikte doppe natuurlik.nou gaan die punte in die dop in as ek wil oorlaai.ek het n LEE herlaaistel met 2die stel van rcbs.het instruksies gelees maar,nou is ek bang ek druk die press te hard en die skouers van die doppe kry seer.ek druk maar die punte bly losserig.my vraag is moet ek nog harder druk?het iemand tog raad asb! :-\
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6971
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: .375 ruger herlaaifout?

Post by DWB »

Gido,

Ek gaan voorstel jy stop net daar waar jy is en kry 'n kundige om jou te help en gaan woon 'n herlaai kursus by.

Jy gaan jouself beseer!

Jou probleem is jou volmatrys is nie reg opgestel nie.
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
GIDO
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 63
Joined: Fri Feb 01, 2013 10:26 am

Re: .375 ruger herlaaifout?

Post by GIDO »

DWB wrote:Gido,

Ek gaan voorstel jy stop net daar waar jy is en kry 'n kundige om jou te help en gaan woon 'n herlaai kursus by.

Jy gaan jouself beseer!

Jou probleem is jou volmatrys is nie reg opgestel nie.
jis deon

luister,ek weet nie of ek vir jou nou dom klink of wat nie,maar ek is wragtig nie van plan om myself te beseer nie en dis hoekom ek raad vra!ek dog die kundiges is juis hier op die forum...
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6971
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: .375 ruger herlaaifout?

Post by DWB »

Nee Gido,

Dit is nie dit nie.

Maar as jy nie reg gewys word nie gaan jy jouself of geweer opblaas, dit gebeur regtig maklik.

Ek sien ongelukkig jy maak 'n paar foutjies wat jou regtig kan seermaak.

So dis net vir jou eie beswil en veiligheid dat ek dit voorstel.

Hier is baie kundiges, maar dit sal baie help as jy iemand kan kry om jou te wys.

So ek wil jou nie beledig nie, maar ek is self hierdeur
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6971
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: .375 ruger herlaaifout?

Post by DWB »

Gaan lees hierdie,

Dit sal jou al ietwat help om jou "Die" reg op te stel:
http://jaracal.com/viewtopic.php?f=75&t=12921
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: .375 ruger herlaaifout?

Post by Carl »

Stem met Deon en Ludwig! Gido kyk of jy by iemand kan leer. Die forum is nie die regte plek om te begin leer nie. Maar indien jy die tyd insit kan jy deur alles lees wat reeds hier geskryf is. Die manne kan jou nie met 'n post oplei nie.
Koop 'n goeie herlaai boek, Somchem minimum, anders iets van oorsee!
As jy dan nog steeds wil voortgaan gaan kyk na RCBS se youtube videos. En lees die artikels op 6mmBr, Accurate shooter, http://riflemansjournal.blogspot.com/se ... results=42
GIDO
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 63
Joined: Fri Feb 01, 2013 10:26 am

Re: .375 ruger herlaaifout?

Post by GIDO »

DWB wrote:Gaan lees hierdie,

Dit sal jou al ietwat help om jou "Die" reg op te stel:
http://jaracal.com/viewtopic.php?f=75&t=12921
dankie deon ek waardeer dit.het reggekom met stel van die volmatrys.

groetenis
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6971
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: .375 ruger herlaaifout?

Post by DWB »

Ek het ook al van daai 375Ruger doppe in hulle maai in gedruk, so werk maar versigtig
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
GIDO
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 63
Joined: Fri Feb 01, 2013 10:26 am

Re: .375 ruger herlaaifout?

Post by GIDO »

Ek sal versigtig wees.het nou net gaan skiet en groepeer nie sleg nie maar die ou skop maar en die sneller het maar n paar pond trekkrag nodig.skop bietjie meer as my .300 win mag nogals. :laugh:
Post Reply