Paar vrae oor geweersmede....

User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3649
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: Paar vrae oor geweersmede....

Post by JPS »

Danie en Henk,

Ek mag heeltemal verkeerd wees maar met die nuwe wetgewing wat die oue vervang het ( nuwe is een wat Danie genoem het) het ek die idee dat daar 'n "loophole" in die wetgewing is dat enigiemand nou aan geweer kan werk (praat nou van bedding, blou, skroefdraad sny ens.) Nie enigiets wat nuwe lisensiering gaan benodig nie, Solank as die eienaar by is. Siende jy nie jou geweer kan laat oorbly by iemand wat nie geweersmit is nie - jou geweer moet onder jou toesig wees ten alle tye.

Maar ek kan ook weer heelemal verkeerd wees, dis maar hoe ek die wetgewing gelees het.

Mooiloop
JP
Last edited by JPS on Sun Feb 17, 2013 10:21 pm, edited 1 time in total.
Silent Hunting
Hero Member
Hero Member
Posts: 1224
Joined: Wed Jun 13, 2012 8:19 pm

Re: Paar vrae oor geweersmede....

Post by Silent Hunting »

JP,

Ek lees hom presies dieselfde. Sal we'l more terug voer kry van "geleerde" mense rakende dit. Hoop ons is reg. Wil nie ophou voor ek nog lekker aan die gang gekom het nie.

Henk
CZ 200 PCP, .22 Bruno, .222 BSA, 6mmSLR, 6.5SLR, 22-250 Howa, Paar 6.5 creeds, 9mm CZ P7, ens
E-mail: henk@silenthunter.co.za
Tel 0810185444
Facebook: Silent Hunter KD
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2152
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Paar vrae oor geweersmede....

Post by Koos Barnard »

Naandsê
Ek wil nie die geweersmede verdedig nie en stem saam dat daar 'n paar patete in Suid-Afrika is maar mense moet ook onthou dat hulle agter in die ry moet inval as hulle hul gewere inbring vir reparasies of enige custom werk. Ek ken 'n paar geweersmede en soms is dit bitter moeilik vir die mense om by skedule te hou weens die tipe custom werk wat gedoen moet word. Soms is dit selfs vir die geweersmid 'n geval van trial & error voor hy byvoorbeeld 'n pasmaakvisier absoluut reg het. En dan kom Jannie en Pietie tussenin en wil gou-gou weet hoe werk dit en hoe lank vat dat en wat sal jy voorstel moet ek hier of daar maak. So gaan daar soms baie ure se werk verlore. Glo my, ek het baie bygestaan waar 'n geweersmid se tyd ongelooflik gemors is deur kliënte wat net gou-gou dit of dat wil weet. Swak diens en swak maniere behoort nie geduld te word nie maar dink tog daaraan dat enige customwerk nie so maklik is soos om 'n oliefilter vir 'n motor uit te draai en in te draai nie.
Mooi loop
User avatar
Ralph Badenhorst
Hero Member
Hero Member
Posts: 869
Joined: Tue Nov 06, 2012 2:38 pm

Re: Paar vrae oor geweersmede....

Post by Ralph Badenhorst »

Eugene wrote:Dagsê manne!

Ek het Vrydag met 'n geweersmid se dame wat die foon beantwoord het, gepraat en hier is rofweg hoe die gesprek geloop het:

