Resep vir ingelegte karp?

Any freshwater fishing stories here/ Enige varswater hengel stories hier.
User avatar
Lourens Potgieter
Hero Member
Hero Member
Posts: 883
Joined: Fri Jun 15, 2012 10:07 am

Re: Resep vir ingelegte karp?

Post by Lourens Potgieter »

Marc, selfs die gewone karp, forel, en al die Bass soorte is uitheems....dan moet ons daai ook uithaal en dan gaan daar nie veel oor wees om te vang nie, hehehe.....met al die gras karps in die Vaaldam is daar nog genoeg kos vir die inheemse visse...Kleinbek geelvis is 'n pes daar, en by heelwat ander damme ook....
Romeine 14:11 - "want daar staan geskrywe: "So seker as Ek lewe, sê die Here, voor my sal elke knie buig, en elke tong sal bely dat Ek God is."

Koedoe Hengelklub
User avatar
Gregvzyl
Full Member
Full Member
Posts: 188
Joined: Thu Jan 10, 2013 11:03 am

Re: Resep vir ingelegte karp?

Post by Gregvzyl »

Deeg wrote: Marc, selfs die gewone karp, forel, en al die Bass soorte is uitheems....dan moet ons daai ook uithaal en dan gaan daar nie veel oor wees om te vang nie, hehehe.....met al die gras karps in die Vaaldam is daar nog genoeg kos vir die inheemse visse...Kleinbek geelvis is 'n pes daar, en by heelwat ander damme ook....
Net soos jy se Deeg, al daai vis is indringers, karp is al so lank hier hulle leer ook van voortrekker karp op vis skool. Sou dit beter gewees het as hulle nooit oorgekom het nie? Seker, maar om hulle nou uit te roei (as dit enigsins moontlik was) gaan tien teen een ook 'n ernstige impak op baie ekosisteme he.

Die silwer karp of chinese karp is 'n erger pes, as iemand een vang moet hom asb nie weer terug gooi nie. Miskien moet ons 'n rumer begin dat chinese karp hart beter werk as renoster horing dalk kan die poachers hulle dan vir ons uitroei.

Ook net 'n woord van versigtigheid aan enige iemand wat varswater vis wil eet, ons water is nou nie van die skoonste nie. Veral Harties en sekere plekke in die Vaal rivier sisteem sal dit wees asof jy kos eet wat jy in jou toilet gebere het. My eerlike opinie is, as die vislus jou beetpak om eerder 'n stuk vis by die take-away plek te gaan koop, Sy winkel is ook nie van die skoonste nie, maar dit is tog skoner as die water waar die vis uitkom.
User avatar
Lourens Potgieter
Hero Member
Hero Member
Posts: 883
Joined: Fri Jun 15, 2012 10:07 am

Re: Resep vir ingelegte karp?

Post by Lourens Potgieter »

Hehehe Greg, dis hoekom ek van Ocean Basket hou!!!!
Romeine 14:11 - "want daar staan geskrywe: "So seker as Ek lewe, sê die Here, voor my sal elke knie buig, en elke tong sal bely dat Ek God is."

Koedoe Hengelklub
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Resep vir ingelegte karp?

Post by Eugene »

Deeg, ek stem saam met jou! Hou ook nie daarvan as mense (as jy hulle dit kan noem...) skiet, net oordat hulle kan en die geleentheid daar is nie, of dit nou visse of bokke of duiwe is. As jy die hoop duiwe of visse gaan gebruik of ten minste gaan toelaat laat iemand anders dit gebruik, is dit nog ok, maar andersins....

Maak my natuurlik briesend as jy by 'n ou kom en sy vrieskas is half vol met 1 tot 2 kg geelvisse....

Ek het een van die besproeiingsdamme op ons plaas ingerig as 'n spesiedam vir myself en het die naweek bietjie gaan visvang daar. Ons haal nou bietjie al die karps onder 5kg uit, want daar is te veel kleintjies en te min 15kg karpe. Op een of ander wyse het daarook babers ingekom en ek het Saterdag oor die 20 babers op boilies gevang en ook uitgehaal. Ons plaaswerkers het gedink dis Kersfees met al die vis wat ek by hulle afgelaai het.
Aim small, miss small
User avatar
Lourens Potgieter
Hero Member
Hero Member
Posts: 883
Joined: Fri Jun 15, 2012 10:07 am

Re: Resep vir ingelegte karp?

Post by Lourens Potgieter »

Moenie al die babers uithaal nie...probeer die grotes los...hulle hou die klein karps in toom.....
Romeine 14:11 - "want daar staan geskrywe: "So seker as Ek lewe, sê die Here, voor my sal elke knie buig, en elke tong sal bely dat Ek God is."

Koedoe Hengelklub
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Resep vir ingelegte karp?

