Tinnitus
- Gerhard
- Hero Member

- Posts: 7128
- Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm
Tinnitus
Wie sukkel met Tinnitus?
Daai permanente sonbeesie geskree inni ore?
http://en.wikipedia.org/wiki/Tinnitus
Na Saterdag aand se harde mesiek by n verjaarsdag party is my ore weer kwaai aan die sing soveel so dat ek sukkel om te slaap...

- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5023
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: Tinnitus
Af en toe maar nie altyd nie.
As ek in 'n plek is waar daar harde musiek is hoor ek die musiek maar moet nie met my praat nie dan moet ek lip lees.

- spekieries
- Hero Member

- Posts: 1240
- Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm
Re: Tinnitus
Gerard
Ek was 'n mortieris by 1 SAI. In my prulle jeug was oorbeskerming nie aan die orde van die dag nie.
Die Sonbesies het daar begin sing en op universiteit het ek'n oudioloog besoek wat dit akoestiese trauma genoem het.
By plekke met agtergrond geraas kan ek nie 'n dooie woord hoor nie. In restaurante weet my vrou al sy moet antwoord. As die kelner sê "Enige iets anders." antwoord ek sommer " Dankie die kos is lekker."
Sover ek weet is daar nie enige iets wat gedoen kan word vir die probleem nie. Indien wel, deel dit met ons asb.

Ek self het die probleem met agter grond geraas dat ek nie veel anders kan hoor nie.spekieries wrote:Gerard
Ek was 'n mortieris by 1 SAI. In my prulle jeug was oorbeskerming nie aan die orde van die dag nie.
Die Sonbesies het daar begin sing en op universiteit het ek'n oudioloog besoek wat dit akoestiese trauma genoem het.
By plekke met agtergrond geraas kan ek nie 'n dooie woord hoor nie. In restaurante weet my vrou al sy moet antwoord. As die kelner sê "Enige iets anders." antwoord ek sommer " Dankie die kos is lekker."
Sover ek weet is daar nie enige iets wat gedoen kan word vir die probleem nie. Indien wel, deel dit met ons asb.
Ek is self opsoek na moontlike behandeling.
Ek sal dalk maar n afspraak by n adioloog moet maak...
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Tinnitus
Al wat ek kan sê is "HOESê".
Die skade wat ons aan die gehoorsenuwee laat plaasvind het is permanent van aard. Die enigste dinge wat ons kan doen is om verdere skade te vermy (dra jou mowwe of proppe) en om gehoorstukke te kry.
Het al baie jare tinnitus en kan al goed lippe lees.

-
Beretta
- Hero Member

- Posts: 2954
- Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm
Re: Tinnitus
Manne
Dit is nou waar n knaldemper geen gelyke het nie jou eie ore. Ek is bevrees daar is niks wat vir jou gedoen kan word nie behalwe gehoor stukke. Dit word net erger en glad nie beter nie. Ek wens net hulle kan die tune verander maar dit kan ook nie gedoen word nie
Beretta
Dit is nou waar n knaldemper geen gelyke het nie jou eie ore. Ek is bevrees daar is niks wat vir jou gedoen kan word nie behalwe gehoor stukke. Dit word net erger en glad nie beter nie. Ek wens net hulle kan die tune verander maar dit kan ook nie gedoen word nie
Beretta
- Gerhard
- Hero Member

- Posts: 7128
- Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm
Re: Tinnitus
Die knaldempers werk mooi op my gewere.
Probleem is dat die skade klaar daar is en dit uiters frustreerend is, veral in die nag wanneer n man wil slaap.

- jaracal
- Administrator

- Posts: 1887
- Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm
Re: Tinnitus
Gerhard
Was te haastig een dag en sonder oor pluisies my 375 H&H lading ontwikkel en in gestel want ek het kliente gekry wat met die geweer moes skiet. Nou ja die aand het ek in die bed gele^ en agter gekom die sonbesies het my bed toe gevolg. Ek skiet nou met al my gewere met silencers op maar die skade was klaar gedoen. Gelukkig kan ek nog goed hoor (ek weet nie of my vrou daarmee saamstem nie)
maar ek pas my ore nou goed op.

Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
- Gerhard
- Hero Member

- Posts: 7128
- Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm
Re: Tinnitus
Hein,
Ja ek probeer maar geraas vermy en waarmoontlik is gehoor beskerming dra.
Ek sal nie op n skietbaan kom sonder oormowwe nie.
Die enigste geweer sonder n KD is my 375 en hy sal so bly ek jag redelik min met hom.
Maar soos nou na die naweek se mesiek betaal ek vir die paar ure se lekker daans.
Ja ek probeer maar geraas vermy en waarmoontlik is gehoor beskerming dra.
Ek sal nie op n skietbaan kom sonder oormowwe nie.
Die enigste geweer sonder n KD is my 375 en hy sal so bly ek jag redelik min met hom.
Maar soos nou na die naweek se mesiek betaal ek vir die paar ure se lekker daans.
-
Beretta
- Hero Member

- Posts: 2954
- Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm
Re: Tinnitus
Nog n groot probleem is sekondere skote soos bv as jy agter op die baan staan soder beskerming en praat met mense hou jou earmuffs altyd op jy gaan sukkel en jy sal later niks meer hoor nie GLO MY MAAR
Beretta
Beretta
- Fanta300
- Hero Member