Ek: Middag ek wil graag navraag doen oor 'n sekere prosedure, doen julle XXXXX?
Sy: Ja ons doen dit, maar ons is vrek besig en sal jou eers in April kan help;
Ek: Ek het nog nooit voorheen so iets gedoen nie, kan jy of die geweersmid my bietjie inligting gee?
Sy: Wat wil jy weet (effens ongeduldig!)?
Ek: Hoeveel kos die prosedure omtrent?
Sy: R3500. (soos in PUNT!);
Ek: Yo, dis bietjie (drie keer!) meer as wat ek verwag het, kan jy dalk vir my verduidelik waarom dit so duur is, ek was onder die indruk dat dit 'n eenvoudige prosedure is?
Sy: Jy sal dit met die gunsmid moet bespreek, maar dit is baie werk en ons is baie besig;
Ek: Is die gunsmid dalk daar kan ek met hom gesels?
Sy: Nee.
Ek: Goed, hoe lank gaan dit omtrent neem?
Sy: MENEER, dit lyk vir my of jy daai tipe is wat ons gaan onder druk sit en dan sê ek eerder nou al vir jou dat osn te besig gaan wees vir jou!
Ek: Hoe sal ek julle onder druk sit as ek nie eers weet hoe lank dit ongeveer gaan vat nie? Kan jy vir my 'n ballpark aanduiding gee van hoe lank dit gaan vat? 2 weke, 6 weke, 6 maande?
Sy: Ek gaan eerder vir jou sê 3 maande, anders gaan jy my elke Vrydag bel en ons wil nie gedruk word op jobs nie!
Ek: Wat moet presies alles gedoen word dat dit so lank gaan vat?
Sy: Dit is hoekom ek eerder vir jou sê dat ons te besig is om jou te help, want jy gaan vir ons net pla!
Ek: Baie dankie vir jou moeite om my vra te beantwoord, ek sal julle nie die las oplê om van julle dienste te gebruik nie;
Sy: Gmffff! En plak die foon neer.

Het julle al sulke goed oorgekom? Ek het gehoor die mense is die beste, maar ek is nou nie eers meer lus om hulle weer te bel nie, wat nog van my geweer daar ingee?

Ek is nie 'n geweersmid nie, maar:
1. gaan my geweer regtig vir 3 maande elke dag aan gewerk word?
2. Ek skat die werk wat gedoen moet word is waarskynlik nie meer as 10 ure se aaneenlopende werk nie. Gaan daai 10 ure versprei word oor die 3 maande periode of gaan my geweer daar staan en na 3 maande en een week, word alles in een dag gedoen?
3. Waarom laat die mense dit altyd klink of hulle jou 'n guns doen, terwyl jy vir daai guns betaal?
4. Is ek onredelik om 'n redelike antwoord op my vrae t4e verwag en dat daar ten minste vir my met sekerheid gesê word oor die tydperk wat die werk gaan neem?

As daar enige geweersmede op die forum is, laat weet bietjie hoe julle werk, in batches of hoe, dat ons gewone ouens kan verstaan....
Goeie naand manne

Lyk my iemand moet die geweersmid naam red ;D - trek net julle been....

NB!!!! Die volgende is my eie opinie oor wapen-smede en kliente. Ek wys vinger na niemand op hierdie draad nie en deel graag my ondervinding so asb moet nie dink dis hoe ons handel nie.

Eugene, ek stem 100% saam met jou en elke persoon oor hierdie onderwerp. Ek sal paar van jou vrae probeer antwoord maar voel asb vry om met my te verskil. Geen kwaad sal gevoel word nie.

n Paar manne het genoem dat party wapen-smede te veel werk in neem - KORREK - ONS is self skuldig daar aan maar draai die tafel om en verstaan hoekom: wapensmede is ook besighede en moet aan die einde van die maand geld maak om die volgende maand sy deure oop te hou. Ons kan dit slegs regkry deur "running repairs" soos bv: skoefdraad sny, herblou werkie hier en daar, ringe en basise opsit ens.

Omdat ons wapenwinkel fokus op die handvervaardige wapens /Custom wapens is daar nou en dan n tydjie wat ons kan afstaan (terwyl die kolwe geolie is en droog word, of die cnc majiene moet kla sny ens.) probeer ons sulke "running repairs" indruk om vloeiende kapitaal te kan op bou, maar so baie kere het ons al ondervind dat die "vinnige werkie" kliente jou in die steek laat. Jy doen die werk en dan daag die klient eers oor 2 weke op om sy wapen te kom haal wat hy 2weke terug wou kla gehad het en nog erger hy kom haal sy wapen maar VERGEET sy beursie in die huis, koeg, skelmpie of by die bul-en-ram veiling.

My vraag is hoe moet jy as geweersmid daadie tyd se geld opmaak wat jy afgestaan het as die klient dan nie by sy woord bly om sy wapen te kom haal nie? Kon ek nie meskien n ander vinnige werkie gedoen het nie en iemand anders kon help nie? Die punt is ONS weet ook nie so daarom probeer ons so veel moontlik in neem met die hoop dat die kliente gaan opdaag en sy wapen kom haal, my betaal en ek my winkel deure kan oophou en n diens lewer aan ander.


