In die saal jag

Post Reply
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

In die saal jag

Post by FHM »

Nou-net n 'wat gaan aan en hoe gaan dit' oproep van my neef in Kuruman gehad. Noudat ons klaar op datum gekom het met familie en wat ookal sit ek nou en terugdink aan vroer-jare wat ons twee nie kon wag om uitnaweke en vakansies plaas toe te gaan nie.

Daar aangekom - perde opgesaal, slaapsakke, haelgeweer en .22 Hornet en ammo gegryp, paar beskuite en biltong en daar trek ons op die perde na die verste plaas-kampe toe.
Ek en die neef van my het baie keer in die saal gejag, van die perd af geskiet. Die 2 perde was mooi geleer en het mooi stil gestaan en nie rondgetrap of gespring na n skoot nie.

Ons het menige tarentaal / fisant / jakkals / steenbok / duiker so uit die saal geskiet - dit was regtig niks snaaks daai-tyd nie - was so normaal soos oor meisies te klets.

Hoeveel van julle het al so gejag en wat, en wie doen so iets dalk nogsteeds?

Of is dit iets wat uitgesterwe het? :(
Last edited by FHM on Wed Jan 23, 2013 2:24 pm, edited 1 time in total.
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
User avatar
Yalair
Hero Member
Hero Member
Posts: 917
Joined: Wed Dec 03, 2008 12:48 pm

Re: In die saal jag

Post by Yalair »

Het in ou Suidwes gemsbokke so gejag, het lekker naby gekom sal kyk ek moet nog foto of 2 he daarvan. Het so naby gekom dat jy kopskote uit die vuis kon skiet partykeer.

Groete

Ben
Dawie Malan
Hero Member
Hero Member
Posts: 841
Joined: Fri Aug 03, 2012 11:38 am

Re: In die saal jag

Post by Dawie Malan »

Het dit ook net gedoen toe ek 'n laaitie was. Met 'n Savage .22/410. Dit was baie pret, maar ek onthou dat jy dit nie sommer van enige perd af kon doen nie. Jy moet 'n perd gewoond maak aan 'n geweer anders gooi hy vir jou.

Groete

Dawie
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: In die saal jag

Post by Eugene »

FHM, ek het jarre terug 'n ou boerperd met die naam whiskey, by 'n probleemdierjagter gekoop. Ou Whiskey was klaarblyklik te oud om meer jakkalse vir 'n lewe te jag, maar hy was goed geleer en het sommer self gaan stilstaan as die tarentaal of fisant skielik opvlieg! Ek het baie tarentale, fisante en meerkatte met die 12br sbs van sy rug af geskiet en hy het nooit 'n beweging gemaak as die skoot klap of daarna nie....
Aim small, miss small
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: In die saal jag

Post by FHM »

Ben ja, ek het gehoor die grootmense gesels so in die aand om die vuur hoe hulle te perd gejag het en dat in die meerderheid gevalle die wildsbokke toegelaat het dat die jagter op n perd baie nader kan kom aan die wild as wat dit per voet of voertuig gedoen kon word. Dan is daar ook gese dat perde wat rondloop op die plaas veroorsaak dat die wild gewoond raak aan hulle - dis dan waar die veronderstelling uitloop, dat die ou garde kon nader kom en soos jy se - selfs suksesvolle kopskote uit die saal kon doen. Ek self het nooit die kans gehaad om enige wild groter as S/bok / Duiker uit die saal te jag nie - ek is seker ek het uitgemis met dit. Kyk of jy daai fotos kry - sal baie interressant wees.

Ja nee Dawie - ek het altyd so blou skimmel Arabier-merrie gevat vir die moerlanspan toe trips op die plaas, haar naam was 'Jana' onthou ek nog - ek en die merrie het mekaar verstaan hoor. My neef het altyd so bruin merrie gevat wat hy ook baie goed kon kalmeer en beheer - totdat sy dragtig geraak het een jaar - toe vat hy sommer een van die ander gewone ryperde wat nie aan die skote gewoond is nie. Eerste skoot wat ons skiet op n tarentaal toe koop my neef die helfte van sy pa se plaas en sy perd is stert in die lug met n paar ingerygte exhaust klanke oop en toe terug opstal toe. Ek het so gelag dat ek amper van my eie perd afged@nner het. ;D

Skoonpret dae daai toe laaities nog laaities was ! ;)
Last edited by FHM on Wed Jan 23, 2013 2:45 pm, edited 1 time in total.
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: In die saal jag

Post by FHM »

