tarentaal

Enige vleis/veldkos resepte wat werk vir n honger jagter
Post Reply
User avatar
ou Bles - Gert
Full Member
Full Member
Posts: 179
Joined: Sat Sep 29, 2012 9:31 pm

tarentaal

Post by ou Bles - Gert »

More Manne ek is opsoek na n lekker resep om tarentaal gaar te maak, ek is nou so lus vir tarentaal en het seker so 30 jaar laas tarentaal ge eet. Kom deel bietjie daai resep met ons. Ek onthou my ma kon hom baie lekker gemaak het Groete Ou Bles
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3124
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: tarentaal

Post by LUAN »

Kan mens die ding lekker gaar maak? My laaste probeer in die Weber het nie so lekker uitgewerk.
User avatar
ou Bles - Gert
Full Member
Full Member
Posts: 179
Joined: Sat Sep 29, 2012 9:31 pm

Re: tarentaal

Post by ou Bles - Gert »

303 ja my ma het dit baie lekker gemaak net jammer ek het nie meer aandag gegee daaityd nie ek is nie seker nie maar ek dink hy word eers in n stoompot gestoom en daarna gebak of gebraai.
KalahariKlong
Hero Member
Hero Member
Posts: 890
Joined: Mon Mar 07, 2011 10:19 am

Re: tarentaal

Post by KalahariKlong »

Nee wat oom, gaan koop eerder 'n hoender daar by P&P.
Nog nooit kon ek of iemand die ding gaarmaak dat dit vir my lekker was nie.
My pa het altyd die polisie hoender so bietjie gestoom in die "pressure cooker" en dan in die oond in pynappelsap en speserye.

Laat weet bietjie hoe hy gesmaak het as hier dalk 'n resep iewers uitkom.

Groete
KK
Sarel
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 349
Joined: Fri Jun 08, 2012 1:38 pm

Re: tarentaal

Post by Sarel »

My ouma het dit altyd gebraai in 'n ou koolstoof tot dit heeltemal krispy was. Het dit altyd sondae of saterdae vir ontbyt saam met pap gekry. Was baie lekker.

Ek kook dit soos wildsvleis vir 'n pastei. Ook lekker...
Sarel
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 349
Joined: Fri Jun 08, 2012 1:38 pm

Re: tarentaal

Post by Sarel »

My ouma het dit altyd gebraai in 'n ou koolstoof tot dit heeltemal krispy was. Het dit altyd sondae of saterdae vir ontbyt saam met pap gekry. Was baie lekker.

Ek kook dit soos wildsvleis vir 'n pastei. Ook lekker...
Sarel
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 349
Joined: Fri Jun 08, 2012 1:38 pm

Re: tarentaal

Post by Sarel »

1 tarentaal
1 dik sny spekvleis
pietersielie - fyngekap
peper
2 snye rou ham - fyngekap
2 uie
2 seldery stele
280 ml aftreksel

Kap die voël se lewer en die spekvleis fyn, voeg pietersielie en peper by en stop die voël daarmee.
Verhit 'n bietjie vet in 'n pan en smoor ham en fyngekapte groente daarin tot sag.
Voeg 'n bietjie aftreksel by, sit die voël bo op en gooi orige afreksel oor, sit deksel op en laat prut vir 1½ uur.
Verwyder oortollige vet en sit voor met uie puree.
Sarel
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 349
Joined: Fri Jun 08, 2012 1:38 pm

Re: tarentaal

Post by Sarel »

1 tarentaal - in porsies gesny
sout en peper - na smaak
½ kop koekmeel
250 g botter
4 naeltjies
4 wonderpeperkorrels
2 lourierblare
1 el gemaalde koljander
2 el blatjang
‘n handvol rosyntjies
1 kop hoenderaftreksel
½ kop rooiwyn
2 heel wortels
knippie gerasperde neutmuskaat

Strooi die tarentaalporsies met sout en peper en rol in die koekmeel.
Verhit die botter in ‘n pot en braai tot bruin.
Voeg die naeltjies, wonderpeperkorrels, lourierblare, koljander, blatjang, rosyntjies, hoenderaftreksel, rooiwyn
en heel wortels by.
Sit die deksel op en laat stadig stowe tot sag, ongeveer 3 – 4 ure.
Voeg dan die gerasperde neutmuskaat by.
Sarel
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 349
Joined: Fri Jun 08, 2012 1:38 pm

Re: tarentaal

Post by Sarel »

2 groot tarentale - in porsies gesny
30 ml rooiwyn asyn
gegeurde seesout
koekmeel
60 ml olyfolie
3 selderystingels - gesny
3 knoffelhuisies - gesny
30 ml tamatie pesto of -pasta
250 ml geskilde - gekapte vars tamaties
250 ml rooi wyn
sout en peper
250 ml hoenderaftreksel
125 ml ontpitte groen olywe
125 ml pitlose rosyne
30 ml gekapte vars pietersielie

Vryf die vleis met die wynasyn in, bedek en laat staan 'n paar uur by kamertemperatuur.
Dreineer en besprinkel liggies met seesout en meel.
Verhit die olyfolie in 'n swaarboomkastrol en verbruin die vleis vinnig.
Skep met 'n gaatjieslepel uit en hou eenkant.
Voeg die seldery, knoffel, tamatiepesto, tamtaties, rooi wyn, geurmiddels en 250 ml hoenderaftreksel by.
Kook vinnig tot dit indamp, voeg vleis by.
Verlaag die hitte, bedek met botterpapier en plaas 'n deksel op die kastrol.
Prut 1½ - 2 uur lank stadig of tot die vleis sag is.
Voeg res van die bestanddele by en kook nog 10 minute sonder deksel.
Bedien.
User avatar
ou Bles - Gert
Full Member
Full Member
Posts: 179
Joined: Sat Sep 29, 2012 9:31 pm

Re: tarentaal

Post by ou Bles - Gert »

Dankie Sarel dit lyk sommer na wenner gaan dit probeer
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2172
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: tarentaal

Post by Johan Nel »

Sarel jou yster. Ek gaan jou resepte beslis probeer.

Groete,
JHN
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3311
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: tarentaal

Post by Christo »

Vir elke kg tarentaal, of enige wilde voel gooi 'n 1/2kg vark by, effens vetterige vark.

Spice soos jy daarvan hou.

Die vark maak alles smaakliker. Kook in braaipot tot voel sag is.

Eenvoudige resep wat altyd werk. Vra maar die vrouens in my skoonfamilie wat gegril het toe die wilde makou deur die seuns ingedra is.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3311
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: tarentaal

Post by Christo »

Ons het die Owamboland hoenders in 6 blikkies coke gekook. Dit het baie goed gewerk. Ek is seker dit sal tarentaal komplimenteer.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
BoogJagter111p
Full Member
Full Member
Posts: 191
Joined: Sat May 05, 2012 12:07 am

Re: tarentaal

Post by BoogJagter111p »

Steek hom vol gate en los oornag in suurlemoen sap om sag te kry, maak hom dan in pot gaar. Sorg dat jy baie honger is as jy hom tekkel, dan proe hy beter!
User avatar
douw
Hero Member
Hero Member
Posts: 1830
Joined: Sun Apr 03, 2011 6:52 pm

Re: tarentaal

Post by douw »

Al resep wat ek ken van tarentaal is waar jy 'n ou adidas tekkie bygooi, dan na twee dae se kook en stoom en bak, gooi jy die taai hoender weg en eet die lekker sagte tarentaal gegeurde tekkie.

Groetnis
Douw
Post Reply