LET WEL EK VERALGEMEEN NIE DIT IS BLOOT N VOORBEELD!! EK WEET JULLE JARACAL MANNE SAL BY JULLE WOORD BLY. Maar julle manne kan ook nie stry nie, as jy n besigheidsman is sal jy die verstrasie verstaan om n diens te lewer en die klient verdwyn net, dit gebeur elke dag...

Raakend die vraag oor bv: n spesifieke werk sal 10 ure aaneenlopend vat.

Byvoorbeeld:

Ons wil n goeie maar bekostigbare diens aan ons kliente verskaf. BV: ons kwoteer jou R3500 om die 10 ure werk te doen. As die klient dit aaneenlopend verwag werk ons teen R980 n uur so daarom versprei ons die 10 ure werk oor 2/3 dae om dit meer bekostigbaar te maak vir beide kante. Dus kan ons ook aan meer mense n diens lewer want i.p.v 1 kliente n dag kan ons aan 5 kliente se wapens werk oor 2/3 dae en hoop dat iemand meskien hul wapens gaan kom haal.

Ons werk tans op n sisteem waar ons elke dag van 7h00 tot 11h00 wapens herstel (skroefdrrad, herblou ens.) en dan van 12h00 tot 18h00 aan ons handvervaardige wapens fokus. So doende word ons dag mooi opgedeel om n diens te lewer aan alle klas van kliente.

Om terug te kom na die dame .

So 0.01% van my gevoel oor kliente stem saam met haar, die grootste verstrasie vir n wapensmid is as hy sy draaibank aanskakel om n kamer te sny wat hom 20min geneem het om op te lyn, center en clock dan dit af te skakel die telefoon optel en dan dit luister na oom piet platskiet wat net gou iets wil hoor... oor sy oupa se mauser wat n skroefie verloor het wat die zip vashou van sy geweersak.
daarom is my ma ons bestuurder, sonder haar sou niks gefunksioneer het in ons werkswinkel nie, as my pa die bestuurder was sou oom piet platskiet n pak petrone gekry het in plaas van die skoefie wat hy bestel het. ;D Die manne wat ons al gekontak het en met haar gepraat het sal weet dat sy graag onverskoning sal vra as my pa besig is en n boodskap sal neem sodat hy jou kan terug skakel.

Neem kennis: ek hoop en glo dat dit nie ons is waarvan Eugene praat nie ???

Ek gee graag terug voer op jou draad omdat ek voel ons as Ralph Badenhorst Wapensmede en ander wapensmede kan moontlik geraak word. Ek weet en stem saam dat mens nie die Naam wil bekend maak nie maar ek voel dat om iets te plaas soos "n vrou wat die telefoon beantwoord en ongeskik is met kliente" ons moontlik kan skade aanrig want my ma neem selfs die oproepe daagliks maar behandel al ons kliente met respek. Iemand mag hierdie dalk lees en n verkeerde afleiding maak dat dit moontlik ons kan wees want hulle het voorheen al met n dame (my ma) by ons winkel gepraat oor die telefoon .

Gelukkig weet al ons kliente dat sy nie haar engels meng met afrikaans terwyl sy met hulle praat nie ;D ;D

Weereens ek val niemand aan nie ek gebruik bloot die kans wat Eugene ons gegee het om ons doen en late te verduidelik as wapensmede.

Vriendelike groete

Ralph jr.
Last edited by Ralph Badenhorst on Sun Feb 17, 2013 10:46 pm, edited 1 time in total.
User avatar
Ralph Badenhorst
Hero Member
Hero Member
Posts: 869
Joined: Tue Nov 06, 2012 2:38 pm

Re: Paar vrae oor geweersmede....

Post by Ralph Badenhorst »

Koos Barnard wrote:Naandsê
Ek wil nie die geweersmede verdedig nie en stem saam dat daar 'n paar patete in Suid-Afrika is maar mense moet ook onthou dat hulle agter in die ry moet inval as hulle hul gewere inbring vir reparasies of enige custom werk. Ek ken 'n paar geweersmede en soms is dit bitter moeilik vir die mense om by skedule te hou weens die tipe custom werk wat gedoen moet word. Soms is dit selfs vir die geweersmid 'n geval van trial & error voor hy byvoorbeeld 'n pasmaakvisier absoluut reg het. En dan kom Jannie en Pietie tussenin en wil gou-gou weet hoe werk dit en hoe lank vat dat en wat sal jy voorstel moet ek hier of daar maak. So gaan daar soms baie ure se werk verlore. Glo my, ek het baie bygestaan waar 'n geweersmid se tyd ongelooflik gemors is deur kliënte wat net gou-gou dit of dat wil weet. Swak diens en swak maniere behoort nie geduld te word nie maar dink tog daaraan dat enige customwerk nie so maklik is soos om 'n oliefilter vir 'n motor uit te draai en in te draai nie.
Mooi loop
Stem saam Mnr.Barnard

Jy't my voorgespring met die post. ek tik al vir 2 ure en mnr slaan die spyker op die kop

Groete

Ralph
User avatar
rudib
Hero Member
Hero Member
Posts: 754
Joined: Wed Mar 14, 2012 7:31 am

Re: Paar vrae oor geweersmede....

Post by rudib »

Ek noem dit "Gunsmith's Syndrome". Dis seker die enigste beroep wat nie volgens n skedule kan werk nie. Meeste Gunsmiths doen jou mos n moerse guns as hulle jou help. Ek ken, en het al werk by BAIE gunsmiths laat doen, en 99% van hulle is nors en kortaf. Ek kry altyd die gevoel dat hulle klaar baie geld gemaak het en hulle gunsmithing is net n stokperdjie. Ek vra nooit vir spesiale pryse nie, net diens en regverdigheid.

As ek my kliente so moes behandel, sou ek sonder besigheid gesit het.
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Paar vrae oor geweersmede....

Post by BRNO (Pierre) »

Ek kan darrem ook hier aansluit en se dat ek al by vier verskillende geweersmede werk laat doen het, meestal klein goedjies, en oor die algemeen kan ek nie kla oor een van hulle se diens nie. Dit sluit in Chad van Arms, die manne by Safari, en ook LA Arms. Sommige van die manne kan hulle tyd neem, maar as ek reg onthou het almel by die datum gebly wat vooraf ooreengekom is op.
Tans is Thinus van Wyk by Formalito soos my gewere se huisdokter, en ek reken dat ek n lang pad met hom sal kan loop.
Veiligheid eerste manne!
User avatar
rudib
Hero Member
Hero Member
Posts: 754
Joined: Wed Mar 14, 2012 7:31 am

Re: Paar vrae oor geweersmede....

Post by rudib »

Stem saam Pierre. Thunis het werk gedoen aan my 375H&H. Goeie diens!!
THOMAST
Hero Member
Hero Member
Posts: 1892
Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am

Re: Paar vrae oor geweersmede....

Post by THOMAST »

Op 'n ligter noot:
Het hierdie kennisgewing eenkeer gesien by 'n geweersmid se werksplek-
Fooie
R350.00 per uur
R450.00 per uur as jy dophou
R600.00 per uur as jy help
Silent Hunting
Hero Member
Hero Member
Posts: 1224
Joined: Wed Jun 13, 2012 8:19 pm

Re: Paar vrae oor geweersmede....

Post by Silent Hunting »

THOMAST wrote:Op 'n ligter noot:
Het hierdie kennisgewing eenkeer gesien by 'n geweersmid se werksplek-
Fooie
R350.00 per uur
R450.00 per uur as jy dophou
R600.00 per uur as jy help

Dit klink vir my reg. As ek gevra word oor hoe lank dit vat om skroefdraad te sny, is my antwoord: 1 tot 6 uur. Hang af van hoeveel daar gesels word.

Glo dit is dan ook hoekom die manne baie "agter" raak.
CZ 200 PCP, .22 Bruno, .222 BSA, 6mmSLR, 6.5SLR, 22-250 Howa, Paar 6.5 creeds, 9mm CZ P7, ens
E-mail: henk@silenthunter.co.za
Tel 0810185444
Facebook: Silent Hunter KD
User avatar
Ralph Badenhorst
Hero Member
Hero Member
Posts: 869
Joined: Tue Nov 06, 2012 2:38 pm

Re: Paar vrae oor geweersmede....

Post by Ralph Badenhorst »

En R700 per uur as jy self aan dit probeer werk het.
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6971
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Paar vrae oor geweersmede....

Post by DWB »

Ralph, ek wou volgende week by jou pa gaan draai, maar o bloed, nou is ek in maai in ;D
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3649
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: Paar vrae oor geweersmede....

Post by JPS »

Bruno,

Doen ook al my werk nou by Tinus, hy kom seker bietjie kortaf voor maar met sy werk kon ek nog nie fout vind nie en die langste wat ek nog gewag het vir skroefdraad sny van hom af was so 4ure. En dan is dit slegs die dag voor ek kom met hom gereel. My laaste 2 wapends se aksies gebed en bietjie kein ander werk het 'n wek gevat to bel hy en se ek kan optel.

So waneer dit by vinigge efektiewe diens kom is Tinus heel bo aan my lys en ek kan glad nie kla oor sy werkmanskap nie. Ek weet wel nie of hy pasmaak wapens bou nie sal nog uitvind waneer ek my bou projekkie aanpak, of gaan ek net savage LRP koop........ Sal nog moet sien.

Mooiloop
JP
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Paar vrae oor geweersmede....

Post by BRNO (Pierre) »

JP, stem saam dat hy nie as die mees "oopste" mens voorkom wanneer jy hom die eerste keer ontmoet nie, maar ek is darrem nou al daar waar hy vir my ook vra "hoe gaan dit" oor die telefoon ;D ;D

Hy doen verseker pasmaak werk. Hy het juis n 300WSM wat hy voor my neus swaai, wat hy op n Brno aksie gebou het.

Al wat ek eindlik hier wou bydra was maar om saam met Ralph en oom Koos aan te sluit deur te se dat nie almal moegoes is nie. Maar as die ou n moegoe is, dan moet hy maar genoem word, en vas gevat word.
Veiligheid eerste manne!
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Paar vrae oor geweersmede....

Post by Eugene »

Koos Barnard wrote:Naandsê
Ek wil nie die geweersmede verdedig nie en stem saam dat daar 'n paar patete in Suid-Afrika is maar mense moet ook onthou dat hulle agter in die ry moet inval as hulle hul gewere inbring vir reparasies of enige custom werk. Ek ken 'n paar geweersmede en soms is dit bitter moeilik vir die mense om by skedule te hou weens die tipe custom werk wat gedoen moet word. Soms is dit selfs vir die geweersmid 'n geval van trial & error voor hy byvoorbeeld 'n pasmaakvisier absoluut reg het. En dan kom Jannie en Pietie tussenin en wil gou-gou weet hoe werk dit en hoe lank vat dat en wat sal jy voorstel moet ek hier of daar maak. So gaan daar soms baie ure se werk verlore. Glo my, ek het baie bygestaan waar 'n geweersmid se tyd ongelooflik gemors is deur kliënte wat net gou-gou dit of dat wil weet. Swak diens en swak maniere behoort nie geduld te word nie maar dink tog daaraan dat enige customwerk nie so maklik is soos om 'n oliefilter vir 'n motor uit te draai en in te draai nie.
Mooi loop
Oom Koos, ek hoor 100% wat oom sê en stem gedeeltelik saam. Maar, elke ou kan mos nie oor dieselfde kam geskeer word nie? Hoeveel tyd sal dit van 'n geweersmid of een van sy personeel vat om 'n mens se vra te beantwoord? Dan weet elke ou mos presies waar hy staan. Ek werk ook elke dag met mense en omdat ek al, byvoorbeeld 200+ egskeidings gedoen het, moet ek daarteen waak om nie net te aanvaar die huilende dametjie voor my, sal presies weet hoe die prosedure werk nie. Dit kos my ook tyd en geld om haar stap vir stap deur die prosedure te vat en al haar "stupid" vrae te beantwoord, maar dis tog wat dienslewering beteken! En as ek nie onmiddellik tyd het om dit te doen nie, omdat ek aan een of ander "VIP" se saak werk, dan maak ek vir haar 'n afspraak of een van my opgeleide personeel sal haar nommer vat en bel ek haar terug as ek klaar met die "VIP" se sakie is. Is dit onregverdig en onbillik om dieselfde van 'n geweersmid te verwag, of wil 'n geweersmid net professionele fooie vra, maar nie gebonde wees aan professionaliteit nie?

Ek het geen probleem as 'n geweersmid (of enige iemand anders wat 'n diens verrig!) vir my 'n "ball park" tydperk gee nie, ek doen dit ook met kliente en ek las altyd 'n paar dae of 'n week by, om seker te maak at ek betyds klaar is, omdat alles nie altyd in my hande is nie en omdat ek ook nie seker is van hoe lank alles kan neem nie. (Ek werk ook soms deurnag as ek vir 'n klient 'n tyd gegee het en MY beplanning SWAK was om nie die KLIENT te benadeel nie, maar dit sal ek NOOIT van 'n geweersmid verwag nie....) Maar om vir 'n voornemende klient te sê hy is lastig en gaan jou net pla, oor hy naastenby wil weet vir hoe lank hy nie gaan kan skiet met daai geweer nie, dis bietjie verregaande! Daar gaan altyd lastige mense wees, hulle is daar in elke sfeer van die lewe en almal wat al met mense gewerk het, weet dit!

As daai selfde geweersmid nou sy motor vir 'n diens of herstelwerk neem na my werkswinkel en ek weier om vir hom te sê hoe lank dit gaan neem en wanneer hy weer sy motor kan kry, gaan hy daarmee gelukkig wees?

Ek wil nie hare kloof nie, maar daar is 'n manier om dinge te doen en 'n manier om dit nie te doen nie...
Aim small, miss small
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Paar vrae oor geweersmede....

Post by BRNO (Pierre) »

Eugene, ek stem nogals baie saam met jou ook hier. Ek dink die ongeluk hiervan is dat jy as prokureur word vir konsultasies betaal/ of jy kan verseker n rekening gee vir die tyd wat aan konsultasies spandeer word, waar die geweersmid word per bedding/inlet/ wat ook al betaal, en nie vir n uur konsultasie oor die proses van hoe n geweer gebed word nie.
Veiligheid eerste manne!
Zack Benade

Re: Paar vrae oor geweersmede....

Post by Zack Benade »

Eugene

Ek hou baie van jou brief en stem volkome saam.
Professionaliteit is nie net die gunsmith gedeelte nie.
Glo my as 'n persoon onbeskof of kort-af is sal jy dit 100% verseker in sy werk ook sien. Sy vakmanskap op jou geweer sal hiervan getuig.

Kry 'n ander gunsmith wat jy kan vertrou en wat dieselfde dink en voel oor 'n saak as jy. Dis die goue reel.

Pierre---Glo my enige gunsmith sal sy konsultasie fooi ingewerk het op die prys. Dis waarom dit so duur geword het.
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Paar vrae oor geweersmede....

Post by Eugene »

Ralph, dit is nie julle waarvan ek praat nie! :)

Dankie ook vir jou antwoord, ek het gehoop dat jy sal reageer, want jy is, sover my kennis strek, die enigste geweersmit op die forum.

Sien ook asseblief my post na aanleiding van Oom Koos se post!

Ek het nie 'n aksie teen geweersmede nie, dit was maar die tweede keer in my lewe wat ek met 'n geweersmid te doene gekry het. Die optrede hier kon netsowel by 'n apteek, 'n motorhandelaar, prokureur of dokter gewees het en ek sou presies dieselfde gevoel het.

Ralph, ek wil graag 'n versoek rig en weet nie of dit haalbaar gaan wees nie, maar sal dit moontlik wees om 'n lys te maak van die algemeenste take wat deur 'n geweersmid gedoen word, met 'n geskatte tydsduur daarvan. Iemand het hierbo genoem dat dit omtrent 30min vat om die draaibank op te stel. Ek het dit nooit geweet nie, omdat ek nie kennis het met draaibanke nie. Ek dink bovermelde, sal ten minste die ouens op die forum, bietjie beter laat verstaan hoe lank seker take, wat ons dalk as maklik beskou, werklik neem. Ek bedoel nie hier pasmaak gewere bou en so aan nie, ek praat van die eenvoudiger goed, soos skroefdraad sny en visiere afsweet, ensovoorts!
Aim small, miss small
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Paar vrae oor geweersmede....

Post by BRNO (Pierre) »

Zack Benade wrote: Pierre---Glo my enige gunsmith sal sy konsultasie fooi ingewerk het op die prys. Dis waarom dit so duur geword het.
Miskien is dit juis hoekom dit so duur geword het. Verstaan my nie verkeerd nie, ek se nie die man moet/mag onbeskof en kort af wees nie, maar ek reken ook nie n smid kan dit bekostig om met elke klient n tyd lank gesels nie.

