Koedoe Bul gesoek

Post Reply
User avatar
grumpy
Hero Member
Hero Member
Posts: 2772
Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am

Koedoe Bul gesoek

Post by grumpy »

Ek soek n plek waar ek n mooi Koedoe Bulle is om te jag teen n redelike prys asb. Ek is in Gauteng en wil nie 10 ure ry om te gaan jag nie.

Redelike verblyf kostes ens. Ek soek nie plek met jacuzi en al daai goed nie want dan kan ek net sowel by die huis bly.

Dankie manne.

Kan maar pm stuur of epos. Ek sal dit regtig wardeer as iemand kan help.
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: Koedoe Bul gesoek

Post by mariusr »

grumpy lyk my jy soek meer as een koedoe bul want jou post is paar keer op?!!

groete
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Koedoe Bul gesoek

Post by Marc »

Liewe land Grompie, sommer n hele hand vol. jy gaan die Koedoe bulle behoorlik kilts een van die dae ;D ;D ;D

Sterkte met die finansiering maat ;)
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: Koedoe Bul gesoek

Post by mariusr »

Ja ek dink my ou vrou be dinges haar as ek met vier koedoe bulle by die huis kom ! Sy verwerk nog laasjaar se koedoe bul 54 1/4 duim een blouwildebees en ses rooibokke darem nie almal myne die seuns was ook saam!

Groete
User avatar
Johan22
Hero Member
Hero Member
Posts: 524
Joined: Mon May 07, 2012 8:07 am

Re: Koedoe Bul gesoek

Post by Johan22 »

Grump

Jy moet hierdie site gaan kyk
http://www.wheretohunt.net/index.php?nav=farms

Johan22
User avatar
Smiley
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 402
Joined: Sat Nov 17, 2012 2:36 pm

Re: Koedoe Bul gesoek

Post by Smiley »

Grumpy, Probeer Walter Tutja by 078 twee 07 5175, Koedoe bul 1- <45" R3400, >45" R4200. Ons groepie wat altyd daar saam jag het al mooies ge-oes daar. Slag geriewe en koelkamer. Mooi verblyf sommer lekker jagplaas. Hoop jy kom reg. Groetnis
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: Koedoe Bul gesoek

Post by mariusr »

Smiley dit klink baie mooi waar is die plaas en wat is die dagfooie!

Groete
User avatar
ou Bles - Gert
Full Member
Full Member
Posts: 179
Joined: Sat Sep 29, 2012 9:31 pm

Re: Koedoe Bul gesoek

Post by ou Bles - Gert »

Grumpy daar in Roodepoort is n oom George 0835449184 hy het n plaas in Thaba hy vra R1800 n kudu
User avatar
Smiley
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 402
Joined: Sat Nov 17, 2012 2:36 pm

Re: Koedoe Bul gesoek

Post by Smiley »

Marius, die plaas is naby Tolwe Limpopo, 1700ha. Dagfooie beloop R300 p jagter en R200 nie jagter, kinders onder 16 het ons nog nooit voor betaal nie. Baie Koedoe's en baie Elande, groot varke daar geskiet al, natuurlik rooibokke en Zebra's, net 'n paar Gemsbokke oor die poachers het hulle afgemaai met die honde.
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: Koedoe Bul gesoek

Post by mariusr »

Dankie Smiley het vir Walter in die hande gekry lyk vir my dis 'n swart komunitie plaas wat deur die swart gemeenskap beheer word! Die pryse klink goed en hy is al vol bespreek vir Mei maand! So jy was al daar en sal die plek aanbeveel!

Groete

Marius
User avatar
Smiley
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 402
Joined: Sat Nov 17, 2012 2:36 pm

Re: Koedoe Bul gesoek

Post by Smiley »

Marius, dis reg hulle besit verskeie plase daar en boer met beeste. Calmar is hulle jagplaas, ek het vir die afgelope vyf jaar daar gaan jag partykeer tot drie keer per jaar en kan dit regtig aanbeveel. Al die ouens wat daar is, praat Afrikaans vlot, help met die afslag, het 'n volledige slaghuis, John help met die ontbeen en saagwerk. Wat lekker is indien hulle bestellings vir varke en rooibokke het kan jy vir hulle skiet. Self al kudu's vir hulle ge-oes. Groetnis
Post Reply