Ek het so 'n ruk terug hierdie resep in 'n Weg of Wegry tydskrif gesien en toe probeer.
Fantasties saam met braaivleis om 'n lekker kampvuur, met 'n naguiltjie wat so nou en dan
van hom laat hoor!
Bestanddele (vir 10 mense):
500gr rou stampmielies of 6 koppies gaar stampmielies.
2 groot uie (gekap)
200gr spek
250gr knopiesampioene (gekerf)
1 koppie room
1/2 koppie mayonaise
1 pakkie sampioensoppoeier
1/2 koppie gerasperde cheddarkaas
Sout en peper na smaak
Metode:
Kook stampmielies totdat dit sag is (volg maar metode op pakkie)
Braai uie, spek en sampioene in platboompot tot gaar.
Voeg room, mayonaise en soppoeier by en roer deeglik deur.
Gooi nou stampmielies by en roer weer deeglik.
Geur nou met sout en peper, en gooi dan kaas bo-oor.
Haal nou die pot van die kole af en laat staan vir so 30 minute sodat stampmielies die vog kan absorbeer.
Laat waai, Meraai!
Stampmieliegereg
- PaulM
- Hero Member

- Posts: 881
- Joined: Mon Jul 09, 2012 8:48 pm
Stampmieliegereg
PaulM
Soos ons vadere vertrou het,
Leer ook ons vertrou, o Heer.
Met ons land en met ons nasie
Sal dit wel wees, God regeer.
Soos ons vadere vertrou het,
Leer ook ons vertrou, o Heer.
Met ons land en met ons nasie
Sal dit wel wees, God regeer.
-
mariusr
- Hero Member

- Posts: 2995
- Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am
Re: Stampmieliegereg
Dit klink nou wragtig baie lekker!!
- egenis
- Sr. Member

- Posts: 260
- Joined: Fri Nov 16, 2012 7:25 am
Re: Stampmieliegereg
Water my bek nou!!
PSE DNA 70# en skerp knipmes.
http://www.stealthadventures.co.za
http://www.stealthadventures.co.za
- grumpy
- Hero Member

- Posts: 2772
- Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am
Re: Stampmieliegereg
Ek het die gereg vandag probeer en moet se dis baie lekker. Moes die res in die oond gaan weg steek anders het die kinders dit klaar gemaak!!!
Julle kan hom gerus probeer.
Julle kan hom gerus probeer.
- Marc
- Hero Member

- Posts: 5966
- Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm
Re: Stampmieliegereg
Nou die sal mooi loop saam met 'n filletjie, gaan hom print en probeer. As ou Grompot sy stamp op iets sit, MOET dit die moeite werd wees 
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
- grumpy
- Hero Member

- Posts: 2772
- Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am
Re: Stampmieliegereg
Dit was regtig lekker. Ek kwyl nou soos n dier met hondsdolheid!!
Marc, ja, as ek iets probeer en dis lekker gee ek my stamp of aproval!!
JY ken mos my punt!!
Oom Pine, lyk my ons dink dieselfde as ons kos maak. die manne moet maar nooi wat die resepte opsit sodat ek my " stamp of aproval" kan gee na die eet sessie. Daar moet net genoeg wees want ek is mos n groot seun en eet gesond!!
Marc, ja, as ek iets probeer en dis lekker gee ek my stamp of aproval!!
JY ken mos my punt!!
Oom Pine, lyk my ons dink dieselfde as ons kos maak. die manne moet maar nooi wat die resepte opsit sodat ek my " stamp of aproval" kan gee na die eet sessie. Daar moet net genoeg wees want ek is mos n groot seun en eet gesond!!