As ek weer vir Thinus as voorbeeld kan gebruik. Smid werk is al wat hy doen. Hy verkoop nie nog komponente ens. ens. nie. Dus moet hy smidwerk doen om geld te verdien. Ek het feitlik nog nooit daar opgedaag dat daar nie iemand by hom is nie. As hy mos nou met elke ou chit chat, gaan sy wagtyd ook verleng na twee weke in stede van 4 ure vir die sny van skoefdraad vir n KD, en in stede daarvan dat dit R600 kos, gaan dit R1000 kos, want nou moet hy betaal word vir konsultasie.
Veiligheid eerste manne!
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Paar vrae oor geweersmede....

Post by Eugene »

Ralph, dit is nie julle waarvan ek praat nie! :)

Dankie ook vir jou antwoord, ek het gehoop dat jy sal reageer, want jy is, sover my kennis strek, die enigste geweersmit op die forum.

Sien ook asseblief my post na aanleiding van Oom Koos se post!

Ek het nie 'n aksie teen geweersmede nie, dit was maar die tweede keer in my lewe wat ek met 'n geweersmid te doene gekry het. Die optrede hier kon netsowel by 'n apteek, 'n motorhandelaar, prokureur of dokter gewees het en ek sou presies dieselfde gevoel het.

Ralph, ek wil graag 'n versoek rig en weet nie of dit haalbaar gaan wees nie, maar sal dit moontlik wees om 'n lys te maak van die algemeenste take wat deur 'n geweersmid gedoen word, met 'n geskatte tydsduur daarvan. Iemand het hierbo genoem dat dit omtrent 30min vat om die draaibank op te stel. Ek het dit nooit geweet nie, omdat ek nie kennis het met draaibanke nie. Ek dink bovermelde, sal ten minste die ouens op die forum, bietjie beter laat verstaan hoe lank seker take, wat ons dalk as maklik beskou, werklik neem. Ek bedoel nie hier pasmaak gewere bou en so aan nie, ek praat van die eenvoudiger goed, soos skroefdraad sny en visiere afsweet, ensovoorts!
Aim small, miss small
Zack Benade

Re: Paar vrae oor geweersmede....

Post by Zack Benade »

Ralph
n Paar manne het genoem dat party wapen-smede te veel werk in neem - KORREK - ONS is self skuldig daar aan maar draai die tafel om en verstaan hoekom: wapensmede is ook besighede en moet aan die einde van die maand geld maak om die volgende maand sy deure oop te hou.
Ek het jou brief ook baie geniet. Soos met elke saam is daar twee kante. Dis goed om altwee se siennings te kry.
Ek wil egter 'n klip in die bos gooi en jou antwoord hoor hierop.

Die persoon wat 'n aansoek doen vir 'n wapen wag maande selfs jare vir 'n lisensie. Na hierdie onteindige wag, as hy sy lisensie kry wil hy graag die wapen gaan afhaal en begin skiet. Hy besluit egter hy wil 'n kneldemper ophê en gee die wapen in by 'n geweersmid. Weer is daar 'n wagtydperk wat onbekend is want die geweersmid sal dit doen as hy tyd kry. Weer wag die persoon vir maande of jare?

In die bou bedryf is daar boetes vir werk wat laat gedoen word. Wat maak die Geweer bedryf anders? Die geweer eienaar vra 'n tyd waneer die werk klaar gedoen sal wees maar kry geen tyd of datum nie. Die geweersmid is egter gretig vir werk en neem ontvangs van die wapen wat by 'n ander geweersmid kon ingegee gewees het wat 'n datum sou verskaf. Miskien is dit tyd vir penaties vir werk wat nie betyds is nie!!
Alles kom neer op klientediens of laat ek eerder sê Goeie klientediens.

Die ander ding wat verkeerd is volgens my is dat 'n geweersmid aan tien wapens op een slag werk om tien kliente gelukkig te hou. Hierdie is 'n resep vir wanbeheer. Hierdie is die rede waarom daar so baie swak werk deurglip na die geweer eienaar. Hoeveel keer is daar gerugte dat parte omgeruil word deur 'n geweersmid. 'n Mens kan net sy aandag op een dig op 'n slag gee. Anders kan 'n geweersmid mos 'n telefoon antwoord as hy op 'n draaibank werk?

