Loop inbreek

Post Reply
User avatar
grumpy
Hero Member
Hero Member
Posts: 2772
Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am

Loop inbreek

Post by grumpy »

Ek het gaan soek en die topic is oud en het voorgestel ek begin n nuwe!

Ek lees gisteraand op van die Amerikaners se sites dat hulle nie n loop inbreek nie. Al wat hulle doen is skiet een skoot. Wag tot die loop koud is vir so 5 minute dan skiet hulle weer een. So gaan hulle aan tot so 20 skote geskiet is. Hulle maak ook net die loop ordentelik skoon met boreteck of so produk om die koper te verwyder. Hulle se ook dis die benchrest manne wat die loop inbreek.

Ek wil weet hoe die weermag hier en orals die lope inbreek?

Die manne daar oor die see se dit is BS! Hulle se jy moet net die loop goed skoon maak met ordenlike produk.

My vriend het n Howa en het nie die loop ingebreek nie. Hy skiet klein groeperings en het ook net sy loop skoon gemaak. Ek het hom nog gehelp metdie skoonmaak! Nou wat nou?

Het enige van julle manne al geskiet sonder om loop in te breek? Wat was julle bevindings?
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3528
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: Loop inbreek

Post by Armand Steenkamp »

Oom grompie,

Het ook nie my 243 se loop in gebreek nie. Hy skiet vir my heel aanvaarbaar


[img width=560 height=420]http://i1029.photobucket.com/albums/y35 ... aas099.jpg[/img]

3Skote op 100m

Groetnis
Hou die lood ini lug!
Tikka 3006Ackley
Howa 204 ruger
6.5x55Ackley
243Howa Varminter
357Taurus
303Br
.22Norinco
.38 Rossi
577/450 Martini
Brno .22Hornet
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3311
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Loop inbreek

Post by Christo »

Grumpy, ek het dit nog nooit vantevore gedoen met enige van my gewere nie. Toe ek die 338 gekoop het het ek besluit om dit wel te doen, al was dit net vir die ervaring daarvan.

Ek dink as jy n doelgemaakte geweer het en 3mm groeperings gaan skiet maak dit meer sin as met oor die toonbank gewere. Net my opinie daarvan.

Laasweek ook gepraat met Baboonstalker wat ook op die forum is en hy reken dat jy enige tyd 'n geweer se loop kan inbreek, selfs na 500 skote. Vir hom gaan dit oor die "skilfering" wat ontstaan tydens die maak proses en die koper en vuiligheid wat agter dit versamel en die skilfering dan vir altyd laat uitstaan. As jy dan inbreek en skoonmaak soos aanbeveel behoort die skilfering terug te le in hulle plek en die loop "glad" maak. Dit maak sin vir my, hoeveel dit vir gekoopte gewere beteken weet ek nie.

Die inbreek proses van my nuwe geweer was in elk gevsl saam met my seuns gedoen en dit was goeie tyd saam gespandeer. Ons sal maar later sien hoe lyk die groepe en weet of dit gewerk het.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
grumpy
Hero Member
Hero Member
Posts: 2772
Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am

Re: Loop inbreek

Post by grumpy »

Dit lyk my meeste van die mense begin net skiet sonder om die loop in te breek. Hulle laat net die loop goed af koel na elke skoot en as hy klaar is maak hy die loop net mooi goed skoon.

>:(
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Loop inbreek

Post by James Wilson »

grumpy wrote: Dit lyk my meeste van die mense begin net skiet sonder om die loop in te breek. Hulle laat net die loop goed af koel na elke skoot en as hy klaar is maak hy die loop net mooi goed skoon.

>:(
Grumpy, dit wat jy hier se is maar met nog n vorm van loop inbreek

Jy praat van n vriend met n Howa wat nie sy loop ongebreek het nie. Onthou Howa het n spesifieke manier waarop hulle voorstel hulle lope ingebreek moet word.

Jy se ook on jou skrywe dat dit die benchrest ouens is wat lope onbreek.  Grumpy, die benchrest ouens verstaan akuraatheid , die meeeste van die dinge wat op die forum gepraat word oor herlaai en groepering is dinge wat ons maar net by die benchrest manne gecopy het. Dus as die benchrest manne n loop inbreek, gaan ek dit virseker dit ook doen.

Kom ek maak nog n voorstel. Breek jou loop in. Kom ons se dit maak die loop nie meer akuraat nie, of ons kan nie meet dat dit die loop meer akuraat mak nie. Ons weet dalk nie. Wat ons wel weet, is om die loop in te breek, sal nie die loop minder akuraat maak nie. So hoekom die risko loop, breek die loop in. Dit is tog lekker en terwyl jy die loop onbreek leer jy sommer die nuwe geweeren sneller ken. Op die slegste is loop onbreek n lekker, verskoning om te gaan skiet met jou nuwe geweer.