Post by Eugene »

Deeg wrote: Moenie al die babers uithaal nie...probeer die grotes los...hulle hou die klein karps in toom.....
Hulle was almal tussen 2.5 en 4.5 kg. Ek sal die grotes los, want hulle hou ten minste die bodem skoon en my seuntjie is mal daaroor om babers te vang met erties! Ek moet egter nou en dan net bietjie die getalle in toom hou, want dis net ek wat daar vang en ek het 'n ernstige "catch & release" beleid! Ek haat 'n kiepnet met vis in.... >:(

Ek wil hierdie jaar bietjie weer 'n paar karps in die rivier vang en oorgooi in die dam vir nuwe bloedlyne!
Aim small, miss small
User avatar
Lourens Potgieter
Hero Member
Hero Member
Posts: 883
Joined: Fri Jun 15, 2012 10:07 am

Re: Resep vir ingelegte karp?

Post by Lourens Potgieter »

Hou maar net dop vir parasiete voor jy ingooi...enige seertjies en goete en hy moet terug rivier toe....
Romeine 14:11 - "want daar staan geskrywe: "So seker as Ek lewe, sê die Here, voor my sal elke knie buig, en elke tong sal bely dat Ek God is."

Koedoe Hengelklub
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Resep vir ingelegte karp?

Post by Eugene »

Deeg wrote: Hou maar net dop vir parasiete voor jy ingooi...enige seertjies en goete en hy moet terug rivier toe....
Ek het vir lank met koi's "gesukkel", so ek het nog al die medisyne en dinge. Ek dokter hulle eers mooi voordat ek hulle in my dam sit. Die rivier se karpe het 'n langer dunner lyf en die dam s'n het 'n breer korter lyf. Seker maar te doen met die strome en spasie in die rivier. My dam se karpe lyk darem regtig baie mooi en gesond en is lekker vet!
Aim small, miss small
FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Re: Resep vir ingelegte karp?

Post by FCLoretz »

Eugene wrote: Hulle was almal tussen 2.5 en 4.5 kg. Ek sal die grotes los, want hulle hou ten minste die bodem skoon en my seuntjie is mal daaroor om babers te vang met erties! Ek moet egter nou en dan net bietjie die getalle in toom hou, want dis net ek wat daar vang en ek het 'n ernstige "catch & release" beleid! Ek haat 'n kiepnet met vis in.... >:(

Ek wil hierdie jaar bietjie weer 'n paar karps in die rivier vang en oorgooi in die dam vir nuwe bloedlyne!
Wanneer gaan jy my toe laat om met die vliegstok daar te kom vang? Ek vang net C&R
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
prinsway
Newbie
Newbie
Posts: 3
Joined: Thu Dec 27, 2012 9:26 am

Re: Resep vir ingelegte karp?

Post by prinsway »

Ian Smith van oud Rhodesia se kok het 'n inmaak resep gebruik wat die grate ook eetbaar maak - soos geblikte vis. Ek het ongelukkig nie meer die resep nie maar 'n mens kan seker een van die vorig genoemde resepte gebruik. Die proses is soos volg: Pak eetbare porsies (rol dunner stukke op) in 'n vrugte inmaak fles. Los bo so 20mm en vul met olie. Seel die fles goed en plaas dit in 'n stoompot met water. Maak stoompot toe en kookstoom vir 30 minute. Ek het dit baie jare terug probeer en dit werk maar mens moet eksprimenteer om die smaak reg te kry. Laat weet asb indien iemand die proses probeer en die bestandele (smaak) reg kon kry.
User avatar
Dweetster
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 455
Joined: Mon May 07, 2012 5:34 pm

Re: Resep vir ingelegte karp?

Post by Dweetster »

Dankie dit klink ook goet, die laaste keer wat ek die stoompot probeer het het ek caremel uit die kombuiskas geeet.(Het ontplof)
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Resep vir ingelegte karp?

Post by Eugene »

Dweetster wrote: Dankie dit klink ook goet, die laaste keer wat ek die stoompot probeer het het ek caremel uit die kombuiskas geeet.(Het ontplof)
My vroutjie het ook al enetjie laat BOOM maak.... Gelukkig was ek reeds op die toilet! ;)
Aim small, miss small
User avatar
Born2Late
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 255
Joined: Tue Oct 18, 2011 9:38 am

Re: Resep vir ingelegte karp?

Post by Born2Late »

Ek is ook versigtig (bang) .....Versigtig klink net beter...om geseelde bottels in die stoompot te kook. Dit reen nou hopeloos te veel om n nuwe dak op te sit as daai deksel deur die dak gaan,en die kombuis gaan lekker vis stink.
Groete
Labore Et Diligentia.
With labour and diligence.
Post Reply