Nadele van 'n knaldemper.

User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3137
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: Nadele van 'n knaldemper.

Post by Chevvy SS »

Hier op die forum wissel die pryse van KD's tussen R650 en R2 500.

Is die duurder een 4x beter?
Silent Hunting
Hero Member
Hero Member
Posts: 1224
Joined: Wed Jun 13, 2012 8:19 pm

Re: Nadele van 'n knaldemper.

Post by Silent Hunting »

Chevvy,

Kan nie dink dit is moontlik dat 1 4x beter as die volgende 1 is nie. Materiaal wat gebruik word maak wel 'n verskil aan die prys.

Verder glo ek kom dit maar op persoonlike smaak neer. Jy kry wel baie mense wat glo dat die duurder produkte beter is. Soos ek se, smaak.

My kds is baie goed geprys en ek het tot dusver nog net goeie reviews en terug voer gehad, maar dit beteken geensins dat almal skielik net my produk koop nie.

Het ook al baie gevind dat 'n sekere produk aanbeveel word as die beste, sonder dat enige ander soortgelyke produkte getoets was. Net soos koeels, party glo in Hornady, ander Sierra, ens.

Groete,

Henk
Post Reply