Persoonlik sal ek nooit maar nooit n nuwe Loop skiet sonder om dit in te breek nie.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Loop inbreek

Post by PWV »

As jy "Varmint Al" google, kry jy die volgende wat hierdie ou se oor die inbreek van lope:

NEW BARREL BREAK IN.... There is so much black magic out there about breaking in a barrel, that I am not going to suggest any procedure. I will merely tell you what I do with a new barrel. I take the brand new barrel and use J-B on it. That's right, I clean and polish it with J-B before even firing the first round through it. I put a light coat of J-B on a patch and give the barrel about 50 strokes from end to end with it. Then I clean the J-B out with a couple of patches of Shooter's Choice MC#7. I dry the bore with 3 or 4 patches until it is completely dry. I carefully clean the chamber of J-B too. That's it, the barrel is broken in and I am ready to sight in, shoot some groups, and work up an accurate load.

Hoe voel julle hieroor?
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Loop inbreek

Post by BRNO (Pierre) »

James Wilson wrote: Jy praat van n vriend met n Howa wat nie sy loop ongebreek het nie. Onthou Howa het n spesifieke manier waarop hulle voorstel hulle lope ingebreek moet word.
James, ek het ook die vreeslike prosedure desien wat Howa voorstel, maar verlede jaar koop n vriend van my n Howa by Camdix, wat seker al die meeste Howas in RSA verkoop het, en hulle se vat die geweer en gaan skiet soveel jy wil. Vergeet van die inskiet prosedure, aangesien dit al moontlik in die fabriek geskiet is, definitief by die SABS ens.

My vrou se Savage kry ons hopelik binne kort by Safari, en een van die vrae wat ek die man daar sommer op video wil vra is: Moet die loop ingebreek word, en hoe moet dit gedoen word?

Oom Pieter, wat is die J-B waarna oom verwys? Whisky? ;D
Veiligheid eerste manne!
JohanP
Full Member
Full Member
Posts: 121
Joined: Mon Jul 30, 2012 8:52 am

Re: Loop inbreek

Post by JohanP »

Met my nuwe Howa het ek 20 patrone gekoop (moes in elk geval dopppe kry) en ek is skietbaan toe met die voorgestelde Howa Inbreek proses.
Een dag op die skietbaan, 20 skote, ñ sak vol ou 2x4 lappies en ge zerode teleskoop later is ek klaar met die prosedure en het ek nou ñ "ingebreekte" loop, of mens daaraan glo of nie .

Wat anders as skiet sou ek op die skietbaan gaan doen het? My vrou kon my voorgekeer het om gras te sny !!
Nou het ek net geskiet en skoon gemaak volgens iemand se aanbeveling.

Dit was regtig nie meer of minder moeite nie (maar ek weet nou hoe om ñ loop skoon te maak  ;D)

Maar dit is jou geweer, en jy kan seker daarmee doen wat jy wil.
Die bok op die ander kant van die loop stel nie belang of dit ingebreek is of nie..
.22 Hornet
.308 Musgrave
.375 Ruger
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Loop inbreek

Post by PWV »

BRNO .06 (Pierre) wrote:
Oom Pieter, wat is die J-B waarna oom verwys? Whisky? ;D
Mooi, man.  Jy is nog in die vakansiestemming! 8)
Chris Swart
Hero Member
Hero Member
Posts: 859
Joined: Fri May 18, 2012 7:49 am

Re: Loop inbreek

Post by Chris Swart »

JohanP wrote: Met my nuwe Howa het ek 20 patrone gekoop (moes in elk geval dopppe kry) en ek is skietbaan toe met die voorgestelde Howa Inbreek proses.
Een dag op die skietbaan, 20 skote, ñ sak vol ou 2x4 lappies en ge zerode teleskoop later is ek klaar met die prosedure en het ek nou ñ "ingebreekte" loop, of mens daaraan glo of nie .

Wat anders as skiet sou ek op die skietbaan gaan doen het? My vrou kon my voorgekeer het om gras te sny !!
Nou het ek net geskiet en skoon gemaak volgens iemand se aanbeveling.

Dit was regtig nie meer of minder moeite nie (maar ek weet nou hoe om ñ loop skoon te maak  ;D)

Maar dit is jou geweer, en jy kan seker daarmee doen wat jy wil.
Die bok op die ander kant van die loop stel nie belang of dit ingebreek is of nie..
Johan

Wat het jy gebruik om mee skoon te maak.
Ek weet Howa sê gebruik window cleaner, maar mens kry verskillende "window cleaners"

Ek vra omdat ek vir my howa lisensie wag, en ek is van plan om die moete te doen om in te breek, eerder as om later spyt te wees.