Sien my brief in 'n goeie lig. Ek bevraagteken nie jou besigheid of jou as persoon nie want ek ken jou nie. Ek sal graag wil hoor hoe jy as geweersmid hieroor voel.

Groete
Zack
User avatar
G-force
Hero Member
Hero Member
Posts: 2350
Joined: Wed Jul 20, 2011 6:31 pm

Re: Paar vrae oor geweersmede....

Post by G-force »

Manne elke besiheid is anders.Ek ken n geweersmid wat vannoggend 01h42 vir my n whatsapp gestuur het op n vraag wat ek hom vroer die aand gevra het.Vannoggend toe ek wakker word sien ek sy boodskap en die tyd.Vra hom toe wat maak hy so vroeg/laat toe se hy hy was besig om silencers te maak.Dit was sondagaand/maandag oggend.Van die ouens is baie baie besig.Ek stem saam dat die dame wat jou so kwaad gemaak het beter kon gedoen het.
Klein klein jakkalsies krap
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
User avatar
Ralph Badenhorst
Hero Member
Hero Member
Posts: 869
Joined: Tue Nov 06, 2012 2:38 pm

Re: Paar vrae oor geweersmede....

Post by Ralph Badenhorst »

Dagse manne

Dankie vir jullw terug voer! E baie dankie vir hierdie post! Ek sal die slaansak wees en sover moontlik vrae beantwoord. Zack ek verstaan heeltemal wat jy se en voel gladnie aangevat nie.

Ek is tans besig om olifante te soek wat gedart moet word en werk tans van my blackberry af. Ek sal aandag gee aan julle komentaar vanaand.

Weereens dankie vir jul terugvoer en ek hoop ons kan saam n paar probleme uitstryk op die forum.

Vriendelike groete

Ralph jr.
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Paar vrae oor geweersmede....

Post by Eugene »

BRNO .06 (Pierre) wrote:Eugene, ek stem nogals baie saam met jou ook hier. Ek dink die ongeluk hiervan is dat jy as prokureur word vir konsultasies betaal/ of jy kan verseker n rekening gee vir die tyd wat aan konsultasies spandeer word, waar die geweersmid word per bedding/inlet/ wat ook al betaal, en nie vir n uur konsultasie oor die proses van hoe n geweer gebed word nie.
Pierre as 'n geweersmid 'n ekstra tarief vir 'n 30min "konsultasie" by sy prys inwerk, is dit nie net goeie besigheid nie, maar ook goeie klientediens. As ek my geweer, wat ongeag sy waarde en maak - vir my baie belangrik en waardevol is, vir die eerste keer by 'n geweersmid moet afgee, wil ek darem met die geweersmid praat en hoor presies wat hy gaan doen en hoe lank dit gaan vat. Ek wil nie met sy vrou praat nie, sy gaan nie die werk doen nie en sy is nie die geweersmid nie!

Ek laat my nie vertel dat enige vuurwapeneienaar, wat nog te sê die manne met die Sako's, Steyer's en Sauer's, hulle wapens net by die "baas se vrou" gaan afgee, as hulle vir die eerste keer met 'n geweersmid werk doen nie.

Sê dan eerder vir my voor die tyd dat jy my vrae sal beantwoord, maar teen R500 'n uur, dan weet ons waar ons staan met mekaar! Moenie my ignoreer en/of vermy en dan na die tyd sê jy word nie daarvoor betaal nie....
Aim small, miss small
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Paar vrae oor geweersmede....

Post by Eugene »

Ralph Badenhorst wrote:Dagse manne

Dankie vir jullw terug voer! E baie dankie vir hierdie post! Ek sal die slaansak wees en sover moontlik vrae beantwoord. Zack ek verstaan heeltemal wat jy se en voel gladnie aangevat nie.

Ralph jr.
Jy is nie ons slaansak nie, Ralph! :) Jy is ons enigste bron van inligting uit die geweersmit geledere en ons waardeer jou insette! Dit is waarom ek van die begin af gevra het vir 'n geweersmid se terugvoer, sodat 'n ou altwee kante kan hoor!

Hierdie tipe gesprekke kan baie help om kommunikasiegapings en misverstande tussen geweereienaars en geweersmede uit die weg te ruim! Wel ek hoop so.... ;)
Aim small, miss small
Post Reply