- Posts: 3626
- Joined: Wed Jan 23, 2013 9:38 pm
Re: Tinnitus
Na vyf jaar in die SAP en 30 jaar in Eskom kragstasies sing my ore baie lekker. Het gehoorapperate gekry en moet sê dit help. Probleem is net hulle moet programeerbaar wees om net die frekwensies te versterk wat jy nie kan hoor nie, so hulle is taamlik duur. Kyk so tussen R20,000 en R30,000 vir 'n stel.
Wenk vir die jong manne: pas julle ore op!!
Fantie

- GERT vd M
- Hero Member

- Posts: 650
- Joined: Sat Apr 09, 2011 3:12 pm
Re: Tinnitus
Ek is 100% doof in my linker oor en daar is so plus minus 6o% gehoor oor in my regter oor en glo my
die gesuis is die ergste in die dowe oor. Ek het dit in beide ore(stereo) en ek weet waarvan die manne
praat wat dit het. Dra gehoor aparaat in regter oor wanneer dit nodig is(OUERIGE MODEL) maar die problleem
is dat die geraas ook harder deurkom. Ek sal bv. n motorfiets hoor wat baie ver is en nog steeds sukkel
om mense se stemme te VERSTAAN. Ek sal ook graag wil hoor as daar iets is wat kan help. Vir die manne
wat gehoor stelle het wil ek vra wat se make julle het en wat julle sal aanbeveel ( Iets wat my gaan laat hoor en
die geraas uitdoof)
Groetnis
Gert

THOMAST
- Hero Member

- Posts: 1892
- Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am
Re: Tinnitus
Ek kan nie eens 'n dassie se alarm roep hoor nie.
Moet ook nie met ny probeer praat in 'n besige area nie, dan moet ek ook lip lees.
39 jaar se skietery doen dit aan jou. Het so 'n ruk terug van daai Peltor se SportTac elektronies oormowwe gekry. Jy kan hulle harder stel om die pratery rondom jou te hoor, maar die skote klink of hulle van doer ver af kom. Hulle kom nie meer van my kop af terwyl ek op die baan is nie. Daar is mos altyd 'n skoot wat afgaan nes jy die goed van jou ore afhaal.
Maar die skade is reed gedoen, wil dit net nie erger maak nie. Dit klink gedurig soos Stellenbosch in die somer met al die sonbesies wat sing in my ore.

- LUAN
- Hero Member

- Posts: 3126
- Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am
Re: Tinnitus
Ek het ook die Peltor elektroniese mowwe. Moet hulle aangeskakel wees om beter beskerming te gee of kan ek hulle afsit en so skiet? Ek kom ook agter my linker oor sing bietjie meer deesdae maar verstaan nie hoekom want ek dra altyd mowwe op die baan.
-
THOMAST
- Hero Member

- Posts: 1892
- Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am
Re: Tinnitus
.303,ek het eers van daai plat grys Peltors gehad wat jy met 'n draai knoppie aan en af skakel. Die geneuk met hulle was dat wanneer ek vergeet het om hulle af te skakel, is die batterye pap die vogende keer as ek hulle wou gebruik. Die elektronika op die mowwe was ook nie so grênd nie: het sg. "clipping" gekry met hulle, maw hulle demp die klank nie vinnig genoeg nie en jou ore kry nog steeds skade.
Die nuwe SportTac modelle (het oranje en groen doppe wat jy kan omruil on voorkoms te verander) het beter elektronika en skakel self af na 'n tydperk as hulle nie gebruik word nie. Duur, maar ligjare beter as die ouer modelle.
"Ambient Noise" kan ook versterk word, so jy hoor beter met hulle op as sonder hulle, skote is nog steeds doer ander kant. Lekker vir die ou dowe ore van my.
Jy kan hulle maar afgeskakel hou as jy wou, maar dan het jy 'n baie duur stel gewone oormowwe
Jy moet miskien kyk dat die goed jou ore ordentlik toemaak, maw dat daar nie gapings is tussen jou kop en die sagte kussing van die oormowwe is nie.
Die nuwe SportTac modelle (het oranje en groen doppe wat jy kan omruil on voorkoms te verander) het beter elektronika en skakel self af na 'n tydperk as hulle nie gebruik word nie. Duur, maar ligjare beter as die ouer modelle.
"Ambient Noise" kan ook versterk word, so jy hoor beter met hulle op as sonder hulle, skote is nog steeds doer ander kant. Lekker vir die ou dowe ore van my.
Jy kan hulle maar afgeskakel hou as jy wou, maar dan het jy 'n baie duur stel gewone oormowwe
Jy moet miskien kyk dat die goed jou ore ordentlik toemaak, maw dat daar nie gapings is tussen jou kop en die sagte kussing van die oormowwe is nie.
- LUAN
- Hero Member

- Posts: 3126
- Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am
Re: Tinnitus
Ander ding wat gehoor verlies kan veroorsaak is medikasie. Sekere antibiotiekas het heirdie nagevolge en mens moet seker maak voor jy dit gebruik. Selfs aspirin kan die gevolg op n mens he.
- Born2Late
- Sr. Member

- Posts: 255
- Joined: Tue Oct 18, 2011 9:38 am
Re: Tinnitus
Hierdie jaar toe ek moes gaan vir my jaarlikse medies het ek die sonbesies duideliker gehoor.As hulle jou in daardie telefoonhokkie druk met oorfone op en jy moet die knoppie druk elke keer as jy n geluid hoor fluit my ore so ek kan amper niks hoor nie.n Workshop wat lawaai die hele dag vererger net die probleem.Dit is n ding wat jou stadig bekruip en dan skielik is dit te laat.
Pas daardie ore op!
Pas daardie ore op!