Daar het laas week n man (naweek boer) my gebel om by hom te gaan skiet. Ek het die middag gou saam met hom deur sy veld gery sodat ek kan sien waar staanplek is vir die aand, want hy sou nie die aand daar gewees het nie. Die plaas is nie baie groot nie, so 500ha, met die plaas opstal reg in die middel. Daar is baie doringbome en maak ook die skietarea moeilik. Die eienaar se dat hy so week terug twee lammers (nog klein) verloor het en dat dit deur n jakkals gevang is, maar die lammers moes in die dag gevang gewees het, want hy jaag snags sy skape in n kraal in. Ek het die aand gaan roep, maar geen antwoord gekry nie en net bakoore gewaar.
Daardie aand het daar mense by die plaasopstal gekuier en die plek waarvandaan ek kon roep was nie verder as 1,5km nie. Kan dit wees dat jakkalse spore gemaak het omdat daar mense was daardie aand? Daar bly nie permanent mense by huis nie, slegs die voorman en sy familie. Ek het maar net gedink as die jakkals in die dag daar gevang het, moet hy tog daar of daar naby bly??
Het enige iemand al gevalle gehad waar jakkalse in die dag vang? Kan dit dalk iets anders wees? Hoe moet ek hierdie geval benader?
Danie
Jakkals vang in die dag??
- frinam
- Sr. Member

- Posts: 300
- Joined: Thu Mar 12, 2009 9:03 am
Re: Jakkals vang in die dag??
Danie, hul raak maklik so gerus dat hul bedags ook vang- al vele kere self ondervind op my plaas. Gewoonlik as skape saans in kraal slaap wat naby opstal is asook as jakkie een voet in slagyster verloor het, hul leer baie gou. Positiewe is, jy kry die sondaar baie maklik in die hande- stap saam met die skaap veld toe, gebruik wind reg en jy behoort die sondaar die eerste voormaiddag al te trap!!! Voorspoed!
Duitswes groete-Frinam
Duitswes groete-Frinam
Don't pick a fight with an old man. If he is too old to fight, He'll just kill you.
-
Danie01
- Hero Member

- Posts: 1591
- Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am
Re: Jakkals vang in die dag??
Frinam
Dankie, ek sal dit bietjie probeur.
Dankie, ek sal dit bietjie probeur.
- Namib
- Sr. Member

- Posts: 255
- Joined: Thu Mar 04, 2010 12:04 am
Re: Jakkals vang in die dag??
Hi Danie 01
Niel,so 2 weke trug bel n vriend my se ek moet kom help.Vertel toe hy die middag by die pos kom se die wagter vir hom dat jakkalse het groot skaap gevang.Toe hy op hulle af kom was die skaap al aan gevreet,maar wat intresant was is dat hulle sien toe vir die wagter kaans.(3 Jakkalse)Het laat middag uit gery,was net met donker op my plek.Als reg gekry nog nie geroep,dink kyk net gou of die ligte op gestel is.Jy sal nie glo nie,staan hy skuins voor die bakkie 160 m, nou ja toe sit ek sy water en ligte af.Draai gou in die ronte nog een agter my,hy laat spat.Sit toe so 20 min stil begin roep so 15 min later hier kom Mnr.sit toe sy water en ligte af.Die ander een het ek so 5 dae later gelaat les op se.
Johan vriend van my,skaap gekry wat gevang was. Ons by hom kom het die bloed nog nie eens gestol nie.Dit was 11:32 die oggend.
Ook by Johan met een gesukkel wat ek net na een die middag geskiet het.Hy was om trent by die skaap,dink nie hy was daar om hulle op te pas nie.
Ek en Niklaas kom een middag van die pos af,wie voor ons in die pad Mnr.Hy gee ons nie kaans om te skiet.Se vir hom ek sal hom more "vat".Die volgende middag, my roer, bakkie,4 Cokes.Staan toe aan die onder kant van die pad waar ons hom gekry het.Dit was so 5pm
net na 5.Geweer uitgehaal en coke oop gemaak toe ek op kyk kom draf mnr in die pad af na my toe.Skiet hom so 120 m voor die bakkie plat.So my ondervinding is hulle vag in die dag.Het al gesien/kry waar boere biae in die nag ry soos by ons vang hulle oggend,laat middag voor nag as daar nie gekraal word nie,as jy kraal vat hulle waneer die geleentheid daar is.By ouens wat kraal skiet jy makliker.
Groete
Niel

- Raven
- Hero Member

- Posts: 1910
- Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm
Re: Jakkals vang in die dag??
Ek stem met wat julle manne s?. Jak is 'n slim oppertunistiese jagter en hy pas aan by omstandighede. Dit is ook hoekom dit so interesant/uitdaging is om Jak te jag...
Verskoon maar die spelling
Raven
Verskoon maar die spelling
Raven
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
- Pule
- Newbie

- Posts: 22
- Joined: Sun Jan 31, 2010 3:11 pm
Re: Jakkals vang in die dag??
Hi Danie
Dit is niks nuuts dat die jakkalse in die dag vang nie. Dit gebeur oorals. Ons kraal ons skaap in die aande en het baie lammers deur die dag verloor (so 2 n week). Het 1 middag so 4pm by die skape om gery is so 4:30pm daar weg. Werker het net na 5pm die skaap gaan haal toe het jak n lam gevang. Het jak so paar nagte later gekry.
Groete
Pule

Winchester 220 Swift
Zastava 7*64
Zastava 7*64