Remington vls 243
-
Lamtjop
- Hero Member

- Posts: 826
- Joined: Mon Apr 12, 2010 1:49 pm
Remington vls 243
Ek wil graag die manne se opinie hoor van die bg geweer in n 243, tov akuraatheid uit die box, ladings wat vir julle werk, ens. Ek lees dat die remington n drukknop onder die loop het en dat party ouens eers die loop moet heel float om goeie akkuraatheid te kry en ander manne sn skiet reg met die knop steeds daar.(Dis als op Jankee forums) So eintlik wil ek by Rem VLS 243 eienaars hoor wat is jul ondervinding met jou roer, is jy spyt of bly? Moenie Tikka,s of Savage bespreek nie, want dis nou te laat.
- Francois Marais
- Administrator

- Posts: 4042
- Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm
Re: Remington vls 243
Lamtjop
Ek het nie een nie, ma ken manne wat het, dit wat ek weet en gelees het, van die akkuraatste gewere van die rak af, goeie kopie, hy gaan jou groot klomp vreugde gee.
My 2c...............
As jy bietjie vasbyt gaan ek jou n lading gee wat in 99.9% van hulle soos n droom skiet, ongelukkig vir die 105gr A-Max punt, maar none the less.
Mooi loop
Francois

JOHANNIC
- Hero Member

- Posts: 725
- Joined: Tue Feb 16, 2010 6:25 pm
Re: Remington vls 243
Lamtjop
Een van my vriende wat saam veldskiet kompitiesies skiet het een van die vls rems.
Hy skiet die 88gr bergers,soos FM se hulle skiet bitter akkuraat,met min moeite,sal hom vra watse lading hy skiet,jy sal hom baie geniet!!!
Groete johan

Biebers
Need for speed
Need for speed
- Francois Marais
- Administrator

- Posts: 4042
- Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm
Re: Remington vls 243
Lamtjop
40 gr S365 op n 105gr A-max werk soos n droom in die meeste van hierdie gewere, maar beginne maar so by 38.5 en werk in halfgreine op, jy weet dis mos maar hoe die dinge gedoen moet word.
Mooi loop
Francois
40 gr S365 op n 105gr A-max werk soos n droom in die meeste van hierdie gewere, maar beginne maar so by 38.5 en werk in halfgreine op, jy weet dis mos maar hoe die dinge gedoen moet word.
Mooi loop
Francois
-
Lamtjop
- Hero Member

- Posts: 826
- Joined: Mon Apr 12, 2010 1:49 pm
Re: Remington vls 243
Dankie vir die insette, eks bly om te hoor die manne is tevrede met die vls 'n man wonder mos ma altyd of jy die regte besluit geneem het. Nou wag ek ma vir dir. Botma, hoop dis voor krismis. Ek jeuk al om scope te koop ma wag eers vir liksens. Ek het onder optics gevra oor Zeiss Duralyt, ma het toevallig laas naweek in skietwinkel kans gekry om self deur die 3-12x50 te kyk, baie baie duidelike beeld ek dink net so goed indien nie beter as die Swarovski Z6 wat ek ook na gekyk het nie. Toe kyk ek deur Lynx LX2 5-20x50 toe sien ek wat bedoel hul as hul praat van Field of View (FOV) die Zeiss sien ek amper die helfte van die gebou oorkant die straat, die Swarovski so bietjie kleiner en die Lynx net een venster raam dis so goed jy kyk deur 'n pyp. Ek moet ok nou s? dis my ervaring en deur die teleskoop sommer so uit die vuis uit vas te hou so enige ou mag van my verskil ek wil nou nie een ou so goed sleg maak nie. Die Zeiss kos toe ok nog 'n R1000 minder as die Lynx, gegee hy't n kleiner vergroting en nie verligte kruishaar nie. Ek het al 3 scopes op 10 vergroting vergelyk