Boogjag skuilings
-
BoogJagter111p
- Full Member

- Posts: 191
- Joined: Sat May 05, 2012 12:07 am
Boogjag skuilings
Goeienaand aan almal,
Wil he julle moet julle kennis en ervaring met my deel vanaand. Ek was laasjaar saam n vriendin op haar pa se plaas in die Alldays omgewing en gesien die oom was besig om boogskuilings op te rig. Na ek hom bietjie meer uitgevra het, blyk dit hy wil die plaas boogjag vriendelik maak en geweer jag tot die minimum beperk, maar nou ja tot daar is dit gelaat.
Kry laasweek toe die uitnodiging om na die skuilings te kom kyk en kritiek te lewer daarop voordat hy die plaas wil bemark as n boogjag plaas, maar my kennis strek net oor een jagseisoen met die boog en skiet dus baie te kort. Nou my volgende vrae is:
1. Afstande wat ideaal is om voer plek te maak of afstand van die waterkant af?
2. Watter opening verkies julle om uit te skiet? Regop smal gat/ vierkantige gat/ hoeveel loer gate/ wil jy uit die kant van die blind kan skiet?
3. Wat is die beste manier om die grootste hoeveelheid mensreuk binne die blind te hou?
4. Enige interessante dinge wat julle dalk al raak geloop het en moontlik aangebring kan word vir n geriefliker dag binne die blind?
5. Enige ander opmerkings in verband met blinds oprig sal waardeer word.
Het ek gese dat ek die blinds mag inwei deur bloed te trek as die geleentheid hom sou voordoen?
Dankie by voorbaat.
Groete
Manie

- henried
- Hero Member

- Posts: 2344
- Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm
Re: Boogjag skuilings
Ek kan niks laai nie, sal môre vir jou email stuur....
- henried
- Hero Member

- Posts: 2344
- Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm
Re: Boogjag skuilings
Skietgate

-
BoogJagter111p
- Full Member

- Posts: 191
- Joined: Sat May 05, 2012 12:07 am
Re: Boogjag skuilings
Dankie vir die fotos. Ek sien die meeste blinds het of seil of deurtjies voor die skietgate, hou julle dit toe en skuif oop as jy wil skiet of bly dit permanent oop sodat jy enigetyd kan skiet?
- Gerhard
- Hero Member

- Posts: 7128
- Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm
Re: Boogjag skuilings
Ek het nog net ape, bobbejane en zebra's gehaad wat my binne in n hide gebust het omdat daar nie n gordyn voor die skiet gat is nie.
Ek verkies dit ook so.
Die grootste ding vir my is dat die hide se dak hoog genoeg moet wees.
Die hide binne groot genoeg is sodat n skut met gemak binne in die hide kan beweeg as die boog gespan is.
Die vloer van concrete is en dan n mat oor gegooi word...

- egenis
- Sr. Member

- Posts: 260
- Joined: Fri Nov 16, 2012 7:25 am
Re: Boogjag skuilings
Skiet gate/loer gate aan die kante is ook 'n wenner. As die wind verkeerd waai en daar is dan 'n trek deur die hide kan dit dalk bietjie pla.
Skietgate sal ek se moet nie te nou wees nie (kyk bietjie al die chip merke so aan die kante soos die ouens die hide stukkend skiet)
Matte is lekker - maak dit darem bietjie stiller maar is nie die einde van die wereld nie.
Die een plaas waar ons was het 'n plastiek drom effek gehad binne in die hide vir water afslaan.
Skietgate sal ek se moet nie te nou wees nie (kyk bietjie al die chip merke so aan die kante soos die ouens die hide stukkend skiet)
Matte is lekker - maak dit darem bietjie stiller maar is nie die einde van die wereld nie.
Die een plaas waar ons was het 'n plastiek drom effek gehad binne in die hide vir water afslaan.
- henried
- Hero Member

- Posts: 2344
- Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm
Re: Boogjag skuilings
Hierdie hide het gordyne voor die skiet gate, so jy kan die opening so klein maak soos wat jy gemaklik is. Vir my werk die deur net so goed, dit moet net loergate in hê.

Ek stem ook die skiet gate moet nie te klein wees nie.
Voer of sout moet so 20y van die hide wees.

