luiperd in Pretoria noord!

Post Reply
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

luiperd in Pretoria noord!

Post by mariusr »

Ek wou die nog met julle deel maar het toe vergeet!My neef het 'n stukkie grond in prt-noord teen die magaliesberg net voor de wildt navorsings stasie op die brits pad met paar bokkies ens op.Hulle sien desember dat die zebra vul weg is loop toe rond en soek kom toe op die luiperd spoor af en vars mis ek het self die foto gesien en lyk soos 'n groot mannetjie sal later die photo kry en vir julle post! Daar was toe ook wit en swart hare in die mis!Ek het ook self groot trop bobejane in die berg gekry net 15min buite prt noord kan jy glo!

Groete
Alvar
Full Member
Full Member
Posts: 160
Joined: Mon May 07, 2012 7:26 pm

Re: luiperd in Pretoria noord!

Post by Alvar »

Mense moet maar hul troeteldiere toesluit! :)
Dawie Malan
Hero Member
Hero Member
Posts: 843
Joined: Fri Aug 03, 2012 11:38 am

Re: luiperd in Pretoria noord!

Post by Dawie Malan »

Paar jaar terug is 'n luiperd op die N1 doodgery daar by die groot quarry naby Zambezi en daar is ook een in 'n woonstelblok geskiet in Sunnyside jare terug. Peter Hathaway Capstick het altyd die storie met oorgawe vertel.

Groete

Dawie
User avatar
Lourens Potgieter
Hero Member
Hero Member
Posts: 883
Joined: Fri Jun 15, 2012 10:07 am

Re: luiperd in Pretoria noord!

Post by Lourens Potgieter »

Die luiperd is darem entjie van my huis af.....en my katte speel nie....hy beter daar uitbly, daar is paar rowwe manne in die Noord.....en almal het .22's....behalwe ek!
Romeine 14:11 - "want daar staan geskrywe: "So seker as Ek lewe, sê die Here, voor my sal elke knie buig, en elke tong sal bely dat Ek God is."

Koedoe Hengelklub
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: luiperd in Pretoria noord!

Post by mariusr »

Ja ek onthou Dawie van altwee gevalle die laaste luiperd was erens in 'n woonstelblok vasgekeer nadat paar brakke verlore geraak het die polisie het die arm luiperd geskiet in die woonstelblok! Afrika is wild manne nie vir sussies!!!
User avatar
Evert
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 301
Joined: Wed Jan 19, 2011 4:39 pm

Re: luiperd in Pretoria noord!

Post by Evert »

Ekt al gehoor van die Luiperds in die Magaliesberge maar dankie nou is daar bewyse.

Ek het self al spore en ou vangste gekry in die Magalies naby Mooinooi nie gedink hulle sal tot in PTA wees nie
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: luiperd in Pretoria noord!

Post by Stefan764 »

Piet-Skiet wrote: Gelukig slaap my honde in die huis. Ek het mar besluit om die 303 se magasyn gelaai tehou veringeval die kat in my huis sou vasgekeer raak.
Piet jy dam nog nie 303 nodig gekry nie? ;D
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: luiperd in Pretoria noord!

Post by BLOK »

Self so jaar terug een oggend baie vroeg een gesien op die snelweg by Muldersdrift. Sommer so tussen daai plotte. Was nie so groot een nie maar steeds. Het gewonder of hy nie dalk van Krugersdorp Wildtuin se kant gekom het nie.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
kopskoot
Hero Member
Hero Member
Posts: 1112
Joined: Mon Jan 16, 2012 1:13 pm

Re: luiperd in Pretoria noord!

Post by kopskoot »

Piet-Skiet wrote:kan mar net hoop die klomp wat hier rondom my bly sal hom uitlos anders gan hulle met my tedoen kry.

Piet, lyk my Jy is DIE' man om te ken! Jy klink so vreesanjaend, glo nie eers jy't 'n 303 nodig nie :laugh:
Post Reply