Eugene wrote: FHM, ek het jarre terug 'n ou boerperd met die naam whiskey, by 'n probleemdierjagter gekoop. Ou Whiskey was klaarblyklik te oud om meer jakkalse vir 'n lewe te jag, maar hy was goed geleer en het sommer self gaan stilstaan as die tarentaal of fisant skielik opvlieg! Ek het baie tarentale, fisante en meerkatte met die 12br sbs van sy rug af geskiet en hy het nooit 'n beweging gemaak as die skoot klap of daarna nie....
Ek weet presies wat jy bedoel ;) - die merrie wat ek altyd gery het 'Jana' het gaan staan sodra ek my geweer oorhaal, dan het sy haar oortjies so agtertoe gespits en gewag vir die 'boom'. Hel ek sal darem my linker een gee om weer op so perd-jag trip te kan gaan - maar ek dink ek sal nou uit die saal bleeksam - ek praat van 30 jaar terug wat ek laas op n perd was (perd hoor...nie 'merrie' nie...) :P
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: In die saal jag

Post by Eugene »

FHM, ek was Desember bietjie by 'n ou pel en ons het dit vir so 10 min ernstig oorweeg of ons nie bietjie vir 'n middag moet gaan perdry nie, maar die idee om vir 2 dae soos 'n cowboy te loop na die tyd het my bietjie afgeskrik, so ook die besef dat ek dalk hierdie keer kan seerkry as ek val....
Aim small, miss small
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: In die saal jag

Post by FHM »

Eugene wrote: FHM, ek was Desember bietjie by 'n ou pel en ons het dit vir so 10 min ernstig oorweeg of ons nie bietjie vir 'n middag moet gaan perdry nie, maar die idee om vir 2 dae soos 'n cowboy te loop na die tyd het my bietjie afgeskrik, so ook die besef dat ek dalk hierdie keer kan seerkry as ek val....
Jou bekommernisse dra gesekondeerde meriete... ;)
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
Daneel
Full Member
Full Member
Posts: 222
Joined: Mon May 21, 2012 4:13 pm

Re: In die saal jag

Post by Daneel »

Dagse Mr'e

Ek het ook Jare gelede op Aliwal Noord so gaans ens geskiet met .22.
Daai was nou nog lekker dae.
Ons raak ook maar almal ouer en moet maar versigtig wees vir seer val van n perd, bakkie of watookal.

Groete
Daneel
Howa 30.0kwes
Shoot to kill!
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: In die saal jag

Post by FHM »

161 Views en 8 replys en niemand doen so iets sover meer nie??? :o

Dit kan dan wees dat die manier van jag n baie klein getal byval en dus moontlik nie meer beoeffen word nie, of dalk net hier en daar. Dis jammer, ek dink die jong klomp van vandag en more mis geweldig uit. :(
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
User avatar
matewis
Hero Member
Hero Member
Posts: 1065
Joined: Thu Apr 12, 2012 10:52 am

Re: In die saal jag

Post by matewis »

'n Wonderlike voorreg inderdaad en goue tye om altyd te onthou.

Nie vir almal beskore nie, nie perde of plase word goedkoper nie!
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5022
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: In die saal jag

Post by Frederik »

Ek het al te perd baie naby aan wild gekom self op plase waar wild nog nooit 'n perd gesien het nie maar nog nooit van perd gejag nie ek het dit baie sterk oorweeg maar het nooit daarby uitgekom nie.  >:(
.22lr, 25-06, 7x57, 375 H&H, 458 Lott
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: In die saal jag

Post by Eugene »

FHM wrote: 161 Views en 8 replys en niemand doen so iets sover meer nie??? :o

Dit kan dan wees dat die manier van jag n baie klein getal byval en dus moontlik nie meer beoeffen word nie, of dalk net hier en daar. Dis jammer, ek dink die jong klomp van vandag en more mis geweldig uit. :(
Ek dink hier is dalk (161-8) 153 ouens wat nie kan perdry nie..... :angel:
Aim small, miss small
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: In die saal jag

Post by FHM »

Eugene wrote: Ek dink hier is dalk (161-8) 153 ouens wat nie kan perdry nie..... :angel:

Nie daaraan gedink nie - jy is moontlik reg ! ;)
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: In die saal jag

Post by Kalahari »

Ek het dit ook gedoen met .22 as kind, steenbokkie geskiet en in die veld lewer gebraai met suurlemoen en sout en die bok agter oor die saal gehang en later huis toe.
Ek is enigste seun so ek het egter nie iemand gehad om dit mee te deel nie, die tipe goed is maar alleen gedoen.
Nou se dae het ek nie meer perde nie en die lewe het seker te vinnig geword vir die perde :-\
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: In die saal jag

Post by FHM »