- Wildjagter
- Sr. Member

- Posts: 264
- Joined: Mon Jan 14, 2013 9:28 am
Re: Boogjag skuilings
Hallo Manie.
Een ding wat ook handig vir my in n skuiling is, is plek om jou boog te hang. hakkie wat in n balk ingedraai is of so iets. dan is jou toerusting nie in die pad nie.
Verkieslik moet die deur na die die hide sommer aan die voorkant van die hide wees (kan waarna jy toe skiet) om minder lig inlaat te keer. kan dan sommer skietgat in die deur sny. een skietgat is vir my genoeg. kan dan net 2 vensters/loergate weerskante van die skietgat he om video te kan neem van 'tripod' af. wat lekker vir die loervensters werk is one way glass. dit al op n paar skuilings gesien en werk soos n bom.
Pasop vir te veel loergate. dit laat baie lig in en mens wil tog die skuiling so donker as moontlik hou om beweging binne die skuiling moeilik raak te sien. 2 voorste loergate en 1 langs elke kant is vir my voldoende (die 1 way glas help ook om bki lig uit te blok.
Hoop die raad help bietjie.

Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Boogjag skuilings
Die manne hierbo het reeds baie goeie en geldige punte gemaak. Al wat ek kan byvoeg is dat die stoel in die hide 'n stewige en gemaklike stoel moet wees, wat nie raas as jy opstaan of gaan sit nie. Dit moet egter nie te gemaklik wees sodat dit jou kan toelaat om te slaap nie! In daai uur wat jy slaap, kom daar meer bokke in as in die ander 11 ure saam!
Daai plastiek kerksaal stoele werk nogal lekker, spuit hom net gereeld met cillicon spray op die kontakpunte sodat hy nie kraak nie!

Aim small, miss small
- henried
- Hero Member

- Posts: 2344
- Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm
Re: Boogjag skuilings
Boog wat hang in hide.

- egenis
- Sr. Member

- Posts: 260
- Joined: Fri Nov 16, 2012 7:25 am
Re: Boogjag skuilings
Wildjagter wrote: is plek om jou boog te hang. hakkie wat in n balk ingedraai is of so iets. dan is jou toerusting nie in die pad nie.
Vergeet van die! Ja dit is 'n moet. Nie net een nie - maar twee of meer - sit nie altyd alleen in hide nie...
-
BoogJagter111p
- Full Member

- Posts: 191
- Joined: Sat May 05, 2012 12:07 am
Re: Boogjag skuilings
Baie dankie vir die goeie terugvoer en raad! sal n lys maak en saamvat dat ek soos n kenner kan lyk! 
Nog n vraag:
1. Wat is julle gevoel oor kos/drinkgoed in die hide?
2. Ek sien ook meeste van die hides in die fotos staan onder bome, is dit slegs vir koelte of probeer jy by die natuur inpas met jou bousteil van blinds?
3. Hoe lank voor die jagseisoen begin julle voer uitsit om diere gewoond te maak of sal julle slegs op die dag van jag voer uitsit?
Dankie en ek luister weer.
Nog n vraag:
1. Wat is julle gevoel oor kos/drinkgoed in die hide?
2. Ek sien ook meeste van die hides in die fotos staan onder bome, is dit slegs vir koelte of probeer jy by die natuur inpas met jou bousteil van blinds?
3. Hoe lank voor die jagseisoen begin julle voer uitsit om diere gewoond te maak of sal julle slegs op die dag van jag voer uitsit?
Dankie en ek luister weer.
- henried
- Hero Member

- Posts: 2344
- Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm
Re: Boogjag skuilings
Ek sit van 5:45 to 18:00 in die hide, dus vat ek my kos en drinkgoed saam vir die dag.
Daar is baie ander faktore soos, wind rigting, en die hide se posisie tov die son, dit alles bepaal waar jy jou hide gaan bou.
Ek stoei nou al vir amper 'n jaar met 'n hide...
Ek het eers vir 'n plek gesoek waar dit gelyk het of die dier daar deur loop, voet paatjies, of hulle daar slaap. Ek het 'n Spypoint kamer op gesit om dit te bevestig. Daarna het ek 'n sout blok daar gesit, saam met 'n feeder. Die feeder het 4 keer 'n dag vir 2 sekonder gedraai, dit werk uit op so 1kg mielies 'n dag. Binne 'n maand was ek baie in my noppies, dit was Sept. Daar was tot 15 takbokke op 'n slag by die plek.
Toe bou ek hide, en toe reën dit, tans is ek gelukkig as ek 4 takbokke 'n week sien by die hide. Daar is net so baie kos in die veld dat hulle nie meer kom eet nie...
Location, Location, Location.......