Groete
Alvar
Full Member
Full Member
Posts: 160
Joined: Mon May 07, 2012 7:26 pm

Re: Loop inbreek

Post by Alvar »

As ek dit reg verstaan is die window cleaner net om die olie laag uit die loop te kry, na jy die loop skoongemaak het. Enige window cleaner sal werk.
JohanP
Full Member
Full Member
Posts: 121
Joined: Mon Jul 30, 2012 8:52 am

Re: Loop inbreek

Post by JohanP »

Chris Swart wrote: Johan

Wat het jy gebruik om mee skoon te maak.
Ek weet Howa sê gebruik window cleaner, maar mens kry verskillende "window cleaners"

Ek vra omdat ek vir my howa lisensie wag, en ek is van plan om die moete te doen om in te breek, eerder as om later spyt te wees.

Groete
Ons maak baie duik toerusting vir suurstof gebruik skoon, daar mag geen teken of sprake olie in die toerusting wees nie en ons gebruik Clean Green, sommer onverdund. en CG werk soos ñ bom.

Ek het nog nooit so baie gemors uit ñ loop sien kom soos met die CG nie.
Ek het die CG nou as standaard skoonmaak in al my gewere.
Alle ou olie en aanpaksel verwyder die CG pragtig

Dis spot goedkoop, met die spuitkannetjie is dit baie bruikersvriendelik, en jou vrou sal mal wees oor jou bedagtheid om vir haar so smart skoonmaak ding te kry.
.22 Hornet
.308 Musgrave
.375 Ruger
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3124
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: Loop inbreek

Post by LUAN »

Ludwig wrote: Wat mens in werklikheid met loopinbreek doen, het niks met die loop regtig uit te waai nie, maar met die keel van die kamer. Die reamers los growwe merke (burrs) wat dwars met die lande van die loop in die keel van die geweer loop. Wanneer mens skiet, skraap hierdie burrs materiaal van die kopermantel van die koeel af. Onder hierdie druk en temperatuur sit die koper om in 'n plasma gas. Die gas beweeg af in die loop waar dit weer afkoel, en as koper neerslag in die loop vorm. Die idee van skiet 'n skoot, en maak skoon, is om van hierdie burrs in die keel ontslae te raak, totdat die keel "gepolish" is, en die koper neerslag wat in die loop gevorm het te verwyder voor dit so erg aanpak dat dit erg gaan sukkel om heeltemal skoon te kry. Bore Tech se koper verwyderaar is 'n uitstekende produk hiervoor. Die ander gedeelte van loop inbreek is om nooit die loop in sy eerste 50 skote of wat, warm te skiet nie. Sien dit as 'n tipe van 'n tempering proses. As die nuwe loop baie warm geskiet word, kan hy 'n "walk" optel, waar hy effens onder die hitte en stres buig. Hierdie "walk" sal vir die res van die loop se leeftyd teenwoordig wees elke keer as hy warm word.

Mens kan nie 'n fabrieksloop, wat nie handlapped is nie, se oppervlakte glad kry van tooling merke, deur koeels deur hom te jaag nie. Dis so goed jy wil jou bakkie se chrome parte polish met 'n staal borsel.
So wat jy se is dit help nie om n fabrieksgeweer in te breek nie want hulle is nie handlapped nie? So Howa se prosedure help nie.
En hoekom moet jy een skoot en dan skoonmaak volg? Gaan die burrs nie in elk geval uitgewerk word na n paar honderd skote met gereelde skoonmaak na elke skiet sessie as jy logies dink daaroor. Die koeels is wat die burrs afwerk/veil nie die skoonmaak.
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3124
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: Loop inbreek

Post by LUAN »

Op die ou einde gaan daai geweer in elk geval begin makliker skoonmaak na n paar honderd skote al het jy nie so mooi ingebreek nie. 
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3124
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: Loop inbreek

Post by LUAN »

So wat ons kan se is dat ons by die slotsom gekom het dat almal wat hulle fabrieksgewere ingebreek het, hulle tyd gemors het :laugh:
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3124
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: Loop inbreek

Post by LUAN »

