VRYDAG SE JAKKIE ROEP

Post Reply
stan man

VRYDAG SE JAKKIE ROEP

Post by stan man »

gister bel n klient my .die man is so depressief soos n hoender wat n ball bearing gele het. in die laaste 2 weke het die jakkalse 2 koeie in kalf begin vreet,en gister toe vat hulle n nat nuwe kalf . so is ek toe gisteraand 7 uur op die plaas gewapen en gereed. ek kry n lekker staanplek en raak lekker rustig.so half 9 begin ek eers roep.klein hasie bring vir my dadelik n bakoor in wat ek moes verwilder want ek het al amper my caller aan so n klein vabond geskenk.
ek roep toe maar weer ,en daar gaan die ligte aan. ek skiet n bloed streep oor n jakkals se rug wat omtent 11meter van die bakkie af uit n jong sloot spring. ongelukkig kon ek hom toe nie weer uit die sloot kry nie. nr 2 kom toe intot op so 35m en ek wiks hom skuins deur die lyf en hy gee vir my n kort maar helder kerm. dit spoor sy maat aan om te kom kyk en ek wiks haar op39m. 7.75kg,2.5 jaar en 6.42kg ,2jaar. die goed is blink vet.hulle lewe te lekker.

ek skuif toe so 400m wind af en wiks met die stopslag nog n jakkals. ek het haar nie geweeg nie. ek ry toe so n ent in die bees kamp in en daar staan n mooi santa vers wat net klaar gekalf het.so 2m voor haar een honger jakkals en sy beskerm net haar kalf,wat le. dit is so 160m en ek sit klaar en druk die knoppie.wat n siek geluid!!! ek voel naar ,want ek kon op daardie stadium nog nie die kalf sien nie. toe ek nader loop sien ek een dooie kalf,ek was te laat . die kalf het dit nie gemaak nie, die jakkals ook nie .daai 130gr sst by sy mond in en by sy kezoompyp uit en hy le daar soos n vlattie .

dit was n lekker aand met een boer wat beter voel oor die probleem. ek sal die getalle op daai plaas vorentoe deurgee.
User avatar
christo gouws
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 70
Joined: Tue Jun 19, 2012 6:42 pm

Re: VRYDAG SE JAKKIE ROEP

Post by christo gouws »

stan man.
Baie geluk met die jakalse wat jy gedood het.Ek was verlede Donderdagaand in die veld maar al wat ek kon sien was springhase[ha;ha].Die veld was doodstil en ek het by drie staanpleke probeer inroep maar alles tervergeefs.Hierdie was in die Wolwefontein area maar ek het nou n kontak gekry in die Alexzandria area waar die man se die jak is volop.Ek sal maar daar ook gaan probeer.
Groete.
Christo.
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: VRYDAG SE JAKKIE ROEP

Post by Marc »

Mooi gemaak  8)  jy klim lekker in so vroeg in die nuwe jaar  ;D
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
visstok
Hero Member
Hero Member
Posts: 1235
Joined: Thu Sep 22, 2011 6:15 pm

Re: VRYDAG SE JAKKIE ROEP

Post by visstok »

Frans, mooi gemaak! Bly daai 270 is weer reg!

Manne, ek en Frans was verlede naweek saam uit na n plaas, wat n lekker aand! Ek dink ek moet werk aan my fluitjie blaas, ek roep n steenbok met die vluitjie dat sy volspoed die bakkie aanval! Gelukig het Frans se skerp oog gesien dis n bokkie, want ek kon sweer dis n jakkals wat ons aanval!

Roer hulle mater! Volgende naweek vat ons hul weer saam aan!

Groete Alex
Sak Sarel, pa wil n bok skiet
Post Reply