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Boogjag skuilings
Ek sit ook soos Henried van donker tot donker, so ek vat kos en koeldrank vir die hele dag saam. Probeer dat jou hide se skietvenster noord of suid wys, anders gaan die son op 'n staduim daar inskyn of dit gaan in jou oë wees as jy skiet! Die plaas waar ek skiet, sit heeljaar kos uit. Hulle het sulke oulike selffeeders gekoop wat met timers werk en elke uur 'n handvol mielies uitgooi! Dit werk goed en kos so R800 stuk!
Aim small, miss small
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Boogjag skuilings
Hierdie lyk darem vreeslik baie soos die ou "Riet-hide" op Boesmanskop! Die heel onderste foto lyk ook vir my baie soos Boesmanskop se nuwe hides...!henried wrote:
Aim small, miss small
- henried
- Hero Member

- Posts: 2344
- Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm
Re: Boogjag skuilings
Jy is reg dit is hulle. Ek is mal oor daai ronde hides van Wynand, dink hy het daai tyd gesê dit kos hom so R1000 een.Eugene wrote:Hierdie lyk darem vreeslik baie soos die ou "Riet-hide" op Boesmanskop! Die heel onderste foto lyk ook vir my baie soos Boesmanskop se nuwe hides...!henried wrote:
Die Riet hide, het my verbaas, lyk nie so goed nie maar werk. Dit was soos 'n dieretuin om my, sy skote was daai tyd net te ver gewees, die grafsteen hide het my beter gepas en ek het lekker uit hom geskiet.
- Fish 2 Hunt
- Newbie

- Posts: 30
- Joined: Mon Jan 14, 2013 1:29 pm
Re: Boogjag skuilings
Jammer ek kom n bietjie laat in, meeste ouens oefen op 20 m of jaarts en is dit amper die die algemene afstand na die mid punt van n krip of voerbak. 25 is nog aanvaarbaar vir baie jagters.
Geen materiaal wat jy gebruik om n blind te bou gaan jou reuk in die blind hou nie.
Ek verkies 1 skietgat 15cm breed en 40 - 50 cm hoog(as hy voor in die deur is nog beter) en 2 kleinerige loer/video gate 15x5cm voor, loergate moet laag genoeg wees sodat jy nie aanhoudend hoef op te staan om buite te sien nie, jy kan dan kies watterkant om te sit en as daar 2 manne is dek jy 4 rigtings uit die blind. 2 kant skietgate moet verkieslik kan toemaak om lig in die blind so min as moontlik te hou en word ook as kant loergate gebruik. Spandeer n tydtjie in die blind en bedink die senarios en kyk en oorweeg die skiet en kyk areas.
Om skietgate mee toe te maak werk seil of skadunet die beste. 2 dele, 1bo en 1 onder soos in die ronde groen blind werk baie mooi. Dan sit ek sommer my videokamera onder die onderste gordyn deur. Onderkant vd skietgat moet nie te hoog wees nie, my skietgate maak ek max 1.2m vd grond af aan die onderkant vd skietgat en dan 40 -50 cm hoog, op 'n blind wat op grondvlak staan, ek is net 1,72 m en skiet nog oor my video kamera ook wat net oor die onderkant vd skietgat loer. Skietgate word baie raak geskiet aan die onderkant veral uit elivated blinds.
As die blind reg geplaas is vir die heersende winde gaan diere agter die blind jou elkgeval ruik of jy hulle kan sien of nie dus is agterste gate oorbodig en gaan net onnodig lig inlaat
2 Booghakke is n moet, as jy hom kan rond skuif soos dit jou pas is nog beter.ek het altyd n spaar booghaak en n stukkie tou in my jagsak. n klein rakkie langs die stoel vir rangefinder, boek, foon, kos, water ens. Is baie nice, dan soek jy nie rond nie en niks word raak getrap of rond geskop as jy rond beweeg nie. sal kyk of ek 'n foto of 2 vd rakkies kan neem die naweek

