Kurpers DeRust Harties

Any freshwater fishing stories here/ Enige varswater hengel stories hier.
Post Reply
User avatar
tweezer
Newbie
Newbie
Posts: 41
Joined: Fri Nov 19, 2010 8:25 pm

Kurpers DeRust Harties

Post by tweezer »

More se, watse eind gerei (trace) sal julle aan beveel vir kurpers as ook ase. My klub het besluit om ons volgende kompo. by De Rust Harties te hou en,ek wil graag Kurpers teiken so deel julle kennis met my asb. ;)
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13644
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Kurpers DeRust Harties

Post by Geno »

Oom Tweezer,
Kurpers is bitter skaars in die dam deesdae. Ek kry hier en daar 'n canary gevang op my rietvlei stroppe terwyl ek karp hengel. Bloues, niks.

Beste is maar om babers te teiken. Bitter baie van hulle in die dam. Dag-oud kuikens werk goed.
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Lourens Potgieter
Hero Member
Hero Member
Posts: 883
Joined: Fri Jun 15, 2012 10:07 am

Re: Kurpers DeRust Harties

Post by Lourens Potgieter »

Oom Chris, ek sou ook babers teiken met een stok...maar ek sal my aas die kanaries maak....vang so paar so op 10-15 meter met stukkie kariba, sit groot hoek deur die ogies, ander deur die lippe...sny die kurpervan kiewe af ondertoe middeldeur en stamp die koppie bietjie....
User avatar
tweezer
Newbie
Newbie
Posts: 41
Joined: Fri Nov 19, 2010 8:25 pm

Re: Kurpers DeRust Harties

Post by tweezer »

Dankie Geno en Ou Deeg :laugh: my hoek links vir die gly rietvlei is 3cm lank en my leader lyn is 18lb. met my hoof lyn van 7lb. ek het seker maklik 25/30jaar terug vir Kurper gehengel wat se aas beveel jy aan. 99% van my hengel is in die Vaal Dam so ek is KWAAI geroes met Kurper hengel :laugh:
User avatar
Lourens Potgieter
Hero Member
Hero Member
Posts: 883
Joined: Fri Jun 15, 2012 10:07 am

Re: Kurpers DeRust Harties

Post by Lourens Potgieter »

Daai 3cm mag bietjie kort wees....ek hengel maar met die gewone 12cm hoeklyne vir die klein kurpertjies....gebruik hulle slegs vir aas, die groot bloues is missing....
User avatar
tweezer
Newbie
Newbie
Posts: 41
Joined: Fri Nov 19, 2010 8:25 pm

Re: Kurpers DeRust Harties

Post by tweezer »

Eish, het bedoel 13cm die vinger tik op die verkeerde nommer lol lol :laugh:
User avatar
Lourens Potgieter
Hero Member
Hero Member
Posts: 883
Joined: Fri Jun 15, 2012 10:07 am

Re: Kurpers DeRust Harties

Post by Lourens Potgieter »

Dankie tog.......
User avatar
NEGE3
Hero Member
Hero Member
Posts: 1397
Joined: Sat Feb 09, 2013 4:38 pm

Re: Kurpers DeRust Harties

Post by NEGE3 »

Ek vang die kannaries altyd met 'n dobbertjie. Hulle byt baie skelm en maak daai hoek skoon voor jy weet wat aangaan. Vat 'n emmertjie maroek en meng jou voer so 50/50 met die maroek. Maak bolle en gooi so 15-20meter voor jou in die dam. Los vir so uur. Vat 'n 7vt stokkie met 'n dobbertjie en sports begin. Ek het 'n klubkomp met kanaries gewen.
Groetnis.
Groete,
Koos de Beer
User avatar
Lourens Potgieter
Hero Member
Hero Member
Posts: 883
Joined: Fri Jun 15, 2012 10:07 am

Re: Kurpers DeRust Harties

Post by Lourens Potgieter »

Oom Koos, dit gaan nou simpel klink maar ek is STUPID met 'n dobbertjie.....hoe weet ek hoe lank om die drop onder die dobbertjie te maak??Kan sien ek vang min kurpers....
User avatar
Dawid
Hero Member
Hero Member
Posts: 1079
Joined: Tue Jun 08, 2010 11:58 pm

Re: Kurpers DeRust Harties

Post by Dawid »

Bloues byt baie keer bitter skelm.n Baie klein loodjie aan n vaaldamstrop, tros wurms en maak dit toe met n 50/50 maroek en geen poliesman, sodra die lyn loop kap vas.So 20meter gooi.

Groetnis
IT`S NOT THE GUN IT`S THE GUNNER

9mm CZ 100
.22 Norinco
243 Bruno 601
270 Bruno
303 no2 mk4 Enfield
375 CZ ZKK 602
User avatar
NEGE3
Hero Member
Hero Member
Posts: 1397
Joined: Sat Feb 09, 2013 4:38 pm

Re: Kurpers DeRust Harties

Post by NEGE3 »

Deeg wrote:Oom Koos, dit gaan nou simpel klink maar ek is STUPID met 'n dobbertjie.....hoe weet ek hoe lank om die drop onder die dobbertjie te maak??Kan sien ek vang min kurpers....
Deeg die beste plek om hulle te kry is net agter die biesies of riete. Hulle hou van warm water daarom wei hulle vlak. As jy in die water inloop sal jy voel hoe die temperatuur verander hoe dieper jy inloop. Gewoonlik loop ek so kniediep in en skat die afstand oewer toe. Hier maak ek voerplek. Jy sal sommer die water sien kook later. Ek gebruik 'n potlood dobbertjie. Is baie sensitief. As hy beweeg is dit amper te laat, dan moes jy al geslaan het. Op kniediepte water maak ek die strop vd dobbertjie tot by die hoek +- 250mm lank. As jy agterkom jy mis te veel kan jy hom bietjie korter maak. Jy gaan baie mis maar jy gaan ook baie vang.
Met blou kurpers gebruik en 'n groot sterk hoek. EK maak 'n gewone boerstrop met twee hoeke. Ek sit 'n plat stukkie aluminium foelie of as jy rook sommer vd blink papier op die onderste hoek. In die vlakwater reflekteer die son op die blink en roep daai tekkielip.
Hoop dit help.
Groetnis.
Groete,
Koos de Beer
Post Reply