Kalahari wrote: Ek het dit ook gedoen met .22 as kind, steenbokkie geskiet en in die veld lewer gebraai met suurlemoen en sout en die bok agter oor die saal gehang en later huis toe.
Ek is enigste seun so ek het egter nie iemand gehad om dit mee te deel nie, die tipe goed is maar alleen gedoen.
Nou se dae het ek nie meer perde nie en die lewe het seker te vinnig geword vir die perde :-\
Ek het eendag so in die voorbrand afgery en net rustig gesit dat die perd net stap - was vroeg-oggend en die son het net begin breek - julle ken mos daai 15 minute as dit net begin lig raak en die gras is nog nat van die dou en die duiwe gaan in overdrive met hulle gekoer en di fisante doen wat hulle die beste doen - raas! en alles ruik so vars soos ouma se koolstoofbrood. :P

Nou terwyl ek so sit in die saal en ons rustig aanstap, sluip daar n rooikat so 30 m van my uit die voorbrand en toe hy my en die perd sien stop hy dadelik staan plankdwars en kyk vir ons. Die perd het ook dadelik gestop en so kyk ons drie toe vir mekaar so met die dagbreek. Ek het die haelgeweer mooi stadig van my skouer afgehaal, Jana (die merrie) spits haar oortjies terug en weet hkgk. Skiet toe die Rooikat daar in sy dnr in en klim af en beloer die afere.
Gewoonlik het Jana ook as ek wild geskiet het en agefklim het - saam my gestap en dan ruik sy die karkas so asof sy vir my wil se "ons het hom partner". Die keer het sy twee trie nader gegee en ten spyte van my geroep dat sy moet nader kom net daar bly staan - nek stryf en kop hoog - sy was nie gemaklik nie.

Dit was n woerse groot kat gewees en ek wou die manne by die plaashuis loop wys. Julle wat ken sal weet daai Noordkaap rooikatte raak groot, en die was n GROOT kat! Probeer toe vir kietsie oor die perd se rug gooi net agter die saal...Groot Fout!!! Daai merrie spring weg en boggelrug en skop en poep totdat daai kat doer trek. Sy gaan staan so entjie verder en gluur my aan met neusgate so groot soos n koffiebeker, kop wat op en af bok om haar misnoe te wys, en haar flanke wat dril soos sy bewe.
Daai dag het sy my 'mooi gese "moennie die fooken kat weer op my laai nie". Dis seker maar die reuk wat haar laat aap-stuipe kry het, want ek het al baie ander dooie diere so op haar rug agter die saal gelaai sonder dat sy n tantrum gegooi het.

Het maar later die middag vir die ou manne met die bakkie kom wys hoe lyk n woerse oorlede rooikat.  ;)
Last edited by FHM on Fri Jan 25, 2013 9:29 am, edited 1 time in total.
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: In die saal jag

Post by PWV »

Die horings van die koedoe op die foto het ek by my oupa, Pieter Willem Vorster gekry. Die inskripsie op die plaatjie lees soos volg:

Pieter Willem Vorster (23/6/1889 - 6/9/1970) se pa het hom en 'n maat (albei 17-jariges) gestuur om perde in die veld te gaan vang  -  elk met 'n toom in die hand.  Op pad terug kom hulle op hierdie koedoe af  -  'n groot lywige bul.  Hulle jaag hom totdat hy later flou is, trek weerskante van hom in en gryp hom aan die horings.  Hulle sak met hom grond toe en Pieter Willem sny sy keel af.  Dit was op die plaas Bloubosput (Postmasburg).

Dit het in 1906 gebeur.  Is dit uit die saal jag?
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: In die saal jag

Post by FHM »

Pieter Willem Vorster wrote: Die horings van die koedoe op die foto het ek by my oupa, Pieter Willem Vorster gekry. Die inskripsie op die plaatjie lees soos volg:

Pieter Willem Vorster (23/6/1889 - 6/9/1970) se pa het hom en 'n maat (albei 17-jariges) gestuur om perde in die veld te gaan vang  -  elk met 'n toom in die hand.  Op pad terug kom hulle op hierdie koedoe af  -  'n groot lywige bul.  Hulle jaag hom totdat hy later flou is, trek weerskante van hom in en gryp hom aan die horings.  Hulle sak met hom grond toe en Pieter Willem sny sy keel af.  Dit was op die plaas Bloubosput (Postmasburg).

Dit het in 1906 gebeur.  Is dit uit die saal jag?
Dis uit die saal jag se defeniessie Oom PWV!  ;D
Ek het ookal gehoor van 1 of 2 soortgelyke insidente daar in die Noorkaap - ander karakters daarso jong!
My wereld daai, ek hoop om eendag as ek aftree terug te keer, 'my roots' soos die Ingrish se ;)
Last edited by FHM on Fri Jan 25, 2013 9:43 am, edited 1 time in total.
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
Post Reply