Last edited by Fish 2 Hunt on Tue Feb 19, 2013 5:10 pm, edited 1 time in total.
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Boogjag skuilings
Iets wat ek agterkom het wat lekker werk vir 'n booghak, is daai plastiek biltonghakkies wat jy by Crown of FreddyH koop. Hulle raas nie soos metaalhakkies as jy jou boog afhaal of opsit nie en is lig en goedkoop! Ek het altyd 'n paar in my jagsak vir indien die hide nie 'n hak het nie!
Aim small, miss small
-
Christo J
- Full Member

- Posts: 184
- Joined: Sun Sep 11, 2011 7:04 pm
Re: Boogjag skuilings
Hallo Manie.
Die insette wat die manne hierbo neer gesit het is van onskatbare waarde vir n suksesvolle boog jag plaas. Ek hoop nie ek kom in die moeilikheid nie maar ek sal graag wil he jy moet hierdie vraag ook op ons boojagforum plaas, www.anchorpoint.co.za. Daar gaan almal leer uit jou vraag en ek is seker die manne daar sal ook vir jou waardevolle inligting kan gee. Van die manne hier is ook deel van daai klomp narre:-)

lechwe
- Jr. Member

- Posts: 89
- Joined: Sat Aug 04, 2012 12:39 pm
Re: Boogjag skuilings
Henry, ek sien jou boog is uit n braai rooster gebou....!! Grap net, ek het nou hides gebou, hulle is rond en 3 meter in deursnit. Twee meter hoog met n sement vloer. Die ander belangrike deel is dat die hide moet donker aan die binnekant wees. My hides is swart geverf aan die binnekant. Obviously met die sement muur maak dit hom ook redelik kland en reuk dig. Werk goed..!!
Gaan weer oor n week plaas toe, sal hopelik dan n paar foto's kan neem en plaas.
Gaan weer oor n week plaas toe, sal hopelik dan n paar foto's kan neem en plaas.
-
BoogJagter111p
- Full Member

- Posts: 191
- Joined: Sat May 05, 2012 12:07 am
Re: Boogjag skuilings
Dankie vir nuwe opmerkings en voorstelle, as daar nog is kan julle maar opsit ek luister graag.
Groete
Christo ek sien die webbladsy is dood, is dit tydelik of permanent? Gaan julle omgee as ek dit daar ook plaas en dalk nog opinies kry?Christo J wrote: Ek hoop nie ek kom in die moeilikheid nie maar ek sal graag wil he jy moet hierdie vraag ook op ons boojagforum plaas, http://www.anchorpoint.co.za. Daar gaan almal leer uit jou vraag en ek is seker die manne daar sal ook vir jou waardevolle inligting kan gee. Van die manne hier is ook deel van daai klomp narre:-)
Groete
- egenis
- Sr. Member

- Posts: 260
- Joined: Fri Nov 16, 2012 7:25 am
Re: Boogjag skuilings
whachit!!! Ons het jou ip adres...Christo J wrote: daai klomp narre:-)
Lyk my hy is weer af vandag - ek kan weer nie inkom nie. DInk nie dis die site nie maar eerder routing of so iets op die servers.BoogJagter111p wrote:Dankie vir nuwe opmerkings en voorstelle, as daar nog is kan julle maar opsit ek luister graag.
Christo ek sien die webbladsy is dood, is dit tydelik of permanent? Gaan julle omgee as ek dit daar ook plaas en dalk nog opinies kry?Christo J wrote: Ek hoop nie ek kom in die moeilikheid nie maar ek sal graag wil he jy moet hierdie vraag ook op ons boojagforum plaas, http://www.anchorpoint.co.za. Daar gaan almal leer uit jou vraag en ek is seker die manne daar sal ook vir jou waardevolle inligting kan gee. Van die manne hier is ook deel van daai klomp narre:-)
Groete
-
Christo J
- Full Member

- Posts: 184
- Joined: Sun Sep 11, 2011 7:04 pm
Re: Boogjag skuilings
Boogjagter, slaan my dood met n nat veer. Ek weet wragtig nie hoekom daai webside dood is noudat ek jou verwys het nie. Byt asb vas ek glo hy gaan gou weer aan die gang wees... Jy moet asb daar ook plaas. Ons almal leer. En daai is amper net boogmanne, ek glo hulle insette sal ook insiggewend vir almal wees.