Vrydag aand was ons tweede poging om die "Ferral / wilde" varke te gaan skiet, maar steeds met geen sukses nie.. (maar aanhouer wen..)
Ek het net een vark gesien so teen 01:00 wat wind op, +/-150 m weg teen die spoed van witlig oor die stoppel lande gehardloop het.
Wind was storm-sterk Suid Oos. Dit het gelyk soos sneeu voor die skietlamp soos die kaf en stof rond gewaai is
Die ander 4 manne het nie eers iets gesien nie, en daar is blykbaar net een vark vroeer die week geskiet.
My redenasie oor die afwesigheid van die varke is:
1) Die yskoue sterk wind het die varke in die bosse gehou.
2) Dit is al laat somer, daar is nie meer genoegsame voer op die stoppel lande om dit vir die varke die moeite werd te maak om uit die bosse uit te kom nie
3) Laksheid van die voorsit jagters
Enige iemand meer kennis en ervaring van die goed voorlê, wat so bietjie wil informasie gee, sal baie welkom wees.
My vinger jeuk om sneller te trek en ñ varkie saam dorp toe te vat.
Groete
