Skaap ore
-
Chris09
- Newbie

- Posts: 30
- Joined: Tue Nov 13, 2012 9:00 am
Skaap ore
Dagsê manne
Ons het nou al op 'n paar voorvalle op die plaas afgekom waar daar een of twee ooie in die trop se ore stomp afgebyt is. Iemand kan nie dalk vir my raad gee oor wat dit dalk mag wees nie.
Hoor graag van julle.
Lekker dag

- Kalahari
- Hero Member

- Posts: 2135
- Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm
Re: Skaap ore
Chris
Ek sien jy is Britstown, weet nie of by jou ratels is nie, maar hier by my in die Kalahari is dit definitief ratels.
Is daar nie dalk 'n oog of 2 ook uit nie? Vreet/bytplek aan die bors of lieste?
Ek sien jy is Britstown, weet nie of by jou ratels is nie, maar hier by my in die Kalahari is dit definitief ratels.
Is daar nie dalk 'n oog of 2 ook uit nie? Vreet/bytplek aan die bors of lieste?
- mw
- Full Member

- Posts: 124
- Joined: Tue Dec 11, 2012 8:58 pm
Re: Skaap ore
Kan dalk rondloper honde wees, ek het dit al by my kalwers gekry
Groete
Groete
-
stan man
Re: Skaap ore
m oet iets wees was agter die kraakbeen is . die kraakbeen is nogal belangrik in n predatoor se dieet as so n wyfie dragtig is. daar moet egter ander bytmerke wees om te kan wys wat gevreet het. n jakkals is n opportunis en sal nie net die ore vreet sonder om die res van die karkas te skend nie.
-
Danie Lombard .243
Re: Skaap ore
Wat Stan Man se is op die nommer maar nie 'n ding wat bekend is met die tyd van die jaar nie. Wanneer jakkals tewe dragtig is maar eintlik juis wanner hulle lakteer is daar soms 'n magnesium tekort is die tewe se dieet. Dink dit is magnesium as ek reg kan onthou. Dit is dan wanneer hulle erg agter kraakbeen aan is. Neus vleis en been is altyd die ding wat gevreet word asook ore.
Dit is net vir my snaaks dat jy Chris dit die tyd van die jaar beleef. Meeste van die jong jakkalse is reeds gespeen en hol die wereld vol. Dit kan wees dat die tewe daar by jou steeds 'n magnesium tekort het na die laktasie van die jong jakkalse.
Danie

- cg rossouw
- Full Member

- Posts: 227
- Joined: Sat Apr 07, 2012 8:31 pm
Re: Skaap ore
Is die skaap dood of lewe hulle nog? Die ore afgeskeur van die kop? Indien die skaap leef en ore is nie afgeskeur nie kan dit vlêrmuise wees, het al baie gevalle gehad hier by ons. Dit lyk naar maar het gesien hoe die vlermuise skaap aanval. Het een aand by trop skaap gesit hulle nie bang om jou ook te probeer aanval nie. Maar my gedagte.
Groete CG
Groete CG
-
stan man
Re: Skaap ore
het jy enige iets anders al opgemerk by jou skape?
kon jy al iets wys raak?
kon jy al iets wys raak?
-
Chris09
- Newbie

- Posts: 30
- Joined: Tue Nov 13, 2012 9:00 am
Re: Skaap ore
Dagsê manne
Dit gebeur nie die tyd van die jaar nie ek het dit verlede jaar opgemerk ongeveer tussen Junie en Oktober. Die rede hoekom ek nou eers die vraag opgesit het is omdat ek net nou die dag eers begin praat het op die forum.
Die skape lewe nog en gaan normaal aan maar kan nie meer gebruik word om lammetjies in die veld groot te maak nie. Daar was 2 voorvalle verlde jaar waar die 1 skaap se kopvel en ore heeltemal af was. Die ooi se kop het kompleet soos 'n aasvoël s'n gelyk. Die snaakse ding vir my is net dat daar geen ander bytplekke op die skaap is nie.
Ek het op 'n tyd gedink dit kan dalk 'n strik wees, maar toe het dit n 3de en 4de keer gebeur. Die ander gevalle was albei die skaap se ore net stomp af. Baie spyt dat ek nie foto's geneem het om die skuldige dalk makliker te identifiseer nie.

PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Skaap ore
Baie van julle sal seker nou hieroor lag, maar die Ou Ballie wil ook 'n 2c ingooi.
Kan dit wees a.g.v. 'n tekort in die skape se dieet, dat hulle mekaar se ore kou?
Gee jy 'n lek?
Het so iets al by ander diere teegekom.
Kan dit wees a.g.v. 'n tekort in die skape se dieet, dat hulle mekaar se ore kou?
Gee jy 'n lek?
Het so iets al by ander diere teegekom.
-
Chris09
- Newbie

- Posts: 30
- Joined: Tue Nov 13, 2012 9:00 am
Re: Skaap ore
Dis die eerste keer wat dit op die plaas gebeur het. As daar nie genoeg kos in die veld is nie gooi os Tenminste 2 maal n week lek en vir die lammer ooie partykeer meer. Nog niks sulke voorvalle by ander diere op die plaas teegekom nie
Chris
Chris
- cg rossouw
- Full Member

- Posts: 227
- Joined: Sat Apr 07, 2012 8:31 pm
Re: Skaap ore
Nee dit sal nie n te kort wees aan iets nie, ek sal foto neem van van my ooie en kan jy vergelyk
-
stan man
Re: Skaap ore
dit sal baie help as jy n foto of twee van jou skape ook kan opsit. ek dink perssonlik jy het n probleem met jakkalse wat agter die kraakbeen aan is. die seisoene is redelik deurmekaar en dit kan jakkals tewe wees wat uit seisoen op hitte gekom het.
as iemand van my verskil ,praat met my. dit sal my baie help om te kan weet wat daar aan die gang is.
as iemand van my verskil ,praat met my. dit sal my baie help om te kan weet wat daar aan die gang is.
-
Chris09
- Newbie

- Posts: 30
- Joined: Tue Nov 13, 2012 9:00 am
Re: Skaap ore
Ok dis regso ek sal julle op hoogte hou.
Chris
Chris