Ek sien nogsteeds nie dat die gereelde skoonmaak die burrs gaan verwyder nie maar die hoeveelheid koeels wat daar deurgaan dit doen. Ek glo die ding van die staal wat nie te warm moet word nie. Ook dat jy net vanaf die kamer skoonmaak en nooit die stok vanaf die kroon stoot sodat die fyn haartjies net in een rigting le. En die storie van die loop wat langer hou maak ook nie sin nie want die inbreek gaan nie die keel beskerm teen wegbrand wat met alle gewere gebeur na n tyd. Ek wil nogsteeds he iemand moet twee identiese gewere met dieselfde kaliber vat en een inbreek en die ander nie en dan die gevolgtrekkings kom post.
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3137
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: Loop inbreek

Post by Chevvy SS »

JohanP wrote: Ons maak baie duik toerusting vir suurstof gebruik skoon, daar mag geen teken of sprake olie in die toerusting wees nie en ons gebruik Clean Green, sommer onverdund. en CG werk soos ñ bom.

Ek het nog nooit so baie gemors uit ñ loop sien kom soos met die CG nie.
Ek het die CG nou as standaard skoonmaak in al my gewere.
Alle ou olie en aanpaksel verwyder die CG pragtig

Dis spot goedkoop, met die spuitkannetjie is dit baie bruikersvriendelik, en jou vrou sal mal wees oor jou bedagtheid om vir haar so smart skoonmaak ding te kry.

As CG nie skadelik is nie, hoekom neuk ons met ander goed?

Ander manne se kommentaar asb?
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3124
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: Loop inbreek

Post by LUAN »

Ludwig wrote: Luan, die skoonmaak het nie met die inbreek van die keel te doen nie, maar om die groot hoeveelhede koper neerslag te verwyder voor dit so erg aanpak dat jy dae aaneen gaan sukkel om dit alles uit jou loop te kry. Dis hoekom jy met 'n koperverwyderaar ook moet skoonmaak tydens inbreek.
Ja ek verstaan dit ek se net dat dit nie sin maak dat die loop nou sal langer hou nie. Die keel brand in elk geval, die inbreek gaan hom nie beskerm teen dit.
Last edited by LUAN on Tue Jan 22, 2013 10:52 am, edited 1 time in total.
JohanP
Full Member
Full Member
Posts: 121
Joined: Mon Jul 30, 2012 8:52 am

Re: Loop inbreek

Post by JohanP »

Ludwig wrote: Chevvy, CG kan werk om olie en grease uit te haal. Sonder twyfel, jy kan hom so gebruik. Dat hy alle koolstof aanpaksel kan verwyder wonder ek. En vir 'n feit gaan hy nie koper kan verwyder nie.
Ja, ek het die CG saam met M98 bore cleaner gebruik.
Eers die CG, dan die M98 en dan weer CG om al die M98 uit te haal. klink ñ bietjie omslagtig, maar ek probeer maar altyd so goeie joppie van die skoonmaak doen soos wat ek kan.
Die kombinasie het gemaak dat die 1e paar 2x4's pikswart en later blou uit gekom het. Dit het vir my redelikke goeie indikasie gegee dat die olie, roet/carbon en koper verwydeer word.
Ek dink nie die CG alleen is die regte oplossing vir koper nie, daarom die kombo, om al my hoeke te dek
.22 Hornet
.308 Musgrave
.375 Ruger
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7552
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Loop inbreek

Post by Wouter Roets »

Hallo Manne

As ek so hierdeur lees sien ek n paar manne verstaan nog nie lekker wat n mens wil bereik deur de inbreek fase nie en tweedens word daar gesukkel om te sien wat eintlik gebeur deur die hele proses.

Handlapped lope soos gevind op premuim loop vervaardigers word deur hoogs opgeleide persone met enorme ondervinding gedoen. n Mens kan amper se dit is n black art. Daai persoon voel riwwe of vernouings in die loop waar n normaal persoon net mooi niks sal voel nie. Soos Ludddie gese het kan n mens net werklik besef hoe hierdie lope aan die binnekant lyk nadat n mens dit mooi met n borescope bekyk het. Luddie het al voorheen n mooi vodeo hiervan elders geplaas.

Met die inbreek van fabriekslope probeer ons hierdie proses naboots deur koeels deur die loop te skiet. Logies kan n mens dink dat jy dit nooit sal kan doen soos die manne wat dit met die hand doen nie. Maar die proses verbeter wel die oppervlakte van so n loop. Die grootste merke word wel aan die keel gedeelte gevind wat gemaak is met die kamer van die loop deur die reamer. Dit is gewoonlik die pilot van die reamer wat die grootste sondaar hier is. Verder in die loop kry n mens merke wat deur die loopsny proses veroorsaak is. Dit lyk soos ringe en moet ook verwyder of verminder word. Wel in n kleiner mate as die merke by die keel maar tog genoeg om akkuraadheid nadelig te beinvloed.

