Ek het ook op die forum gespring, en eers nou uitgevind ek moet my eers bekendstel
Ek is n siviele kontrakteur in die Mosselbaai area. Jag van kleintyd, het wintermaande gevrek in Sutherland distrik waar ons steenbok, duiker en ribbok gejag het. Kon net .22 hanteer maar het genoeg geskiet. Nou is ek deel van n jaggroep van so 10 manne wat al sowat 20 jaar elke jaar saam jag. Ons is biltong jagters, maar het intussen geleer dat wildsvleis beter gebruike het as net biltong maak. Jag hoofsaaklik koedoe,bosbok en springbok, maar het al bosvark, blesbok, klipbok,grysbok geskiet.
Ons jag hoofsaaklik in Willowmore,Steytlerville area en verkies die meer primitiewe verblyf, kamp selfs van tyd tot tyd, Kinders vrek oor kamp,seun en oudste meisiekind gaan die jaar hulle eerste springbok skiet.
Wapens tot beskikking .22 Hornet, 303 en 7 x 64
Jammer, nog rookie wat forum spring
-
Herman Ferreira
- Newbie

- Posts: 10
- Joined: Thu Feb 14, 2013 7:54 pm
- Louis Kriel
- Hero Member

- Posts: 1980
- Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm
Re: Jammer, nog rookie wat forum spring
Welkom Herman, ek is mal oor die plek waar jy bly en ook die plekke waar jy jag (Willowmore).
-
mariusr
- Hero Member

- Posts: 2995
- Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am
Re: Jammer, nog rookie wat forum spring
Baie welkom Herman! Jy sal dit geniet hier!
Groete
Marius
Groete
Marius
- Marc
- Hero Member

- Posts: 5966
- Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm
Re: Jammer, nog rookie wat forum spring
Baie Welkom
Jy mag maar aanhou jouself geniet hier saam ons
Mooi loop
Marc
Ps hoe lyk die takbok pryse daar op die oomblik
Jy mag maar aanhou jouself geniet hier saam ons
Mooi loop
Marc
Ps hoe lyk die takbok pryse daar op die oomblik
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner