met 140gr.NP en 129gr Interbond. Ek het ook n klein boks met 2 nat en een droee boek met
die 123gr Amax geskiet. Al 2 het op 50m gestaan. Eers die 123gr. Die outjie het my verbaas - daar was
wel niks van hom oor na hy half pad deur die droee boek was. Hy is heelwat sterker as wat ek verwag
het. Die 2de foto is waar hy in die droee boek ingegaan het. Die is nog n heel ernstige gat en ek dink hy
sal n gogga kan afknou.

Op al die fotos is die NP bo en die IB onder. Op die eerste foto (eerste boek) kan mens sien die IB het
baie vinniger grooter as die NP oop gemaak. Op foto nommer 2 wat die derde boek is het die NP opgevan
en is ook nou net so groot soos die IB. Op die volgende foto (boek 5) het die NP sy bekende mushroom
gemaak terwyl die IB nog steeds sy grooter gat maak. Die is dan ook die laaste boek wat die IB deur is en
het op die laaste bladsy vas gesit. Die IB het 82% geweeg en 32cm ge-penetreer terwyl die NP 76% geweeg
het en 42cm ge-penetreer het.