Nou dit is net die koeel wat hierdie afskuur werk kan doen. Hy haal hierdie burrs en merke uit. Die skoonmaakproses het niks hiermee uit te maak nie. Die koperneerslag of afskil proses wanneer die koeel deur die loop geskiet word verhinder dat die daaropvolgende koeel verder hierdie merke kan wegskuur. Die koper tree op soos n beskermingslaag. Dit is hoekom n mens aan die begin moet skoonmaak na elke skoot sodat die volgende koeel kan voortgaan met hierdie proses. Daarna word die intervalle groter tussen die skoonmaakproses namate die ergste van hierdie merke verwyder is. Dit is dan ook die rede hoekom lope later makliker skoonmaak want die meeste van die merke is verminder of verklein, dus minder koperneerslag.

Die loop en freebore gedeelte is ook maar bitter grof regdeur so hierdie moet ook afgeskuur of afgewerk word om so n gladde as moontlike oppervlakte te bewerkstellig. Ons doen dit met koeels en die manne wat lap met slugs gegiet uit lood. Ons hele doel met hierdie proses is maar net om ons fabrieks lope te probeer kry soos die handlapped lope. Dis al. Daar is regtig baie mense wat se dit is n mors van tyd, maar snaaks genoeg die manne wat dit doen bly by die prosedure want jy sien wel die resultate in beide akkuraadheid en gemak waarmee die lope skoonmaak word. Loop inbreek is verseker nie die lekkerste tydverdryf nie maar soos Luddie se n mens maak sommer van die tyd ook gebruik om ladingontwikkeling te doen en om jou geweer bietjie beter te leer ken. Teleskope word ook in hierdie tyd gezero sowel as die torque van jou geweer se skroewe tussen skote. Aksies trou met die platvorms in die proses. Goed wat jy in elk geval moet doen behalwe daar is nou so bietjie skoonmaak tussen in.

Meskien is loop inbreek nie vir almal nie. Die persoon wat bruinpak vir die ver skote koop en blou pak vir die naby skote en glo dat n geweer skoon geskiet word moet hom regtig nie hieraan steur nie. Vir die persoon wat bietjie fyner wil wees is dit regtig iets wat ek voorstel om te doen. Die loop is die hart van enige geweer so die bietjie ekstra moeite kan net goed doen en nie die omgekeerde nie.

Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
THOMAST
Hero Member
Hero Member
Posts: 1892
Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am

Re: Loop inbreek

Post by THOMAST »

Het iemand al David Tubbs se "Final Finish" gebruik? Dit is basies 'n reeks Sierra Koeëls wat met verskillende grofheid "Grinding paste(??)" bedek is was dan deur die loop geskiet word
As jy 'n "growwe" loop het sal dit seker van waarde wees, maar ek sal hom nie in 'n "hand lapped" loop wil gebruik nie.
Blykbaar kan jy die keel van 'n loop wat al weggebrand het, met die produk gladder maak.
http://www.davidtubb.com/final-finish-tms
User avatar
RUPERT
Hero Member
Hero Member
Posts: 1192
Joined: Thu Jun 28, 2012 1:47 pm

Re: Loop inbreek

Post by RUPERT »

Hi Manne

Sal n mens nou die bogenoemde inskiet ook nou hoef te doen met die "CZ" reeks al se hulle self dat n mens nie hulle lope hoof in teskiet nie want dit word by die fabriek klaar gedoen.

Luister graag.
CZ 550 LUX 30.06
Howa 1500 6.5 x55
Gamo CFX .177
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7552
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Loop inbreek

Post by Wouter Roets »

Rupert

So ver ek weet is daar nie handlapped lope op die CZ's nie. So ja die geweer kan wel daarby baatvind. Dit bly jou keuse want jy is nou wel meer ingelig as in die verlede.

Manne julle moet ook asb iets mooi verstaan. Hierdie loop inskiet prosedure kan NOOIT van jou fabrieksloop n handlapped loop maak nie. n Handlapped loop bly iets spesiaal wat heeltemal in n ander liga val. Luddie het al van te vore gese dat mense enorme geld spandeer aan teleskope en dies meer maar versuim om n R6000 se premuim loop op sy geweer te sit. Die loop bly die hartjie van die geweer. Dit is die een rede hoekom ek wel bietjie moeite doen met my fabriekslope deur hulle reg in te skiet.

Willem van Safari and Outdoor het my n produk gestuur wat baie naby aan David Tubs se Final Finish is en ek sal terugvoering gee die oomblik as ek hom uitgetoets het op die Savage.

Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
Post Reply